Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lesersbrief in Beeld
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Lesersbrief in Beeld (0/1) [boodskap #104378 is 'n antwoord op boodskap #104329] |
Fri, 15 July 2005 12:59   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:dvSdnQF8Me91LErfRVn-1A@rogers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Frikkie, hoekom noem jy vir Gloudina "Mag"?
>
> Sien, Max, Frikkie is eintlik Engelssprekend.
> Of hy buig sy knie voor Fred Rundle en Aida
> Parker. Dit is dus nie M ag nie maar Meight,
> dus meid.
>
> Gloudina
>
:-) Toemaar, ek is darem ook nie sê onnosel nie... As ek iemand 'n meid wil
noem, doen ek dit. Ek het altyd gedog dat Frikkie dapperder as ek was, jy
weet, met al sy reise in Irak en so...
As ek 'n 8 sien, lees ek dit altyd as ag(t). Dus sien ek dit as 'n
kompliment as hy jou M8 noem. Ek hoop jy sien dit ook so.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104386 is 'n antwoord op boodskap #104352] |
Fri, 15 July 2005 13:49   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ested1tth5aanbu3cqcqgi5ullmrafbmtd@4ax.com...
> On Fri, 15 Jul 2005 07:48:01 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
> So, julle en die SAW het die oorlog teen Swapo gewen. Daarom is Swapo
> vandag ten volle in beheer in Namibie?
>
> Is dit wat jy se?
-----------Wat ek vir jou sê, en glo my ek weet, is dat, indien die SA
regering van destyds besluit het om alle beginsels oorboord te gooi en
bereid was om die wêreld te 'face' oor die gevolge, dan kon hulle 'n massa
vernietiging van die ANC en alle ander swart mense gepleeg het. Die mag
was daar, die wapens was daar. Genadiglik het dit nie gebeur nie en vir
een belangrike rede, en dit is dat die blanke bewindvoerders nie, soos jy
graag skrou by elke geleentheid, slegs probeer het om mag te behou nie.
Die uiteindelike doel was om magsdeling te bewerkstellig en burgeroorlog te
voorkom.
>
|
|
|
|
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104388 is 'n antwoord op boodskap #104350] |
Fri, 15 July 2005 14:15   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:jused1ttn7p1rhtb4sk7dtti93bq35fnf8@4ax.com...
> On Thu, 14 Jul 2005 15:06:36 +0100, "Suidwester"
> wrote:
.
> Nee. Verkeerd.
> Die UNIE van (RSA het eers in 1961 tot stand gekom) was die
> mandaathouer onder gesag van die Volkiebond. Die Volkebond is
> natuurlik na WW2 ontbind en deur die VVO v
.............Ag tog. Ons hier in Namibië praat oor die algemeen van die
'Republiek' of die 'RSA' as bedoelende Suid-Afrika.
>
> En dit, ou swaer, beteken dat Swapo die legitieme gesag was en jou SAW
> die onwettige besetters was. En lees nou die volgende mooi -
> "onwettig" in JOU EIE verwysingsraamwerk wat jy hier aangevoer het -
> die Volkebond en sy voorsetting die VVO.
----Ja? En jy besluit sommer so op jou eie, voordat 'n verkiesing ooit
plaasgevind het, dat Swapo die wetlike eienaars was?
> He,he... Ja wel daar was net een oorlog en dit was die een tussen die
> SAW en Swapo!
----Foeitog ja en het die Swapo's nie gesneuwel by hulle duisende nie?
> En wie het die verkiesing gewen? Swapo. Oorweldigend. Keer op keer.
----Ja en jy praat die hele tyd terug na die verlede toe waarvan jy die
resultate weet. Daar was 'n stadium so om en by 1978 - 1984 [as ek reg
onthou] wat daar 'n sterk kans was dat Swapo in 'n verkiesing geklop sou kon
word.....of ten minste op terme waarin die politiek van die land gevoer kan
word sonder oorheersing van een etniese groep. Soort van uit die
geskiedenis leer.........
> So, kom ons kry jou logieka helder hier: Jy se die SAW het geveg -
> Teen Swapo - om die plaaslike mense tyd te gee om hul politieke
> probleme uit te werk sodat hulle uiteindelik n verkiesing kan hou
> waarin Swapo omtrent al die stemme gekry het.
-----Ek hoop nie jy skryf soos wat jy redeneer nie! Wat jy duidelik nie
besef nie, is dat die enigste manier wat Swapo wel sy groot meerderheid kon
behaal, was om die manier van stem so te plooi dat dit vir hulle kan werk.
Dis een van die dinge waarteen geveg is, want die gevolge was die
verkiesingswanbalanse van vandag in ons land. Eenvoudig vir jou: 70% van
die land se bevolking sit in die noorde van die land [Owamboland]. As die
normale verkiesing van kandidate per verkiesingstreke gevolg sou word, dan
sou dit beteken het dat die Owambo's net sou kon stem vir sê 25% van die
totale kandidate in daai streek. 75% van die res van die setels sou beding
word in streke waar daar nie so baie Owambos is nie. Op die manier, sou
Swapo, of enige ander politieke party sukkel om totale oorheersing te
bewerkstellig, wat gesien was as die ideale politieke oplossing.
Toe plooi hulle die ding [met hulp van mense soos jy] en maak hulle die
verkiesing so dat daar vir 'n politieke party gestem word en daarvolgens wys
die politieke party sy lys van kandidate aan. Sê die lys is 50 en hulle
wen 30 setels, dan gaan die 30 boonste name parlement toe. Met 70% van die
land in die noorde, beteken dit dat die meerderheid mens in mag, kom van
mense wat totaal uit voeling is met die res van die land en definitief nie
verteenwoordigend van die streek nie. In baie van ons kleiner plekke is
Swapo aan behaar agv die verkiesing, maar die plaaslike mense is omtrent nie
een Swapo nie. Sekerlik sal 'n selfaangestelde intelektueel soos jy die
probleem kan verstaan?
>
> En kom ons "cut the crap" hier. Die SAW was in Suidwes om die
> ideologie van apartheid daar uit te brei.
> Almal het dit geweet toe en almal weet dit nou ook.
----En jy praat twak. As die SAW Swapo wou voor die voet uitroei, dan het
hulle dit in 'n paar maande gedoen. Die probleem was eerder dat SA by die
internasionale reëls probeer hou het terwyl hy 'n oplossing vir die probleem
probeer vind.
>
> Huh? Is jy van jou sinne beroof geraak?
-----Ferdi ou meisie, was jy al ooit in 'n burgeroorlog? Enige oorlog?
Ek was in so 'n paar en mense wat doodgaan, is nooit mooi nie en ook nie 'n
ding wat jy graag weer wil sien nie. Plaas dat jy dankie sê vir die ou SA
bestel dat hulle 'n byna pynlose oordrag van mag bewimpel het, sit en kraai
jy nou oor 'jou' ANC gewen het. Ek sê weer, as die SAW wou, sou daar baie
bloed gevloei het in SA. Seker nou nie jy en jou soort nie want julle
skuil mos agter 'n koerant se voorblad.......
|
|
|
|
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104394 is 'n antwoord op boodskap #104342] |
Fri, 15 July 2005 18:32   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ietwat simplisties gestel:
Milner se grootste vrees was dat die Boererepublieke selfregering sou kry.
Gekoppel hieraan was sy begeerte om Afrikaans heeltemal uit te roei en
Afrikaners te omvorm in Engelse wat getrou sou wees aan die Empire/Koning. Die
reg tot selfregering is deur Kitchener ingesluit sonder Milner se medewete, dis
hoekom hy gesê het dat Engeland die vrede verloor het. Hierdie toegewing het
die twee Boererepublieke 'n groot mate van selfstandigheid verleen, ook oor hul
onderwysbeleid. Die Kaapkolonie het wel ook 'n parlement of raad gehad, maar ek
dink nie Natal nie - dis as 'n volle afhanklike kolonie vanuit Brittanje regeer
- dit is wat Milner vir Tvl en OVS in gedagte gehad het.
Die Afrikaner (en tot groot mate die Engelse ook) gemeenskappe kon na die
gruwelike die oorlog insien dat diaar voordele is in hegter saamstaan, byv om
mekaar weer op te help, skole te bou, en, ens. Sodoende is baie van die ou
verdelende jaloesieë opsygestoot. In elk geval kon die 4 kolonies uiteindelik
genoeg gemeenskaplike gronde vind sodat uniewording in 1910 alreeds kon
plaasvind, skaars 8 jaar na die Vrede van Vereeniging. Die opbou van daar tot
volle "verantwoordelike" selfregering, wat uiteindelik tot Republiekwording
gelei het, is ook die verhaal van die Afrikaner se politieke groei en
uiteindelik die bewindsoorname deur die NP in 1948. Dink byv aan die groot
dryfvere hieragter, en aan bewegings soos Helpmekaar en die Reddingsdaadbond -
dit was almal (SAP en NAT) mense wat hulle tande in die oorlog, by die
vredesonderhandelinge en in die politiek na die oorlog geslyp het. Kortom, die
groei in Afrikanernasionalisme (in AL sy fasette - Afrikaans ook) sou nie
moontlik gewees het sonder daardie één toegewing van Milner nie.
Die ironie is natuurlik dat wat Milner oorspronklik wou gehad het, wel vandag
besig is om te gebeur (baie mense gaan my hieroor kruisig, maar nou ja):
(1) Afrikaans is besig om uit te sterf - dit is vinnig besig om te regresseer in
die kombuistaal waaruit dit oorspronklik ontstaan het.
(2) Baie Afrikaners vandag is meer Engels as meeste rou Souties.
(3) Die exodus van hoogs geleerde en gekwalifiseerde Afrikaners verskraal die
genepoel van Afrikaners voortdurend.
@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
> Die Vrede v
>
>> Vereeniging het basis geword waarvandaan die Uniewording in 1910 en
>
> uiteindelik
>
>> Republiekwording in 1961 gelanseer was.
>
>
> Ek is geinteresseerd hoekom jy sê dat die republiekwording van 1961 gelanseer
> kon word uit die basis van die Vrede van Vereeniging. Ek kan verstaan dat
> daar onder sekere dele van die bevolking van die Unie van SA 'n begeerte was
> om weer "vry te word" van Britse oorheersing. Maar hoe het die ooreenkomste
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104396 is 'n antwoord op boodskap #104395] |
Fri, 15 July 2005 21:12   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy hoef nie met my oor so iets saam te stem of my te opponeer nie - dis nie punt
wat ek wou maak nie. Onthou, ek probeer nie sê dat 1948 (of dan selfs
Republiekwording) die toppunt van die Afrikaner se politieke groei was nie,
bloot dat die stappe/skakels/gebeure só opmekaar gestapel is dat dit uiteindelik
tot republiekwording gelei het, en dat die fondasie daarvoor gelê is by die
Vrede van Vereeniging.
Vir my is Republiekwording sinoniem met totale onafhanklikheid van Engeland, dws
wat die ou Voortrekkers ingedagte gehad het toe hulle Natalia, Winburg, die ZAR
edm gestig het. Die Oranje-Vrystaat is vir 'n bietjie 'n anderster perd - het
hulle werklik volle onafhanklikheid van Engeland gehaad, veral na die
Sandrivier-konvensie? Wat ons met ons uiteindelike vryheid gedoen het, nou ja,
dis seker 'n ander vraag, en ek dink dis die een wat meeste hier rond
gevra/bespiegel/uitbaklei/naeltjiebetragtig word.
Sê my, siende dat jy nou uit 1948 se tyd kom: wat dink jy sou gebeur het as die
SAP aan bewind gebly het? Ek weet dis nou net spekulasie, en dit nog 60 jaar na
die tyd, maar meeste van my ouer familielede was NP-gesind, behalwe my ma se pa,
wat 'n stoere Jan Smuts-man was, so ek het maar altyd die NAT/NP kant gehoor.
Later, toe ek nou self kon besluit hoe dinge werk, het ek natuurlik my eie
paadjie gevolg.
Of moet ek eerder vra: Hoe sou jý dit wou gesien ontwikkel het?
@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
> Die opbou van daar tot
>
>> volle "verantwoordelike" selfregering, wat uiteindelik tot
>
> Republiekwording
>
>> gelei het, is ook die verhaal van die Afrikaner se politieke groei en
>> uiteindelik die bewindsoorname deur die NP in 1948.
>
>
> Ek kan natuurlik nie met jou saamstem oor
> jou stelling dat dit "die verhaal van die
> Afrikaner se politieke groei" is wat uitein-
> delik na republiekwording gelei het nie.
> Ek beskou die 1948 verkiesing se uitslag
> as 'n tragiese kinkel in die politieke groei
> van die Afrikaner, een wat veroorsaak
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104413 is 'n antwoord op boodskap #104403] |
Sat, 16 July 2005 18:19   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Net 'n klein regstelling hier: Suidwester het bietjie rof geknip, nou lyk dit of
ek die onderstaande gesê het - dis Gloudina wat dié stelling gemaak het.
Suidwester wrote:
> "@rogers.com" wrote in message
> news:7dCdndI9DrwErUXfRVn-tg@rogers.com...
>
>> "knersus" skryf
>> Wel, ons weet dat Jan Hofmeyer, die toentertydse minister
>> van Opvoeding ( is dit die vertaling van "Minister of Education")
>> al klaar begin dink het in terme van gemengde skole waar
>> alle rassegroepe saam sou leer.
>
> -----Alles wonderlik in politieke teorie, maar PRAKTIES gesproke, 'n
> sprokie soos wat die Afrika van vandag beleef en hopelik leer uit. Daar is
> nie 'n manier waarop jy uit net 20% van die bevolking wat 'n eie lewe maak
> en belastings betaal, die ander 80% op dieselfde vlak kan 'sponsor'.
> Vandag nog staan die groot meerderheid bakhand en verwag dat die regering
> vir hulle grond, huise en skole moet gee. Die gedagte dat hulleself
> produktief moet raak, geld verdien en dan tot die staatsfonds 'n bydrae maak
> sodat daar genoeg geld is om die nodige ontwikkeling te doen, het nog nooit
> in die gedagtes van swart Afrika'ers opgekom nie.
>
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104433 is 'n antwoord op boodskap #104322] |
Sun, 17 July 2005 08:43   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 14 Jul 2005 15:06:36 +0100, "Suidwester" wrote:
> ----Die RSA was die mandaathouer in SWA
Nee. Verkeerd.
Die UNIE van SA (RSA het eers in 1961 tot stand gekom) was die
mandaathouer onder gesag van die Volkiebond. Die Volkebond is
natuurlik na WW2 ontbind en deur die VVO vervang.
Wat dit betref, kan jy gerus die volgende oorweeg:
The Mandate was supposed to become a United Nations Trust Territory
when League of Nations Mandates were transferred to the United Nations
following World War II but the Union of South Africa refused to agree
to allowing the territory to begin the transition to independence and
it essentially became a South African colony. This resulted in a
protracted struggle between South Africa and forces fighting for
independence, particularly after the formation of the South West
Africa People's Organisation in 1960. The territory was granted
independence as the nation of Namibia in 1990
En dit, ou swaer, beteken dat Swapo die legitieme gesag was en jou SAW
die onwettige besetters was. En lees nou die volgende mooi -
"onwettig" in JOU EIE verwysingsraamwerk wat jy hier aangevoer het -
die Volkebond en sy voorsetting die VVO.
en het daarom die volle reg gehad om
> die land te bestuur en te verteenwoordig. Dis tog in die Wêreldhof
> verskeie kere betwis en uitgegooi?
International Court of Justice upheld UN authority over Namibia,
that South African's presence was illegal and therefore was obligated
to withdraw from Namibia in 1971
Dit beteken sy Weermag het ook die reg
> gehad om hier te wees. Uiteindelik was dit 'n kwessie van hoe om die mag
> oor te gee aan die plaaslike bevolking sodat daar nie 'n burgerlike oorlog
> ontstaan nie.
He,he... Ja wel daar was net een oorlog en dit was die een tussen die
SAW en Swapo!
Tyd is gekoop deur die pogings tot insypeling deur SWAPO
> terroriste tot Owamboland te beperk en die plaaslike mense die kans te gee
> om hul politieke probleme uit te werk. Wat gewerk het, want uiteindelik is
> die politieke mag deur 'n demokratiese verkiesing oorgegee aan die
> meerderheid stemme sonder dat 'n verdere skoot geskiet is. Ek sou reken
> dit was 'n sukses?
En wie het die verkiesing gewen? Swapo. Oorweldigend. Keer op keer.
So, kom ons kry jou logieka helder hier: Jy se die SAW het geveg -
Teen Swapo - om die plaaslike mense tyd te gee om hul politieke
probleme uit te werk sodat hulle uiteindelik n verkiesing kan hou
waarin Swapo omtrent al die stemme gekry het.
Gaan slaap op daai een.
En kom ons "cut the crap" hier. Die SAW was in Suidwes om die
ideologie van apartheid daar uit te brei.
Almal het dit geweet toe en almal weet dit nou ook.
Net so in jou RSA. Die resultate van wat in SWA bereik is, is
gebruik
> om by 'n oplossing uit te kom vir die soortgelyke [en veel groter] probleem
> in die RSA.
Huh? Is jy van jou sinne beroof geraak?
Jy weet en ek weet, dat SA by 'n vreedsame oplossing uitgekom
> het. 'n Sukses? Ek dink so. Sover terug as 1984 het die bestaande
> hiëriargie van die RSA geweet hulle sou nie mag kon behou in SA vir veel
> langer nie en het hulle begin werk aan 'n oplossing wat dit so pynloos
> moontlik kan laat geskied. En dit het gewerk.
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 15 10:41:31 UTC 2025
|