| Liedjies oor berge [boodskap #103498] |
Di., 31 Mei 2005 07:08  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek wonder net hoeveel liedjies daar in Afrikaans is oor berge.
Dozi se " Tussen jou en my lê daar 'n berg" is die eerste wat ek vinnig aan
dink.
As ek die FAK se indeks naslaan, is daar net twee:
1) Berge swart gemantel ( ek ken dit glad nie) Musiek deur Rubenstein,
woorde deur Eitemal.
2) Die Blou Berg - Musiek Otterman - woorde " tradisioneel" - hoe op aarde
kan woorde deur 'n tradisioneel geskryf gewees het?
3) Ek groet vir laas my gryse berge ( nie in die nuwe FAK nie)
4) Waar Tafelberg begin ( musiek de Villiers, woorde Hoogenhout)
5) Waar die kop van Tafelberg ( musiek Thyssen & Lamprecht, woorde Kloppers)
Die meeste liedjies gaan oor, of vermeld. Tafelberg.
Waar is die liedjies oor al ons ander pragtige berge?
Iemand moet tog die unieke Karookoppies kan besing?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Liedjies oor berge [boodskap #103508 is 'n antwoord op boodskap #103498] |
Di., 31 Mei 2005 19:55   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Drakensberg van verlange
Magaliesburgse aandlied (ok, dis nie eintlik oor berge nie, dit kom uit 'n
bergwêreld)
Is daar nie iets soos As dit reën in Tstsikamma nie?
Boerneef se Die Berggans het 'n veer laat val verwys na die Sederberge
Die "tradisioneel" beteken bloot dat die liedjie sy ontstaan so ver terugvoer
dat niemand meer weet wie dit gedig het nie, en moontlik het daar ook al woorde
van ander mense bygekom. Dis veral waar van liedjies soos Die Blou Berg, daar
uit Namakwaland se kontrei. Omtrent al die ou-ou gewilde liedjies in die FAK
het op die manier ontstaan.
Annette het geskryf:
> Ek wonder net hoeveel liedjies daar in Afrikaans is oor berge.
> Dozi se " Tussen jou en my lê daar 'n berg" is die eerste wat ek vinnig aan
> dink.
>
> As ek die FAK se indeks naslaan, is daar net twee:
> 1) Berge swart gemantel ( ek ken dit glad nie) Musiek deur Rubenstein,
> woorde deur Eitemal.
> 2) Die Blou Berg - Musiek Otterman - woorde " tradisioneel" - hoe op aarde
> kan woorde deur 'n tradisioneel geskryf gewees het?
> 3) Ek groet vir laas my gryse berge ( nie in die nuwe FAK nie)
> 4) Waar Tafelberg begin ( musiek de Villiers, woorde Hoogenhout)
> 5) Waar die kop van Tafelberg ( musiek Thyssen & Lamprecht, woorde Kloppers)
>
> Die meeste liedjies gaan oor, of vermeld. Tafelberg.
> Waar is die liedjies oor al ons ander pragtige berge?
> Iemand moet tog die unieke Karookoppies kan besing?
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
|
|