| Medunsa [boodskap #103764] |
Ma., 13 Junie 2005 07:28  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gisteraand in Carte Blanche se verslag oor Medunsa, blyk die groot kroeks te
wees die nuwe rektor en 'n Afrikaanse prof.
Die grootste kroek is egter die hoof van die tuiniers, wat, ten spyte van
sy afdanking, nog steeds daar werk en 'n verbasende mag oor almal het,
insluitende die nuwe rektor
|
|
|
|
|
|
| Re: Medunsa [boodskap #103772 is 'n antwoord op boodskap #103771] |
Ma., 13 Junie 2005 18:36   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ene Prof ( Dr) Joubert.
Hy lyk maar taamlik verward.....
--
Groetnis
Annette
"news" skryf in boodskap news:K8kre.20083$mZ2.9619@fe07.lga...
> Wat is die naam van die Afrikaansse Prof Annette, ek ken een wat daar werk,
> wonder of dit hy is?
>
> Ellie
> "Annette" wrote in message
> news:d8jci0$1fn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gisteraand in Carte Blanche se verslag oor Medunsa, blyk die groot kroeks te
> wees die nuwe rektor en 'n Afrikaanse prof.
> Die grootste kroek is egter die hoof van die tuiniers, wat, ten spyte van
> sy afdanking, nog steeds daar werk en 'n verbasende mag oor almal het,
> insluitende die nuwe rektor
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Medunsa [boodskap #103903 is 'n antwoord op boodskap #103778] |
Do., 16 Junie 2005 22:36  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"news" skryf
> Ek lees weer Die Burger, maar iemand daar het namens my ingeteken en vir my
> n adres en paswoord gekry, maar al vir maande lank hoef ek dit nie te
> gebruik nie, ek gaan net eenvoudig in, ek kan nie eens meer die paswoord
> onthou nie. As jy weer vashaak, laat my weet, en die persoon kan vir jou
> ook inteken verniet.
Ellie, jammer dat ek jou nie hierop vroeër geantwoord
het nie. Dankie vir die aanbod, maar ek dink nie dis nodig
nie, want ek lees nou weer die in-diepte stukke in Beeld
direk.
Ek was oorspronklik nie so gelukkig toe hulle ons wou
laat betaal nie. Maar toe merk ek later op dat koerante
in die VSA en Kanada dieselfde doen. Ons het byvoorbeeld
die Globe and Mail se blokkiesraaisel van die rekenaar
afgelaai in die oggende ( of selfs die vorige aand na
twaalfuur!) en kon dan ook weer gaan kyk of ons alles
reg het. Toe moet ons skielik inteken en betaal en toe
sê ons vergeet dit en nou moet ek elke oggend afgaan
na die winkeltjie onder in die gebou om die Globe and
Mail te koop voordat ons die blokkiesraaisel kan doen.
Ek moet kyk of die Globe and Mail ook nou tot ander
insigte gekom het.
Terloops, as jy graag blokkiesraaisels doen, is die
een van die Globe en Mail die lekkerste vir ons om
te doen, want hulle kry dit gedurende die week van
Engeland af, en dit is baie meer intelligent as die
blokkiesraaisels wat mens gewoonlik hier in die
VSA en Kanada kry. Dis of ons breine nog steeds
meer Engeland se denkwyses volg as die van Noord-
Amerika. Laasgenoemde is baie minder subtiel en
maak teveel staat op eksterne faktore. Ek is natuurlik
maar baie stadig wanneer dit by blokkiesraaisels kom.
My man is die eintlike ekspert, en ook die eintlike
verslaafde.
Gloudina
|
|
|
|