| Re: Today is Savate Day [boodskap #103324] |
Sa., 21 Mei 2005 08:42  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ag Frikkie, wees tog bietjie realisties. 32 Bataljon sou nie die oorlog
gewen het nie. Die uitverkoping was deur die militêre leiers en die bataljon
se gesagvoerders wat vir 'n ekstra sterretjie op die skouer die manne na hul
dood gestuur het....
En te bang was om vir PW die middelvinger te wys.
Wie is die helde vandag? Sekerlik nie die dommes wat hul ewe geredelik soos
skape ter slagting laat lei het nie - eerder die wat dapper genoeg was om te
weier om aan die onnoselheid deel te neem.
--
Groetnis
Annette
"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:d6mnbo$t9f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Today is Savate Day, the day when 32 Battalion remember their dead.
>
> Let us all spare a thought for those members of 32 who fought and died for a
> Country that ultimately betrayed them.
>
> To all 32 members, wherever you might find yourselves today, be it in such
> faraway places as Russia , Indonesia, Iraq , Kosovo etc, and those who are
> gathered at Langebaan for the commerative service...
>
> We will remember ! ! ! ! !
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Today is Savate Day [boodskap #103337 is 'n antwoord op boodskap #103336] |
So., 22 Mei 2005 18:48   |
news[3]
Boodskappe: 61 Geregistreer: Januarie 2005
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:No-dnZrWjNyVXw3fRVn-vA@rogers.com...
"news" skryf
> Ek dink die meeste 'arme' Irakers wat elke dag
> op die strate sterf word vermoor deur hulle pelle
> met suicide bomme. En hulle maak hulle eie minsisters en mense dood by die
> dosyne, so hulle is duidelik nie so 'arm' nie.
Mens kan dit eenvoudig nie wegpraat nie. Die
toestand wat nou in Irak is, is nie veel beter vir
die gemiddelde man in die straat as wat dit
gedurende die tyd van Saddam was nie. Moenie
die storie probeer verkoop dat daar nou skielik
"demokrasie" in Irak is nie. Dis 'n situasie geskep
deur die VSA en Engeland vir hulle eie
doeleindes, net soos dit al die hele laaste
honderd jaar gebeur het dat Europese magte
hulle gewig rondgegooi het in die Middel-Ooste
vir hulle eie gewin. As die VSA ernstig is oor
"demokrasie," dan moet dit begin om die
diktatorskap wat daar in Saudi-Arabië is
omver te werp. Hoekom val die VSA nie
Saudi-Arabië binne nie? Hoekom val die
VSA nie Jordanië binne nie?
Gloudina
Jordanië? Hulle was nog altyd ons vriende, Prins Abdallah kom gereeld kuier.
En ja, ek was teen die oorlog soos jy weet, maar die Irakkies laat nou n
gulde geleentheid om n redelike goeie staat sonder diktator op te bou deur
hulle hande glip. Kleinlike en etniese verskille verhoed dat hulle ooit
saam om n tafel sal sit. Ek het dit teen die Bush regering se
selfaangestelde taak om die wereld een vir een land te demokratiseer, hulle
moet eerder in hierdie land begin en regmaak wat hier verkeerd is, en die
godsdienstige fanatici in hierdie land in toom te hou.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Today is Savate Day [boodskap #103340 is 'n antwoord op boodskap #103324] |
So., 22 Mei 2005 23:02  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Frikkie - dankie dat jy my herinner. Mens is geneig om te vergeet van
daardie mense wat omgekom het.
Wanneer ek na Pik Botha kyk en luister wat nou kwansuis 'n ANC-lid geword
het (soos ook 'n ander klompie tweegat-jakkalse) dan wonder ek hoe hy dit
aan die ouers van 'n gesneuwelde grenssoldaat sal verduidelik.
Iets soos: " Man, ons het 'n fout gemaak. Jou seun het vanweë 'n gebrek aan
insig aan my kant omgekom.... Ek was waarskynlik onder invloed toe ek by die
verdomde Nasionale Party aangesluit het."
Anti - miskien kan jy ons help om 'n stukkie gepasde dialoog te skryf?
|
|
|
|