| Vanaand [boodskap #104855] |
Sa., 06 Augustus 2005 15:02  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ons tree vanaand op in Artscape.
Ons sing die Requiem van Frigyes Hidas.
Dit is die eerste ker dat die stuk in Suid Afrika of die Afrika kontinent
opgevoer word.
Die Dies Irae en Sanctus wat ons sing is twee besondere mooi stukke musiek.
Ons is ook bevoorreg om die komponis te kon ontmoet en hy sal ook by
vanaand se vertoning wees.
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Vanaand [boodskap #104876 is 'n antwoord op boodskap #104856] |
Sa., 06 Augustus 2005 20:28   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek kon nie 'n program kry nie, so ek sal maar gaan oplees en laat weet.
Ek vermoed hy is 'n Hongaar of 'n Tsjeg.
Hy is 'n mooi groot man met grys hare - ek skat hom so in die sestigs.
Hy was baie ingenome met ons koor se optrede vanaand.
--
Groetnis
Annette
"@rogers.com" skryf in boodskap news:pMSdnZTDXMWnTmnfRVn-tw@rogers.com...
>
> "Annette" skryf
>
>> Ons tree vanaand op in Artscape.
>> Ons sing die Requiem van Frigyes Hidas.
>
> Vertel ons meer van die komponis. In watter
> land is hy gebore en hoe oud is hy?
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vanaand [boodskap #104885 is 'n antwoord op boodskap #104878] |
So., 07 Augustus 2005 06:03   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Daar is 'n opname gemaak gisteraand, en ek sal ons klankman by die koor vra
of hy vir my van my CD ( wanneer ons dit kry) 'n MP3-snit kan maak.
Ek sal ook vir hom vra of hy vir my kan afskrifte maak vir mense hier wat
daarin sou belangstel.
--
Groetnis
Annette
"DD" skryf in boodskap news:9g7af193mujo13atndagvqa6lluu11u81v@4ax.com...
> On Sat, 6 Aug 2005 22:28:03 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek kon nie 'n program kry nie, so ek sal maar gaan oplees en laat weet.
>> Ek vermoed hy is 'n Hongaar of 'n Tsjeg.
>> Hy is 'n mooi groot man met grys hare - ek skat hom so in die sestigs.
>> Hy was baie ingenome met ons koor se optrede vanaand.
>
> enige moontlikheid om 'n snit in .MP3 na die nuusgroep te pos,
> Annette? Of enige ander posbus op Internet?
>
> DD
>
|
|
|
|
| Re: Vanaand [boodskap #104886 is 'n antwoord op boodskap #104879] |
So., 07 Augustus 2005 06:05   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek ook nie - totdat ons sy musiek begin oefen het nie.
Die man kan nie 'n woord Engels verstaan of praat nie, maar sy musiek is
goed, en hy is baie sjarmant.
--
Groetnis
Annette
"@rogers.com" skryf in boodskap news:lrCdnXPixrX2umjfRVn-vQ@rogers.com...
>
> "Annette" skryf
>
>> Ek vermoed hy is 'n Hongaar of 'n Tsjeg.
>> Hy is 'n mooi groot man met grys hare - ek skat hom so in die sestigs.
>
> Ek het op die Internet gekyk. Hy is in 1928 gebore, dus is
> hy al in die sewentigs. Gebore in Budapest.
> Lede van my familie was onlangs in Budapest. Hulle het
> by hulle seun aangesluit wat water polo in Slovakia en
> Hongarye gaan swem het. Hulle het 'n paar nagte in
> Budapest deurgebring en was ekstaties oor die hotel
> waar hulle daar gebly het. Blykbaar is water polo
> 'n populêre sport in Hongarye en die lande daar
> rondom, anders as in Kanada, waar dit maar net
> deur klubs bedryf word, en dus bietjie duur is om
> aan deel te neem. Iemand wat daar gebore is,
> verduidelik dat daardie lande 'n waterkultuur het,
> as gevolg van die teenwoordigheid van so baie
> spas.
> Ek is maar onkundig. Ek het nog nooit van Hidas
> gehoor nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Vanaand [boodskap #104892 is 'n antwoord op boodskap #104889] |
So., 07 Augustus 2005 14:58   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee, ek het nie die gereedskap nie.
Gereedskap is mos in essensie 'n man-ding:)))
--
Groetnis
Annette
"DD" skryf in boodskap news:j1sbf1172b17jlo8nu121u1pnt6lt8bnaj@4ax.com...
>
>
>> Daar is 'n opname gemaak gisteraand, en ek sal ons klankman by die koor vra
>> of hy vir my van my CD ( wanneer ons dit kry) 'n MP3-snit kan maak.
>> Ek sal ook vir hom vra of hy vir my kan afskrifte maak vir mense hier wat
>> daarin sou belangstel.
> --
>> Groetnis
>> Annette
>
>
> As jy die regte gereedskap het, kan jy dit self doen, Annette.
> Nero bv. met die regte plugin. Daar is hope programme op
> Inernet beskikbaar waarmee jy dit self kan doen.
> Dan kan ons 'n slag hoor hoe julle sing
>
>
> On Sun, 7 Aug 2005 08:05:55 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Die man kan nie 'n woord Engels verstaan of praat nie, maar sy musiek is
>> goed, en hy is baie sjarmant.
>
> hoe skryf hy dan Engelse musiek? Of sing julle met die begeleiding van
> Hongaarse musiek?
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Vanaand [boodskap #104899 is 'n antwoord op boodskap #104894] |
So., 07 Augustus 2005 18:51   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Logies sou mens kon aanneem 'n koekroller is mansgeredskap:))
Ek lees oor die naweek dat ek nou nie meer uiters versigtige mates in die
koue hoef te neem om my WWW's te vervaardig nie.
Net een klein stappie van die kliënt tot op 'n karton met mates op is nodig.
Blykbaar is die lengte van 'n man se voet in cms plus 5cm gedeel deur 2 die
presiese lengte van sy besteviendmet'nwilvansyeiegereedskap:))
Enige vrywilligers om die gerug te bevestig?
--
Groetnis
Annette
>
>> Nee, ek het nie die gereedskap nie.
>> Gereedskap is mos in essensie 'n man-ding:)))
>
>
> nie noodwendig nie, Annette. 'n Spyker bv.
> sal jy tussen mans gereedskap vind terwyl
> 'n koekpan vroue gereedskap is.
> Net so gebruik 'n man wel sy vingers wanneer hy werk
> maar 'n vingerhoed is tog vroue gereedskap. Vele
> meer voorbeelde
>
> DD
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vanaand [boodskap #104912 is 'n antwoord op boodskap #104909] |
Ma., 08 Augustus 2005 05:38  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Okie Dokie, ek sal jou per epos laat weet.
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za
"news" skryf in boodskap news:0dvJe.3683$Zo3.1513@fe03.lga...
>
> "Annette" wrote in message
> news:dd2jem$evo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ons tree vanaand op in Artscape.
> Ons sing die Requiem van Frigyes Hidas.
> Dit is die eerste ker dat die stuk in Suid Afrika of die Afrika kontinent
> opgevoer word.
> Die Dies Irae en Sanctus wat ons sing is twee besondere mooi stukke musiek.
> Ons is ook bevoorreg om die komponis te kon ontmoet en hy sal ook by
> vanaand se vertoning wees.
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
> Annete, as jy n CD kan kry, sal ek graag een wil koop. Email my by die werk
> as jy een kry. Daardie vorige een van julle wat jy vir my gestuur het
> luister ek nog gereeld na, veral die Onse Vader wat julle sing is sooo mooi.
>
> Ellie
>
|
|
|
|