Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina [en Kanada] se robbe...
Gloudina [en Kanada] se robbe... [boodskap #106259] |
Mon, 03 October 2005 07:02  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis so jammer Kanada het nie Mnet nie want dan sou die antie mooi kon sien
hoe haar land oor 'n miljoen robbe vrekgeslaan het die afgelope drie jaar.
Die rooi bloed op die wit sneeu sou haar bloeddorstigheid wel bevredig het.
Sy sou in ekstase gewees het om te sien hoe slaat hulle die robbe vrek oor
die kop en slag sommer sy vel af daar op die sneeu terwyl die rob nog nie
heeltemal dood is nie.
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina [en Kanada] se robbe... [boodskap #106270 is 'n antwoord op boodskap #106264] |
Mon, 03 October 2005 11:16   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:70p1k15iuhleqlf2mu6nn2ao5l87pli0sn@4ax.com...
>
> Is dit dieselfde soort ding wat Namibie so 'n paar jaar gelede ook
> gedoen het?
>
> Dit het toe ook in SA 'n "outcry" veroorsaak.
-----Uiteindelik, na hoeveel jaar wat ek die antie se gat krap oor robbe se
slagtery, kliek iemand. Beide SA en Namibie het robbe geslag en SA het dit
heeltemal verban. By ons word dit wel nog gedoen en is daar kwotas vir so
ongeveer 50 000 klein robbetjies en so 5000 bulle per jaar. Dis uit 'n
robbevolking van ver meer as 'n miljoen robbe langs ons kus. Dit word
eerder oes genoem omdat natuurbewaring dit laat doen in 'n poging om die
robbevolking onder beheer te hou. Die natuurlike vyand van die robbe,
haaie, is erg verminder omdat diepseebote van die Chinese [wie anders hulle
vreet mos alles, kak ook!] die haaie vang en net die vinne afsny vir
haaivinsop. Nou ontplof die robbevolking en begin die robbe se natuurlike
kos minder raak en begin hulle sommer kormorante en ander voels vang. Dis
'n geval waar die mens die dier se natuurlike vyand moet word om 'n balans
te handhaaf. Ons robbeslagtery vind onder streng toesig van inspekteurs
plaas en hulle maak seker 'n rob is dood voordat dit gelaai word.
Die kleintjies [jaaroud ongeveer] word oor die kop geslaan met 'n knuppel
en sy skedel se bokant is papierdun op daai stadium, dat so 'n hou
onmiddellik sy dood veroorsaak. Die bulle word met 'n .22 geweer geskiet
in die kop van naby af. Die patrone word subsonies gelaai sodat die koeel
nie deur die rob se kop sal gaan nie en daar nie die klap van die koeel is
nie. So 'n rob vrek ook onmiddellik. Weereens is die inspekteurs by en
word seker gemaak die dier is dood voordat dit gelaai word na die fabriek
toe.
In die fabriek word dit bewerk en 100% gebruik. Ekself? Ek stem nie
daarmee saam nie en sal ook nooit kan kyk hoe word dit gedoen nie. Wat ek
wel weet, is dat net soos met die Krugerwildtuin en sy olifante, moet die
robbe gehelp word om hulleself te kan help bestaan. Ja, ons mense het die
aanvanklike kak gemaak wat veroorsaak dat diere se getalle begin
buitensporig eskaleer, maar met wysheid kan dit tog beheer word.
Hoe weet ek dit? Ek ken een van die robbeslagters aan ons kus goed en
het ook 'n artikel daaroor gedoen so 'n klompie jare gelede.
>
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina [en Kanada] se robbe... [boodskap #106277 is 'n antwoord op boodskap #106274] |
Mon, 03 October 2005 15:39   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ai antie, as jy die hele ding gelees het, dan sou jy gesien het dat ek 'n
artikel daaroor gedoen het. Een van die robbe-manne is 'n vriend en
Greenpeace en die lot het hulle gas gegee. Ons robbe word meer beheerd
geoes as daar by julle en dit word tot sekere gebiede beperk, onder toesig
van die regeringsamptenare. Greenpeace en die lot aktiviste huur dan 'n
vliegtuig en vroegoggend [die enigste tyd wat jy klein robbetjie kan oes
want as hulle eers die water in is en nat is, dan hanteer hulle baie
moeilik] kom vlieg hulle laag oor 'n plek soos Kaap Kruis se robbekolonie en
jaag die spul die see in. Die ding het slegte publisiteit gegee aan die
hele robbeoes en hulle het gevoel dat as die hele, ware storie aan't dag
kom, sal die publiek ophou kla oor die oesery.
Die algemene publiek het wel geglo presies dit wat ek jou gevoer het om
jou te krap, nl. dat dit net die robbe se penisse is waaroor alles gaan.
Dis nie waar nie want by ons word die hele karkas, vel, penis, flippers,
vleis, olie [OMEGA 3], ens alles gebruik en is dit 'n heel sterk bedryf wat
heelwat werk verskaf. Na die artikel het die publieke belangstelling
heelwat afgeneem en het die mense dit aanvaar as deel van 'n noodsaaklike
beheerstelsel. Nou moet ek vir jou se dat 'n ding wat baie gehelp het was
'n seedroogte wat ons ondervind het omtrent dieselfde tyd en klein en groot
robbe gevrek het van die honger langs ons lang kus en die strande moes
skoongemaak word van die stinkende karkasse. Die jakkalse en strandjutte
was almal sulke vet ronde, gelukkige diere!
Net om jou hart tot ruste te kry, dit wat daar by julle gebeur is
verkeerd in die dat die regering nie die regte beheer toepas nie en toelaat
dat half dooie robbe sommer geslag word. Miskien moet hulle kom leer by
ons in Namibie?
"@rogers.com" skryf in boodskap news:oNudnWrUSYPRpNzeRVn-jQ@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf...
>
> Jy hou
>> jou so slim, maar eintlik is jy ook maar lekker stupid soos die res van
> ons.
>
> Dus gee jy toe jy is stupid. Groot toegewing. Tot
> nog toe het jy op hierdie nuusgroep gemaak asof
> jy al die wysheid in pag het. Kundige op alle
> gebiede. Ek wed dat jy ook nou maar op Mnet
> uitgevind het dat julle daar agter julle duine
> robbe doodslaan.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina [en Kanada] se robbe... [boodskap #106304 is 'n antwoord op boodskap #106300] |
Wed, 05 October 2005 11:06   |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Moenie my doelbewus verkeerd verstaan nie oudste van dae. Ek gee om vir my
taal en die spelling, maar ek het baie begrip vir iemand wat 'n spelfout
maak omrede ek weet hoe maklik dit kan gebeur.
Maar om die hele onderwerp soos 'n sak patats te los en die spelfout die
nuwe tema te maak is om die minste te sê belaglik.
> Nog 'n ander feit soos 'n paal bo water - hoe meer regs en
> rassisties die Afrikaner is, hoe slegter en
> onversorg is sy Afrikaans. Wat sê dit,
> wonder ek.
Die anderkan van jou "feit" is natuurlik - Hoe meer links en liberaal die
Afrikaner is hoe groter is sy/haar begeerte om te emigreer na lande waar hy
Afrikaans tot so mate sal verwerp dat hy dit nie meer as huistaal sal
gebruik nie. Inteendeel hy sal die Engelse taal so begeer dat hy ongelukkig
sal voel indien iemand na 30+ jaar nog steeds kan agterkom sy aksent is
vals. Wat sê dit, wonder ek
"@rogers.com" skryf in boodskap news:5u2dnUmDBNx2Md7eRVn-jg@rogers.com...
> Sien, ek sê mos altyd. Die dood van Afrikaans
> sal nie kom deur Mbeki se beleide of die
> ANC se doelwitte nie. Die dood van Afrikaans
> sal kom deur Afrikaners soos jy wat niks vir
> jou moedertaal omgee nie, wat bereid is om
> dit op te mors, of in geradbraakte Engels
> te praat soos Frikkie, liewers as om sy taal
> as 'n taalerfenis in stand te hou. Nog 'n ander
> feit soos 'n paal bo water - hoe meer regs en
> rassisties die Afrikaner is, hoe slegter en
> onversorg is sy Afrikaans. Wat sê dit,
> wonder ek.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Gloudina [en Kanada] se robbe... [boodskap #106306 is 'n antwoord op boodskap #106259] |
Wed, 05 October 2005 12:58   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf
Watter voorreg is dit nie vir 'n ware vrou om
> haar man te dien en vir hom koffie en kos aan te dra terwyl hy oor die
> belangriker dinge van die lewe dink en besluit nie?
> Kry 'n ware man om jou uit te 'sort'.
Ons kyk nou die dag na 'n film van Lina Wertmüller, die Italiaanse
filmmaker, met die titel "Swept Away." Dis die storie van twee
mense op 'n rubberboot, een die ryk eienares en die ander die
boothulp op 'n luukse yacht, wat gestrand raak in die
Mediterreense See en vir dae op 'n onherbergsame eilandjie
moet bly, voordat hulle gered word. Die ou is net soos
Suidwester. Hy dwing haar, met straf as sy nie sy wil doen
nie, om vir hom te dien. Uiteindelik lyk dit ook asof hy en
sy op mekaar verlief raak. Wanneer hulle gered word, dan
neem die man aan dat, as hy vir die vrou die keuse gee om
by haar man te bly of by hom, sy vir hom sal kies. Hy maak
hom klaar om van sy eie vrou en kinders ontslae te raak.
Maar as dit op herrie kom, dan kies die vrou weer haar
( ryk) man, en sy eie vrou jou hom uit toe sy uitvind wat
sy planne is en verwerp hom. Die laaste scene van die
fliek is waar hy maar weer ewe gedweë agter sy vrou
aanloop, wat eintlik niks met hom te doen wil hê nie.
Gloudina
|
|
|
Re: Gloudina [en Kanada] se robbe... [boodskap #106307 is 'n antwoord op boodskap #106304] |
Wed, 05 October 2005 13:10   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Riaan, jy moet net nie vergeet dat die anti van onderwerp verander omdat sy
die argument verloor nie. Sy's SO dankbaar as daar 'n spelfout is want dit
gee haar 'n kans om uit die redenasie uit te klim.
"Riaan" skryf in boodskap news:1128510183.410080@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Moenie my doelbewus verkeerd verstaan nie oudste van dae. Ek gee om vir my
> taal en die spelling, maar ek het baie begrip vir iemand wat 'n spelfout
> maak omrede ek weet hoe maklik dit kan gebeur.
>
> Maar om die hele onderwerp soos 'n sak patats te los en die spelfout die
> nuwe tema te maak is om die minste te sê belaglik.
>
>
>> Nog 'n ander feit soos 'n paal bo water - hoe meer regs en
>> rassisties die Afrikaner is, hoe slegter en
>> onversorg is sy Afrikaans. Wat sê dit,
>> wonder ek.
>
> Die anderkan van jou "feit" is natuurlik - Hoe meer links en liberaal die
> Afrikaner is hoe groter is sy/haar begeerte om te emigreer na lande waar
> hy Afrikaans tot so mate sal verwerp dat hy dit nie meer as huistaal sal
> gebruik nie. Inteendeel hy sal die Engelse taal so begeer dat hy
> ongelukkig sal voel indien iemand na 30+ jaar nog steeds kan agterkom sy
> aksent is vals. Wat sê dit, wonder ek
>
>
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:5u2dnUmDBNx2Md7eRVn-jg@rogers.com...
>
>> Sien, ek sê mos altyd. Die dood van Afrikaans
>> sal nie kom deur Mbeki se beleide of die
>> ANC se doelwitte nie. Die dood van Afrikaans
>> sal kom deur Afrikaners soos jy wat niks vir
>> jou moedertaal omgee nie, wat bereid is om
>> dit op te mors, of in geradbraakte Engels
>> te praat soos Frikkie, liewers as om sy taal
>> as 'n taalerfenis in stand te hou. Nog 'n ander
>> feit soos 'n paal bo water - hoe meer regs en
>> rassisties die Afrikaner is, hoe slegter en
>> onversorg is sy Afrikaans. Wat sê dit,
>> wonder ek.
>> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Gloudina [en Kanada] se robbe... [boodskap #106309 is 'n antwoord op boodskap #106298] |
Wed, 05 October 2005 13:21   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ag Bobsie'tjie of Katryntjie of Kooitryntjie, of wat ookal jou naampie
vandag is, daar is seker iets soos 'n intelligente vroumens, ek stry nie,
maar as daar 'n vroumens is met 'common sense', dan het ek haar nog nie
ontmoet nie. Plant jy 'n vrou se brein in 'n mossie oor, dan vlieg hy
agteruit. Weet jy hoekom trou vroumense in wit klere? Alle
huis-'appliances' is wit! Watter voorreg is dit nie vir 'n ware vrou om
haar man te dien en vir hom koffie en kos aan te dra terwyl hy oor die
belangriker dinge van die lewe dink en besluit nie? Soos waarop om hul
geld uit te gee volgende.....'n nuwe Land Cruiser of daai wedstryd op Loftus
saam met die manne wat almal afvlieg en in 'n private losie die rugby gaan
sit en kyk met volop drank en biltong? Wat van die aaklige gedagte dat die
vrou alweer te veel geld uitgee op die huis en waarom moet sy een keer in
drie maande haarkapper toe gaan terwyl daar niks is wat na haar kyk op die
plaas nie? Vir wat wil sy goed lyk..vir wie. So een keer 'n week moet sy
in die donker net reg draai as die baas lus is en as sy lus verby is, dan
slaap hulle. Utopia! G'n bleddie wonder julle's sulke bitterbekke nie!
Kry 'n ware man om jou uit te 'sort'.
"Bobby" skryf in boodskap news:nlN0f.7931$U51.3418@news-server.bigpond.net.au...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:q6SdnTWsneurfN_eRVn-qQ@rogers.com...
>
>> In ag nemende watter skeldname Suidwester vir my dag
>> na dag mee uitkryt, dink ek bostaande is konserwatief.
>> Het jy ooit vir Suidwester uitgekryt oor watter name
>> hy vir my noem?
> Gloudina, dis sekerlik 'n kompliment - Suidwester het 'n groot probleem
> met intelligente vrouens. Hy weet nie hoe om hulle te hanteer nie - kyk
> maar hoe hy gereeld vir jou en Katryn beledig. Sit seker op sy voorstoep
> en pyp rook terwyl die vrou vir hom koskook en koffie aandra voor sy harde
> dag se werk in die winkel, terwyl sy die huis skoonmaak en die ander
> belangrike takies verrig om hom gelukkig te hou. Beledigings is maar die
> enigste manier waarop hy met slim vroumense ka kommunikeer.
>
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina [en Kanada] se robbe... [boodskap #106316 is 'n antwoord op boodskap #106309] |
Wed, 05 October 2005 18:55   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester, al ooit gewonder hoekom wewenaars oor die algemeen so gou weer
wil trou, en die meeste weduwees glad nie meer of weer sulke nonsens wil
aanvang nie?
As jy by die antwoord uitkom, kan jy twee afleidings maak.:
a)Mans bly dom
b) Om te trou maak hulle dom.
:))
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:8fmdnXt-w85oWN7eRVn-gQ@is.co.za...
> Ag Bobsie'tjie of Katryntjie of Kooitryntjie, of wat ookal jou naampie
> vandag is, daar is seker iets soos 'n intelligente vroumens, ek stry nie,
> maar as daar 'n vroumens is met 'common sense', dan het ek haar nog nie
> ontmoet nie. Plant jy 'n vrou se brein in 'n mossie oor, dan vlieg hy
> agteruit. Weet jy hoekom trou vroumense in wit klere? Alle
> huis-'appliances' is wit! Watter voorreg is dit nie vir 'n ware vrou om
> haar man te dien en vir hom koffie en kos aan te dra terwyl hy oor die
> belangriker dinge van die lewe dink en besluit nie? Soos waarop om hul
> geld uit te gee volgende.....'n nuwe Land Cruiser of daai wedstryd op Loftus
> saam met die manne wat almal afvlieg en in 'n private losie die rugby gaan
> sit en kyk met volop drank en biltong? Wat van die aaklige gedagte dat die
> vrou alweer te veel geld uitgee op die huis en waarom moet sy een keer in
> drie maande haarkapper toe gaan terwyl daar niks is wat na haar kyk op die
> plaas nie? Vir wat wil sy goed lyk..vir wie. So een keer 'n week moet sy
> in die donker net reg draai as die baas lus is en as sy lus verby is, dan
> slaap hulle. Utopia! G'n bleddie wonder julle's sulke bitterbekke nie!
> Kry 'n ware man om jou uit te 'sort'.
> "Bobby" wrote in message
> news:nlN0f.7931$U51.3418@news-server.bigpond.net.au...
>>
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:q6SdnTWsneurfN_eRVn-qQ@rogers.com...
>>
>>> In ag nemende watter skeldname Suidwester vir my dag
>>> na dag mee uitkryt, dink ek bostaande is konserwatief.
>>> Het jy ooit vir Suidwester uitgekryt oor watter name
>>> hy vir my noem?
>
>> Gloudina, dis sekerlik 'n kompliment - Suidwester het 'n groot probleem
>> met intelligente vrouens. Hy weet nie hoe om hulle te hanteer nie - kyk
>> maar hoe hy gereeld vir jou en Katryn beledig. Sit seker op sy voorstoep
>> en pyp rook terwyl die vrou vir hom koskook en koffie aandra voor sy harde
>> dag se werk in die winkel, terwyl sy die huis skoonmaak en die ander
>> belangrike takies verrig om hom gelukkig te hou. Beledigings is maar die
>> enigste manier waarop hy met slim vroumense ka kommunikeer.
>>
>
|
|
|
Re: Gloudina [en Kanada] se robbe... [boodskap #106317 is 'n antwoord op boodskap #106316] |
Thu, 06 October 2005 06:47   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
He-he! Wat maak jy as 'n yskas of 'n stoof konk? Jy vervang hom. Die
weduwees maak net of hulle nie weer wil trou nie, want daar's so baie van
hulle. Genadiglik dop die manne oor die algemeen gouer om as die vrouens
[ek se die vrouens dryf die mans tot in die graf in] so hulle kan eintlik
nie weer man kry nie, maar moet die 'pose' hou.
"Annette" skryf in boodskap news:di1a9o$n31$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Suidwester, al ooit gewonder hoekom wewenaars oor die algemeen so gou weer
> wil trou, en die meeste weduwees glad nie meer of weer sulke nonsens wil
> aanvang nie?
> As jy by die antwoord uitkom, kan jy twee afleidings maak.:
> a)Mans bly dom
> b) Om te trou maak hulle dom.
> :))
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:8fmdnXt-w85oWN7eRVn-gQ@is.co.za...
>> Ag Bobsie'tjie of Katryntjie of Kooitryntjie, of wat ookal jou naampie
>> vandag is, daar is seker iets soos 'n intelligente vroumens, ek stry nie,
>> maar as daar 'n vroumens is met 'common sense', dan het ek haar nog nie
>> ontmoet nie. Plant jy 'n vrou se brein in 'n mossie oor, dan vlieg hy
>> agteruit. Weet jy hoekom trou vroumense in wit klere? Alle
>> huis-'appliances' is wit! Watter voorreg is dit nie vir 'n ware vrou om
>> haar man te dien en vir hom koffie en kos aan te dra terwyl hy oor die
>> belangriker dinge van die lewe dink en besluit nie? Soos waarop om hul
>> geld uit te gee volgende.....'n nuwe Land Cruiser of daai wedstryd op Loftus
>> saam met die manne wat almal afvlieg en in 'n private losie die rugby
>> gaan
>> sit en kyk met volop drank en biltong? Wat van die aaklige gedagte dat die
>> vrou alweer te veel geld uitgee op die huis en waarom moet sy een keer in
>> drie maande haarkapper toe gaan terwyl daar niks is wat na haar kyk op
>> die
>> plaas nie? Vir wat wil sy goed lyk..vir wie. So een keer 'n week moet sy
>> in die donker net reg draai as die baas lus is en as sy lus verby is, dan
>> slaap hulle. Utopia! G'n bleddie wonder julle's sulke bitterbekke
>> nie!
>> Kry 'n ware man om jou uit te 'sort'.
>> "Bobby" wrote in message
>> news:nlN0f.7931$U51.3418@news-server.bigpond.net.au...
>>>
>>> "@rogers.com" wrote in message
>>> news:q6SdnTWsneurfN_eRVn-qQ@rogers.com...
>>>
>>>> In ag nemende watter skeldname Suidwester vir my dag
>>>> na dag mee uitkryt, dink ek bostaande is konserwatief.
>>>> Het jy ooit vir Suidwester uitgekryt oor watter name
>>>> hy vir my noem?
>>
>>> Gloudina, dis sekerlik 'n kompliment - Suidwester het 'n groot probleem
>>> met intelligente vrouens. Hy weet nie hoe om hulle te hanteer nie -
>>> kyk
>>> maar hoe hy gereeld vir jou en Katryn beledig. Sit seker op sy voorstoep
>>> en pyp rook terwyl die vrou vir hom koskook en koffie aandra voor sy harde
>>> dag se werk in die winkel, terwyl sy die huis skoonmaak en die ander
>>> belangrike takies verrig om hom gelukkig te hou. Beledigings is maar die
>>> enigste manier waarop hy met slim vroumense ka kommunikeer.
>>>
>
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 10:52:39 UTC 2025
|