| Re: Economist oor Mugabeki [boodskap #101162] |
Sa., 29 Januarie 2005 15:31  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Just-me" A man of two faces[/color]
> Jan 20th 2005 | JOHANNESBURG
> From The Economist print edition
Ek wonder of Frikkie ooit die stukke deurlees wat
hy so gereeld hier in sy geliefde Engelse taal pos.
Want dan sou hy, soos in hierdie stuk, besef dat
meer as die helfte van hierdie stuk eintlik baie
vleiend en positief oor Mbeki praat. Hierdie stuk
oor Mbeki is nie meer negatief oor hom as wat
'n hoofartikel in 'n konserwatiewe koerant hier
teen Paul Martin sou wees nie. En dit is baie
minder negatief as wat die deursnee liberale
pers in die VSA oor George Bush praat.
Tant Hessie van Draghoender
|
|
|
|
| Re: Economist oor Mugabeki [boodskap #101163 is 'n antwoord op boodskap #101162] |
Sa., 29 Januarie 2005 16:39   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wel, die Prez het nie so gedink nie - hy het as "anoniem" op die ANC webblad
'n striemende aanval gerig op ek weet nie wie nie na aanleiding van die
artikel.
Hy ontken oa dat hy sekere goed gesê het, al het hy dit telkemale en selfs
in die parlement gesê. Dis nie dat hy jok nie, hy kan net nie onthou nie,
dis al.
Onse Prez kan geen kritiek hanteer of verdra nie.
--
Groetnis
Annette
> "Just-me"
>> A man of two faces
>> Jan 20th 2005 | JOHANNESBURG
>> From The Economist print edition
>
> Ek wonder of Frikkie ooit die stukke deurlees wat
> hy so gereeld hier in sy geliefde Engelse taal pos.
> Want dan sou hy, soos in hierdie stuk, besef dat
> meer as die helfte van hierdie stuk eintlik baie
> vleiend en positief oor Mbeki praat. Hierdie stuk
> oor Mbeki is nie meer negatief oor hom as wat
> 'n hoofartikel in 'n konserwatiewe koerant hier
> teen Paul Martin sou wees nie. En dit is baie
> minder negatief as wat die deursnee liberale
> pers in die VSA oor George Bush praat.
>
> Tant Hessie van Draghoender
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Economist oor Mugabeki [boodskap #101169 is 'n antwoord op boodskap #101167] |
So., 30 Januarie 2005 13:37  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi Greyling" skryf
> Ander mense sou die Economist se verteenwoordigers byvoorbeeld die
> land uit geskop het of die blad verbied het.
Wonder van wie jy nou praat? Tog nie ons dierbare
apartheidsvaders nie?
Die nuutste skandaal oor die VSA se Prez en sy Withuis
is natuurlik die feit dat dit nou uitkom dat hulle sekere
joernaliste BETAAL het om hulle beleide te probeer
populêr maak.
Net soos hier in Kanada daar nou 'n "sponsor scandal"
is, want dit het uitgekom dat 'n sekere program wat die
Liberals ingebring het, om die Kanadese federalistiese
beleid op te hemel ten koste van die separatiste, miljoene
rande betaal het aan maatskappye wat kop in een mus
was met die Liberals. Dit wil sê, belastingbetaler-geld
het in die koffers van maatskappye gestroom wat eintlik
die Liberale Party verryk het.
So gaan dit maar aan en aan.
Gloudina
|
|
|
|