Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Stokperdjies & kunsvlyt » Fotos en goed.
Fotos en goed. [boodskap #102854] Vr, 06 Mei 2005 15:57 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir die graphics eksperts... Ek het vandag 'n klomp horingou fotos van my
Oupa gekry... van WO II en ouer. Ek wil die fotos scan voordat hulle
heeltemal vergaan, baie van hulle is vrot en wat weet ek tog van fotos
bewaar af?

Ek wil weet of daar enige plugins vir Adobe is wat kan help om die fotos te
"fix" - van hulle is baie dof, en die standaard Adobe plugins gaan nie help
nie. Ek het al voorheen daarmee gespeel. Ek het êrens van sagteware gelees
wat die "foute" in fotos herstel - dowwe kleure, pixels, skeurtjies, die
klas van goed (nadat jy die foto gescan het natuurlik)... dis 'n Adobe
plugin, maar om die lewe en dood kan ek nie die naam van die sagteware
outhou nie. Weet een van julle dalk wat die naam van die sagteware is?

Ek het ook vandag 'n hele hoop ou langspelers en 7 singles geërf...
Letterlik 1000'e. Ou Jim Reeves wat Afrikaans sing, Die Bredenkamp susters
(!!), Gè Korsten, Vera Lynn, Rolling Stones, Beatles, Elvis... om maar 'n
paar te noem. Ek moet nog deur alles gaan en 'n ordentlike lys opstel. Weet
ook nie wat ek met die klomp plate gaan maak nie - is maar net sentimenteel
oor die goed :)))

xxx
Elaine
Re: Fotos en goed. (JIM REEVES!!!!) [boodskap #102860 is 'n antwoord op boodskap #102854] Vr, 06 Mei 2005 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P & L  is tans af-lyn  P & L
Boodskappe: 46
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hallo Elaine,

O, nou is ons baie interesseer na die JIM REEVES L.P.
Ek het die L.P. maar dese is baie gekras en die kwaliteit
is sleg.
Indien jy nie sou weet nie wat nou met die L.P. te doen nie,
post dit vir my - jy sal ons en my ou Ma (96 jaar) 'n baie groot plesier
maak!
Die liedjies wat hy sing gee my Ma nostalgise herinneringe na die ou
tyd wat sy in die Vrystaat deurgebring het.
Ons probeer reeds jare die L.P. as L.P. of as CD te kry, dit skyn baie
moeilik te wees. Dis 'n onverkrybaare L.P. of CD.
Ons sien met baie belangstellings uit na jou positive reaksie asseblief!
Noem ons jou prys en ons sal jou betaal!
met groete van Den Haag Nederland,
Patrick

> Ek het ook vandag 'n hele hoop ou langspelers en 7 singles geërf...
> Letterlik 1000'e. Ou Jim Reeves wat Afrikaans sing, Die Bredenkamp susters
> (!!), Gè Korsten, Vera Lynn, Rolling Stones, Beatles, Elvis... om maar 'n
> paar te noem. Ek moet nog deur alles gaan en 'n ordentlike lys opstel. Weet
> ook nie wat ek met die klomp plate gaan maak nie - is maar net sentimenteel
> oor die goed :)))
>
> xxx
> Elaine
>
Re: Fotos en goed. (JIM REEVES!!!!) [boodskap #102861 is 'n antwoord op boodskap #102860] Vr, 06 Mei 2005 20:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe klink so R500 vir jou? hehehehehe... nee ek speel sommer, ek kan mos nie
jou geld vat nie :) Weet in elk geval ook nie hoe iemand geld van Nederland
na SA gaan kry nie, en ek's nie lus vir sukkel nie... so dis op die huis :).

Die 'cover' is nie in so goeie toestand nie, maar ek sal die plaat bietjie
op die ou grammafoon gooi en hoor hoe klink hy :) Die plaat self lyk nie
gekrap nie.

Email my en dan maak ons 'n reëling.

Groete
Elaine

"camerama" wrote in message
news:ant0620408b3M3Mb@camerama.demon.nl...
>
> Hallo Elaine,
>
> O, nou is ons baie interesseer na die JIM REEVES L.P.
> Ek het die L.P. maar dese is baie gekras en die kwaliteit
> is sleg.
> Indien jy nie sou weet nie wat nou met die L.P. te doen nie,
> post dit vir my - jy sal ons en my ou Ma (96 jaar) 'n baie groot plesier
> maak!
> Die liedjies wat hy sing gee my Ma nostalgise herinneringe na die ou
> tyd wat sy in die Vrystaat deurgebring het.
> Ons probeer reeds jare die L.P. as L.P. of as CD te kry, dit skyn baie
> moeilik te wees. Dis 'n onverkrybaare L.P. of CD.
> Ons sien met baie belangstellings uit na jou positive reaksie asseblief!
> Noem ons jou prys en ons sal jou betaal!
> met groete van Den Haag Nederland,
> Patrick
>
>> Ek het ook vandag 'n hele hoop ou langspelers en 7 singles geërf...
>> Letterlik 1000'e. Ou Jim Reeves wat Afrikaans sing, Die Bredenkamp
>> susters
>> (!!), Gè Korsten, Vera Lynn, Rolling Stones, Beatles, Elvis... om maar 'n
>> paar te noem. Ek moet nog deur alles gaan en 'n ordentlike lys opstel.
>> Weet
>> ook nie wat ek met die klomp plate gaan maak nie - is maar net
>> sentimenteel
>> oor die goed :)))

>> xxx
>> Elaine



>
Re: Fotos en goed. [boodskap #102862 is 'n antwoord op boodskap #102854] Vr, 06 Mei 2005 21:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 May 2005 17:57:43 +0200, "Elaine" wrote:

> Vir die graphics eksperts... Ek het vandag 'n klomp horingou fotos van my
> Oupa gekry... van WO II en ouer. Ek wil die fotos scan voordat hulle
> heeltemal vergaan, baie van hulle is vrot en wat weet ek tog van fotos
> bewaar af?
>
> Ek wil weet of daar enige plugins vir Adobe is wat kan help om die fotos te
> "fix" - van hulle is baie dof, en die standaard Adobe plugins gaan nie help
> nie. Ek het al voorheen daarmee gespeel. Ek het êrens van sagteware gelees
> wat die "foute" in fotos herstel - dowwe kleure, pixels, skeurtjies, die
> klas van goed (nadat jy die foto gescan het natuurlik)... dis 'n Adobe
> plugin, maar om die lewe en dood kan ek nie die naam van die sagteware
> outhou nie. Weet een van julle dalk wat die naam van die sagteware is?
>
> Ek het ook vandag 'n hele hoop ou langspelers en 7 singles geërf...
> Letterlik 1000'e. Ou Jim Reeves wat Afrikaans sing, Die Bredenkamp susters
> (!!), Gè Korsten, Vera Lynn, Rolling Stones, Beatles, Elvis... om maar 'n
> paar te noem. Ek moet nog deur alles gaan en 'n ordentlike lys opstel. Weet
> ook nie wat ek met die klomp plate gaan maak nie - is maar net sentimenteel
> oor die goed :)))
>
> xxx
> Elaine
>

'n Plugin sal jou nie op sigself help nie
want verskillende dinge moet met
verskillende foto's gedoen word.

kliek op
http://home.intekom.com/davesplace/elaine/
en doen die download. So snars meers
as 2 mb waarvan 13/4 'n foto is.
Grootte is 2,138,136.

Dit is 'n zip en self extracting.
down dit vannag, want dit gaan
môre nie meer daar wees nie.
(dit is oor 'n half uur môre:-)

DD
Re: Fotos en goed. (JIM REEVES!!!!) [boodskap #102863 is 'n antwoord op boodskap #102861] Vr, 06 Mei 2005 21:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 May 2005 22:42:16 +0200, "Elaine" wrote:

> Hoe klink so R500 vir jou? hehehehehe... nee ek speel sommer, ek kan mos nie
> jou geld vat nie :) Weet in elk geval ook nie hoe iemand geld van Nederland
> na SA gaan kry nie, en ek's nie lus vir sukkel nie... so dis op die huis :).
>
> Die 'cover' is nie in so goeie toestand nie, maar ek sal die plaat bietjie
> op die ou grammafoon gooi en hoor hoe klink hy :) Die plaat self lyk nie
> gekrap nie.
>
> Email my en dan maak ons 'n reëling.
>
> Groete
> Elaine
>

mmm iemand het hulle in die Junk Mail geadverteer vir R2.00 'n tyd
gelede. Wonder of iemand dit gekoop het.
Ek het 'n stapel van sowat 'n meter hoog, waaronder splinternuwe
plate (en splinternuwe albums) weg gegee, en was bly dat iemand dit
wou hê. My jongste dogter het dit gekry:-)

Daaronder was Mario Lanza albums soos nuut. Kimera, die beste stem
ooit, se totale versameling wat beskikbaar was.

Daar is vele programme, ek het Cooledit Pro 2 gebruik, om dit op CD te
sit. Dit is egter 'n hefty job. Ek het ure, soos in 'n ahtermiddag tot
middernag verby, gebruik op een LP.
Ek het weke daaraan gespandeer, en hulle is nou erens in 'n kas
gedruk. Vandat ons in Durban woon, hierdie maand van Mei, een jaar,
het ek hulle nog nie gespeel nie. Maar dit was lekker om dit op CD te
sit.

Om te copy is tjop tjop. Om krake en sis geluide uit te haal, is
iemand met geduld se werk. Indien jy nie bereid is om ure per LP
te werk nie, moet nie begin nie.

DD
Re: Fotos en goed. [boodskap #102864 is 'n antwoord op boodskap #102862] Vr, 06 Mei 2005 21:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 May 2005 23:31:23 +0200, DD wrote:

> On Fri, 6 May 2005 17:57:43 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>> Vir die graphics eksperts... Ek het vandag 'n klomp horingou fotos van my
>> Oupa gekry... van WO II en ouer. Ek wil die fotos scan voordat hulle
>> heeltemal vergaan, baie van hulle is vrot en wat weet ek tog van fotos
>> bewaar af?

>> Ek wil weet of daar enige plugins vir Adobe is wat kan help om die fotos te
>> "fix" - van hulle is baie dof, en die standaard Adobe plugins gaan nie help
>> nie. Ek het al voorheen daarmee gespeel. Ek het êrens van sagteware gelees
>> wat die "foute" in fotos herstel - dowwe kleure, pixels, skeurtjies, die
>> klas van goed (nadat jy die foto gescan het natuurlik)... dis 'n Adobe
>> plugin, maar om die lewe en dood kan ek nie die naam van die sagteware
>> outhou nie. Weet een van julle dalk wat die naam van die sagteware is?

>> Ek het ook vandag 'n hele hoop ou langspelers en 7 singles geërf...
>> Letterlik 1000'e. Ou Jim Reeves wat Afrikaans sing, Die Bredenkamp susters
>> (!!), Gè Korsten, Vera Lynn, Rolling Stones, Beatles, Elvis... om maar 'n
>> paar te noem. Ek moet nog deur alles gaan en 'n ordentlike lys opstel. Weet
>> ook nie wat ek met die klomp plate gaan maak nie - is maar net sentimenteel
>> oor die goed :)))

>> xxx
>> Elaine

>
> 'n Plugin sal jou nie op sigself help nie
> want verskillende dinge moet met
> verskillende foto's gedoen word.
>
> kliek op
> http://home.intekom.com/davesplace/elaine/
> en doen die download. So snars meers
> as 2 mb waarvan 13/4 'n foto is.
> Grootte is 2,138,136.
>
> Dit is 'n zip en self extracting.
> down dit vannag, want dit gaan
> môre nie meer daar wees nie.
> (dit is oor 'n half uur môre:-)
>
> DD
>
>

kliek net op restoration&retouching
en save as met regter knoppie -
self extracting soos ek gesê het.
Re: Fotos en goed. (JIM REEVES!!!!) [boodskap #102865 is 'n antwoord op boodskap #102863] Vr, 06 Mei 2005 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Man... ek oorweeg dit nogal om alles eers te "copy". Die ou grammafoon werk
toe ook nie meer nie, so ek sal eers 'n draaitafel moet gaan soek.

Die plate self en die ou 7 singles hou vreeslike sentimentele waarde in vir
my. Ek en my pa het nagte om gesit en musiek luister, en dan het hy my al sy
stories uit sy jong dae vertel. Dis ook by hom wat ek my liefde vir musiek
gekry het...

Daar is 'n klomp plate van die res van die familie tussenin, en aan hulle
steur ek my nie... die gaan ek weggee of verkoop. Daar is 'immaculate
condition' beatles en rolling stones plate, en dit is vreeslike gewilde
versamelaarsitems (klaar gaan kyk). Ek sal die op Ebay gaan gooi en kyk wat
gebeur :)

Ek sal 'n lys van Afrikaanse en klassieke plate wat ek nie wil hê nie, hier
plaas vir die mense, soos Patrick, wat belangstel en vir julle sal ek dit
sommer gee. Beter as iemand dit kan waardeer i.p. daarvan dat dit net lê en
stof vergaar.

xxx
Elaine

"DD" wrote:
>
> mmm iemand het hulle in die Junk Mail geadverteer vir R2.00 'n tyd
> gelede. Wonder of iemand dit gekoop het.
> Ek het 'n stapel van sowat 'n meter hoog, waaronder splinternuwe
> plate (en splinternuwe albums) weg gegee, en was bly dat iemand dit
> wou hê. My jongste dogter het dit gekry:-)
>
> Daaronder was Mario Lanza albums soos nuut. Kimera, die beste stem
> ooit, se totale versameling wat beskikbaar was.
>
> Daar is vele programme, ek het Cooledit Pro 2 gebruik, om dit op CD te
> sit. Dit is egter 'n hefty job. Ek het ure, soos in 'n ahtermiddag tot
> middernag verby, gebruik op een LP.
> Ek het weke daaraan gespandeer, en hulle is nou erens in 'n kas
> gedruk. Vandat ons in Durban woon, hierdie maand van Mei, een jaar,
> het ek hulle nog nie gespeel nie. Maar dit was lekker om dit op CD te
> sit.
>
> Om te copy is tjop tjop. Om krake en sis geluide uit te haal, is
> iemand met geduld se werk. Indien jy nie bereid is om ure per LP
> te werk nie, moet nie begin nie.
>
> DD
>
Re: Fotos en goed. [boodskap #102866 is 'n antwoord op boodskap #102864] Vr, 06 Mei 2005 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie. Ek het nou net gedownload... dankie tog vir broadband ná :)) Ek
sal more 'n loertjie vang... moet nog die fotos scan (net so paar miljoen...
sal nie lank vat nie).

Groete
Elaine

"DD" wrote:

> kliek net op restoration&retouching
> en save as met regter knoppie -
> self extracting soos ek gesê het.
>
Re: Fotos en goed. [boodskap #102870 is 'n antwoord op boodskap #102854] Sa, 07 Mei 2005 05:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 May 2005 06:00:48 -0700, "Jonas" wrote:

> Hi DD & Elaine - baie interessant.
> Ek glo Photoshop is seker die heel beste beeld verbeteringsprogram (hoe's
> daai vir "image enhancement" !)
> Vir diegene wat mag belangstel - ek het pas Photoshop 8 en CorelDraw 12
> bekom ....

Ha! Bekom... Dis nou nie "Gekoop" nie want die prgramme is peperduur. Adobe se "Photo Elements" kos minder as halfprys en doen die meeste dinge wat
n mens nodig het as jy nie publikasies voorberei nie. Een van my werknemers het onlangs in Thailand gaan kuier vir sy skoon familie en n DVD terug
gebring wat hy vir om en by US$10 gekoop het met Adobe, CorelDraw en alles en nogwat daarop - insluitender musiek verbeteringsprogramme. Een DVD kan
vir die hele vakansie in Thailand betaal. Jy kan sommer n emmer vol Viagera koop maar daar is gerugte dat dit van blou kryt gemaak word. Gelukkig
het julle nie die tablette nodig nie :-) Ek lyk dus of ek die nuutste uitgawes gaan "bekom" sonder om n stywe bedrag te betaal :-)

So terloops, van my werknemer gepraat, hy is in Oostenryk gebore, het on 5 jarige ouderdom Suid Afrika toe geemigreer; beland as 10 jarige in
Australië. Hy is 33 jar oud het wee kinders: 2 en 5 jaar oud. Die kinders praat Duits met hom, Thai met die Ma en Engels orals anders! Dit is
verbasend hoe maklik kinders tale aanleer.
Re: Fotos en goed. [boodskap #102872 is 'n antwoord op boodskap #102854] Sa, 07 Mei 2005 06:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Corel 12......ek stel belang.

"Jonas" skryf in boodskap news:d5hehg$k7r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi DD & Elaine - baie interessant.
> Ek glo Photoshop is seker die heel beste beeld verbeteringsprogram (hoe's
> daai vir "image enhancement" !)
> Vir diegene wat mag belangstel - ek het pas Photoshop 8 en CorelDraw 12
> bekom ....
> Ek stel egter ook belang in klankverbetering en enige info in die verband
> sal op prys gestel word. Ek glo dat die meeste steurnisse uitgeskakel kan
> word op die apparaat waarmee jy terugspeel - maw voor dit die rekenaar
> bereik - goed soos dolby ens.
> Erens het ek gelees dat sou jy die plaat (platter) natmaak wanneer jy dit
> speel, jy baie van die krapmerke/geraas verwyder. Nodeloos om te sê, ek
> was
> te bang om dit te probeer.
> Ek glo natuurlik al die snitte - soos die van Jim Reeves reeds digitaal
> beskikbaar is - en sal Kazaa, Emule en WinMX die resultate kan lewer. Op
> versoek van 'n vriend het ek onlangs 'n klomp van Vera Lynn se opnames
> langs
> die kanale opgespoor - alhoewel dit 'n rukkie geduur het.
> As julle kan laat weet watter snitte gesoek word kan ek probeer.
>
Re: Fotos en goed. [boodskap #102873 is 'n antwoord op boodskap #102854] Sa, 07 Mei 2005 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n ou foto pragtig nuut gemaak. Eers het ek dit probeer scan, maar
die oppervlak was gebuig en dit het nie reg gelyk nie. Toe neem ek
eenvoudig 'n digitale foto [makro] van die ou foto en bewerk hom
daarvandaan.

"Elaine" skryf in boodskap news:d5g45r$his$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vir die graphics eksperts... Ek het vandag 'n klomp horingou fotos van my
> Oupa gekry... van WO II en ouer. Ek wil die fotos scan voordat hulle
> heeltemal vergaan, baie van hulle is vrot en wat weet ek tog van fotos
> bewaar af?
>
> Ek wil weet of daar enige plugins vir Adobe is wat kan help om die fotos
> te "fix" - van hulle is baie dof, en die standaard Adobe plugins gaan nie
> help nie. Ek het al voorheen daarmee gespeel. Ek het êrens van sagteware
> gelees wat die "foute" in fotos herstel - dowwe kleure, pixels,
> skeurtjies, die klas van goed (nadat jy die foto gescan het natuurlik)...
> dis 'n Adobe plugin, maar om die lewe en dood kan ek nie die naam van die
> sagteware outhou nie. Weet een van julle dalk wat die naam van die
> sagteware is?
>
> Ek het ook vandag 'n hele hoop ou langspelers en 7 singles geërf...
> Letterlik 1000'e. Ou Jim Reeves wat Afrikaans sing, Die Bredenkamp susters
> (!!), Gè Korsten, Vera Lynn, Rolling Stones, Beatles, Elvis... om maar 'n
> paar te noem. Ek moet nog deur alles gaan en 'n ordentlike lys opstel.
> Weet ook nie wat ek met die klomp plate gaan maak nie - is maar net
> sentimenteel oor die goed :)))
>
> xxx
> Elaine
>
Re: Fotos en goed. [boodskap #102874 is 'n antwoord op boodskap #102854] Sa, 07 Mei 2005 07:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 May 2005 06:00:48 -0700, "Jonas" wrote:

> Hi DD & Elaine - baie interessant.
> Ek glo Photoshop is seker die heel beste beeld verbeteringsprogram (hoe's
> daai vir "image enhancement" !)
> Vir diegene wat mag belangstel - ek het pas Photoshop 8 en CorelDraw 12
> bekom ....

Julius se reaksie hierop:

"Ha! Bekom... Dis nou nie "Gekoop" nie want die prgramme is
peperduur. Adobe se "Photo Elements" kos minder as halfprys en doen
die meeste dinge wat
n mens nodig het as jy nie publikasies voorberei nie."

en hieronder plaas ek die geniale Dave Du Plessis se antwoord daarop:

Photo Elements is ôrraaiterig, Julius, want dit is inderwaarheid 'n
cheaper version van PS, maar as jy wil spesialiseer, is Photoshop die
antwoord.
Peperduur soos jy sê, ja. CorelDRAW 12 is R6000 en PhotoShop CS kan
selfs duurder wees.

Hier Jonas & Julius (logo J&J) is iets wat vir my geen sin maak nie:
Ek spandeer heelwat geld op rekenaars en bykomstighede.
Tydskrifte is ongelooflik duur. As voorbeeld hoef ek nie eens
op te staan nie, maar kyk sommer wat lê hier op my lessenaar:
'PhotoEffects' (issue 22 February 2005) wat dit die nuuste uitgawe
maak, want hy kom so maand laar hier aan.
Prys is £4.99 en R125.00.

Hoe op aarde £4.99 kan invoer en verkoop @ R125.00 maak min sin
as mens na R12.00 'n pond kyk.

Wat miskien hier gebeur het, is dat die pryse mal gelig het toe die
rand se waarde so hewig verswak het, en die verkopers gesien het
dat hulle mark stewig bly. Toe die rand herstel, het die tydskrifpryse
sky high gebly. En ons betaal sonder om te kla.

Die voorbeeld wat ek hier noem geld vir alle tydskrifte in die
kategorie wat ek koop. Wat snaakser is, is dat verskillende boeke wat
£4.99 kos, van dieselfde rak af, teen verkillende pryse verkoop.
Soveel as R10 tot R15 verskil op 'n tydskrif wat dieselfde koste
in £ of $ gemerk is. Ek weet dat verskillende hoeveelhede ingevoer
word, maar dit kom deur dieselfe kanale in dieselfde krat op dieselfe
vliegtuig. En om koste PER BOEK te verdubbel omdat dit ingevoer is,
is rof. Wonder of dit moeite werd sal wees om een of ander
verbruikersinstansie hierna te laat kyk.

EN Jonas, ek het CorelDRAW Suite 12 sowel as Photoshop CS2.

> Ek stel egter ook belang in klankverbetering en enige info in die verband
> sal op prys gestel word.
Soos reeds gesê, moet jy Cooledit Pro 2 bekom.

> Erens het ek gelees dat sou jy die plaat (platter) natmaak wanneer jy dit
> speel, jy baie van die krapmerke/geraas verwyder.

Een van die interessante effekte van digitaiteit.
Die lied (of musiek) verander dan onmiddelik in 'die wet song'

Dave
Re: Fotos en goed. [boodskap #102877 is 'n antwoord op boodskap #102854] Sa, 07 Mei 2005 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die plate kan jy in die son warm maak en buig vir slaaibakke of gebruik plat
vir tema-aand plekmatjies of hang die een bo die ander vir 'n afskorting
gordynmuur.

:-)

TJ

"Elaine" wrote in message
news:d5g45r$his$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vir die graphics eksperts... Ek het vandag 'n klomp horingou fotos van my
> Oupa gekry... van WO II en ouer. Ek wil die fotos scan voordat hulle
> heeltemal vergaan, baie van hulle is vrot en wat weet ek tog van fotos
> bewaar af?
>
> Ek wil weet of daar enige plugins vir Adobe is wat kan help om die fotos te
> "fix" - van hulle is baie dof, en die standaard Adobe plugins gaan nie help
> nie. Ek het al voorheen daarmee gespeel. Ek het êrens van sagteware gelees
> wat die "foute" in fotos herstel - dowwe kleure, pixels, skeurtjies, die
> klas van goed (nadat jy die foto gescan het natuurlik)... dis 'n Adobe
> plugin, maar om die lewe en dood kan ek nie die naam van die sagteware
> outhou nie. Weet een van julle dalk wat die naam van die sagteware is?
>
> Ek het ook vandag 'n hele hoop ou langspelers en 7 singles geërf...
> Letterlik 1000'e. Ou Jim Reeves wat Afrikaans sing, Die Bredenkamp susters
> (!!), Gè Korsten, Vera Lynn, Rolling Stones, Beatles, Elvis... om maar 'n
> paar te noem. Ek moet nog deur alles gaan en 'n ordentlike lys opstel. Weet
> ook nie wat ek met die klomp plate gaan maak nie - is maar net sentimenteel
> oor die goed :)))
>
> xxx
> Elaine
>
Re: Fotos en goed. [boodskap #102881 is 'n antwoord op boodskap #102864] Sa, 07 Mei 2005 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi DD & Elaine - baie interessant.
Ek glo Photoshop is seker die heel beste beeld verbeteringsprogram (hoe's
daai vir "image enhancement" !)
Vir diegene wat mag belangstel - ek het pas Photoshop 8 en CorelDraw 12
bekom ....
Ek stel egter ook belang in klankverbetering en enige info in die verband
sal op prys gestel word. Ek glo dat die meeste steurnisse uitgeskakel kan
word op die apparaat waarmee jy terugspeel - maw voor dit die rekenaar
bereik - goed soos dolby ens.
Erens het ek gelees dat sou jy die plaat (platter) natmaak wanneer jy dit
speel, jy baie van die krapmerke/geraas verwyder. Nodeloos om te sê, ek was
te bang om dit te probeer.
Ek glo natuurlik al die snitte - soos die van Jim Reeves reeds digitaal
beskikbaar is - en sal Kazaa, Emule en WinMX die resultate kan lewer. Op
versoek van 'n vriend het ek onlangs 'n klomp van Vera Lynn se opnames langs
die kanale opgespoor - alhoewel dit 'n rukkie geduur het.
As julle kan laat weet watter snitte gesoek word kan ek probeer.
Re: Fotos en goed. (JIM REEVES!!!!) [boodskap #102885 is 'n antwoord op boodskap #102860] Sa, 07 Mei 2005 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
"camerama" skryf in boodskap news:ant0620408b3M3Mb@camerama.demon.nl...
>
> Hallo Elaine,
>
> O, nou is ons baie interesseer na die JIM REEVES L.P.
> Ek het die L.P. maar dese is baie gekras en die kwaliteit
> is sleg.
> Indien jy nie sou weet nie wat nou met die L.P. te doen nie,
> post dit vir my - jy sal ons en my ou Ma (96 jaar) 'n baie groot plesier
> maak!
> Die liedjies wat hy sing gee my Ma nostalgise herinneringe na die ou
> tyd wat sy in die Vrystaat deurgebring het.
> Ons probeer reeds jare die L.P. as L.P. of as CD te kry, dit skyn baie
> moeilik te wees. Dis 'n onverkrybaare L.P. of CD.
> Ons sien met baie belangstellings uit na jou positive reaksie asseblief!
> Noem ons jou prys en ons sal jou betaal!
> met groete van Den Haag Nederland,
> Patrick
Hallo Patrick,ik weet niet of Bnews in SA gekend is
Het zou in alle geval interessant zijn moesten ze langs die weg een paar
LP's te posten
Ken jij Bnews Patrick?In Vlaanderen en Nederland vrij bekend bij de Pc
freaks
PD
Re: (voor de boskabouter) [boodskap #102892 is 'n antwoord op boodskap #102885] Sa, 07 Mei 2005 16:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P & L  is tans af-lyn  P & L
Boodskappe: 46
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hallo PD,
Nee, ik heb geen idee waar je over spreekt. Nu is het ook zo dat ik
niet in het bezit ben van enig Microsoft product.
Onze Acorn computer is inmidels alweer 8 jaar oud, en alles wat
met modernere techniek van doen heeft werkt niet op deze computer.
Overigens zit ik persoonlijk niet te wachten om muziek te down-loaden.
Een LP opzetten zie ik mijn oude Moeder nog wel doen, maar een computer
aanzetten en daar dan Jim Reeves uit te laten komen is heel, heel
onwaarschijnlijk.
Nou, zou je dan wellicht zeggen, brand je dit toch op een CD.
Ook die mogelijkheid bied onze computer niet. Overigens heeft Moeder
geen CD speler.
Kortom: Er gaat niets boven een echt ouderwets stuk vinyl!
met groet van Den Haag,
Patrick

> Hallo Patrick,ik weet niet of Bnews in SA gekend is
> Het zou in alle geval interessant zijn moesten ze langs die weg een paar
> LP's te posten
> Ken jij Bnews Patrick?In Vlaanderen en Nederland vrij bekend bij de Pc
> freaks
> PD
>
Re: (voor de boskabouter) [boodskap #102900 is 'n antwoord op boodskap #102892] Sa, 07 Mei 2005 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
"camerama" skryf in boodskap news:ant071628508M3Mb@camerama.demon.nl...
>
> Hallo PD,
> Nee, ik heb geen idee waar je over spreekt. Nu is het ook zo dat ik
> niet in het bezit ben van enig Microsoft product.
> Onze Acorn computer is inmidels alweer 8 jaar oud, en alles wat
> met modernere techniek van doen heeft werkt niet op deze computer.
> Overigens zit ik persoonlijk niet te wachten om muziek te down-loaden.
> Een LP opzetten zie ik mijn oude Moeder nog wel doen, maar een computer
> aanzetten en daar dan Jim Reeves uit te laten komen is heel, heel
> onwaarschijnlijk.
> Nou, zou je dan wellicht zeggen, brand je dit toch op een CD.
> Ook die mogelijkheid bied onze computer niet. Overigens heeft Moeder
> geen CD speler.
> Kortom: Er gaat niets boven een echt ouderwets stuk vinyl!
> met groet van Den Haag,
> Patrick
Het was maar een sugestie he Patrick
Re: Fotos en goed. [boodskap #102916 is 'n antwoord op boodskap #102854] So, 08 Mei 2005 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Elaine,
As jy nie omgee nie, sal jy asseblief ook die Foto`s vir my aanstuur as jy
regkom met die scan daarvan.
Ek sal dit werklik hoog opprys stel aangesien ons nou besig is met `n boek
en webblad oor ons Geskiedenis wat so verdraai word.

Is daar nie miskien enige boeke wat jy wil verkoop nie.

Beste Groete
Frikkie
rsa...@intekom.co.za

Elaine skryf in boodskap news:d5g45r$his$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vir die graphics eksperts... Ek het vandag 'n klomp horingou fotos van my
> Oupa gekry... van WO II en ouer. Ek wil die fotos scan voordat hulle
> heeltemal vergaan, baie van hulle is vrot en wat weet ek tog van fotos
> bewaar af?
> xxx
> Elaine
>
Re: Fotos en goed. (JIM REEVES!!!!) [boodskap #102917 is 'n antwoord op boodskap #102860] So, 08 Mei 2005 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ai Patrick,
So bietjie van die onderwerp af maar ek sien in jou pos dat jou Moeder al 96
Jaar oud is.

So baie het julle om voor dankbaar te wees en al my Beste BoereGroete aan
haar hier vanuit die Oos Kaap.

Frikkie

camerama wrote in message
news:ant0620408b3M3Mb@camerama.demon.nl...
>
> Hallo Elaine,
>
> O, nou is ons baie interesseer na die JIM REEVES L.P.
> Ek het die L.P. maar dese is baie gekras en die kwaliteit
> is sleg.
> Indien jy nie sou weet nie wat nou met die L.P. te doen nie,
> post dit vir my - jy sal ons en my ou Ma (96 jaar) 'n baie groot plesier
> maak!
> Die liedjies wat hy sing gee my Ma nostalgise herinneringe na die ou
> tyd wat sy in die Vrystaat deurgebring het.
> Ons probeer reeds jare die L.P. as L.P. of as CD te kry, dit skyn baie
> moeilik te wees. Dis 'n onverkrybaare L.P. of CD.
> Ons sien met baie belangstellings uit na jou positive reaksie asseblief!
> Noem ons jou prys en ons sal jou betaal!
> met groete van Den Haag Nederland,
> Patrick
>
>> Ek het ook vandag 'n hele hoop ou langspelers en 7 singles geërf...
>> Letterlik 1000'e. Ou Jim Reeves wat Afrikaans sing, Die Bredenkamp susters
>> (!!), Gè Korsten, Vera Lynn, Rolling Stones, Beatles, Elvis... om maar 'n
>> paar te noem. Ek moet nog deur alles gaan en 'n ordentlike lys opstel. Weet
>> ook nie wat ek met die klomp plate gaan maak nie - is maar net sentimenteel
>> oor die goed :)))
>>
>> xxx
>> Elaine
>>
>
Re: Fotos en goed. [boodskap #102937 is 'n antwoord op boodskap #102916] So, 08 Mei 2005 23:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie ek stuur graag vir jou - ek's nogal trots daarop. Wees gewaarsku,
dis meestal van Europa en Egipte waar my Oupa in die oorlog was. Die ander
is maar van my Oupa se toere deur die land, en ook van hom en sy broers (ek
dink daar's 'n suster tussen-in).

Ek gaan my ouma (aan vaderskant) se arm draai vir haar fotos. Haar Grootjie
was nou S.E De Wet gewees, en 'n generaal of 'n ding in die 1ste Anglo Boere
oorlog. Hy't seker in sy graf gespin toe sy kleinkind (my grootjie) 'n
hensopper geword het :o) Jaaa... daar's een in elke familie.

Groete
Elaine

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:d5llas$3i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine,
> As jy nie omgee nie, sal jy asseblief ook die Foto`s vir my aanstuur as jy
> regkom met die scan daarvan.
> Ek sal dit werklik hoog opprys stel aangesien ons nou besig is met `n boek
> en webblad oor ons Geskiedenis wat so verdraai word.
>
> Is daar nie miskien enige boeke wat jy wil verkoop nie.
>
> Beste Groete
> Frikkie
> rsa...@intekom.co.za
Re: Fotos en goed. [boodskap #102941 is 'n antwoord op boodskap #102937] Ma, 09 Mei 2005 08:15 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
More Elaine,
Baie dankie vir die moeite en as dit moontlik is net `n beskrywing van elke
Foto of die Name. Ek waardeer opreg jou moeite.

Ek doen ook graag `n beroep op elkeen op hierdie groep.
As jy so op `n plaas of koppie loop en jy sien `n ou graf, neem dit
asseblief vir my af en stuur dit deur. Sit net asseblief besonderhede by as
dit nie leesbaar op die grafsteen is nie en dan is die plek waar die grafte
is belangrik.

Julle kan maar deurstuur, my pos sal nie vol raak nie. Indien ek weer Irak
toe gaan sal my pos wel afgelaai word dis net die Nuusgroep wat ek dan nie
laat laai nie.

Ja Elaine, so is daar maar in elke ou se geslagte `n geskiedenis ne. Ek sal
glo jy is trots daarop net soos met Genl. Dan Pienaar wat ook in die
voorouers was en ek sit met sy dienspistool, `n .455 Webley en glo my die
ding skiet nog `n kolskoot hoor, net die ammunisie wat verskriklik duur is.
Ai nou wil hierdie grapgatte in die regering hê die wapens moet ingehandig
word, wat `n grap.

Ja, buiten ou Dan is daar ook bekendes soos Gert die sanger, dan was daar `n
Ewald wat blykbaar `n bokser was ens.
Maar dis die goeie ouens.
My tannie se suster was weer Margeret (hel, kan jy glo nou kan ek nie op
haar van kom nie), sy het ook haar man vergiftig in dieselfde tyd as ou
Daisy de Melker.
Blykbaar was my oom, dis nou weer my pa se Broer by haar teregstelling.

Weereens dankie vir die moeite hoor.

Beste Groete
Frikkie

Elaine skryf in boodskap news:d5m64p$7ak$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Frikkie ek stuur graag vir jou - ek's nogal trots daarop. Wees gewaarsku,
> dis meestal van Europa en Egipte waar my Oupa in die oorlog was. Die ander
> is maar van my Oupa se toere deur die land, en ook van hom en sy broers (ek
> dink daar's 'n suster tussen-in).
>
> Ek gaan my ouma (aan vaderskant) se arm draai vir haar fotos. Haar Grootjie
> was nou S.E De Wet gewees, en 'n generaal of 'n ding in die 1ste Anglo Boere
> oorlog. Hy't seker in sy graf gespin toe sy kleinkind (my grootjie) 'n
> hensopper geword het :o) Jaaa... daar's een in elke familie.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Frikkie Potgieter" wrote in message
> news:d5llas$3i$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine,
>> As jy nie omgee nie, sal jy asseblief ook die Foto`s vir my aanstuur as jy
>> regkom met die scan daarvan.
>> Ek sal dit werklik hoog opprys stel aangesien ons nou besig is met `n boek
>> en webblad oor ons Geskiedenis wat so verdraai word.
>>
>> Is daar nie miskien enige boeke wat jy wil verkoop nie.
>>
>> Beste Groete
>> Frikkie
>> rsa...@intekom.co.za
>
Vorige onderwerp: Help
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:41:25 MGT 2024