Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Oorstap" in die parlement?
|
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105527 is 'n antwoord op boodskap #105500] |
Fri, 02 September 2005 18:29   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 02 Sep 2005 14:32:19 +0200, Ferdi Greyling wrote:
> On Thu, 01 Sep 2005 20:39:33 +0200, DD wrote:
>
>
> > Daar is voorbeeldige mense soos ek, wat sedert ek
>> stemgeregtig geword het, noooooit nasionaal gestem het nie.
>
> Jy het HNP gestem. Praat van moeg......
>
toegegee, en selfs as jy 'n debat sou begin of die HNP
ooit bestaansreg gehad het, sou jou debat bestaansreg hê.
Iemand het egter sowat 2 of 3 jaar gelede 'n op hierdie nuusgroep
'n fyn uitleg gedoen waarom hy dink dat die HNP (nou!) uiters slim en
uitgeslape te werk gaan. Ek wonder of dit nie JP was nie, ek is nie
seker nie, maar die spekuleerder het interessante dinge uitgewys,
wat mens kan laat wonder of die HNP werklik so 'n nikswerd party
is soos dit lyk.
Dit gaan egter nie daaroor nie. Jy het my stelling ontwyk dat
die Pik Bothas, Kortbroeke, Meyers & kie politiek bedryf as
'n besigheid. Gesien het dat hul party doodgeloop het, en
bloot hul beginsels verander het, wat beteken dat hulle
steeds 'n salaris huis toe neem.
|
|
|
|
|
|
|
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105671 is 'n antwoord op boodskap #105542] |
Tue, 06 September 2005 09:09   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:yuWdnZ2dnZ1NsWnUnZ2dnSF0hd6dnZ2dRVn-zJ2dnZ0@rogers.com. ..
>
> "Basjan" skryf
>
>> Dit is idealities gesien,
>> Afrika? Wees REALISTIES...
>
> Basjan, sulke soort gepraat maak my siek, baie siek.
Hoekom? Omdat ek sê Afrika is nie Amerika/Kanada nie? Omdat ek sê iets wat
vir jou werk sal nie noodwendig in Afrika werk nie? Word wakker!
> Nou het jy die nerve om vir my te kom vertel wat
> die nuwe bedeling in SA tot stand gebring het. Jy het
> darem nerve.
Ag Gloudina, jou stellinge is tragies. Jy is die een wat op haar kooi sit
en huil oor SA, op die kooi wat so ver verwyderd is van die werklike Afrika.
Wat nie meer Afrikaans in jou huis praat omdat dit "die taal van die Caspirs
was", maar rustig Engels rondgooi, wat die taal is van mense en nasies met
net sulke skandalige praktyke in hul verlede. Moet ons die Duitsers oortuig
om op te hou Duits praat? Dit, Gloudina, is wat jou siek moet maak, die
tipe hipocracy...
Jy fasineer my, ou Gloudina, dat jy so ver in die wêreld kan sit en kraai
oor die ellende van Suid-Afrika. Maar ek moet so half aflei dat jy maar
rustig in SA gebly het gedurende die sousjare.
Ek raak sat daarvan dat al Afrika se ellende aan iets met 'n witvel
toegeskryf word. Noem dit apartheid, kolonialisme, ens. Maar op die ou
einde, en hier stem ek saam met oom Suidwes, is Afrika maar Afrika. Daar is
min sub-Sahara lande wat hulself al bewys het. Die wat lyk asof dit
goedgaan, het ook maar baie hongersnood en armoede. Ek het eenkeer 'n baie
eerlike gesprek met 'n (swart) Amerikaner gehad wat nog nooit oorsee was nie
en gal gebraak het oor die skade wat witmense in Afrika aangerig het. Maar
hy was die eerste om te erken dat sy ras baie op hul sterte sit en kla, dat
hulle geweldige "critical mass" nodig het om iets te laat gebeur. Raak siek
hieroor, tante.
Basjan
|
|
|
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105672 is 'n antwoord op boodskap #105525] |
Tue, 06 September 2005 09:13   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:431895b5.973437@news.absamail.co.za...
> On Fri, 2 Sep 2005 17:17:29 +0200, "Basjan" wrote:
>
>
> verduideliking, maar
>> waar kom die konsep van "floor crossing" vandaan?
>
> Mense mag van politieke siening en party verander. Deel van die reg
> tot vrrye assosiasie.
> Dis gewoonlik 'n pyn in die gat - soos die meeste politici so baie
> kere is - maar is 'n "noodsaaklike euwel".
> Ook in die vorige kiesafdeling-bedeling was daar oorstappery. Die
> grootste een in die NP se geskiedenis was toe die KP tot stand gekom
> het.
>
>
> > voordele hiervan,
>
>
> Jy maak dit moontlik dat mense die reg tot vrye assosiasie kan
> uitoefen.
> Soos Churchill gese het - demokrasie is 'n morsige en swak ontwikkelde
> regering-stelsel, maar dit is oneindig beter as anige alternatief
> beskikbaar.
>
> Beter bv. as konings (Swaziland) of diktators (Bob Mugabe).
>
> voorgestel, nl. dat 'n party in 'n magsposisie wil help dat daar 'n
>> stabiele
>> sisteem ontstaan met 'n versterkte opponentsbasis...shooting ourselves in
>> the feet for the better of all mankind??
>
>
> Eerder to muddle along.
Genuine dankie, Ferdi. Jou antwoord maak sin en ek verstaan die teorie
beter. Dit bly maar vir my moeilik om, kom ons sê in alle gevalle,
oorlopery te vereenselwig met die keuse van 'n groep kiesers. Ek dink die
ideaal sal wees as die vryheid van assosiasie in alle gevalle die keuse van
'n LP se kiesgroep verteenwoordig. Maar soos jy noem, demokrasie is een van
die beter alternatiewe, ek wonder maar net of oorlopery die idee verdun.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: "Oorstap" in die parlement? [boodskap #105785 is 'n antwoord op boodskap #105781] |
Thu, 08 September 2005 14:04  |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 8 Sep 2005 15:41:14 +0200, "Riaan" wrote:
> Ja dit is wat ek bedoel, jy kan tog vir jouself indink dat tydens die Groot
> Trek daar nou nie juis spasie vir 'n klomp boekke gemaak sou word nie, so
> die kinders is geleer lees uit die bybel uit.
>
> Daar was genoeg mense wat kon lees en skryf sodat die geskiedenis opgeteken
> staan, asook genoeg om later van tyd 2 provinsies te stig met wette ens
So hulle het ook nie skole gehad nie.
Dit was maar die Engelse wat skole gehad het, lyk dit.
In Europa was die donker rasse van die Midde-Ooste natuurlik ligjare
voor die ongeletterde Europeers 'n duisend jaar gelede.
Die goed beweeg in stadige siklusse.
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 12:51:18 UTC 2025
|