| Plaasmoord...nog een...en nog... [boodskap #108034] |
Wo., 04 Januarie 2006 07:02  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
'n Vrou is gister op 'n plaas doodgeskiet deur haar bejaarde moeder weg te
pluk en toe self geskiet word. Die 'rower' [soos die SA regering sê is die
motief vir plaasmoorde] het nie eers enigiets gesteel nie.....en waag die
plaasboer om terug te skiet, is hy in die tronk. Kan die swart politici
dit steeds werklik glo dat die mense dink hulle is eerlik in hulle optrede
en nie rassisties nie?
|
|
|
|
|
|
| Re: Plaasmoord...nog een...en nog... [boodskap #108036 is 'n antwoord op boodskap #108034] |
Wo., 04 Januarie 2006 12:35   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wat presies is die verskil tussen plaasmoordenaars en die moordenaars op ons
paaie?
1661 dood op die paaie sedert 1/12/2005 tot 2/1/2006.
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:OL-dnZ4zCtHOyybeRVn-vQ@is.co.za...
> 'n Vrou is gister op 'n plaas doodgeskiet deur haar bejaarde moeder weg te
> pluk en toe self geskiet word. Die 'rower' [soos die SA regering sê is die
> motief vir plaasmoorde] het nie eers enigiets gesteel nie.....en waag die
> plaasboer om terug te skiet, is hy in die tronk. Kan die swart politici
> dit steeds werklik glo dat die mense dink hulle is eerlik in hulle optrede
> en nie rassisties nie?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Plaasmoord...nog een...en nog... [boodskap #108042 is 'n antwoord op boodskap #108040] |
Do., 05 Januarie 2006 05:50   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek twyfel sterk of ek met jou punt 1 wil saamstem - Elke liewe bestuurder
wat agter sy/haar stuurwiel inklim met die volle wete dat sy/haar voertuig
nie ten volle padwaardig is nie, onder die invloed van drank of dwelms is en
doelbewus alle verkeersreëls verontagsaam ten koste van ander padgebruikers
, kan nie anders gesien word as die optrede van iemand met 'n doelbewuste
optrede nie.
Om by jou punt twee te kom.
Gaaf - 1)
Hoeveel boere en plaaswerkers is daar in SA, en hoeveel van hulle is op hul
plase vermoor die afgelope jaar?
2) Hoeveel geregistreerde voertuie en wetlik gelisensieerde bestuurders is
daar op ons paaie wat ongelukke veroorsaak het en/of omgekom het in
padongelukke die afgelope jaar?
3) Hoeveel geregistreerde mense is daar in SA. Hoeveel van hulle het HIV
vigs. Hoeveel van hulle het ander mense besmet. Hoeveel van die lyers het
die siekte opgedoen van iemand wat geweet het hy/sy het HIV vigs?
In al drie gevalle praat ons van voorbedagte moord - en dit slegs suiwer
politiek om dit te probeer onderskei, of om die erns daarvan te verhoog of
te verminder deur statistiese gemiddeldes te probeer insleep.
--
Groetnis
Annette
"knersus" skryf in boodskap news:dph1mh$g8v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette wrote:
>> Wat presies is die verskil tussen plaasmoordenaars en die moordenaars op ons
>> paaie?
>> 1661 dood op die paaie sedert 1/12/2005 tot 2/1/2006.
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:OL-dnZ4zCtHOyybeRVn-vQ@is.co.za...
>>> 'n Vrou is gister op 'n plaas doodgeskiet deur haar bejaarde moeder weg te
>>> pluk en toe self geskiet word. Die 'rower' [soos die SA regering sê is die
>>> motief vir plaasmoorde] het nie eers enigiets gesteel nie.....en waag die
>>> plaasboer om terug te skiet, is hy in die tronk. Kan die swart politici
>>> dit steeds werklik glo dat die mense dink hulle is eerlik in hulle optrede
>>> en nie rassisties nie?
>
> 1) Ek twyfel sterk dat enigiemand doelbewus uitgaan met sy motor om iemand te
> vermoor op die pad.
> 2) Die syfer 1661 beteken niks as jy dit nie in konteks bring met die aantal
> padgebruikers gedurende daardie tyd nie, maw die "bevolking" van die paaie. Dit
> sluit motoriste, passasiers en voetgangers ens in. Eintlik om die ding reg te
> be-oordeel moet mens die hoeveelheid "persoon-kilometers" ook kon in berkening
> bring. Ek vermoed dat as mens net selfs na die hoeveelheid padgebruikers kyk
> (met die baie kunsmatige veronderstelling dat al die padsterftes "moorde" is)
> sal jy alreeds sien dat die sterftes in verhouding baie minder is as dié op plase.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
|
|
|
|
|
|
| Re: Plaasmoord...nog een...en nog... [boodskap #108044 is 'n antwoord op boodskap #108042] |
Do., 05 Januarie 2006 15:38   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek wil net hier sê dat elke mens toerekenbaar is vir dit wat sy
verantwoordelikheid is. As 'n ou op 'n pad gaan met 'n onpadwaardige kar,
is hy wel verantwoordelik vir die gevolge van sy dade, maar jy kan dit nie
as voorbedagde moord beskryf nie. 9 uit die 10 kere is hy gelukkig en niks
gebeur nie en hy kom daarmee weg. Maak hy, of veroorsaak hy 'n ongeluk,
dan is mansslag die ergste klag wat een hom kan staan. Die plaasmoordenaar
daarenteen, gaan met 'n doel om mense te moor en pleeg 'n halsmisdaad.
Wat ek egter met jou saamstem, is dat iemand wat Aids het, meer
toerekenbaar moet wees want hy weet mos vooraf wat hy doen?
"Annette" skryf in boodskap news:rvednVbcqp-onCDenZ2dnUVZ_tydnZ2d@is.co.za...
> Ek twyfel sterk of ek met jou punt 1 wil saamstem - Elke liewe bestuurder
> wat agter sy/haar stuurwiel inklim met die volle wete dat sy/haar
> voertuig
> nie ten volle padwaardig is nie, onder die invloed van drank of dwelms is
> en
> doelbewus alle verkeersreëls verontagsaam ten koste van ander
> padgebruikers
> , kan nie anders gesien word as die optrede van iemand met 'n doelbewuste
> optrede nie.
>
> Om by jou punt twee te kom.
> Gaaf - 1)
> Hoeveel boere en plaaswerkers is daar in SA, en hoeveel van hulle is op
> hul
> plase vermoor die afgelope jaar?
> 2) Hoeveel geregistreerde voertuie en wetlik gelisensieerde bestuurders
> is
> daar op ons paaie wat ongelukke veroorsaak het en/of omgekom het in
> padongelukke die afgelope jaar?
> 3) Hoeveel geregistreerde mense is daar in SA. Hoeveel van hulle het HIV
> vigs. Hoeveel van hulle het ander mense besmet. Hoeveel van die lyers het
> die siekte opgedoen van iemand wat geweet het hy/sy het HIV vigs?
>
> In al drie gevalle praat ons van voorbedagte moord - en dit slegs suiwer
> politiek om dit te probeer onderskei, of om die erns daarvan te verhoog of
> te verminder deur statistiese gemiddeldes te probeer insleep.
> --
> Groetnis
> Annette
> "knersus" wrote in message
> news:dph1mh$g8v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Annette wrote:
>>> Wat presies is die verskil tussen plaasmoordenaars en die moordenaars
>>> op ons
>>> paaie?
>>> 1661 dood op die paaie sedert 1/12/2005 tot 2/1/2006.
>>>
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:OL-dnZ4zCtHOyybeRVn-vQ@is.co.za...
>>>> 'n Vrou is gister op 'n plaas doodgeskiet deur haar bejaarde moeder
>>>> weg te
>>>> pluk en toe self geskiet word. Die 'rower' [soos die SA regering sê is die
>>>> motief vir plaasmoorde] het nie eers enigiets gesteel nie.....en waag die
>>>> plaasboer om terug te skiet, is hy in die tronk. Kan die swart politici
>>>> dit steeds werklik glo dat die mense dink hulle is eerlik in hulle optrede
>>>> en nie rassisties nie?
>> 1) Ek twyfel sterk dat enigiemand doelbewus uitgaan met sy motor om
>> iemand te
>> vermoor op die pad.
>> 2) Die syfer 1661 beteken niks as jy dit nie in konteks bring met die aantal
>> padgebruikers gedurende daardie tyd nie, maw die "bevolking" van die paaie. Dit
>> sluit motoriste, passasiers en voetgangers ens in. Eintlik om die ding reg te
>> be-oordeel moet mens die hoeveelheid "persoon-kilometers" ook kon in berkening
>> bring. Ek vermoed dat as mens net selfs na die hoeveelheid padgebruikers kyk
>> (met die baie kunsmatige veronderstelling dat al die padsterftes "moorde" is)
>> sal jy alreeds sien dat die sterftes in verhouding baie minder is as dié op plase.
>> --
>> _______
>> | OSCAR |
>> |KNERSUS|
>> |_&_KIE_|
>
|
|
|
|
| Re: Plaasmoord...nog een...en nog... [boodskap #108045 is 'n antwoord op boodskap #108042] |
Do., 05 Januarie 2006 21:07  |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Annette wrote:
> Ek twyfel sterk of ek met jou punt 1 wil saamstem - Elke liewe bestuurder
> wat agter sy/haar stuurwiel inklim met die volle wete dat sy/haar voertuig
> nie ten volle padwaardig is nie, onder die invloed van drank of dwelms is en
> doelbewus alle verkeersreëls verontagsaam ten koste van ander padgebruikers
> , kan nie anders gesien word as die optrede van iemand met 'n doelbewuste
> optrede nie.
>
> Om by jou punt twee te kom.
> Gaaf - 1)
> Hoeveel boere en plaaswerkers is daar in SA, en hoeveel van hulle is op hul
> plase vermoor die afgelope jaar?
> 2) Hoeveel geregistreerde voertuie en wetlik gelisensieerde bestuurders is
> daar op ons paaie wat ongelukke veroorsaak het en/of omgekom het in
> padongelukke die afgelope jaar?
> 3) Hoeveel geregistreerde mense is daar in SA. Hoeveel van hulle het HIV
> vigs. Hoeveel van hulle het ander mense besmet. Hoeveel van die lyers het
> die siekte opgedoen van iemand wat geweet het hy/sy het HIV vigs?
>
> In al drie gevalle praat ons van voorbedagte moord - en dit slegs suiwer
> politiek om dit te probeer onderskei, of om die erns daarvan te verhoog of
> te verminder deur statistiese gemiddeldes te probeer insleep.
Die eenvoudige antwoord op al jou stellings/vrae hierbo is: Ek weet nie, en ek
gaan nie eens die moeite doen om te probeer uitvind nie.
Maar ék het nie die vergelyking getref tussen padsterftes en plaasmoorde nie, JY
het. En jy het impliseer dat alle padsterftes moord is, in teenstelling met wat
jy hierbo gesê het.
Dit is m.i. totale gekheid om dit te veronderstel. Eenvoudige voorbeeld: As
iemand voor my motor inloop omdat hy my nie gesien het nie/dronk was/watookal,
en ek ry hom dood, is daar GEEN manier wat dit as moord, nie eens strafbare
manslag, gesien gaan word nie. As ek nou die berigte wat ek in die koerante en
oor die radio hoor reg verstaan, dan is omtrent helfte van alle padsterftes
voetgangers, waarvan 'n beduidende aantal getrek is as hulle doodgery word.
Waar kom "moord" dan in? Die probleem is jy vergelyk nie appels met appels nie.
Nog 'n vraag wat by my opkom is hoekom jy spesifiek na "geregistreerde" en
"wetlik gelisensieerde" bestuurders verwys? Is die veronderstelling dan dat as
jy nie wettig geregistreer of gelisensieer is nie, dat jy dan nie aan "moord"
kan skuldig wees nie, maw jy is nie toerekeningsvatbaar nie? Gesien in die lig
dat meeste plaasmoorde blykbaar met onwettige wapens gepleeg word.
Oor die implikasies van seks as mens weet jy het VIGS stem ek saam: dit is
moord, uit en gedaan.
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|