Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ongelukkig korrek
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104310] |
Thu, 14 July 2005 09:58  |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 18 Jul 2005 03:58:03 GMT, "Bobby" wrote:
>
> "Jonas" wrote in message
> news:dbcs19$f9p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Francois - wat sê jou geloof van terrorisme? Is dit ook 'n krom stok? Is
>> daar iets, volgens jou geloof, wat verkeerd kan wees? Of is alles wat
> gebeur
>> met die wil en instemming van God? Ek vra net.
>
> As jy 'n Christen was, sou jy die antwoord geweet het. Die hele wêreld is
> maar 'n deurmekaar plek, met soveel dinge wat "verkeerd" is (en dit is
> natuurlik 'n understatement), maar enige gelowige mens weet in sy/haar hart
> dat God in totale beheer is, alhoewel dit nie vir ongelowige mense so lyk
> nie. Dinge gebeur volgens 'n plan, God se uiteindelike plan, en hoewel baie
> aaklighede plaasvind en terrorisme op die oomblik onverowerbaar lyk, weet
> die gelowige mens dat hoe dit ook al vir God self seermaak, sekere dinge
> moet gebeur vir Sy uiteindelike plan om ten volle in werking gestel te word.
>
> Natuurlik is daar miljoene wat dit sal bevraagteken, maar dit is die
> gelowige mens se waarheid.
>
Dit is duidelik dat Jonas wel die antwoord ken. En net wil seker maak
dat Francois ook die antwoord ken. Miskien sal hy maar vir jou ook
die antwoord moet gee; dit is duidelik dat jy dit nie ken nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104536 is 'n antwoord op boodskap #104535] |
Fri, 22 July 2005 14:44   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:1I2dnfdCco14nXzfRVn-gA@rogers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Dan moet ek tot die gevolgtrekking kom dat ek NIE in die Bybel glo nie...
>>
>> Dier Bybel is vir my niks meer as 'n verouderde handleiding nie. Goed om te
>> lees en te ken, maar nie die antwoord op alle hedendaagse vrae nie... Vir
>> daai antwoorde moet jy na jou hart luister...
>
> Max, ek wil nou nie hier vir jou kritiseer nie. Maar
> ek wil tog 'n lansie vir "die Bybel" breek. Dit is nou
> die Bybel wat Christene gebruik. Iemand wat skryf
> soos jy hierbo skryf, stel eintlik onregverdige
> standaarde aan die Bybel, waaraan dit dan moet
> voldoen, anders is dit ook nou nie goed genoeg
> vir jou nie. Northrop Frye, een van die belangrikste
> outoriteite oor William Blake, noem die Christelike
> bybel "The Great Code." Hy sê dat alles wat jy
> nodig het, is gekodifiseer in die Bybel. Die Christen
> kan dus uit sy eie Bybel vir homself net so goed
> bedien as wat die ander gelowe vir hulself uit hulle
> eie kodes bedien. Maar mens moet natuurlik ore
> het om te hoor en oë hê om te sien.
>
> Gloudina
>
Dit hang maar af van hoe jy daarna kyk... Ek sien geen kode daar wat vir my
sê of ek 'n PC in my huis mag hê, en of dit 'n sonde is nie. Ek ken egter
wél die basics van die Bybel, die res moet ek self uitfigure. Dis maar een
voorbeeld. Ons weet almal hoe fanaties sommige mense kan raak oor dinge soos
strepieskodes, bankkaarte ens ens.
Miskien het ek nie die regte gesindheid nie, maar ek kry daai antwoorde nie
in die Bybel nie.
|
|
|
|
|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104547 is 'n antwoord op boodskap #104537] |
Mon, 25 July 2005 08:22   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:_JidnfpWTIwrlnzfRVn-vw@rogers.com...
>
> "Max" skryf
>
> Ek sien geen kode daar wat vir my
>> sê of ek 'n PC in my huis mag hê, en of dit 'n sonde is nie.
>
> Ek sou weer sê dat jy alles oor bogenoemde
> kwessie in die bybel kan kry. Dis juis dit wat
> die Christelike Bybel so bruikbaar maak.
>
> Oor bogenoemde onderwerp ( of jy nou die
> rekenaar in jou huis mag hê), sou ek die volgende
> sê. Jou bybel sê dat jy vrygemaak is van die wet,
> dus dink ek nie jy word deur enige wettige
> oorweging verbied om dit te hê nie. ( 'n Jood
> het miskien ander restriksies, maar die Christen
> is vry van die ou Judaistiese wette. )
> Bygesê, jou nuwe testamentiese Christelikheid
> sou jou egter tweekeer laat dink om een in die
> huis te hê, as dit iemand laat struikel. Dan sal
> die leer van caritas oorneem.
>
> Gloudina
>
Jy's reg, Gloudina. Mens kan alles uit die Bybel haal. Daar's daagliks mense
wat dinge uit die Bybel haal, wat loodreg teen my geloof ingaan.
Dink jy dat die Bybel, as hy vandag geskryf was ook soveel kodes sou ingehou
het, of dink jy hy sou meer "vir ons tyd" geskryf gewees het.
Moenie my verkeerd verstaan nie, ek sê nie die Bybel is verkeerd nie, ek sê
mens moet die Bybel sien vir wat dit is, 'n verouderde handleiding. Ek wag
nog af met wat Riaan bedoel het met "glo in" die Bybel.
Skryf mens Die Bybel, die Bybel, of sommer net die bybel?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104562 is 'n antwoord op boodskap #104558] |
Mon, 25 July 2005 19:18   |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek haal aan uit my antwoord, wat jy skynbaar nie gekry het nie.....
****
Vraag een, hoe: Deur sy Woord, die Bybel.
Vraag twee, wat: Hoeveel tyd het jy? Kom ek en jy drink 'n koppie koffie
by die Mugg + Bean en dan gesels ons daaroor
F
****
Dit is 'n ongelooflik belangrike vraag wat jy vra. Ek persoonlik is maar
redelik skepties teenoor mense wat beweer hulle het die "stem van God"
gehoor op een of ander bo-natuurlike Hollywood-agtige manier, maar daar is
basies drie maniere waardeur God met mense kommunikeer, en ek het al drie al
beleef:
1. Deur mede-gelowiges,
2. Deur jou gewete
3. Deur die Bybel.
Wees gerus so sinies soos jy wil wees daaroor. My geloof is te swak om die
kans te waag dat (a) God nie bestaan nie, (b) indien Hy wel bestaan Hy
homself nie met ons as mense bemoei nie of (c) ek enigiets kan doen om sy
genade te verdien.
Eish, nou raak die diskussie baie filosofies en teologies.
Maar aan almal wat beweer die Bybel is 'n verouderde handleiding kan ek maar
net sê dat hulle dit duidelik anders gebruik as wat gelowiges dit gebruik.
Uiteraard is daar geen voorskrifte vir jou dag-tot-dag lewe, oor rekenaars,
motors, vliegtuie en ruimtereise nie. Die beginsels waaroor die Bybel gaan,
naamlik naasteliefde, vrede, God se genade en vergifnis, ens. is tydloos en
is toepaslik, ongeag die tyd in die geskiedenis waar die leser homself
bevind.
Soois
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:d3s9e1h4dkk0j88s8s080lnu0cruvs0qrq@4ax.com...
>
> Ek sien jy antwoord nie.
> Dis 'n belangriker vraag as wat jy dink.
>
> Oor die eeue was 'n gereelde konstruksie van terreur soos volg: "God
> het met my gepraat. So ek weet wat HY wil he. Julle beter dus doen wat
> ek se, want ek weet wat God wil he. En moenie my bevraagteken nie want
> dan bevraagteken julle God."
>
>
>
>
>
>
> On Thu, 21 Jul 2005 11:22:32 +0200, Ferdi Greyling
> wrote:
>
>> On Wed, 20 Jul 2005 22:36:38 +0200, "Francois Human"
>> wrote:
>>
>>> Al wat ek weet van God se plan, is wat Hy my vertel het. Ek het jou nog
>>> altyd gerespekteer en met baie van jou opinies saamgestem. Dit sou
>>> jammer
>>> wees as jy my respek op hierdie manier gaan verloor.
>> Hoe het hy jou vertel? En wat het hy jou vertel?
>
|
|
|
|
|
|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104583 is 'n antwoord op boodskap #104562] |
Tue, 26 July 2005 07:57   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 25 Jul 2005 21:18:42 +0200, "Francois Human"
wrote:
> Uiteraard is daar geen voorskrifte vir jou dag-tot-dag lewe, oor rekenaars,
> motors, vliegtuie en ruimtereise nie. Die beginsels waaroor die Bybel gaan,
> naamlik naasteliefde, vrede, God se genade en vergifnis, ens. is tydloos en
> is toepaslik, ongeag die tyd in die geskiedenis waar die leser homself
> bevind.
Dankie vir die antwoord. Nou maak jy sin.
Kan nie met jou verskil oor wat jy se nie. Respekteer dit.
Dis iets anders as die priesters en die brandstapels.
|
|
|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104585 is 'n antwoord op boodskap #104562] |
Tue, 26 July 2005 08:20   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Francois Human"
> Maar aan almal wat beweer die Bybel is 'n verouderde handleiding kan ek maar
> net sê dat hulle dit duidelik anders gebruik as wat gelowiges dit gebruik.
Ek weet nie of jy my punt oor die Bybel moedswillig verkeerd verstaan nie.
Ek het vroeer gesê dat ek nie die Bybel probeer "knock" nie, ek sien hom vir
wat hy is. Wie's jý om vir mý te sê ek's nie 'n gelowige nie? Geloof het
hier niks mee te make nie, dis nugterheid. Ons is nie meer 12 jaar oud nie.
As volwassenes begin jy kyk na die stories in die Bybel en begin jy jou
afvra oor die gewig daarvan.
Die Bybel is nie die enigste geskrif uit sy tyd nie. Net so is daar ook
moderne profete en kry mens nog steeds boodskappe. Vraag is of ons daarna
luister...
Daar's baie dinge daarbuite wat nie in die Bybel staan nie, wat ons tog vas
glo...
Daar's baie dinge wat in die Bybel staan, wat ons tog weet is nie waar
nie... Selfs die gelowigste onder ons glo tog nou al, in die tyd wat ons
leef dat die aarde nie op pilare staan nie.
En as jy op 'n ander plek as in die Bybel lees dat Jesus 'n klein seuntjie
wat teen hom vasgehardloop het, dood laat neerval het. En toe sy ouers by
Josef gaan kla, het Jesus hulle met blindheid geslaan. As jy dit lees, is
die keuse of jy dit gaan glo ook joune. Want jy kan hieruit alleen maar meer
respek vir Jesus kry, omdat Hy ook maar moes leer hoe om met sy "powers" om
te gaan, omdat die feit dat Hy ook maar mens was - kind was. Of jy kan dit
as leuens afmaak (die Bybel is tog die enigste geskrif wat die waarheid
bevat oor Jesus).
Dit maak nie soveel verskil of jy gered gaan word of nie. Dink jy ek gaan
hel toe omdat ek nie glo dat Jesus regtig die visse en brood vermeerder het
nie?
Ek dink dit nie, want ek sien Hom nie as so kinderagtig nie.
|
|
|
|
|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104617 is 'n antwoord op boodskap #104585] |
Wed, 27 July 2005 02:09   |
Francois Human
Boodskappe: 360 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Het ek gesê jy gaan hel toe? Ek glo nie. Ek het in hierdie aangehaalde
gedeelte met 'gelowiges' bedoel as mense wat in die Bybel as God se woord
glo.
Die wonderwerke in die Bybel is nie nou vir ons belangrik nie, aangesien dit
iets was wat in die geskiedkundige opsig nodig was om die gelowiges te
oortuig van God se mag.
Ek is allermins 'n teoloog, maar ek neem aan die storie oor Jesus as kind
wat sy 'kragte' moes leer beheer kom dalk uit een van die apokriewe boeke
uit. Dis nie in die Bybel wat ek lees nie. en ja, daar is baie debatte oor
watter boeke in en uit die Bybel moet wees. Ek glo in die Goddelike
inspirasie van die Bybel, dat dit wat daarin moet wees, daarin is. Dat die
hele genadeboodskap wel in die Bybel vervat is twyfel ek glad nie.
En weereens, ek gaan jou nie probeer oortuig om my standpunt te aanvaar nie.
Ek stel dit aan jou en dis al wat ek doen.
Geloof kom nie vanuit 'nugterheid' nie. Dit is om te kinderlik (ja jonger
as 12 jaar) te glo in die onsienlike, die onverklaarbare, die bonatuurlike.
Die enigste mense wat volgens my nie gered is nie, is diegene wat nog nie
die genade van God aanvaar het nie. Daar is immers niks wat ons as mense
kan doen om onsself voor God as aanvaarbaar te kan plaas nie. "Kyk ek het
dit en dat gedoen, soveel gevas, so lank gemediteer, Nirvana bereik, soveel
honger mense kos gegee, soveel geld vir die kerk gegee, op die kerkraad
gedien, ens. dus is ek is goed genoeg om gered te word."
"Max" skryf in boodskap news:42e5f3ec$0$11079$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
> "Francois Human"
>> Maar aan almal wat beweer die Bybel is 'n verouderde handleiding kan ek maar
>> net sê dat hulle dit duidelik anders gebruik as wat gelowiges dit
>> gebruik.
>
> Ek weet nie of jy my punt oor die Bybel moedswillig verkeerd verstaan nie.
> Ek het vroeer gesê dat ek nie die Bybel probeer "knock" nie, ek sien hom
> vir
> wat hy is. Wie's jý om vir mý te sê ek's nie 'n gelowige nie? Geloof het
> hier niks mee te make nie, dis nugterheid. Ons is nie meer 12 jaar oud
> nie.
> As volwassenes begin jy kyk na die stories in die Bybel en begin jy jou
> afvra oor die gewig daarvan.
>
> Die Bybel is nie die enigste geskrif uit sy tyd nie. Net so is daar ook
> moderne profete en kry mens nog steeds boodskappe. Vraag is of ons daarna
> luister...
>
> Daar's baie dinge daarbuite wat nie in die Bybel staan nie, wat ons tog
> vas
> glo...
>
> Daar's baie dinge wat in die Bybel staan, wat ons tog weet is nie waar
> nie... Selfs die gelowigste onder ons glo tog nou al, in die tyd wat ons
> leef dat die aarde nie op pilare staan nie.
>
> En as jy op 'n ander plek as in die Bybel lees dat Jesus 'n klein seuntjie
> wat teen hom vasgehardloop het, dood laat neerval het. En toe sy ouers by
> Josef gaan kla, het Jesus hulle met blindheid geslaan. As jy dit lees, is
> die keuse of jy dit gaan glo ook joune. Want jy kan hieruit alleen maar
> meer
> respek vir Jesus kry, omdat Hy ook maar moes leer hoe om met sy "powers"
> om
> te gaan, omdat die feit dat Hy ook maar mens was - kind was. Of jy kan dit
> as leuens afmaak (die Bybel is tog die enigste geskrif wat die waarheid
> bevat oor Jesus).
>
> Dit maak nie soveel verskil of jy gered gaan word of nie. Dink jy ek gaan
> hel toe omdat ek nie glo dat Jesus regtig die visse en brood vermeerder
> het
> nie?
>
> Ek dink dit nie, want ek sien Hom nie as so kinderagtig nie.
>
|
|
|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104619 is 'n antwoord op boodskap #104617] |
Wed, 27 July 2005 03:10   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Francois Human" skryf
> Die enigste mense wat volgens my nie gered is nie, is diegene wat nog nie
> die genade van God aanvaar het nie. Daar is immers niks wat ons as mense
> kan doen om onsself voor God as aanvaarbaar te kan plaas nie. "Kyk ek het
> dit en dat gedoen, soveel gevas, so lank gemediteer, Nirvana bereik, soveel
> honger mense kos gegee, soveel geld vir die kerk gegee, op die kerkraad
> gedien, ens. dus is ek is goed genoeg om gered te word."
Pas tog darem maar op om nie politiek te speel
met jou " geloof " nie. Dis miskien net bietjie meer
subtiel as sommige ander se parameters, maar jy
spel darem ook maar lekker die "voorwaardes"
uit wat mense moet tegemoetkom voordat hulle
volgens jou "gered" is.
En so, glo ek, wyk jy af van die grond waarop
die Christen sy Christelikheid moet bou - dit
wat die Liefde in die Bybel genoem word, en
wat die Buddhis bodhicitta noem.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104637 is 'n antwoord op boodskap #104617] |
Wed, 27 July 2005 07:46   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Francois Human"
> Ek is allermins 'n teoloog, maar ek neem aan die storie oor Jesus as kind
> wat sy 'kragte' moes leer beheer kom dalk uit een van die apokriewe boeke
> uit. Dis nie in die Bybel wat ek lees nie. en ja, daar is baie debatte oor
> watter boeke in en uit die Bybel moet wees. Ek glo in die Goddelike
> inspirasie van die Bybel, dat dit wat daarin moet wees, daarin is. Dat die
> hele genadeboodskap wel in die Bybel vervat is twyfel ek glad nie.
Dit kom uit The Infancy Gospel Of Thomas. Natuurlik staan daar ook pragtige
verhaaltjies by, soos die een van die kleivoëltjies. (Sien hieronder) Ek
weet nie hoe waar dit is nie...
When the child Jesus was five years of age and there had been a shower of
rain that was now over, Jesus was playing with other Hebrew boys by a
running stream, and the waters ran over the banks and stood in little lakes;
But the water instantly became clear and useful again; they readily obeyed
him after he touched them only by his word.
Then he took from the bank of the stream some soft clay and formed out of it
twelve sparrows; and there were other boys playing with him.
But a certain Jew seeing the things which he was doing, namely, his forming
clay into the figures of sparrows on the Sabbath day, went presently away
and told his father Joseph,
Behold, your boy is playing by the river side, and has taken clay and formed
it into twelve sparrows, and profanes the Sabbath.
Then Joseph came to the place where he was, and when he saw him, called to
him, and said, Why do you that which is not lawful to do on the Sabbath day?
Then Jesus clapping together the palms of his hands, called to the sparrows,
and said to them: Go, fly away; and while you live remember me.
So the sparrows fled away, making a noise.
The Jews seeing this, were astonished and went away and told their chief
persons what a strange miracle they had seen wrought by Jesus.
|
|
|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104638 is 'n antwoord op boodskap #104617] |
Wed, 27 July 2005 07:53   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Francois Human"
> Geloof kom nie vanuit 'nugterheid' nie. Dit is om te kinderlik (ja jonger
> as 12 jaar) te glo in die onsienlike, die onverklaarbare, die
bonatuurlike.
Jy's reg, ja. As jy te nugter na alles kyk, word dit baie moeilik om te glo.
Hierdie thread het ontstaan deurdat iemand gevra het of God die terreurdade
goedkeur. As ek nugter daaroor nadink, word ek kwaad vir God, want hoekom
doen Hy niks? Niks niks niks!!!
Ja, dan sleep ons weer die Bybel nader en ons lees dat God se tyd Sy eie is.
Ons moet geduldig wag...
Jy's reg. Die enigste manier om te glo, is om soos 'n kind te glo. Soos 'n
Suid Afrikaanse kind, want hulle word nog opgevoed om geen vrae te vra
nie...
> Die enigste mense wat volgens my nie gered is nie, is diegene wat nog nie
> die genade van God aanvaar het nie.
Jy laat dit baie maklik klink... :-)
|
|
|
|
|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104660 is 'n antwoord op boodskap #104631] |
Wed, 27 July 2005 17:48   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Vir my is oordeel meer in die sin van besluit of iets/iemand goed of sleg is aan
die haand van jou eie norme (of dan in dié geval, aan die hand van wat jy in die
Bybel vind oor goed en kwaad). Soos jy sê kan dit positief of negatief wees,
maar die oorwig is m.i aan die positiewe kant.
Andersyds beteken "veroordeel" altyd dat jy letterlik iemand na die "hel" toe
stuur, en dit het altyd 'n uiters negatiewe konnotasie.
Ek sal mbv 'n voorbeeld verder probeer verduidelik, hoewel dit nou nie my forté
is nie:
As ek vir jou sê: "Rondslapery is sonde. Ek sien jy slaap rond." ;-)
oordeel/neem ek die besluit dat jy sleg is. Belangrik hier is dat ek jou nie
verdoem nie. Jy kan vir my sê gaan blaas doppies, jy kan besluit of jy iets aan
die saak kan/wil doen. Maw jy kan nou self verder jou eie oordeel gebruik of jy
sleg/goed is en of rondslapery goed of sleg is.
As ek egter vir jou sê "Rondslapery is sonde. Ek veroordeel jou omdat jy
rondslaap.", sê ek vir jou dat jy gaan braai as gevolg van jou sonde. Dis teen
hierdie soort veroordeling wat Jesus vir die mense gesê het dat dié een wat
sonder sonde is, die eerste klip moet gooi, toe hulle die prostituut wou stenig.
Dit is ook hier waar meeste gelowiges (van alle oortuigings) in 'n groot
slaggat trap. Mens móét oordeel of iets sonde is of nie, maar ek dink ons moet
veroordeling net aan God oorlaat - kyk byv na die voorbeeld van die dief wat
saamm met Jesus gekruisig is: menslik gesproke was die man verlore (dus
veroordeel tot die hel/ewige dood, maar Jesus vergewe hom sy sonde op die laaste
oomblik van sy lewe. Hoe sou ons so 'n man dan kon veroordeel?
Jesus plaas dan ook 'n geweldige taak op ons skouers met die opdrag (aan Petrus,
maar ook aan ander Christene) dat wat hy hier op aarde sluit (veroordeel) in die
hemel gesluit sal bly. Vgl ook die deel oor die "stof van [hulle - die
dissipels] voete afskud", wat eintlik ook neerkom op veroordeling.
Maak dit sin?
Max wrote:
> Jy's 100% reg. My fout.
>
> Nou sit ek en wonder, wat is die verskil nou eintlik? Oordeel kan positief
> en negatief wees, terwyl veroordeel altyd negatief is?
>
> "knersus" wrote in message
> news:dc62gt$dmg$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Max,
>> Is jy Afrikaans? Want daar is 'n GROOT verskil tussen oordeel en veroordeel.
>> As ek nou reg onthou sê die teks wat jy hier uit die Bybel aanhaal: "Met
>> dieselfde oordeel waarmee jy oordeel, sal jy ge-oordeel word".
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 10:31:36 UTC 2025
|