Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner as swerwer
| Die Afrikaner as swerwer [boodskap #6811] |
Wo., 17 Julie 1996 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
Mens wonder soms of die Afrikaner 'n genetiese
predisposisie het vir trek, vir swerf. Die eerste
Afrikaners was meestal matrose van die H.O.I.K.
wat besluit het om vryburgers te word. Dis 'n be-
kende feit dat die matrose uit ander dele van Europa
gekom het (in die sewentiende eeu geplaag met gods-
dienstige oorloe). Die Nederlanders was op daardie
stadium so ryk dat hulle nie op die skepe wou werk
nie. Aan die Kaap was net die toonaangewende elite
soos Jan van Riebeeck en 'n paar ander families van
Nederlandse oorsprong. Die eerste Afrikaners was dus
al in die sewentiende eeu, by hulle aankoms hier te
lande, swerwers in murg en been.
Opperman praat oor hulle in "Joernaal van Jorik,"
'n bundel van Opperman uit sy eksistensialistiese
periode. Hy le die volgende woorde in die mond van
Jorik:
Is ek weer Rijger na die onbekende
... en onbewus in boeg en lende
die sade van 'n volk in my bewaar?
Daar is by Jorik die besef dat wat hy kies, hy ook vir sy
volk kies, want "aan jou dade grens...ewigheid." Hy bid:
Santa Maria, laat hier ook u besluit
geskied, met al die wrede prag van krans
en dier en wilde mens in stukke huid -
dit vul die eerste oe met 'n angs.
Later sou Jorik besef dat die mense van Europa al voor
1652 reeds skuldig was:
Dan het ek hom van die begin verloen,
want voor die boorlinge metaal en doek
op vreemde strande sku aan my kon toon,
het ek die Goue Stad alreeds gesoek.
In die gedig het Jorik 'n gids, Manuel, wat hom waarsku:
Onthou, jy moet terwille van die doel
jouself, soos ek eenmaal, gewillig offer.
Jorik, die Afrikanernasie, word dus gebore in die Christe-
like tradisie, aanvanklik daar in die moederstad :
O fort, kasteel, vyfpuntige gebou
straalsteen in die suidelike donker..
altyd 'n gidsster in die groot stryd
wat binnelande in Sy naam ontdek.
"Joernaal van Jorik" word dus 'n oorsig van die Afrikaner
se geskiedenis, tot in die vyftigerjare van hierdie eeu. Wat
Opperman gedink het van wat in die drie dekades daarna
gebeur het, kan 'n mens raai. Dis nie toeval dat sy grootste
gedig (myns insiens ) "Kroniek van Kristien" gaan oor 'n vrou
wat haarself as sakrament opgeoffer het sodat "wit, bruin en
swart...onbesorg eet...die wyn en brood van haar bros lyf."
Om terug te keer: is die Afrikaner nie maar van die begin
af 'n swerwer nie: eers na Afrika. Toe die Groot Trek, die
Dorslandtrek, die trekke na Kenia, Tanganyika, Argentinie.
Die afgelope dekades, eers mense wat vlug van apartheid af,
nou mense wat vlug omdat daar nie meer apartheid is nie,
na Australie, New, Zealand, Kanada, Paraguay...
En is dit moontlik dat in die kuberruimte daar 'n kuber-
Afrikaner besig is om te ontwikkel, wat die diaspora van
die Afrikaner uitkanselleer?
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Afrikaner as swerwer [boodskap #6848 is 'n antwoord op boodskap #6811] |
Di., 23 Julie 1996 00:00   |
Gys Dubbeld
Boodskappe: 20 Geregistreer: April 1996
|
Junior Lid |
|
|
In article gal...@ibm.net writes:
> From: gal...@ibm.net
> Subject: Re: Die Afrikaner as swerwer
> Date: 23 Jul 1996 03:34:42 GMT
> van...@ecn.nl (Aliki van Heek-"'n geinteresseerde Nederlander") skryf:
>> Ek het nou verskillende redes gehoor waarom mense vertrek
>> uit SA. Hoe grote deel van hulle vertrek omdat die misdaad
>> hul te erg word (hierdie probleem kan die regering
>> miskien probeer oplos, nie dat die regering swart is nie)? Of
>> is dit nie 'n werklike vertrekrede nie?
gesny......
> ....gesny
> Ek ontmoet mense in Australie wat vir baie verskillende rede emigreer het.
> Wat my intereseer is die polities/kulturele redes, vandaar my
> vorige kommentaar. Voor demokrasie in SA was daar heelwat mense
> wat oor Apartheid weg is, dit is nie nou meer die geval nie.
> Myns insiens is die redes nou hoofsaaklik misdaad/ekonomie.
> Ek het deur die (vorig verbanne) ANC mense hier ontmoet wat baie
> onder Apartheid gely het, diensplig-weieraars, selfs 'n polities-betrokke
> ex-poliesman wat 'n ommeswaai gemaak het ens ens.
> Ek het ook (baie) mense ontmoet wat bloot oor geld hiernatoe gekom het,
> ander wat bloot op reis was en besluit het dis 'n lekker plek,
> en rassiste wat maar net na 'n blanke paradys wou trek.
> Hier is mense wat met beginsels en niks geld hier gekom het, ander wat
> met geen beginsels en baie geld gevlug het (daar is wel maniere).
> (Toe hulle hier aankom het die bliksems ewe vroom vertel hoe hul teen
> apartheid was in SA, en hoe baie hul hul bediendes betaal het).
> Wat my ook interesseer is hoe die Afrikaner op trek hul kultuur handhaaf,
> (of oorboord gooi).
> gesny......
> Terloops, die Australiese landelike omgewing staan my wel aan,
> maar wat kultuur betref vind ek my meer tuis by die Nederlanders.
> Die Australiers neig elke dag meer na die Amerikaners.
> Daar is egter 'n natuurpark in Nederland, genaamd "Hoge Veluwe" of so iets
> wat my tuis laat voel het.
> (Dit het toevallig ook 'n stanbeeld van een van ons ou volksleiers).
> groete.
Elizabeth Eybers woon in Amsterdam terwyl party van haar kinders hier in
Suid Afrika ryk word (en verengels?); Breyten Breytenbach woon nog steeds (
hoofsaaklik) in Parys; Sheila Cussons in Spanje; Peter Blum (op 'n stadium
van ons belowendste digters) is verarm en verbitterd dood in Engeland na die
behandeling wat hy destyds van die Afrikaner-establishment gekry het... Was
en is Afrikaners wat in meer as net braaivleis, rugby en hope geld
belangstel miskien tog nie meer tuis in Nederland en elders in Europa as in
Suid Afrika nie? Kan Afrikaans miskien beter as kultuurtaal in Nederland
gehandhaaf word?
Is Afrikaners werklik "van Afrika" in die ware sin van die woord, of is ons
bloot meestal nes Australiers, Amerikaners en Kanadese, met sommige van ons
meer soos Europeers??
Gys
|
|
|
|
| Re: Die Afrikaner as swerwer [boodskap #6849 is 'n antwoord op boodskap #6811] |
Di., 23 Julie 1996 00:00   |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
|
Senior Lid |
|
|
van...@ecn.nl (Aliki van Heek-"'n geinteresseerde Nederlander") skryf:
> Ek het nou verskillende redes gehoor waarom mense vertrek
> uit SA. Hoe grote deel van hulle vertrek omdat die misdaad
> hul te erg word (hierdie probleem kan die regering
> miskien probeer oplos, nie dat die regering swart is nie)? Of
> is dit nie 'n werklike vertrekrede nie?
> Ek het ook gehoor mens kan niet meer as R60000 per jaar
> die land uit saambring. Is dit 'n probleem vir emigrante?
Die redes waarom mense padgee is kontroversieel.
Emigrante is beskuldig as lafaards en daar is dikwels verwys na die
uitloop uit SA as die "Chicken run". (Niks maak die Afrikaner so kwaad
as iemand in sy binnekring wat hy dink sy rug op hom draai nie)
Ek ontmoet mense in Australie wat vir baie verskillende rede emigreer het.
Wat my intereseer is die polities/kulturele redes, vandaar my
vorige kommentaar. Voor demokrasie in SA was daar heelwat mense
wat oor Apartheid weg is, dit is nie nou meer die geval nie.
Myns insiens is die redes nou hoofsaaklik misdaad/ekonomie.
Ek het deur die (vorig verbanne) ANC mense hier ontmoet wat baie
onder Apartheid gely het, diensplig-weieraars, selfs 'n polities-betrokke
ex-poliesman wat 'n ommeswaai gemaak het ens ens.
Ek het ook (baie) mense ontmoet wat bloot oor geld hiernatoe gekom het,
ander wat bloot op reis was en besluit het dis 'n lekker plek,
en rassiste wat maar net na 'n blanke paradys wou trek.
Hier is mense wat met beginsels en niks geld hier gekom het, ander wat
met geen beginsels en baie geld gevlug het (daar is wel maniere).
(Toe hulle hier aankom het die bliksems ewe vroom vertel hoe hul teen
apartheid was in SA, en hoe baie hul hul bediendes betaal het).
Wat my ook interesseer is hoe die Afrikaner op trek hul kultuur handhaaf,
(of oorboord gooi).
Die Australiese regering wil nou he immigrante moet 'n deposito
van omtrent R90000 betaal om in te kom. As hulle dan nie gaan woon in
die platteland nie, verloor hulle die deposito. Dit is nog tans onder
bespreking.
Terloops, die Australiese landelike omgewing staan my wel aan,
maar wat kultuur betref vind ek my meer tuis by die Nederlanders.
Die Australiers neig elke dag meer na die Amerikaners.
Daar is egter 'n natuurpark in Nederland, genaamd "Hoge Veluwe" of so iets
wat my tuis laat voel het.
(Dit het toevallig ook 'n stanbeeld van een van ons ou volksleiers).
groete.
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Afrikaner as swerwer [boodskap #6864 is 'n antwoord op boodskap #6811] |
Do., 25 Julie 1996 00:00   |
gal...
Boodskappe: 191 Geregistreer: Mei 1996
|
Senior Lid |
|
|
Gys Dubbeld skryf:
> Was en is Afrikaners wat in meer as net braaivleis, rugby en hope geld
> belangstel miskien tog nie meer tuis in Nederland en elders in Europa as in
> Suid Afrika nie? Kan Afrikaans miskien beter as kultuurtaal in Nederland
> gehandhaaf word? Is Afrikaners werklik "van Afrika" in die ware sin van
> die woord...
Goeie vrae. Ek het dit my telkens afgevra. Ek het 'n jaar lank in
Belgie (Vlaandere) gewoon. Ek het dikwels gedink, hier kom ek na 350 jaar
"terug", en ek tel 'n Nederlandse koerant op, en ek lees dit,
ek gesels bv. land en sand met 'n ou man in Duinekerke,
(hy praat toevallig 'n soort Vlaamse dialek wat baie na is aan Afrikaans),
en ek voel heel "tuis". (Die Belge se vlaamse dialekte verskil so dat
hul soms nie mekaar verstaan nie).
Daar is nog heelwat simpatie daar vir ons letterkunde en taal, ten spyte
van Apartheid-sanksies en die kulturele boikot. Hul taal word self
bedreig, met 'n saamsmeltende Europa en Amerikaanse televisie.
Die Australiers, Kanadese bv. is eintlik nog besig om te bou
aan 'n identiteit - hulle is snot-neus kulture in vergelyking met Europa.
Die Afrikaner het heel vinnig deur baie bitter omswerwinge
gegaan vir die behoud van sy taal,godsdiens,kultuur.
Dit is soos 'n jong rooiwyn, uit 'n wingerd wat swaar groei, maar wat baie
karakter het. Dit is miskien daarom dat mens eerder by 'n sterk kultuur
(al is dit nou Spaans of Frans) aanklank vind, as lande soos Australie,
Amerika, Kanada, waar baie patriotisme is, maar die kultuur self is
materialisties, louwarm of sonder diepte. (soos wyn uit 'n jong, vinnig
groeiende wingerd, waarin die druiwe oordadig, maar baie waterig is)
groete.
|
|
|
|
| Re: Die Afrikaner as swerwer [boodskap #6944 is 'n antwoord op boodskap #6811] |
Di., 06 Augustus 1996 00:00  |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
>> Dit kan dalk net gebeur.
>> Die Volktstaat wat tot stand KAN kom is die een in die kop.
>> En die kop kan kuberruimte kolonialiseer, want daar is werklike oop
>> vlaktes waar niemand gedwonge verskuif hoef te word nie.
>> Geografiese plek is nie meer nodig vir die taal om te oorleef nie.
> Jy meen jy wil Afrikaans dmv die nuusgroepe laat oorleef? Se my, praat
> jy altyd sonder om te dink? ALP
Armando Pellencin,
Wat 'n welluidende naam. So 'n mooi naam
vir 'n Afrikaner.
Nou, een van die karaktertrekke van die
tipiese Afrikaner- man was vir my nog altyd dat hy
'n perfekte "gentleman" is. Ek dink dit is as gevolg
van die feit dat die deursnee Afrikaner kom uit 'n
"gene pool" wat volop Franse Hugenote bloed gehad
het, gemeng met die bloed van Skotse predikante (wat
in die neentiende eeu gestuur is om die Afrikaner te
angliseer) en nog verskillende ander rassegroepe. Daar
is natuurlik uitsonderings. Maar oor die algemeen is
Afrikaners 'n beleefde en reggeskape groep mense.
Nou, dis ook 'n feit dat immigrante in die land
soms nie die fyn nuanses van Afrikanerwees verstaan
nie, en probeer om die Afrikaner te uit-Afrikaner.
Mens sien dit oral, nie net in Suid-Afrika nie. Galjoen
merk dit op in Australie. Ek merk dit op hier in Kanada.
Dit werk nooit nie. Almal sien daardeur. Dis die beste
om jouself te wees en om trots te wees op waar jy van-
daan kom, en 'n positiewe kontribusie te maak in die
land wat jou huisves. En om almal in daardie land
met eerbied te behandel, veral as hulle voorsate al hon-
derde en honderde jare lank in daardie deel van die
wereld bly.
Gloudina
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 13:41:31 UTC 2026
|