Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Wiele » Motorjoernalistiek
Motorjoernalistiek [boodskap #99871] Do, 28 Oktober 2004 15:05
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Namib is mos maar dramaties en die motorvervaardigers lief dit om 'n
nuwe reeks bakkies of 4x4'e hier te kom bekendstel aan die motorjoernaliste.
Daar is verskeie modus operandi, maar basies word die mense met 'n konvooi
van die nuwe voertuie deur dele van die woestyn gevat op 'n roete wat die
vermoë van die voertuie sal demonstreer. Uit die aard van die saak word
die joernaliste na die naaste lughawe gevlieg en vandaar na die konvooi
geneem. Dis alles in maksimum luuksheid en meeste verlaat die trippie met
'n pak geskenke van die vervaardiger wat vele dinge kan wees: Baadjies,
hemde, drank, ens. Dit alles net om die joernalis die kans te gee om 'n
objektiewe verslag te gaan gee in sy publikasie van die nuwe voertuie.
Die werklikheid van meeste van hierdie bekendstellings is dat dit een
moerse partytjie is waar die drank stroom en baie van die manne meeste van
die tyd horriesdronk is. Die nodige tegniese inligting oor die voertuie
word op 'n CD aan elk verskaf, so die verslag kan geskryf word en wat kan hy
eintlik anders sê behalwe dat die voertuie deur en oor al die hindernisse
is, die ou lekker gery het en wel is wat die pamflet sê.
Nou sal enige ernstige gebruiker van 'n 4x4 vir jou sê dat geen 4x4
word vir 'n tydskrif getoets in die omstandighede waarin dit gebruik gaan
word nie [miskien met rede want dalk sou van sekere make nie so baie verkoop
nie?] en dat die wat die eindgebruiker werklik nodig het om te weet, glad
nie getoets word nie. Vat 'n simpel bakkie byvoorbeeld. Enigiemand wat
met 'n bakkie werk sal vir jou vertel die ding moet onder vrag getoets word,
maar wie doen dit? Niemand nie, en die motorjoernaliste dring ook nie juis
daarop aan nie. Sekerlik ook met goeie rede want as hulle die
motormaatskappye druk om meer in-diepte ondersoeke na voertuie, dan sal
hulle seker nie weer op die volgende lekker trip oorsee genooi word nie?
Vorige onderwerp: Spoed en versekering
Volgende onderwerp: Motor Registrasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:39:15 MGT 2024