Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Wiele » Dame met die 4x4
Dame met die 4x4 [boodskap #100921] Ma, 10 Januarie 2005 14:17 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Na die reën in Johannesburg het die een spruit met sy laewaterbrug 'n vloed
gehad wat amper 'n meter oor die brug stoot en die polisie het almal
weggekeer [of probeer] want die een swart vrou met haar BMW X5 het sekerlik
besluit sy ry mos 'n 4x4, wat is 'n stroompie water dan nou. Sy't die
polisie geïgnoreer en is die water in.....net om weg te spoel en haar lyk is
later die nag in haar kar gekry.
Daar is nie pille vir stupidgeid nie!
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #100924 is 'n antwoord op boodskap #100921] Ma, 10 Januarie 2005 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blokkies  is tans af-lyn  Blokkies
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Wat het dit nou te doen of dit nou 'n swart vrou was, hier het iemand nou net
hul ma/suster/vrou verloor, wees 'n slag menslik.

"Suidwester" skryf in boodskap news:Ee6dnbkksu2tEn_cRVn-tw@is.co.za...
> Na die reën in Johannesburg het die een spruit met sy laewaterbrug 'n
> vloed
> gehad wat amper 'n meter oor die brug stoot en die polisie het almal
> weggekeer [of probeer] want die een swart vrou met haar BMW X5 het
> sekerlik
> besluit sy ry mos 'n 4x4, wat is 'n stroompie water dan nou. Sy't die
> polisie geïgnoreer en is die water in.....net om weg te spoel en haar lyk
> is
> later die nag in haar kar gekry.
> Daar is nie pille vir stupidgeid nie!
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #100925 is 'n antwoord op boodskap #100924] Ma, 10 Januarie 2005 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Interessant dat jy vir my persoonlik pos onder Deneille Riffel? Wat ek
daar vir jou gesê het, sê ek vir die ander: Die feite van die saak is dat
sy 'n swart vrou is en as jy feite weergee dan is en bly sy 'n swart vrou!
Hoekom wil jy die feite verdoesel? Wat gaan enigiemand uit haar ongeluk
leer as jy die feite daarvan verdoesel? Enigiemand wat gedoen het wat sy
gedoen het, is ongelooflik stupid.

Blokkies skryf in boodskap news:cru3c3$km8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat het dit nou te doen of dit nou'n swart vrou was, hier het iemand nou net
> hul ma/suster/vrou verloor, wees 'n slag menslik.
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:Ee6dnbkksu2tEn_cRVn-tw@is.co.za...
>> Na die reën in Johannesburg het die een spruit met sy laewaterbrug 'n
>> vloed
>> gehad wat amper 'n meter oor die brug stoot en die polisie het almal
>> weggekeer [of probeer] want die een swart vrou met haar BMW X5 het
>> sekerlik
>> besluit sy ry mos 'n 4x4, wat is 'n stroompie water dan nou. Sy't die
>> polisie geïgnoreer en is die water in.....net om weg te spoel en haar lyk
>> is
>> later die nag in haar kar gekry.
>> Daar is nie pille vir stupidgeid nie!
>>
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #100927 is 'n antwoord op boodskap #100924] Ma, 10 Januarie 2005 15:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Niks met gebrek aan menslikheid te doen nie Blokkies - net weerens 'n bewys
dat mense ( hetsy wit, bruin of swart . en hetsy vroulik of manlik) wat 'n
FourByFourByFar ry, ontsaglike , maar misplaaste, vertroue in hul voertuie
het.
--
Groetnis
Annette

"Blokkies" skryf in boodskap news:cru3c3$km8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat het dit nou te doen of dit nou'n swart vrou was, hier het iemand nou net
> hul ma/suster/vrou verloor, wees 'n slag menslik.
>
> "Suidwester" skryf in boodskap news:Ee6dnbkksu2tEn_cRVn-tw@is.co.za...
>> Na die reën in Johannesburg het die een spruit met sy laewaterbrug 'n
>> vloed
>> gehad wat amper 'n meter oor die brug stoot en die polisie het almal
>> weggekeer [of probeer] want die een swart vrou met haar BMW X5 het
>> sekerlik
>> besluit sy ry mos 'n 4x4, wat is 'n stroompie water dan nou. Sy't die
>> polisie geïgnoreer en is die water in.....net om weg te spoel en haar lyk
>> is
>> later die nag in haar kar gekry.
>> Daar is nie pille vir stupidgeid nie!
>>
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #100936 is 'n antwoord op boodskap #100927] Di, 11 Januarie 2005 06:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil dit nog verder vat. Ek glo met die korrupsie en dinge wat aan die
gang is in Suider-Afrika, is baie min van die mense wat motors bestuur
werklik bevoegde bestuurders. Mense verdien groot geld en koop dan
gevorderde voertuie wat 'n spoed kan loop wat hulle eenvoudig nie kan
hanteer nie. Hierdie vrou was 'n duidelike voorbeeld van 'n mens wat
liewers nie agter 'n motor se stuur moes wees nie.

Annette skryf in boodskap news:crungk$k4b$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Niks met gebrek aan menslikheid te doen nie Blokkies - net weerens 'n bewys
> dat mense ( hetsy wit, bruin of swart . en hetsy vroulik of manlik) wat 'n
> FourByFourByFar ry, ontsaglike , maar misplaaste, vertroue in hul voertuie
> het.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Blokkies" wrote in message
> news:cru3c3$km8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wat het dit nou te doen of dit nou'n swart vrou was, hier het iemand nou net
>> hul ma/suster/vrou verloor, wees 'n slag menslik.
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:Ee6dnbkksu2tEn_cRVn-tw@is.co.za...
>>> Na die reën in Johannesburg het die een spruit met sy laewaterbrug 'n
>>> vloed
>>> gehad wat amper 'n meter oor die brug stoot en die polisie het almal
>>> weggekeer [of probeer] want die een swart vrou met haar BMW X5 het
>>> sekerlik
>>> besluit sy ry mos 'n 4x4, wat is 'n stroompie water dan nou. Sy't die
>>> polisie geïgnoreer en is die water in.....net om weg te spoel en haar lyk
>>> is
>>> later die nag in haar kar gekry.
>>> Daar is nie pille vir stupidgeid nie!
>>>
>>
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #100939 is 'n antwoord op boodskap #100936] Di, 11 Januarie 2005 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Of miskien was sy bevoegd genoeg vir 'n Volkswagen Kombi?:))

Ek is nou nie lus om terug te soek nie - maar om terug te kom na jou en
Vrolik se argument oor links van die pad reg of verkeerd is - dit hang mos
af wat die maklikste is afhande van watter kant die stuurwiel sit, en of
mens links of res wil draai - so my afleiding is dat Henry Ford linkshandig
was en die snaar wat die Rolls ontwerp het, regshandig was:))
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:F4ednRexP5rp8X7cRVn-uQ@is.co.za...
> Ek wil dit nog verder vat. Ek glo met die korrupsie en dinge wat aan die
> gang is in Suider-Afrika, is baie min van die mense wat motors bestuur
> werklik bevoegde bestuurders. Mense verdien groot geld en koop dan
> gevorderde voertuie wat 'n spoed kan loop wat hulle eenvoudig nie kan
> hanteer nie. Hierdie vrou was 'n duidelike voorbeeld van 'n mens wat
> liewers nie agter 'n motor se stuur moes wees nie.
> Annette wrote in message
> news:crungk$k4b$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Niks met gebrek aan menslikheid te doen nie Blokkies - net weereens 'n bewys
>> dat mense ( hetsy wit, bruin of swart . en hetsy vroulik of manlik) wat 'n
>> FourByFourByFar ry, ontsaglike , maar misplaaste, vertroue in hul voertuie
>> het.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Blokkies" wrote in message
>> news:cru3c3$km8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Wat het dit nou te doen of dit nou'n swart vrou was, hier het iemand nou net
>>> hul ma/suster/vrou verloor, wees 'n slag menslik.
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:Ee6dnbkksu2tEn_cRVn-tw@is.co.za...
>>>> Na die reën in Johannesburg het die een spruit met sy laewaterbrug 'n
>>>> vloed
>>>> gehad wat amper 'n meter oor die brug stoot en die polisie het almal
>>>> weggekeer [of probeer] want die een swart vrou met haar BMW X5 het
>>>> sekerlik
>>>> besluit sy ry mos 'n 4x4, wat is 'n stroompie water dan nou. Sy't die
>>>> polisie geïgnoreer en is die water in.....net om weg te spoel en haar lyk
>>>> is
>>>> later die nag in haar kar gekry.
>>>> Daar is nie pille vir stupidgeid nie!
>>>>
>>>
>>
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #100941 is 'n antwoord op boodskap #100939] Di, 11 Januarie 2005 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:crvubk$f52$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Of miskien was sy bevoegd genoeg vir 'n Volkswagen Kombi?:))
>
> Ek is nou nie lus om terug te soek nie - maar om terug te kom na jou en
> Vrolik se argument oor links van die pad reg of verkeerd is - dit hang mos
> af wat die maklikste is afhande van watter kant die stuurwiel sit, en of
> mens links of res wil draai - so my afleiding is dat Henry Ford linkshandig
> was en die snaar wat die Rolls ontwerp het, regshandig was:))
> --

-----Glo my vry, die aanvanklike storie oor die ridders en die kant van die
pad wat gery word is waar. Aanvanklik het almal links gehou en regs
baklei, maar die alternatief het gekom ek verbeel my met Frankryk en
Napoleon, maar ek kan die redes nie onthou nie. Hoekom die Amerikaners
besluit het om regs te ry, weet ek nie. Nou weet ons almal Kanada maak
maar soos hulle Baas-buurman vir hulle vertel om te doen, so dis logies dat
hulle sou volg. Sover ek weet is meeste mense op aarde regshandig, so dit
behoort meeste mense beter te pas om 'n regterstuur-motor te ry. Maar
verduidelik dit nou vir die Vrolike Blommie van Kanada.......
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #100942 is 'n antwoord op boodskap #100921] Di, 11 Januarie 2005 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Sy't die
> polisie geïgnoreer en is die water in.....net om weg te spoel en haar lyk is
> later die nag in haar kar gekry.
> Daar is nie pille vir stupidgeid nie!

Ja-nee wat, jong. Daardie pille moet nog gemaak
word. Hier in Noord-Amerika gaan talle mense
so dood, omdat hulle eenvoudig net nie die reël
volg nie. Ongelukkig vir jou rassistiese argumente
is hulle wit en bruin en swart en soms rooi.

Tant Hessie van die Algonquins
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #100945 is 'n antwoord op boodskap #100942] Di, 11 Januarie 2005 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Waar het ek enige rassistiese argumente gehad? Vertel jy vir my asseblief.
Ek het gesê dis 'n swart vrou en dit was 'n swart vrou. Is dit rassisties
om 'n vrou as swart te beskryf as sy swart is? Mag ek 'n blonde vrou as
blond beskryf? Mag ek 'n kleurling vrou as bruin beskryf. Kan ek jou as
stupid beskryf?

@rogers.com skryf in boodskap news:BK6dnSBpH97JTH7cRVn-2A@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Sy't die
>> polisie geïgnoreer en is die water in.....net om weg te spoel en haar lyk is
>> later die nag in haar kar gekry.
>> Daar is nie pille vir stupidgeid nie!
>
> Ja-nee wat, jong. Daardie pille moet nog gemaak
> word. Hier in Noord-Amerika gaan talle mense
> so dood, omdat hulle eenvoudig net nie die reël
> volg nie. Ongelukkig vir jou rassistiese argumente
> is hulle wit en bruin en swart en soms rooi.
>
> Tant Hessie van die Algonquins
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101073 is 'n antwoord op boodskap #100927] Do, 20 Januarie 2005 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[5]  is tans af-lyn  Sakkie[5]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Hei, jy soek mos nou vir moeilikheid. Jy veralgemeen darem bietjie erg as
jy sê "misplaaste vertroue". Ek self het twee 4x4s. Die een is my
speelding!!! 'n CJ6 uit die laat sestigs(ek dink) met 'n 5L Ford Mustang
voor in. Een van sy vorige base opgespoor in Kanada. NEE, DIT WAS NIE
TANNIE G NIE!

Die ander een het ek nou onlangs aangestel. Isuzu se "Go Big".

Hoekom twee??? Dood eenvoudig. Ek kan nie met die een doen wat ek met die
ander een doen nie. Met die Jeep kan ek nie deur Mosambiek, Botswana of
Suidwes toer nie want hy loop 4km per liter. Vir die Isuzu is ek te jammer
om te "rock crawl", my eie pad te maak deur doring bosse of sommer net
lekker rond te neuk op 'n sondag middag. Op http://www.4wdkzn.co.za/
se foto gallery "2004 Outings" "Tracks Only Trials 27 June" is 'n foto of
twee van ek en my laaitie in die Jeep, en ja, ons neuk so af en toe deur
water, maar dan is dit met deeglike opleiding en ondervinding (dankie oom
Basjan v Niekerk en Pinkie Coetzee, albei Suidwesters van baie jare terug).
Misplaaste vertroue?!!! Moenie glo nie. In die regte hande kan die
oningeligte nie glo waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is nie.
Dit is ongelukkig waar dat in die verkeerde hande is die teenoorgestelde ook
waar. Enige iemand wat 'n X5 of ML270 etc. beskou as 'n 4x4, beskou ek as
oningelig. Die arme dame die ander oggend hier by die skool het haar X5 se
R4000 aluminium allooi wiel lelik afgeskryf toe sy ook die sypaaitjie
probeer betrek het met haar lae profiel bande wat beskadig as jy oor 'n klip
kleiner as 'n hoendereier ry.

"Annette" skryf in boodskap news:crungk$k4b$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Niks met gebrek aan menslikheid te doen nie Blokkies - net weerens 'n bewys
> dat mense ( hetsy wit, bruin of swart . en hetsy vroulik of manlik) wat 'n
> FourByFourByFar ry, ontsaglike , maar misplaaste, vertroue in hul voertuie
> het.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Blokkies" wrote in message
> news:cru3c3$km8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Wat het dit nou te doen of dit nou'n swart vrou was, hier het iemand nou net
>> hul ma/suster/vrou verloor, wees 'n slag menslik.
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:Ee6dnbkksu2tEn_cRVn-tw@is.co.za...
>>> Na die reën in Johannesburg het die een spruit met sy laewaterbrug 'n
>>> vloed
>>> gehad wat amper 'n meter oor die brug stoot en die polisie het almal
>>> weggekeer [of probeer] want die een swart vrou met haar BMW X5 het
>>> sekerlik
>>> besluit sy ry mos 'n 4x4, wat is 'n stroompie water dan nou. Sy't die
>>> polisie geïgnoreer en is die water in.....net om weg te spoel en haar lyk
>>> is
>>> later die nag in haar kar gekry.
>>> Daar is nie pille vir stupidgeid nie!
>>>
>>
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101080 is 'n antwoord op boodskap #100921] Sa, 22 Januarie 2005 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lekker stories - wat doen die mense in die Noorde as hulle in sneeu vassit?
Laat my nogal terugdink aan die pas afgelope Dakar - hoe baie tyd die
Amerikaner verloor het in die sand, nadat hy ewe windgat twee van die eerste
drie skofte gewen het.
Daar is geen manier waarop hy in Amerika hom kon voorberei het hoe om in die
Sahara se sand te kan ry nie.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:t4WdnckjB5L9cmzcRVn-ig@is.co.za...
> Sakkie net om vir jou te laat weet dat beide hierdie manne nog skoppend is.
> Basjan bly op Hentiesbaai waar hy toergids speel vir enigiemand wat bereid
> is om sy fooie te betaal. En dit ís die moeite werd, glo my, die man se
> veldkennis is iets ongeloofliks. Ek het vir jou lekker stories oor beide:
> Basjan: Hy't gegids vir 'n toer met 'n Land Rover konvooi wat gery het
> tussen die twee woestyne..van die Kalahari tot in die Namib. Hulle het
> oornag op 'n plaas waar hierdie moerse rooi duin was. Terwyl Basjan die
> aan kamp maak, het die Lêndie-manne gaan speel teen daai duin en niemand kon
> die duin uitkom nie. Later het hulle geëet en geslaap en die volgende
> oggend toe Basjan opstaan om te gaan vuur maak, toe is die een fotograaf al
> daar en hy staan en kyk die horison wat lig word. Hy sê toe vir Basjan dit
> sou wonderlik wees om foto's te kon neem van bo die duin af en Basjan sê vir
> hom: "Nou maar kom."
> Hulle klim in sy half-antieke 2.2 Hilux Double Cab en hy ry die duin
> sonder drama uit en parkeer hom dóér bo. Die ou neem sy fotos en toe hoor
> hulle die enjins begin skree soos die V8's en die diesels daai duin tjaarts.
> Een en elkeen van daai Land-Rovers moes later uitgesleep word.
> Dit staaf jou storie dat die man die kar maak?
> Pinkie: Doer uit die Untag dae toe Suidwes op pad was om onafhanklik te
> raak, het die VVO mos 'n klomp Cruisers vir die vredesmag geskenk en in
> groot swart letters 'UNTAG' op die kant geverf. Verskeie oorsese
> vrywilligers het kom werk vir baie goeie geld en is hulle as waarnemers
> gestuur die hele land vol. Nou het ou Pinkie met die duinepad gery doer
> suid-oos van Aranos, ote hy op die kruin van 'n duin waaroor die spore gaan,
> 'n Untag-Cruiser sien wat vassit. Hy ry toe maar met die spore op tot waar
> hy agter die Cruiser stop en sou sien dat die man 'n graaf het en hy is
> besig om ernstig sand weg te grawe. Hy stap so om die Cruiser en skop-skop
> teen die bande en kom agter dat dit kliphard gepomp is. 'Nee man,' storie
> hy, 'jou bande is te pap, dié dat jou kar te laag op die sand is. Jy moet
> pomp!'
> Hy vertel dat die blonde Fin was toe al klaar rooi van die hitte in die
> son en toe hy daai pomp uithaal en begin stoot, toe gloei hy soos 'n
> gloeilamp op 'n weghol generator! Die bande is so styf dat hy skaars die
> pomp kan indruk! Dis hoe hy die Fin al laggend gelos het daar op die duin
> en verder sy sake gaan doen het. Die volgende dag, toe hy met dieselfde
> pad terugkeer, toe kry hy die Fin steeds daar. Hy pomp so 'n bietjie wiele
> en dan graaf hy! Hy het toe al omtrent die hele duin weggegrawe.
> Gelukkig het die Fin darem nie 'n wapen gehad nie, want toe Pinkie sy wiele
> afblaas en bloot so uit die sand uitry....tóé was daai man die moer in!!
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:8-2dndB5oLgVlW3cRVn-jA@is.co.za...
>
>> Basjan v Niekerk en Pinkie Coetzee, albei Suidwesters van baie jare
>> terug).
>> Misplaaste vertroue?!!! Moenie glo nie. In die regte hande kan die
>> oningeligte nie glo waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is nie.
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101081 is 'n antwoord op boodskap #101073] Sa, 22 Januarie 2005 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie net om vir jou te laat weet dat beide hierdie manne nog skoppend is.
Basjan bly op Hentiesbaai waar hy toergids speel vir enigiemand wat bereid
is om sy fooie te betaal. En dit ís die moeite werd, glo my, die man se
veldkennis is iets ongeloofliks. Ek het vir jou lekker stories oor beide:
Basjan: Hy't gegids vir 'n toer met 'n Land Rover konvooi wat gery het
tussen die twee woestyne..van die Kalahari tot in die Namib. Hulle het
oornag op 'n plaas waar hierdie moerse rooi duin was. Terwyl Basjan die
aan kamp maak, het die Lêndie-manne gaan speel teen daai duin en niemand kon
die duin uitkom nie. Later het hulle geëet en geslaap en die volgende
oggend toe Basjan opstaan om te gaan vuur maak, toe is die een fotograaf al
daar en hy staan en kyk die horison wat lig word. Hy sê toe vir Basjan dit
sou wonderlik wees om foto's te kon neem van bo die duin af en Basjan sê vir
hom: "Nou maar kom."
Hulle klim in sy half-antieke 2.2 Hilux Double Cab en hy ry die duin
sonder drama uit en parkeer hom dóér bo. Die ou neem sy fotos en toe hoor
hulle die enjins begin skree soos die V8's en die diesels daai duin tjaarts.
Een en elkeen van daai Land-Rovers moes later uitgesleep word.
Dit staaf jou storie dat die man die kar maak?
Pinkie: Doer uit die Untag dae toe Suidwes op pad was om onafhanklik te
raak, het die VVO mos 'n klomp Cruisers vir die vredesmag geskenk en in
groot swart letters 'UNTAG' op die kant geverf. Verskeie oorsese
vrywilligers het kom werk vir baie goeie geld en is hulle as waarnemers
gestuur die hele land vol. Nou het ou Pinkie met die duinepad gery doer
suid-oos van Aranos, ote hy op die kruin van 'n duin waaroor die spore gaan,
'n Untag-Cruiser sien wat vassit. Hy ry toe maar met die spore op tot waar
hy agter die Cruiser stop en sou sien dat die man 'n graaf het en hy is
besig om ernstig sand weg te grawe. Hy stap so om die Cruiser en skop-skop
teen die bande en kom agter dat dit kliphard gepomp is. 'Nee man,' storie
hy, 'jou bande is te pap, dié dat jou kar te laag op die sand is. Jy moet
pomp!'
Hy vertel dat die blonde Fin was toe al klaar rooi van die hitte in die
son en toe hy daai pomp uithaal en begin stoot, toe gloei hy soos 'n
gloeilamp op 'n weghol generator! Die bande is so styf dat hy skaars die
pomp kan indruk! Dis hoe hy die Fin al laggend gelos het daar op die duin
en verder sy sake gaan doen het. Die volgende dag, toe hy met dieselfde
pad terugkeer, toe kry hy die Fin steeds daar. Hy pomp so 'n bietjie wiele
en dan graaf hy! Hy het toe al omtrent die hele duin weggegrawe.
Gelukkig het die Fin darem nie 'n wapen gehad nie, want toe Pinkie sy wiele
afblaas en bloot so uit die sand uitry....tóé was daai man die moer in!!

"Sakkie" wrote in message
news:8-2dndB5oLgVlW3cRVn-jA@is.co.za...

> Basjan v Niekerk en Pinkie Coetzee, albei Suidwesters van baie jare
> terug).
> Misplaaste vertroue?!!! Moenie glo nie. In die regte hande kan die
> oningeligte nie glo waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is nie.
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101082 is 'n antwoord op boodskap #101080] Sa, 22 Januarie 2005 10:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sandry is 'n kuns. Soos ek verstaan is sneeury basies maar dieselfde
beginsel....jy het 'n los oppervlakte waaroor die voertuig moet loop,
behalwe natuurlik as die spulletjie begin smelt en glad word, dan moet jy
greep kry. In elk geval, in beide gevalle is die eerste beginsel om jou
wiele af te blaas om die voetspoor te vergroot van elke band. Nie in
breedte soos mens algemeen sou dink dat die band pens maak en breër druk
nie.....in lengte word die spoor langer want 'n band rol mos nie eintlik
nie. Hoe langer daai 'contact patch' is, hoe beter vir jou.
Wanneer sit mens vas in sand? 'n Voertuig sou verkieslik net oor die
sand rol, met sy bande sag genoeg om te verhoed dat dit insak. Die kus is
nou om die nodige voorwaartse momentum op te bou en te handhaaf op die sand.
Gee jy te veel krag, begin die wiele grawe in die sand en sak jy dieper weg
en begin jy al swaarder te ry.
Krag is ook nie alles nie. Te veel krag, of met 'n enjin wat se
kragpieke skielik op jou afspring, is groot moeilikheid in die duine. Die
groot beginsel in sand is om vóór jy in die sop is, reeds 'n plan moes
gemaak het om daardeur te kom. Die mode is mos deesdae hierdie
'lock-diffs' op alles wat 4x4 is en dit werk wonderlik in die klippe en die
berge, maar op die sand is 'n 'limited-slip' diff 1000% beter want dit
verhoed dat jy in die moeilikheid kom.
Daai Robbie Gordon het soos 'n plonk die Dakar ingevlieg en bloot
gejaag waar hy nie moes gejaag het nie. Daar is 'n tyd vir alles en die
woestyn het hom hard gebyt. Miskien moet hy eerder 'n kursus in 'common
sense' gaan volg? Dit lyk vir my of sy breins 'n kilometer agter sy ballas
aan toer!

"Annette" skryf in boodskap news:cssu1s$6mo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lekker stories - wat doen die mense in die Noorde as hulle in sneeu
> vassit?
> Laat my nogal terugdink aan die pas afgelope Dakar - hoe baie tyd die
> Amerikaner verloor het in die sand, nadat hy ewe windgat twee van die
> eerste
> drie skofte gewen het.
> Daar is geen manier waarop hy in Amerika hom kon voorberei het hoe om in
> die
> Sahara se sand te kan ry nie.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:t4WdnckjB5L9cmzcRVn-ig@is.co.za...
>> Sakkie net om vir jou te laat weet dat beide hierdie manne nog skoppend is.
>> Basjan bly op Hentiesbaai waar hy toergids speel vir enigiemand wat
>> bereid
>> is om sy fooie te betaal. En dit ís die moeite werd, glo my, die man se
>> veldkennis is iets ongeloofliks. Ek het vir jou lekker stories oor beide:
>> Basjan: Hy't gegids vir 'n toer met 'n Land Rover konvooi wat gery het
>> tussen die twee woestyne..van die Kalahari tot in die Namib. Hulle het
>> oornag op 'n plaas waar hierdie moerse rooi duin was. Terwyl Basjan die
>> aan kamp maak, het die Lêndie-manne gaan speel teen daai duin en niemand kon
>> die duin uitkom nie. Later het hulle geëet en geslaap en die volgende
>> oggend toe Basjan opstaan om te gaan vuur maak, toe is die een fotograaf al
>> daar en hy staan en kyk die horison wat lig word. Hy sê toe vir Basjan dit
>> sou wonderlik wees om foto's te kon neem van bo die duin af en Basjan sê vir
>> hom: "Nou maar kom."
>> Hulle klim in sy half-antieke 2.2 Hilux Double Cab en hy ry die duin
>> sonder drama uit en parkeer hom dóér bo. Die ou neem sy fotos en toe hoor
>> hulle die enjins begin skree soos die V8's en die diesels daai duin tjaarts.
>> Een en elkeen van daai Land-Rovers moes later uitgesleep word.
>> Dit staaf jou storie dat die man die kar maak?
>> Pinkie: Doer uit die Untag dae toe Suidwes op pad was om onafhanklik te
>> raak, het die VVO mos 'n klomp Cruisers vir die vredesmag geskenk en in
>> groot swart letters 'UNTAG' op die kant geverf. Verskeie oorsese
>> vrywilligers het kom werk vir baie goeie geld en is hulle as waarnemers
>> gestuur die hele land vol. Nou het ou Pinkie met die duinepad gery doer
>> suid-oos van Aranos, ote hy op die kruin van 'n duin waaroor die spore gaan,
>> 'n Untag-Cruiser sien wat vassit. Hy ry toe maar met die spore op tot waar
>> hy agter die Cruiser stop en sou sien dat die man 'n graaf het en hy is
>> besig om ernstig sand weg te grawe. Hy stap so om die Cruiser en skop-skop
>> teen die bande en kom agter dat dit kliphard gepomp is. 'Nee man,' storie
>> hy, 'jou bande is te pap, dié dat jou kar te laag op die sand is. Jy moet
>> pomp!'
>> Hy vertel dat die blonde Fin was toe al klaar rooi van die hitte in die
>> son en toe hy daai pomp uithaal en begin stoot, toe gloei hy soos 'n
>> gloeilamp op 'n weghol generator! Die bande is so styf dat hy skaars
>> die
>> pomp kan indruk! Dis hoe hy die Fin al laggend gelos het daar op die duin
>> en verder sy sake gaan doen het. Die volgende dag, toe hy met dieselfde
>> pad terugkeer, toe kry hy die Fin steeds daar. Hy pomp so 'n bietjie wiele
>> en dan graaf hy! Hy het toe al omtrent die hele duin weggegrawe.
>> Gelukkig het die Fin darem nie 'n wapen gehad nie, want toe Pinkie sy wiele
>> afblaas en bloot so uit die sand uitry....tóé was daai man die moer in!!

>> "Sakkie" wrote in message
>> news:8-2dndB5oLgVlW3cRVn-jA@is.co.za...
>>> Basjan v Niekerk en Pinkie Coetzee, albei Suidwesters van baie jare
>>> terug).
>>> Misplaaste vertroue?!!! Moenie glo nie. In die regte hande kan die
>>> oningeligte nie glo waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is nie.
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101083 is 'n antwoord op boodskap #101080] Sa, 22 Januarie 2005 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Daar is geen manier waarop hy in Amerika hom kon voorberei het hoe om in die
> Sahara se sand te kan ry nie.

As jy weet waar om dit te kry, is daar in die VSA net
sulke sandduine soos in die Sahara. Veral op die
noordelike deel van die weskus van die VSA.

Gloudina
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101084 is 'n antwoord op boodskap #101083] Sa, 22 Januarie 2005 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
As jy weet waar om dit te kry, is daar in die VSA net
sulke sandduine soos in die Sahara. Veral op die
noordelike deel van die weskus van die VSA.

Gloudina

Wat van die woestyn in Kalifornie waar hulle kort kort kyk of hulle met n
hoër spoed kan ry, is dit die Sierra Nevada woestyn Gloudina? My
aardrykskunde oor Amerika is beroerd (soos meeste ander Amerikaners seker
ook :-) Ek kan dit natuurlik gaan opsoek, maar jy sal meer weet, synde jou
kennis breér is.
Basjan & Pinkie [boodskap #101085 is 'n antwoord op boodskap #101081] Sa, 22 Januarie 2005 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[5]  is tans af-lyn  Sakkie[5]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Suidwester skryf....................

"Suidwester" wrote in message
news:t4WdnckjB5L9cmzcRVn-ig@is.co.za...
> Sakkie net om............................

> Hulle klim in sy half-antieke 2.2 Hilux Double Cab

Grote Griet, wil jy my sê hy ry enigiets anders as 'n Ford F250!!!!! Die
enigste ding wat ek hom sien ry het anders as sy Ford is 'n Steiger Pug toe
ons Loyd en Geldenhuys Sossusvlei en Kunene(die uitspraak is nie Koenienie
nie, vra vir Basjan hoekom nie!) mond toe gevat het. Steiger Pug is 'n
offroader so groot soos 'n Kombi. Hy sou ernstige dele van sy anatomie
daarop verwed dat NIKS hom sou volg as hy agter sy Ford se stuur was nie.
Niemand wat hom geken het het hom ooit uitgedaag nie!

> Dit staaf jou storie dat die man die kar maak?

Ek het al 'n PAAR Walvisbaaiers gesien ry met 'n 4x2 bakkie waar meeste van
hierdie windgat manne met hulle R500,000+ FO-BAAI-FOs maar net kan droom om
te gaan.

> Pinkie: Doer uit die Untag dae toe Suidwes........................
> afblaas en bloot so uit die sand uitry....tóé was daai man die moer in!!
>

Ek weet nie hoe goed jy vir Pinkie ken nie, maar ek sou nie in die minste
verbaas wees as hierdie storie die waarheid is nie!
------

Weet jy hoe hy sy pinkie verloor het? Ek het twee verskillende stories
gehoor en kon nog nooit uitvind watter een is die waarheid nie.
1. Hy't self sy pinkie met 'n knipmes afgesny nadag 'n slang hom op die
vinger gepik het!!!!!!!!!

2. Hy't in 'n tent geslaap en op een of ander manier het sy arm buite die
tent belang. Een of ander ondier sien die toe aan vir 'n happie en byt sy
pinkie af!!!
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101086 is 'n antwoord op boodskap #101080] Sa, 22 Januarie 2005 14:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[5]  is tans af-lyn  Sakkie[5]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Jong ek het sneeu kettings, maar gebruik hulle net wanneer die situasie
gevaarlik raak want hulle kan maklik jou bande opneuk.

"Annette" skryf in boodskap news:cssu1s$6mo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lekker stories - wat doen die mense in die Noorde as hulle in sneeu vassit?
> Laat my nogal terugdink aan die pas afgelope Dakar - hoe baie tyd die
> Amerikaner verloor het in die sand, nadat hy ewe windgat twee van die eerste
> drie skofte gewen het.
> Daar is geen manier waarop hy in Amerika hom kon voorberei het hoe om in die
> Sahara se sand te kan ry nie.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:t4WdnckjB5L9cmzcRVn-ig@is.co.za...
>> Sakkie net om vir jou te laat weet dat beide hierdie manne nog skoppend
> is.
>> Basjan bly op Hentiesbaai waar hy toergids speel vir enigiemand wat bereid
>> is om sy fooie te betaal. En dit ís die moeite werd, glo my, die man se
>> veldkennis is iets ongeloofliks. Ek het vir jou lekker stories oor
> beide:
>> Basjan: Hy't gegids vir 'n toer met 'n Land Rover konvooi wat gery het
>> tussen die twee woestyne..van die Kalahari tot in die Namib. Hulle het
>> oornag op 'n plaas waar hierdie moerse rooi duin was. Terwyl Basjan die
>> aan kamp maak, het die Lêndie-manne gaan speel teen daai duin en niemand
> kon
>> die duin uitkom nie. Later het hulle geëet en geslaap en die volgende
>> oggend toe Basjan opstaan om te gaan vuur maak, toe is die een fotograaf
> al
>> daar en hy staan en kyk die horison wat lig word. Hy sê toe vir Basjan
> dit
>> sou wonderlik wees om foto's te kon neem van bo die duin af en Basjan sê
> vir
>> hom: "Nou maar kom."
>> Hulle klim in sy half-antieke 2.2 Hilux Double Cab en hy ry die duin
>> sonder drama uit en parkeer hom dóér bo. Die ou neem sy fotos en toe
> hoor
>> hulle die enjins begin skree soos die V8's en die diesels daai duin
> tjaarts.
>> Een en elkeen van daai Land-Rovers moes later uitgesleep word.
>> Dit staaf jou storie dat die man die kar maak?
>> Pinkie: Doer uit die Untag dae toe Suidwes op pad was om onafhanklik te
>> raak, het die VVO mos 'n klomp Cruisers vir die vredesmag geskenk en in
>> groot swart letters 'UNTAG' op die kant geverf. Verskeie oorsese
>> vrywilligers het kom werk vir baie goeie geld en is hulle as waarnemers
>> gestuur die hele land vol. Nou het ou Pinkie met die duinepad gery doer
>> suid-oos van Aranos, ote hy op die kruin van 'n duin waaroor die spore
> gaan,
>> 'n Untag-Cruiser sien wat vassit. Hy ry toe maar met die spore op tot
> waar
>> hy agter die Cruiser stop en sou sien dat die man 'n graaf het en hy is
>> besig om ernstig sand weg te grawe. Hy stap so om die Cruiser en
> skop-skop
>> teen die bande en kom agter dat dit kliphard gepomp is. 'Nee man,'
> storie
>> hy, 'jou bande is te pap, dié dat jou kar te laag op die sand is. Jy
> moet
>> pomp!'
>> Hy vertel dat die blonde Fin was toe al klaar rooi van die hitte in
> die
>> son en toe hy daai pomp uithaal en begin stoot, toe gloei hy soos 'n
>> gloeilamp op 'n weghol generator! Die bande is so styf dat hy skaars die
>> pomp kan indruk! Dis hoe hy die Fin al laggend gelos het daar op die
> duin
>> en verder sy sake gaan doen het. Die volgende dag, toe hy met dieselfde
>> pad terugkeer, toe kry hy die Fin steeds daar. Hy pomp so 'n bietjie
> wiele
>> en dan graaf hy! Hy het toe al omtrent die hele duin weggegrawe.
>> Gelukkig het die Fin darem nie 'n wapen gehad nie, want toe Pinkie sy
> wiele
>> afblaas en bloot so uit die sand uitry....tóé was daai man die moer in!!
>>
>>
>>
>> "Sakkie" wrote in message
>> news:8-2dndB5oLgVlW3cRVn-jA@is.co.za...
>>
>>> Basjan v Niekerk en Pinkie Coetzee, albei Suidwesters van baie jare
>>> terug).
>>> Misplaaste vertroue?!!! Moenie glo nie. In die regte hande kan die
>>> oningeligte nie glo waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is
> nie.
>>
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101087 is 'n antwoord op boodskap #101086] Sa, 22 Januarie 2005 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" skryf

> Jong ek het sneeu kettings, maar gebruik hulle net wanneer die situasie
> gevaarlik raak want hulle kan maklik jou bande opneuk.

As mens uit Kalifornië na Lake Tahoe ry, en dit sneeu swaar, dan
is daar 'n plek waar hulle jou DWING om kettings aan te sit voordat
jy die pad aanvat.
My dogter, wat gewoond is aan Kanadese sneeu, sê dat sy nog nooit
soveel sneeu so hoog langs die pad gesien het, die slag toe hulle vanaf
San Fransisco na Lake Tahoe toe gery het.

Gloudina
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101088 is 'n antwoord op boodskap #101084] Sa, 22 Januarie 2005 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

> Wat van die woestyn in Kalifornie waar hulle kort kort kyk of hulle met n
> hoër spoed kan ry, is dit die Sierra Nevada woestyn Gloudina?

Ek dink die plekke waarna jy verwys, is seker nie so vol sand nie, maar
is baie droog en gelyk. Maar as jy by die kus van Noordelike Kalifornië
en Oregon kom, dan vind jy baie hoë en ekstensiewe sandduine. Of dit
nou dieselfde kwaliteit is as dié van die Sahara, sal ek nie weet nie.

Gloudina
Sand ry, of enige ander plek waar daar nie pad is nie [boodskap #101089 is 'n antwoord op boodskap #101082] Sa, 22 Januarie 2005 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[5]  is tans af-lyn  Sakkie[5]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Suidwester, wat is jou opinie oor banddruk. Klink of jy al 'n slag of wat
van die teerpad af was:-)

"Suidwester" skryf in boodskap news:CYednW59l-KhjW_cRVn-qw@is.co.za...
> Sandry is 'n kuns..........
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101090 is 'n antwoord op boodskap #101088] Sa, 22 Januarie 2005 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Q5GdnfTD8J0G9m_cRVn-sA@rogers.com...

"news" skryf

> Wat van die woestyn in Kalifornie waar hulle kort kort kyk of hulle met n
> hoër spoed kan ry, is dit die Sierra Nevada woestyn Gloudina?

Ek dink die plekke waarna jy verwys, is seker nie so vol sand nie, maar
is baie droog en gelyk. Maar as jy by die kus van Noordelike Kalifornië
en Oregon kom, dan vind jy baie hoë en ekstensiewe sandduine. Of dit
nou dieselfde kwaliteit is as dié van die Sahara, sal ek nie weet nie.

Gloudina

So gepraat van droog, ek hoor vandag op die nuus dat daar mense in Ottawa
was wat die polisie gebel het, omdat hulle geweerskote bly hoor het nou die
nag . . . net om uit te vind dat dit huise was wat weens die koue so gekraak
het dat dit klink na geweerskote. Is dit waar Gloudina, of net n
stadslegende (ek het dit op NPR gehoor, hulle is nogal redelik akkuraat met
hulle nuus).

Ellie
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101091 is 'n antwoord op boodskap #101090] Sa, 22 Januarie 2005 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf
> So gepraat van droog, ek hoor vandag op die nuus dat daar mense in Ottawa
> was wat die polisie gebel het, omdat hulle geweerskote bly hoor het nou die
> nag . . . net om uit te vind dat dit huise was wat weens die koue so gekraak
> het dat dit klink na geweerskote. Is dit waar Gloudina, of net n
> stadslegende (ek het dit op NPR gehoor, hulle is nogal redelik akkuraat met
> hulle nuus).

Alle geboue, veral groot sementgeboue, maak baie harde
"kraak" - geluide wanneer dit baie koud word, veral in die
nag. Ons het die laaste rukkie baie koue temperature, wat
gedurende die nag veral maklik -30 C bereik. Dan knal
dit elke nou en dan taamlik hard, veral as die proses naby
jou woonstel plaasvind. Mense wat vir die eerste keer in
so 'n gebou bly, sal seker dink dit klink na geweerskote.
Toe ons nog in 'n huis gebly het, het die houttrappe dieselfde
ding gedoen voor die huis.

Gloudina
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101092 is 'n antwoord op boodskap #101087] So, 23 Januarie 2005 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[5]  is tans af-lyn  Sakkie[5]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ons het aan die einde van 2004 winter sneeu op die koppe rondom
Pietermaritzburg gehad. Die enigste plek in SA waar ek al sneeu gesien het
wat ek as gevaarlik sou beskou is in die Oos Kaap. Ek kry altyd snaaks as
ek sien hulle maak Van Reenen toe vir "Gevaarlike Sneeu". Nou moet ons
darem seker ook in ag neem dat die gemiddelde boerklong nog nooit sneeu
gesien het nie, vergeet van daarin rondry. Nou praat ons nie eens van ons
nou alreeds bekende "Dame met die 4x4" nie.

Ek reken 'n 4x4 behoort 'n aparte lisensie te wees, wat natuurbewaring
insluit. Miskien sal ons geliefde minister ons ouens wat net so lief is vir
die natuur soos wat hy behoort te wees weer toelaat om ons voertuie te
gebruik vir waarvoor hulle gemaak is. Ek sou bitter graag hier op Toti
strand op die sand wou klim en op Walvisbaai weer afklim.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:X_KdnRnWmPN092_cRVn-hQ@rogers.com...
>
> "Sakkie" skryf
>
>> Jong ek het sneeu kettings, maar gebruik hulle net wanneer die situasie
>> gevaarlik raak want hulle kan maklik jou bande opneuk.
>
> As mens uit Kalifornië na Lake Tahoe ry, en dit sneeu swaar, dan
> is daar 'n plek waar hulle jou DWING om kettings aan te sit voordat
> jy die pad aanvat.
> My dogter, wat gewoond is aan Kanadese sneeu, sê dat sy nog nooit
> soveel sneeu so hoog langs die pad gesien het, die slag toe hulle vanaf
> San Fransisco na Lake Tahoe toe gery het.
>
> Gloudina
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101096 is 'n antwoord op boodskap #101092] So, 23 Januarie 2005 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" skryf

> Ons het aan die einde van 2004 winter sneeu op die koppe rondom
> Pietermaritzburg gehad.

Sou dit nou Hilton Road ingesluit het?
Ek het vir drie jaar op Hilton Road gebly, by
St. Anne's. As mens op die regte plek
gestaan het, kon jy een van die Drakensberg-
pieke sien, wat bedek was met sneeu in die
winter.

Gloudina
Re: Sand ry, of enige ander plek waar daar nie pad is nie [boodskap #101097 is 'n antwoord op boodskap #101089] Ma, 24 Januarie 2005 06:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel, banddruk is baie belangrik vir 'n 4x4. Alles natuurlik afhangende van
die bande wat jou voertuig ophet en hoe swaar die voertuig gelaai is. As
jy van daardie 8-ply 'Marie Biscuits' ophet, gaan jy ly in die sand want jou
spoor is relatief maer en sny jy deur die sand. Dan moet jy afblaas tot jy
begin bang word: 0.8Bar sou die beginpunt wees, sou ek sê. Met sulke
floppe aan jou wiele moet jy versigtig met die draaislag wees want jy trap
die band maklik van sy velling af. Gelukkig is meeste van daardie bande op
'split' rims wat help keer dat dit gebeur. Het jy van die breër moderne
bande op, dink ek nie dis nodig om so baie af te blaas nie. Weereens
afhangende van die vrag, maar ek ry enige plek op ons kus en hou die breë
wiele op normale druk [210] sodat ek nie hoef op te blaas as ek die grootpad
vat nie. Die geheim van sandry is om nie jou wiele te laat grawe nie.
Baie van die ouer garde glo vas in dat hoe gladder 'n band word, hoe
lekkerder ry dit in die sand, maar ek dink dis verbeelding. 'n Gladde band
sal makliker greep verloor op die sand en begin grawe. 'n Band soos die ou
Yokohama Super Digger met sy knobbels is fantasties in die sand.....as hy
begin grawe, hou net die die petrol presies soos wat hy is en jy sal voel
hoe begin die voertuig homself uitgrawe na die bokant van die sand toe,
bloot net omdat daai bande greep kry in die sand soos hy draai. Nie te
vinnig nie nie, want dan skop hy net dieper.
Ek hou eintlik nie van sagte bande in die geheel nie en probeer dit
vermy. Die rede is die 'side walls' van die bande raak baie meer kwesbaar
en seker 99% van alle bandskade in die veld kom op die 'side walls'. Van
skerp klippe tot stokke in die sand, almal steek soveel lekkerder op 'n
lekker sagte boeppens sykant wat hier oor hom kom rol. Ek verkies om die
loopvlak aan te bied vir die skerp goete en selfs in die berge waar die
bobbejane met kieries loop en waar baie kundiges reken jy moet jou bande
sagter maak, nie ek nie. Definitief nie op 'n rowwe grondpad nie en ook
nie in die groot klippe bied ek my 'side walls' vir die klippe aan nie. Ek
ry ook eerder bo-oor 'n klip eerder as om hom. Bo-oor hanteer die loopvlak
die stres, maar om die klip stel jy daai sykante in gevaar........
Help dit?

"Sakkie" skryf in boodskap news:haydnVqqua9L72_cRVn-2w@is.co.za...
> Suidwester, wat is jou opinie oor banddruk. Klink of jy al 'n slag of wat
> van die teerpad af was:-)
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:CYednW59l-KhjW_cRVn-qw@is.co.za...
>> Sandry is 'n kuns..........
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101101 is 'n antwoord op boodskap #101096] Ma, 24 Januarie 2005 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - waar is Hilton Road?
Hilton is vir my een van die mees bekoorlike plekke in Suid-Afrika - op pad
Durban toe oornag ek gewoonlik daar.
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101102 is 'n antwoord op boodskap #101101] Ma, 24 Januarie 2005 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Anti - waar is Hilton Road?
> Hilton is vir my een van die mees bekoorlike plekke in Suid-Afrika - op pad
> Durban toe oornag ek gewoonlik daar.

Ek neem aan die Hilton waarvan jy praat is baie na
aan Pietermaritzburg, nader aan Pietermaritzburg
as byvoorbeeld die Howie Falls ( onthou ek die
naam reg?).
Ek neem aan Hilton is op die hoofpad na
Pietermaritzburg. ( Die hoofspoorlyn gaan,
sover ek kan onthou, deur 'n tonnel as dit
afdaal na Pietermaritzburg.) Maar in my dae
was daar ook 'n klein (nouspoor?) trein
wat deur die heuwels afgedaal het na
Pietermaritzburg. Een van die stasies op
hierdie spoorlyn was Hilton Road, wat
binne loopafstand is van St. Anne's College.
Daar is ook 'n ander private seunsskool
in daardie omgewing, genaamd Hilton
College. (Dit was egter nie 'n kerkskool
nie. Die broerskool van St. Anne's was
Michaelhouse.)

Gloudina
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101103 is 'n antwoord op boodskap #101102] Ma, 24 Januarie 2005 16:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf

> die Howie Falls

Dit behoort Howick Falls te wees.

Gloudina
Re: Sand ry, of enige ander plek waar daar nie pad is nie [boodskap #101105 is 'n antwoord op boodskap #101097] Ma, 24 Januarie 2005 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[5]  is tans af-lyn  Sakkie[5]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ek het self so 'n teorie daaroor en ja-nee, jy het duidelik al 'n slag of
wat sandlangs gery! Het al self 'n band of twee verloor as gevolg van "side
wall" snye.
Ek gebruik "side wall" hoogte inplaas van druk. Op die manier maak dit glad
nie saak watter vervaardiger se band jy ophet of watter vrag jy dra nie. My
metode werk so. Onder normal rytoestande meet ek die afstand van die
onderkant van die"rim" af tot by die grond. Kom ons sê dit is 10cm.
Bereken 80% daarvan. d.w.s. 8cm. Blaas jou band af tot jou "rim" 8cm van
die grond af is. Afhangende van wat jou vrag en bandtipe is kan die
uiteindelike druk enigiets tussen 0.9 en 1.4 wees. Ek het al 'n stuk
vleklose staal draad gebruik om vir my so 'n hoogte "setup piece" te maak.
Ek vind dit werk uitstekend. Verder ry ek deesdae net Cooper bande. Hulle
het fantastiese sywand beskerming, veral as jy na die ST of STT kyk. Ek wil
nie voorstel dat jy 'n paar STTs opsit vir woestynsand nie!!!!

Groetnis
Sakkie

"Suidwester" wrote in message
news:kICdnWLnWr45EmncRVn-jA@is.co.za...
> Wel, banddruk is baie belangrik vir 'n 4x4.........
> Help dit?

> "Sakkie" wrote in message
> news:haydnVqqua9L72_cRVn-2w@is.co.za...
>> Suidwester, wat is jou opinie oor banddruk. Klink of jy al 'n slag of wat
>> van die teerpad af was:-)
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:CYednW59l-KhjW_cRVn-qw@is.co.za...
>>> Sandry is 'n kuns..........
>>
>
Re: Sand ry, of enige ander plek waar daar nie pad is nie [boodskap #101109 is 'n antwoord op boodskap #101105] Di, 25 Januarie 2005 05:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar is baie, baie oorwegings as 'n ou oor bande besluit. Uit persoonlike
ondervinding dink ek die Super Digger was die beste veldband wat ek ooit
gebruik het en dit gaan die verstand te bowe dat Yokohama dit nie meer
invoer nie, want dit word blykbaar nog in die buiteland gemaak! Ons ry hom
in die sand en die klippe, met vrag en sonder vrag en hulle hou ongelooflik.
Meeste ouens ry hom amper heel glad voor hulle 'n ander band moet opsit.
Die nuwe Conti se loopvlak lyk mos net so, maar die kwaliteit lê in die
samestelling van die band....ek dink die Conti's het te veel sinteties in
hulle!
Bly jy in hierdie wêreld, dan is die beskikbaarheid van nog van daai
fênsie wiele van jou 'n belangrike oorweging. As 'n ou 400km weg van die
naaste bandewinkel is in die stad en jy het 'n wiel nodig, gaan jy nie te
gelukkig wees as jy eers 'n ander band moet koop en dan later weer te
vervang met die regte ding nie.
O! Nog 'n ding. Daai 'side walls' waaroor ons praat. Een van die
grootste oorsake van bandeskade op 4x4'e wat ek al gesien het, is té breë
bande vir die rims. Toyota verkoop hulle bakkies met 'n 245 band en dan
kry jy hierdie wyse manne wat die bande vervang met 265's.....want so 'n aks
breër kan mos net beter? Nie so nie! Die voertuig is meer onstabiel op
spoed en in die veld is die band minder effektief omdat die syvlakke teen 'n
verkeerde hoek op die loopvlak druk.

"Sakkie" skryf in boodskap news:I96dnfvY19Upo2jcRVn-3Q@is.co.za...
> Ek het self so 'n teorie daaroor en ja-nee, jy het duidelik al 'n slag of
> wat sandlangs gery! Het al self 'n band of twee verloor as gevolg van
> "side
> wall" snye.
> Ek gebruik "side wall" hoogte inplaas van druk. Op die manier maak dit
> glad
> nie saak watter vervaardiger se band jy ophet of watter vrag jy dra nie.
> My
> metode werk so. Onder normal rytoestande meet ek die afstand van die
> onderkant van die"rim" af tot by die grond. Kom ons sê dit is 10cm.
> Bereken 80% daarvan. d.w.s. 8cm. Blaas jou band af tot jou "rim" 8cm van
> die grond af is. Afhangende van wat jou vrag en bandtipe is kan die
> uiteindelike druk enigiets tussen 0.9 en 1.4 wees. Ek het al 'n stuk
> vleklose staal draad gebruik om vir my so 'n hoogte "setup piece" te maak.
> Ek vind dit werk uitstekend. Verder ry ek deesdae net Cooper bande.
> Hulle
> het fantastiese sywand beskerming, veral as jy na die ST of STT kyk. Ek
> wil
> nie voorstel dat jy 'n paar STTs opsit vir woestynsand nie!!!!
>
> Groetnis
> Sakkie
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:kICdnWLnWr45EmncRVn-jA@is.co.za...
>> Wel, banddruk is baie belangrik vir 'n 4x4.........
>> Help dit?
>
>> "Sakkie" wrote in message
>> news:haydnVqqua9L72_cRVn-2w@is.co.za...
>>> Suidwester, wat is jou opinie oor banddruk. Klink of jy al 'n slag of wat
>>> van die teerpad af was:-)
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:CYednW59l-KhjW_cRVn-qw@is.co.za...
>>>> Sandry is 'n kuns..........
>>>
>
Re: Basjan & Pinkie [boodskap #101112 is 'n antwoord op boodskap #101085] Di, 25 Januarie 2005 08:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Grote Griet, wil jy my sê hy ry enigiets anders as 'n Ford F250!!!!! Die
> enigste ding wat ek hom sien ry het anders as sy Ford is 'n Steiger Pug
> toe
> ons Loyd en Geldenhuys Sossusvlei en Kunene(die uitspraak is nie Koenienie
> nie, vra vir Basjan hoekom nie!) mond toe gevat het. Steiger Pug is 'n
> offroader so groot soos 'n Kombi. Hy sou ernstige dele van sy anatomie
> daarop verwed dat NIKS hom sou volg as hy agter sy Ford se stuur was nie.
> Niemand wat hom geken het het hom ooit uitgedaag nie!
-----Jy moet darem aanvaar dat die lewe darem vooruit gaan ook! Daai F250
was 'n army gegewe, maar as 'n ou self die brandstof moet gooi, dan verander
jou prioriteite vinnig. Ook, die Hilux is baie ligter en loop beter op die
sand as die F250 veral omdat die F250 met omtrent niks 'spoor' nie.
>
>> Dit staaf jou storie dat die man die kar maak?
---O definitief, maar jy moenie vergeet dat dieselfde man met dieselfde kar
vir jou sal kan sê watter een is beter. Jy sal die bestuurder kry wat 'n
voertuig kan 'reg ry', maar dis nie die werklike beeld nie, is dit? As
mens darem kyk waar hierdie moderne karre soos die Cruisers in staat is,
maar jy voel so blêddie aardig om so 'n duur ding in die klippe te mors!
>
> Ek het al 'n PAAR Walvisbaaiers gesien ry met 'n 4x2 bakkie waar meeste
> van
> hierdie windgat manne met hulle R500,000+ FO-BAAI-FOs maar net kan droom
> om
> te gaan.
----Ja-aaa--aaaa! Elke man by sy sterk punt. Ons kan sand ry en ry
maklik Sandwich toe en terug sonder om eers die voorste 'locks' in te
skakel, maar kom gooi ons woestynrotte midde-in Johannesburg se verkeer as
jy 'n banggat wil sien!!! Maar dan māāk ons nie of ons daar kan ry
nie............ons is sommer net plein bang.

> Weet jy hoe hy sy pinkie verloor het?
----Nee ek weet ongelukkig nie, maar sy weduwee woon in Windhoek en ons
probeer nou 'n kontak by haar kry om te hoor waar daai pinkie verdwyn het.
Sal laat weet as ek iets hoor.......
Re: Sand ry, of enige ander plek waar daar nie pad is nie [boodskap #101114 is 'n antwoord op boodskap #101097] Di, 25 Januarie 2005 09:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile Riffel  is tans af-lyn  Deneile Riffel
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Gepraat van 4x4xfar is dit werklik moontlik dat 'n 4x4xfar teen sulke
hellings kan uitklim en reverse met sulke dodelike remme dat dit nie eens
gly, soos uitgebeeld in die advertensie waar (ek dink dit is 'n Toyota) op
daai "wip plank" bo die afgrond ry???
Re: Sand ry, of enige ander plek waar daar nie pad is nie [boodskap #101116 is 'n antwoord op boodskap #101114] Di, 25 Januarie 2005 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dit is moontlik teen die hellings wat daai kar klim, MAAR wie in sy
normale en nugter verstand sal so iets probeer? Definitief nie die Land
Rover eienaar met hul berugte brieke nie!

"Deneile" skryf in boodskap news:ct527d$alo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gepraat van 4x4xfar is dit werklik moontlik dat 'n 4x4xfar teen sulke
> hellings kan uitklim en reverse met sulke dodelike remme dat dit nie eens
> gly, soos uitgebeeld in die advertensie waar (ek dink dit is 'n Toyota) op
> daai "wip plank" bo die afgrond ry???
>
Re: Sand ry, of enige ander plek waar daar nie pad is nie [boodskap #101117 is 'n antwoord op boodskap #101116] Di, 25 Januarie 2005 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile Riffel  is tans af-lyn  Deneile Riffel
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
So uitklim van eerste keet aan sit? Jislaaik dit is impressive!

"Suidwester" skryf in boodskap news:w7Cdnbkgw4wljGvcRVn-1g@is.co.za...
> Ja, dit is moontlik teen die hellings wat daai kar klim, MAAR wie in sy
> normale en nugter verstand sal so iets probeer? Definitief nie die Land
> Rover eienaar met hul berugte brieke nie!
> "Deneile" wrote in message
> news:ct527d$alo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Gepraat van 4x4xfar is dit werklik moontlik dat 'n 4x4xfar teen sulke
>> hellings kan uitklim en reverse met sulke dodelike remme dat dit nie eens
>> gly, soos uitgebeeld in die advertensie waar (ek dink dit is 'n Toyota)
>> op daai "wip plank" bo die afgrond ry???

>
Re: Sand ry, of enige ander plek waar daar nie pad is nie [boodskap #101121 is 'n antwoord op boodskap #101117] Di, 25 Januarie 2005 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Huh? Wat sê jy?

"Deneile" skryf in boodskap news:ct53th$n04$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> So uitklim van eerste keet aan sit? Jislaaik dit is impressive!
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:w7Cdnbkgw4wljGvcRVn-1g@is.co.za...
>> Ja, dit is moontlik teen die hellings wat daai kar klim, MAAR wie in sy
>> normale en nugter verstand sal so iets probeer? Definitief nie die Land
>> Rover eienaar met hul berugte brieke nie!
>> "Deneile" wrote in message
>> news:ct527d$alo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Gepraat van 4x4xfar is dit werklik moontlik dat 'n 4x4xfar teen sulke
>>> hellings kan uitklim en reverse met sulke dodelike remme dat dit nie
>>> eens gly, soos uitgebeeld in die advertensie waar (ek dink dit is 'n
>>> Toyota) op daai "wip plank" bo die afgrond ry???
>


>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101129 is 'n antwoord op boodskap #101102] Di, 25 Januarie 2005 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ja, Hilton is heelwat nader aan "sleepy hollow" as Howick - waar die
waterval is.
Ek ken die skool Hilton Kollege - die is na aan Hilton self. Ek sal moet
gaan kyk waar St Anne's is. (Michaelhouse ken ek - ons het daar gaan rugby
speel - die Boereoorlog oorbaklei... So ook Kearsney en Hilton ...)
Jy sal waarskynlik die "hedendaagse" uitleg nie ken nie - ek glo die snelweg
en ander strukture het dinge in daardie deel van die wêreld ietwat verander.
Maar dat Hilton en daardie mis mooi is ongetwyfeld. By Hilton het hulle 'n
ontwikkeling gepleeg rondom 'n steengroef ("quarry") wat mens hoop gee vir
die mensdom - 'n pragtige stuk natuurskoon is herwin. Jammer jy kan nie gaan
kyk nie.
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101131 is 'n antwoord op boodskap #101129] Di, 25 Januarie 2005 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Maar dat Hilton en daardie mis mooi is ongetwyfeld.

Ja, een van die merkwaardigste dinge van die Hilton
area is dat dit in die misbelt is. Sodra dit baie warm
word onder in Pietermaritzburg, trek dit dig toe van die
mis bo op die heuwel. Die mis was so dig dat ek
letterlik in die twintig tree tussen die personeelhuis
en die hoofgebou verdwaal het, so dig was die mis.
As gevolg van die koeler en vogtiger klimaat, het
daar allerhande blomme daar gegroei wat mens
nie sou verwag nie. English primroses en columbines
en baie mos in die tuine.
Origens onthou ek net die lane en lane azaleas wat
boomhoogte op die gronde van St. Anne's gegroei
het.

Gloudina
Re: Basjan & Pinkie [boodskap #101132 is 'n antwoord op boodskap #101112] Di, 25 Januarie 2005 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[5]  is tans af-lyn  Sakkie[5]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Ek is maar net nuuskierig. Daai pinkie pla my al 26 jaar!!!!

"Suidwester" skryf in boodskap news:_tCdnbKSyL3RnWvcRVn-pw@is.co.za...
>
>> Weet jy hoe hy sy pinkie verloor het?
> ----Nee ek weet ongelukkig nie, maar sy weduwee woon in Windhoek en ons
> probeer nou 'n kontak by haar kry om te hoor waar daai pinkie verdwyn het.
> Sal laat weet as ek iets hoor.......
>
Re: Sand ry, of enige ander plek waar daar nie pad is nie [boodskap #101133 is 'n antwoord op boodskap #101114] Di, 25 Januarie 2005 17:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[5]  is tans af-lyn  Sakkie[5]
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Daai advertensie was eg, maar glo my in die werklike lewe sal nie eens 'n
idioot in sy wildste nagmerrie so iets probeer nie. Onthou daai wipplank se
oppervlak was so voorberei dat daar geen manier was dat daai Cruizer daar
sou afneuk nie. In die werklike lewe kan EEN los klippie jou jou lewe
kos!Die hoek waarteen hy gery het is kinderspeletjies wanneer dit vergelyk
word met wat ons partykeer doen in kompetisies. Van die manne slaan gereeld
agteroor bollemakiesie van net klein bietjie te veel petrol trap op die
verkeerde tyd!

"Deneile" skryf in boodskap news:ct527d$alo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gepraat van 4x4xfar is dit werklik moontlik dat 'n 4x4xfar teen sulke
> hellings kan uitklim en reverse met sulke dodelike remme dat dit nie eens
> gly, soos uitgebeeld in die advertensie waar (ek dink dit is 'n Toyota) op
> daai "wip plank" bo die afgrond ry???
>
Re: Dame met die 4x4 [boodskap #101140 is 'n antwoord op boodskap #101131] Wo, 26 Januarie 2005 12:39 Na vorige boodskap
Deneile Riffel  is tans af-lyn  Deneile Riffel
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Hoekom kom jy nie hierheen en vind uit vir jouself nie? Wat steek jy jou weg
in Amerika is jy nou bang vir Suid Afrika?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:TqudnWxiptxXyGvcRVn-iw@rogers.com...
>
> "Jonas" skryf
>
>> Maar dat Hilton en daardie mis mooi is ongetwyfeld.
>
> Ja, een van die merkwaardigste dinge van die Hilton
> area is dat dit in die misbelt is. Sodra dit baie warm
> word onder in Pietermaritzburg, trek dit dig toe van die
> mis bo op die heuwel. Die mis was so dig dat ek
> letterlik in die twintig tree tussen die personeelhuis
> en die hoofgebou verdwaal het, so dig was die mis.
> As gevolg van die koeler en vogtiger klimaat, het
> daar allerhande blomme daar gegroei wat mens
> nie sou verwag nie. English primroses en columbines
> en baie mos in die tuine.
> Origens onthou ek net die lane en lane azaleas wat
> boomhoogte op die gronde van St. Anne's gegroei
> het.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Veerblaaie
Volgende onderwerp: F1 gemors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:42:00 MGT 2024