| RE: Verkramptes en die ou vlag [boodskap #6982] |
Ma., 12 Augustus 1996 00:00  |
Johan Bollen
Boodskappe: 5 Geregistreer: Februarie 1996
|
Junior Lid |
|
|
Wat my stomslaan is die totale gebrek aan selfvertroue by die meeste
Afrikaners.
Ons het mos nie nodig om 'n laermentaliteit aan te hang bloot net
omdat ons so onseker van onsself is nie.
As 'n Afrikaner ( ek soek 'n nuwe omskrywing daarvan) het ek mos nie
nodig om vas te klou aan 'n ou landsvlag en selfs die ou vierkleur
nie. Ek kan net so trots wees op die nuwe vlag. Ek wens die ou
verstoktes - lees die HNP - wil nou begin besef dat dit al 1996 is..
Groete
|
|
|
|
|
|
|
|