Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Petrolprys
Petrolprys [boodskap #105034] |
Sun, 14 August 2005 15:57  |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
mense gee reeds hul vuurwapens weg; uit skrik vir die nuwe
vuurwapenwette.
Ek dink mense gaan binnekort begin om voertuie te verkoop.
Dit was nie regtig lank terug wat die Afrikaanse nuus tydens
'n uitsending gesê het dat 'die petrolprys al weer 'oor R30.00 is'
en 'n paar aande later 'darem weer onder R30.00'
Ek was ietwat geskok toe dit onlangs R50 gehaal het. Nou se
R67 laat die vraag hoe ver R70 is, en waar die draai punt
gaan wees. Wat op gaan moet afkom. Maar wat gaan die
momemtum verminder? En wanneer, want dit blyk dat dit
terug geskakel is in 'n versnelrat.
Miskien moet oom George met meer olielande betrekkinge
aanknoop.
|
|
|
|
Re: Petrolprys [boodskap #105037 is 'n antwoord op boodskap #105035] |
Sun, 14 August 2005 16:55   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 14 Aug 2005 18:13:35 +0200, "Joeboy" wrote:
>
> "DD" wrote in message
> news:7qpuf1hpkr847usn5na36mok5j7emad60g@4ax.com...
>> mense gee reeds hul vuurwapens weg; uit skrik vir die nuwe
>> vuurwapenwette.
>> Ek dink mense gaan binnekort begin om voertuie te verkoop.
>> Dit was nie regtig lank terug wat die Afrikaanse nuus tydens
>> 'n uitsending gesê het dat 'die petrolprys al weer 'oor R30.00 is'
>> en 'n paar aande later 'darem weer onder R30.00'
>> Ek was ietwat geskok toe dit onlangs R50 gehaal het. Nou se
>> R67 laat die vraag hoe ver R70 is, en waar die draai punt
>> gaan wees. Wat op gaan moet afkom. Maar wat gaan die
>> momemtum verminder? En wanneer, want dit blyk dat dit
>> terug geskakel is in 'n versnelrat.
>> Miskien moet oom George met meer olielande betrekkinge
>> aanknoop.
> Jinne, het nie besef die Rand het soveel teenoor die US$ verander nie ;-)
> Joeboy
>
ja, die jare toe HF Verwoerd nog praktiese beplanning gedoen het,
was dit anders. Op 'n stadium was die Rand selfs meer werd as die
dollar.
Tsafendas het daaraan 'n einde gemaak, na David Pratt misluk het.
Natuurlik is dit net invoer artikels wat daardeur geraak word. En
wanneer ons uit die Ooste invoer score ons. Maar ons betaal nie meer
vir huisvesting en vir brood en melk as die yanks nie. En biltong en
vye jam is goedkoper hier. Miss Balls se blatjang kan jy by byna enige
café oppie hoek koop.
En, dit is nié die geldwaarde wat die rede is hier nie, maar
skommelings in die olielande.
|
|
|
|
Re: Petrolprys [boodskap #105039 is 'n antwoord op boodskap #105038] |
Sun, 14 August 2005 17:12   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 14 Aug 2005 13:01:53 -0400, "@rogers.com" wrote:
>
> "DD"skryf
>
>> Miskien moet oom George met meer olielande betrekkinge
>> aanknoop.
>
> China sal dit alles opkoop.
> Gloudina
>
China sal dit alles opkoop sê jy.
Nevermaaind wat Sjina alles sal opkoop, (dit blyk dat hulle ook
maar 'n groot terugslag vir Hong Kong is) is daar iets anders
wat vir my 'n vraag bly, en ek het dit al so saggies hier genoem,
maar so sag, dat niemand dit gehoor het nie:
(en ek dink dat dit op een of ander manier
inskakel by die VSA/Irak inval.)
Daar is 'n spesifieke hoeveelheid olie in die aardbol. En die
wêreld probeer al vir dekades 'n alternatief vir die binnebrand
enjin ontwikkel, maar slaag nie. As die wêreld sonder olie is,
trek ons terug oor die Drakensberge.
Olie word teen 'n geweldige tempo verbruik. Teen 'n tempo wat versnel
by die uur, afgesien van by die dag.
Dieselfde mense wat die maan besoek en ruimtetuie met kameras na
ver planete stuur, beplan nou al reise na Mars. 'n Onbemande vuurpyl
het gister ook die reis daarheen aangepak.
Hulle kan dan al tot jam in 'n toe blik sit! Maar die petrol enjin kan
steeds nie vervang word nie.
Afgesien van oliepryse, dink ek gaan beskikbaarheid ook 'n rol
begin speel.
|
|
|
|
Re: Petrolprys [boodskap #105042 is 'n antwoord op boodskap #105040] |
Sun, 14 August 2005 20:03   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 14 Aug 2005 17:56:32 GMT, " de boskabouter" wrote:
>
>> Olie word teen 'n geweldige tempo verbruik. Teen 'n tempo wat versnel
>> by die uur, afgesien van by die dag.
>> Dieselfde mense wat die maan besoek en ruimtetuie met kameras na
>> ver planete stuur, beplan nou al reise na Mars. 'n Onbemande vuurpyl
>> het gister ook die reis daarheen aangepak.
>> Hulle kan dan al tot jam in 'n toe blik sit! Maar die petrol enjin kan
>> steeds nie vervang word nie.
>> Afgesien van oliepryse, dink ek gaan beskikbaarheid ook 'n rol
>> begin speel.
> Een alternatief is dat boere massaal koolzaad gaan teel om diesel te vervang
> as brandstof;maïsolie blyk ook een goei alternatief te wees
>
As iets groots soos die Sasol aanleg nie eens naastenby groot genoeg
is om in slegs die Suid Afrikaanse behoeftes te voldoen nie, teen
watter mate dan, moet alternatiewe gesoek word?
Vir my bly dit snaaks dat ons in die ruimte eeu, steeds nie 'n
praktiese antwoord kry nie. In my kleuterjare was daar trams
(dubbeldekker busse) wat op elektrisieteit aangedryf was. Soos
die hedendaagse treine.
Ook klink dit nie of daar naarstiglik gesoek word nie. Een groot
probleem is dat 'n motor wat op batterykrag beweeg, nie ook
'n alternator kan in stand hou wat sterk genoeg is om die
batterye vol kragte hou nie. Dit is tog seker wat die antwoord
vorentoe sal wees.
|
|
|
Re: Petrolprys [boodskap #105044 is 'n antwoord op boodskap #105042] |
Sun, 14 August 2005 22:35   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DD wrote:
> praktiese antwoord kry nie. In my kleuterjare was daar trams
> (dubbeldekker busse) wat op elektrisieteit aangedryf was. Soos
> die hedendaagse treine.
Elektriese busse/treine/motors verskuif eintlik net die probleem na 'n ander
hulpbron. In ons land word meeste elektrisiteit deur steenkoolbrandende
kragsentrales opgewek. Dus, in plaas van petroleum te gebruik om jou voertuig
se krag op te wek gebruik mens net 'n ander soort fossielbrandstof, wat ook nie
hernubaar is nie. Verder vererger mens waarskynlik die besoedelingsgevaar, want
oor die algemeen word baie laegraad-steenkool vir die kragsentrales gebruik.
Vir my lê daardie oplossing in kernkragsentrales, maar die "bunny-huggers" skop
natuurlik geweldig daarteen. Baie mense meen son-, wind-, of getykrag is
aanvaarbare alternatiewe, maar tot dusver kan sulke tegnologieë slegs baie
beperk aangewend word en is dit dienooreenkomstig BAIE duurder as
fossielbrandstowwe.
Twee ligpuntjies oor fossielbrandstowwe:
(a) die wêreld as geheel het nog 'n paar 100 jaar se steenkoolreserwes oor, en
waarskynlik 1000'e jare se aardgasreserwes. Laasgenoemde is tans eintlik 'n
afvalproduk by olievelde, wat bloot verbrand word (dis dit wat meesal daardie
groot "flares" op die olieplatforms veroorsaak).
(b) Sasol is een v.d eerste maatskappye wat tegnologie ontwikkel het om aardgas
ekonomies te "veredel" en te gebruik om petroleumprodukte te maak.
> Ook klink dit nie of daar naarstiglik gesoek word nie. Een groot
> probleem is dat 'n motor wat op batterykrag beweeg, nie ook
> 'n alternator kan in stand hou wat sterk genoeg is om die
> batterye vol kragte hou nie. Dit is tog seker wat die antwoord
> vorentoe sal wees.
Die Wet van Entropie sê dat mens nie energie kan gebruik uit 'n bron (battery)
om weer energie in dieselfde bron in te pomp nie - jy verloor altyd energie
langs die pad in die vorm van hitte/wrywing. Dus sal so 'n alternator nie kan
werk nie, of net baie beperk. Motors soos die Toyota Prius het nog steeds 'n
binnebrandenjin nodig om die energie te verskaf om die batterye te laai (en om
vinniger te kan ry). Batterye se uithouvermoë is nog uiters beperk, veral teen
hoë ontladingstempo's (soos byv. vinnig ry, baie stop/ry) - mens moet altyd
naby aan 'n laaier wees. Alternatiewe soos die sg. brandstofselle is nog baie
duurder en nog gevaarlik ook agv die waterstofinhoud.
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
Re: Petrolprys [boodskap #105046 is 'n antwoord op boodskap #105039] |
Mon, 15 August 2005 04:44   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek sal gou gaan soek na die webblad wat praat van sand wat in brandstof
verander kan word, en dit hier plaas.
--
Groetnis
Annette
"DD" skryf in boodskap news:04uuf1tlfhn7pmb6o9pv1utq2moagsul22@4ax.com...
> On Sun, 14 Aug 2005 13:01:53 -0400, "@rogers.com"
> wrote:
>
>>
>> "DD"skryf
>>
>>> Miskien moet oom George met meer olielande betrekkinge
>>> aanknoop.
>>
>> China sal dit alles opkoop.
>
>> Gloudina
>>
>
> China sal dit alles opkoop sê jy.
> Nevermaaind wat Sjina alles sal opkoop, (dit blyk dat hulle ook
> maar 'n groot terugslag vir Hong Kong is) is daar iets anders
> wat vir my 'n vraag bly, en ek het dit al so saggies hier genoem,
> maar so sag, dat niemand dit gehoor het nie:
> (en ek dink dat dit op een of ander manier
> inskakel by die VSA/Irak inval.)
>
> Daar is 'n spesifieke hoeveelheid olie in die aardbol. En die
> wêreld probeer al vir dekades 'n alternatief vir die binnebrand
> enjin ontwikkel, maar slaag nie. As die wêreld sonder olie is,
> trek ons terug oor die Drakensberge.
>
> Olie word teen 'n geweldige tempo verbruik. Teen 'n tempo wat versnel
> by die uur, afgesien van by die dag.
>
> Dieselfde mense wat die maan besoek en ruimtetuie met kameras na
> ver planete stuur, beplan nou al reise na Mars. 'n Onbemande vuurpyl
> het gister ook die reis daarheen aangepak.
>
> Hulle kan dan al tot jam in 'n toe blik sit! Maar die petrol enjin kan
> steeds nie vervang word nie.
>
> Afgesien van oliepryse, dink ek gaan beskikbaarheid ook 'n rol
> begin speel.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Petrolprys [boodskap #105070 is 'n antwoord op boodskap #105065] |
Mon, 15 August 2005 20:18   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DD" skryf
> dit was 'n lokval vir bouwer, maar sy was nie
> stupid genoeg daarvoor nie
Ek wil jou nou iets in goedertrou vertel, du
plessis, wat my baie insig gegee het in mense
se siele. Ons was in 1993 se lente en vroeg-
somer in SA, dus net voor die verkiesings van
1994. Mandela was nog nie president nie, maar
was algemeen aangeneem dat hy dit sal word.
So sy opinies het op daardie stadium geweldig
belang gedra. Ons praat eendag met een van
my swaers, wat mens op daardie stadium as
baie teen die nuwe bedeling sou moes aanneem.
Maar op daardie tydstip was die petrolpryse ook
besig om dramaties op te gaan, blykbaar met die
toestemming van De Klerk se regering. Mandela
het hom ondertussen oor dié situasie uitgespreek,
en was van opinie dat die regering vinnig moes
optree om te verhoed dat die petrolpryse nog
meer styg, omdat dit die man in die straat begin
negatief affekteer. Toe kyk my swaer eendag so
met 'n veraf kyk in sy oë, en hy sê as Mandela
dit kan regkry, dan sal hy baie bly wees.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Petrolprys [boodskap #105119 is 'n antwoord op boodskap #105099] |
Tue, 16 August 2005 20:42  |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 16 Aug 2005 16:13:36 +0200, Ferdi Greyling wrote:
>
> Klaarblyklik kan die Kongo-rivier so ingespan word en dan sal dit krag
> aan die hele Afrika en oor dele van Suid-Europa kan verskaf.
>
>
dan steek daar selfs meer in my redenasie as wat ek gedink het.
En dit maak sin omdat wiel na wiel na wiel in, veral 'n groot en sterk
rivier, ingespan kan word.
Miskien is dit ook die antwoord vir petrol.
Bou kanale!
By http://finepix.95mb.com/abba2/index.html is 2 fotos.
Dit sal net tot môreaand daar wees.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 10:31:32 UTC 2025
|