Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Nog lui wurm stories......
| Re: Nog lui wurm stories...... [boodskap #107195] |
So., 20 November 2005 08:20  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
So - gaan die wet deurgevoer word, of gaan daar genoeg mense in die koerante
en parlement vrae vra om sy voorstelversoek af te skiet?
Volgens gister se koerant is daar nou al 5 massagrafte - almal skelm gedoen
sonder dat Magnus Malan daarvan geweet het:))
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:jP6dnbTHT-m5vR3enZ2dnUVZ_v2dnZ2d@is.co.za...
> Die van julle wat die storie volg oor die massagraf in Namibië, sal dit
> interessant vind om te weet dat daar in die Nam parlement die afgelope week
> 'n interessante skuif was agv juis hierdie massagraf en andere soos dit.
> Daar het 'n wetsvoorstel gekom om afgetrede president Sam Nujoma tot
> 'stigtingsvader van die volk' te verklaar. Hierdie wet sal aan hom
> immuniteit teen vervolging gee en 'n mens kan nie help om te wonder oor die
> 'timing' daarvan nie. Hier word massagrafte van dooie Swapo's ontbloot en
> skielik word die vraag gevra: Hoekom was dit? Die antwoord is omdat Sam
> na die sluiting van vrede besluit het om 'n aanval op die land te loods en
> so ongeveer 500 man onnodiglik na hulle dood gestuur het. Hierdie verraad
> kan dalk vir hom in die sop laat beland en nou soek hy 'n wet om hom te
> beskerm.
> Die storie van die massagraf is in die naweek se pers verder gevoer toe
> die Windhoek Observer fotos van die grafte geplaas het...toe dit gegrawe was
> uit die tyd van die verraad van Swapo. Die enigste werklike joernalis in
> Namibië, Hannes Smith, het sekerlik een van die grootste private argiewe in
> Suider-Afrika en die fotos wat hyself van die dooies geneem het ten tyde van
> die gebeurtenis, die bestaan en van hulle het hy gepubliseer. G'n bleddie
> wonder ou Sam raak benoud nie!
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nog lui wurm stories...... [boodskap #107234 is 'n antwoord op boodskap #107203] |
Ma., 21 November 2005 09:01   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Doer in Maart 1989 was die land op die drumpel van uiteindelike vrede. Die
ooreenkoms is gesluit dat die VN beheer van die land sou oorneem. Swapo se
soldate bly bokant die 23ste breedtegraad [ek dink!] in Angola. Die SA
weermag onttrek grotendeels uit SWA en los eintlik net die SA polisie en 'n
bystandmag om dinge glad te laat verloop na die eerste verkiesing toe.
Duidelik 'n ding wat by Sam Nujoma gebroei het [die sou mens later jare
in sy intense haatspraak teenoor die 'boere' ook vind] was die feit dat in
23 jaar van probeer en duisende Swapo dooies, hulle nie 'n enkele basis kon
vestig in die land nie. Dit was nie oor die Swapo's sulke swak soldate was
nie, dit was meer oor hulle nie so lekker georganiseerd was nie want hulle
'base' het in luukse verblyf oorsee gesit en die manne in uniform gesdryf
het om hulle vuil werk vir hulle te doen, het self nie geweet hoe om dit te
doen nie.
Nou, tussen 300 en 500 swaar gewapende Swapo's het die land in direkte
opdrag van Sam Nujoma, die land binnegeval. Hulle doel was om basisse te
vestig in die land om vir die wêreld te wys dat hulle sukses in die oorlog
behaal het. Van sy bevelvoerders was kwaai gekant teen die opdrag want
hulle het uit jare se ondervinding in die bos, geweet wat gaan gebeur.
Dat dié Swapo's goed gewapen was, is bewys deur die feit dat 5 Wolf
personeeldraers van Koevoet deur anti-tenk deur RPG's en SKS geweer
anti-tenk projektiele uitgehaal is. Hulle het ook SAM 7's saamgedra want
mens sou jou kon indink dat hulle gedink het dat as die SAW 'n vinnige
terugkeer tot die gebied maak, sal daarvan met vliegtuig en helikopter wees
en dan kan hulle dit met dié grond tot lug missiel looi. Meer belangrik
was dat hulle die nuutste RPG vuurpyl gehad het: Die RPG-75.
Swapo het hulle egter misreken met die ervaring van Koevoet en binne 'n
paar dae was alles verby en die lyke van Swapo soldate by die honderde.
Daar is begin om die lyke te begrawe. In die eerste week van April is
ooreengekom dat die lyke later weer oopgegrawe kon word en herbegrawe kon
word afhangende van die wetsprosedure en ondersoeke. Die is wel gedoen,
maar aangesien die gevegte wyd versprei was, is sekerlik nie alle begraafde
lyke weer gevind nie.
Die belangrikste om te onthou, is dat dit oorlog was en dat dit 'n geveg
was tussen soldate. Die mense wat dood is, is dood agv van gewapende
konflik en dis nie siviele mense nie. Die werklike skuldige aan dié dooies
is Sam Nujoma, wat ten spyte van die feit dat vrede bereik is en
ooreenkomste onderteken is, hy besluit het om 'n aanval te loods deur die
opdrag daarvoor te gee.
O, en mense soos Sam Nujoma skiet nie self nie. Hulle kruip onder die
bed weg tot die geweld verby is en dan moet jy sy bek hoor! Hy stuur
maar net mense na hulle dood.....
"@rogers.com" skryf in boodskap news:OJudnbXQU_4A8x3eRVn-rQ@rogers.com...
>
> Kan jy bietjie weer verduidelik wat hier aangaan. Ek neem
> aan dis Swapo soldate wat in die massagrafte is. Hoekom
> beskuldig jy nou vir Sam Nujoma daarvan. Is dit hy wat
> hulle doodgeskiet het?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nog lui wurm stories...... [boodskap #107274 is 'n antwoord op boodskap #107259] |
Ma., 21 November 2005 17:03   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek kan jou nie vertel van hoe baie manne gaan op vir hul eerste keer diens
op die grens nie en baie praat dan groot dat hulle nie kan wag om 'n terrie
te skiet nie en dan kom daai dag en as daai dooie mens daar voor jou lê, dan
besef jy dis 'n mens. Ek het ouens gesien huil soos kinders, ek het ouens
sien lag asof hy mal is en dan later eenkant gaan huil. Watookal. Dis
nie lekker om ander mense te skiet nie en iemand wat nog nie aan die
ontvangkant gestaan het van 'n koeël nie, het 'n idee van wat in 'n ou se
kop aangaan op daai oomblik nie. Die vrees en die redelose haat vir die ou
wat daai sneller getrek het. Later kom die haat vir die mense wat jou in
daai situasie geplaas het. Die politici.....
"Danie" skryf in boodskap news:dlsjot$398$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het na weermag (Goddank het ek die grensoorlog gemis) vir 'n
> sekuriteits maatskapy gaan werk, waar oud troepe welkom (en gesog) was, en
> baie van hulle dra letsels van stories soos joune. Die wat ek nog mee
> kontak het, is steeds maar redelik disfunktioneel op een of ander vlak.
> Oorlog is maar 'n kak storie, en om te sit en oordeel met van die
> veiligheid van twee dekades+ se afstand sonder om dit eers eerstehands te
> ervaar het, is baie laakbaar (of polities, maar die twee is eintlik maar
> sinoniem).
>
> Danie van Pretoria
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:_PKdnYJ3eKi-ABzenZ2dnUVZ_tWdnZ2d@is.co.za...
>> 'n Joernalis soek mos sensasie. Iemand moet dalk vir hulle vra wat
>> hulle
> ....ens....
>
|
|
|
|
| Re: Nog lui wurm stories...... [boodskap #107292 is 'n antwoord op boodskap #107274] |
Di., 22 November 2005 04:42   |
Otterkop
Boodskappe: 377 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
Daar het baie van ons outjies seergekry , ek wonder of hulle nie nog eise
kan instel
vir hul verliese aan ledemate, lewensgehalte ens nie
"Suidwester" skryf in boodskap news:d8GdnY2FIaUyfBzeRVn-ow@is.co.za...
> Ek kan jou nie vertel van hoe baie manne gaan op vir hul eerste keer diens
> op die grens nie en baie praat dan groot dat hulle nie kan wag om 'n
> terrie te skiet nie en dan kom daai dag en as daai dooie mens daar voor
> jou lê, dan besef jy dis 'n mens. Ek het ouens gesien huil soos kinders,
> ek het ouens sien lag asof hy mal is en dan later eenkant gaan huil.
> Watookal. Dis nie lekker om ander mense te skiet nie en iemand wat nog
> nie aan die ontvangkant gestaan het van 'n koeël nie, het 'n idee van wat
> in 'n ou se kop aangaan op daai oomblik nie. Die vrees en die redelose
> haat vir die ou wat daai sneller getrek het. Later kom die haat vir die
> mense wat jou in daai situasie geplaas het. Die politici.....
> "Danie" wrote in message
> news:dlsjot$398$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het na weermag (Goddank het ek die grensoorlog gemis) vir 'n
>> sekuriteits maatskapy gaan werk, waar oud troepe welkom (en gesog) was,
>> en baie van hulle dra letsels van stories soos joune. Die wat ek nog mee
>> kontak het, is steeds maar redelik disfunktioneel op een of ander vlak.
>> Oorlog is maar 'n kak storie, en om te sit en oordeel met van die
>> veiligheid van twee dekades+ se afstand sonder om dit eers eerstehands te
>> ervaar het, is baie laakbaar (of polities, maar die twee is eintlik maar
>> sinoniem).
>> Danie van Pretoria
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:_PKdnYJ3eKi-ABzenZ2dnUVZ_tWdnZ2d@is.co.za...
>>> 'n Joernalis soek mos sensasie. Iemand moet dalk vir hulle vra wat
>>> hulle
>> ....ens....
>
|
|
|
|
| Re: Nog lui wurm stories...... [boodskap #107295 is 'n antwoord op boodskap #107292] |
Di., 22 November 2005 05:30   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Bietjie baie laat . Ek dink die eis moet binne 5 jaar ingedien word .
Daar is wel 'n presedent geskep met die verkragtingsaak ( wat 'n
verjaringsdatum van 3 jaar gehad het).
Net vir interessantheid sal ek nogal wil weet hoeveel soldate wat fisiese of
geestelike letsels tydens die grensoorlog opgedoen het, wel die regering
gedagvaar het, of genoegsame vergoeding ontvang het?
Ek meen nou maar - dis nou nie dat die outjies uit vrye wil kon kies of
hulle weermag toe wou gaan nie, en nog minder of hulle grens toe wou gaan of
nie - en daar was nie eers 'n oorlog verklaar nie.
Dus, vir alle praktiese doeleindes is die beserings opgedoen tydens
weermagoefeninge, en hulle is dus wel op vergoeding geregtig.
--
Groetnis
Annette
"Otterkop" skryf in boodskap news:hMidnavIw8ZfPB_eRVn-tQ@is.co.za...
> Daar het baie van ons outjies seergekry , ek wonder of hulle nie nog eise
> kan instel
> vir hul verliese aan ledemate, lewensgehalte ens nie
>
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:d8GdnY2FIaUyfBzeRVn-ow@is.co.za...
>> Ek kan jou nie vertel van hoe baie manne gaan op vir hul eerste keer diens
>> op die grens nie en baie praat dan groot dat hulle nie kan wag om 'n
>> terrie te skiet nie en dan kom daai dag en as daai dooie mens daar voor
>> jou lê, dan besef jy dis 'n mens. Ek het ouens gesien huil soos kinders,
>> ek het ouens sien lag asof hy mal is en dan later eenkant gaan huil.
>> Watookal. Dis nie lekker om ander mense te skiet nie en iemand wat nog
>> nie aan die ontvangkant gestaan het van 'n koeël nie, het 'n idee van wat
>> in 'n ou se kop aangaan op daai oomblik nie. Die vrees en die redelose
>> haat vir die ou wat daai sneller getrek het. Later kom die haat vir die
>> mense wat jou in daai situasie geplaas het. Die politici.....
>> "Danie" wrote in message
>> news:dlsjot$398$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ek het na weermag (Goddank het ek die grensoorlog gemis) vir 'n
>>> sekuriteits maatskapy gaan werk, waar oud troepe welkom (en gesog) was,
>>> en baie van hulle dra letsels van stories soos joune. Die wat ek nog mee
>>> kontak het, is steeds maar redelik disfunktioneel op een of ander vlak.
>>> Oorlog is maar 'n kak storie, en om te sit en oordeel met van die
>>> veiligheid van twee dekades+ se afstand sonder om dit eers eerstehands te
>>> ervaar het, is baie laakbaar (of polities, maar die twee is eintlik maar
>>> sinoniem).
>
>>> Danie van Pretoria
>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:_PKdnYJ3eKi-ABzenZ2dnUVZ_tWdnZ2d@is.co.za...
>>>> 'n Joernalis soek mos sensasie. Iemand moet dalk vir hulle vra wat
>>>> hulle
>>> ....ens....
>
>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Nog lui wurm stories...... [boodskap #107296 is 'n antwoord op boodskap #107295] |
Di., 22 November 2005 05:51   |
Otterkop
Boodskappe: 377 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
Ja een van my suster se vriende is so 6 maande gelede oorlede , sy 2de kind
is 3 maande
later gebore. Sy 1 nier was stukkend geskiet en hy het vir 20 jaar gely
maar nooit gekla nie. Het altyd probleme gehad, het egter nie gelyk of
hy 'n vergoeding ontvang het wat sy lewensstandaard verbeter of genoeg vir
'n naletenskap nie.
"Annette" skryf in boodskap news:dluacg$1cl$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Bietjie baie laat . Ek dink die eis moet binne 5 jaar ingedien word .
> Daar is wel 'n presedent geskep met die verkragtingsaak ( wat 'n
> verjaringsdatum van 3 jaar gehad het).
>
> Net vir interessantheid sal ek nogal wil weet hoeveel soldate wat fisiese
> of
> geestelike letsels tydens die grensoorlog opgedoen het, wel die regering
> gedagvaar het, of genoegsame vergoeding ontvang het?
> Ek meen nou maar - dis nou nie dat die outjies uit vrye wil kon kies of
> hulle weermag toe wou gaan nie, en nog minder of hulle grens toe wou gaan
> of
> nie - en daar was nie eers 'n oorlog verklaar nie.
> Dus, vir alle praktiese doeleindes is die beserings opgedoen tydens
> weermagoefeninge, en hulle is dus wel op vergoeding geregtig.
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Otterkop" wrote in message
> news:hMidnavIw8ZfPB_eRVn-tQ@is.co.za...
>> Daar het baie van ons outjies seergekry , ek wonder of hulle nie nog eise
>> kan instel
>> vir hul verliese aan ledemate, lewensgehalte ens nie
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:d8GdnY2FIaUyfBzeRVn-ow@is.co.za...
>>> Ek kan jou nie vertel van hoe baie manne gaan op vir hul eerste keer diens
>>> op die grens nie en baie praat dan groot dat hulle nie kan wag om 'n
>>> terrie te skiet nie en dan kom daai dag en as daai dooie mens daar voor
>>> jou lê, dan besef jy dis 'n mens. Ek het ouens gesien huil soos kinders,
>>> ek het ouens sien lag asof hy mal is en dan later eenkant gaan huil.
>>> Watookal. Dis nie lekker om ander mense te skiet nie en iemand wat
>>> nog
>>> nie aan die ontvangkant gestaan het van 'n koeël nie, het 'n idee van wat
>>> in 'n ou se kop aangaan op daai oomblik nie. Die vrees en die
>>> redelose
>>> haat vir die ou wat daai sneller getrek het. Later kom die haat vir die
>>> mense wat jou in daai situasie geplaas het. Die politici.....
>>> "Danie" wrote in message
>>> news:dlsjot$398$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Ek het na weermag (Goddank het ek die grensoorlog gemis) vir 'n
>>>> sekuriteits maatskapy gaan werk, waar oud troepe welkom (en gesog)
>>>> was,
>>>> en baie van hulle dra letsels van stories soos joune. Die wat ek nog mee
>>>> kontak het, is steeds maar redelik disfunktioneel op een of ander
>>>> vlak.
>>>> Oorlog is maar 'n kak storie, en om te sit en oordeel met van die
>>>> veiligheid van twee dekades+ se afstand sonder om dit eers eerstehands te
>>>> ervaar het, is baie laakbaar (of polities, maar die twee is eintlik maar
>>>> sinoniem).
>>
>>>> Danie van Pretoria
>>
>>>> "Suidwester" wrote in message
>>>> news:_PKdnYJ3eKi-ABzenZ2dnUVZ_tWdnZ2d@is.co.za...
>>>> > 'n Joernalis soek mos sensasie. Iemand moet dalk vir hulle vra wat
>>>> > hulle
>>>> ....ens....
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Nog lui wurm stories...... [boodskap #107336 is 'n antwoord op boodskap #107295] |
Di., 22 November 2005 14:08   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Wat julle vergeet is dat die weermag een van die modernste hospitale in die
land gehad het op Voortrekkerhoogte en hulle bedien weermaglede....ook die
wat seergekry het in diens. Dan is daar die instituut in Lyttleton in
Pretoria [of so iets] wat ook goeie werk doen. Ek dink nie jy het 'n eis
vir skadevergoeding nie, maar hulle help jou herstel.
"Annette" skryf in boodskap news:dluacg$1cl$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Bietjie baie laat . Ek dink die eis moet binne 5 jaar ingedien word .
> Daar is wel 'n presedent geskep met die verkragtingsaak ( wat 'n
> verjaringsdatum van 3 jaar gehad het).
>
> Net vir interessantheid sal ek nogal wil weet hoeveel soldate wat fisiese
> of
> geestelike letsels tydens die grensoorlog opgedoen het, wel die regering
> gedagvaar het, of genoegsame vergoeding ontvang het?
> Ek meen nou maar - dis nou nie dat die outjies uit vrye wil kon kies of
> hulle weermag toe wou gaan nie, en nog minder of hulle grens toe wou gaan
> of
> nie - en daar was nie eers 'n oorlog verklaar nie.
> Dus, vir alle praktiese doeleindes is die beserings opgedoen tydens
> weermagoefeninge, en hulle is dus wel op vergoeding geregtig.
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Otterkop" wrote in message
> news:hMidnavIw8ZfPB_eRVn-tQ@is.co.za...
>> Daar het baie van ons outjies seergekry , ek wonder of hulle nie nog eise
>> kan instel
>> vir hul verliese aan ledemate, lewensgehalte ens nie
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:d8GdnY2FIaUyfBzeRVn-ow@is.co.za...
>>> Ek kan jou nie vertel van hoe baie manne gaan op vir hul eerste keer diens
>>> op die grens nie en baie praat dan groot dat hulle nie kan wag om 'n
>>> terrie te skiet nie en dan kom daai dag en as daai dooie mens daar voor
>>> jou lê, dan besef jy dis 'n mens. Ek het ouens gesien huil soos kinders,
>>> ek het ouens sien lag asof hy mal is en dan later eenkant gaan huil.
>>> Watookal. Dis nie lekker om ander mense te skiet nie en iemand wat
>>> nog
>>> nie aan die ontvangkant gestaan het van 'n koeël nie, het 'n idee van wat
>>> in 'n ou se kop aangaan op daai oomblik nie. Die vrees en die
>>> redelose
>>> haat vir die ou wat daai sneller getrek het. Later kom die haat vir die
>>> mense wat jou in daai situasie geplaas het. Die politici.....
>>> "Danie" wrote in message
>>> news:dlsjot$398$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Ek het na weermag (Goddank het ek die grensoorlog gemis) vir 'n
>>>> sekuriteits maatskapy gaan werk, waar oud troepe welkom (en gesog)
>>>> was,
>>>> en baie van hulle dra letsels van stories soos joune. Die wat ek nog mee
>>>> kontak het, is steeds maar redelik disfunktioneel op een of ander
>>>> vlak.
>>>> Oorlog is maar 'n kak storie, en om te sit en oordeel met van die
>>>> veiligheid van twee dekades+ se afstand sonder om dit eers eerstehands te
>>>> ervaar het, is baie laakbaar (of polities, maar die twee is eintlik maar
>>>> sinoniem).
>>
>>>> Danie van Pretoria
>>
>>>> "Suidwester" wrote in message
>>>> news:_PKdnYJ3eKi-ABzenZ2dnUVZ_tWdnZ2d@is.co.za...
>>>> > 'n Joernalis soek mos sensasie. Iemand moet dalk vir hulle vra wat
>>>> > hulle
>>>> ....ens....
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Jul. 31 14:41:57 UTC 2026
|