| Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #98959] |
Vr., 01 Oktober 2004 12:21  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Laat ek jou bietjie vertel wat WERKLIK op die Upington-roete gebeur en nie
wat jy sit en oor fantasseer net om 'n punt te maak op hierdie ng nie. Jy
reken mos jy het op Perde-eiland grootgeword en toe kom die apartheidsvarke
en neuk julle storie op? Daar's net een eiland op die Oranjerivier, of
Gariep soos hy vandag bekend staan. Die eiland is 14km lank en 3km breed,
maar in essensie bestaan dit eintlik streng gesproke uit kleiner eilande by
name Bakleieiland, Vlameiland, Bo- en Ondereiland, ens. Op die eiland is
die dorp Kanoneiland self.
Aanvanklike bewoners van die eiland was 'n Korannagroep gewees....genoem
die Smalwange, saam met ander groepies, naamlik die Taaibosse, Seekoeie,
Sakmense, Laatlêers, Moddermense, Seekoeie, Skerpioene of Spinnekopdrade.
Ek het oral gesoek, maar ek het nêrens 'n Liegbek groep gesien nie, so nou
wonder ek van watter van die groepies was die antie dan gewees?
|
|
|
|
| Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #98961 is 'n antwoord op boodskap #98959] |
Vr., 01 Oktober 2004 13:39   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf
> Laat ek jou bietjie vertel wat WERKLIK op die Upington-roete gebeur Die eiland is 14km lank en 3km breed,
> maar in essensie bestaan dit eintlik streng gesproke uit kleiner eilande by
> name Bakleieiland, Vlameiland, Bo- en Ondereiland, ens. Op die eiland is
> die dorp Kanoneiland self.
Jy weet, jy wys deur hierdie soort praat net dat jy
nog nooit in daardie geweste werklik was nie.
Natuurlik is daar so 'n plek soos Kanoneiland
self. Maar dit was omtrent dertig my bokant
die Kakamas besproeiingsskema, wat oorspronklik
deur die NG Kerk begin is ( uitsluitlik vir witmense)
en wat hulle eie kanale uit die rivier gegrawe het.
Baie van die land onder besproeiing is op die
walle van die Oranje, maar daar is talle klein
eilandjies en een groot eiland, in my dae
Perde-eiland genoem, waarop ek gebore is.
Die eiland was so groot dat daar 'n primere
skool was op die "Ondereiland" maar ons in die
Bo-eiland het uitgestap oor 'n brug na die
primôre skool in Marchand. Naas Perde-eiland
was daar nog 'n ander eiland "Witkop-eiland"
geskei van Perde-eiland deur 'n vlakkerige
stroom. So hierdie storie dat daar net een
eiland in die Oranje is, is iets wat jy uit jou
duim suig.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #98962 is 'n antwoord op boodskap #98961] |
Vr., 01 Oktober 2004 13:59   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:7rCdnWAxsv9CwcDcRVn-jg@rogers.com...
> Jy weet, jy wys deur hierdie soort praat net dat jy
> nog nooit in daardie geweste werklik was nie.
----Foeitog ja, klink vir my of ek meer in daai geweste met my kamera was as
wat jy liegstories uit Kanada kan opdis? Ken ook heelwat mense in daai
geweste en as jy werklik iets geweet het, sou jy geweet het dat Upington een
van die groot 'stop-overs' vir die Namibiane is.
> Natuurlik is daar so 'n plek soos Kanoneiland
> self.
----Waar? Vertel my presies.
Maar dit was omtrent dertig my bokant
> die Kakamas besproeiingsskema, wat oorspronklik
> deur die NG Kerk begin is ( uitsluitlik vir witmense)
> en wat hulle eie kanale uit die rivier gegrawe het.
> Baie van die land onder besproeiing is op die
> walle van die Oranje, maar daar is talle klein
> eilandjies en een groot eiland, in my dae
> Perde-eiland genoem, waarop ek gebore is.
> Die eiland was so groot dat daar 'n primere
> skool was op die "Ondereiland" maar ons in die
> Bo-eiland het uitgestap oor 'n brug na die
> primôre skool in Marchand.
----Ho! Ho! Jou storietjies loop effe deurmekaar. Deel van Kanoneiland
was juis Bo en Ondereiland! Nent soos Rand- en Vlameilande. 'n Hele 14
van hulle. MAAR, is maar net so 40 km weg van jou Kakamas af so jou
stappie vanaf die Bo-eiland na Marchand wat nog 'n verdere 15 km ongeveer
verder is, was darem 'n lange, of hoe?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99028 is 'n antwoord op boodskap #98959] |
Sa., 02 Oktober 2004 14:40   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Suidwester, jy poep nou teen donderweer...
Die Reader's Digest atlas se skaal is 1:500000 en is gebaseer op die
1:250000 reeks topografiese en lugvaartkaarte soos deur die
Landmeter-Generaal gepubliseer. Ek spoor die volgende benoemde eilande
in die Oranje op, beginnende by Upington:
1) Swartkopeiland 5km stroomaf van Upington soos die kraai vlieg
2) Kanoneiland 15km
3) Rooikopeiland 19km
4) Skanskopeiland 21km (Regoor Keimoes)
5) Perde-eiland 21 km stroomaf van Keimoes soos die kraai vlieg, regoor
Marchand en sowat 5km stroomaf van Kakamas
6) Groot-Vaalkopeiland 15km stroomaf van Kakams soos die kraai vlieg
Swartkopeiland en Groot-Vaalkopeiland is die eerste en laaste van die
benoemde eilande op die kaart. Tussenin en beginnende effens stroomop
van Swartkopeiland tel ek sowat 30 ander kleiner eilande. Soos die
rivier sy loop verander met die seisoene kom en gaan die aantal eilande
sekerlik, maar die wat ek hierbo genoem het wys almal tekens van
permanente bewoning, so hulle bly seker jaar in en jaar uit daar.
Die punt is (a) dat daar baie eilande in die Oranjerivier is, en (b) dat
Perde-eiland bestaan en dat dit meer as 40 km van Kanoneiland af is.
Dit kan hoegenaamd nie as deel van Kanoneiland gesien word nie.
Suidwester wrote:
> Laat ek jou bietjie vertel wat WERKLIK op die Upington-roete gebeur en nie
> wat jy sit en oor fantasseer net om 'n punt te maak op hierdie ng nie. Jy
> reken mos jy het op Perde-eiland grootgeword en toe kom die apartheidsvarke
> en neuk julle storie op? Daar's net een eiland op die Oranjerivier, of
> Gariep soos hy vandag bekend staan. Die eiland is 14km lank en 3km breed,
> maar in essensie bestaan dit eintlik streng gesproke uit kleiner eilande by
> name Bakleieiland, Vlameiland, Bo- en Ondereiland, ens. Op die eiland is
> die dorp Kanoneiland self.
> Aanvanklike bewoners van die eiland was 'n Korannagroep gewees....genoem
> die Smalwange, saam met ander groepies, naamlik die Taaibosse, Seekoeie,
> Sakmense, Laatlêers, Moddermense, Seekoeie, Skerpioene of Spinnekopdrade.
> Ek het oral gesoek, maar ek het nêrens 'n Liegbek groep gesien nie, so nou
> wonder ek van watter van die groepies was die antie dan gewees?
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
| Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99030 is 'n antwoord op boodskap #99028] |
Sa., 02 Oktober 2004 15:42   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Regstelling! My skaalliniaal het op die verkeerde skaal gelê toe ek die
metings gedoen het - 1:25 ipv 1:50. Dus is die afstande net mooi 2x so
ver as wat ek in my oorsp. pos gelys het.
Op 'n ouer 1:500000 kaart wat ek hier opgespoor het (1951), wys daar
meer eilandname:
Beginnende by Upington:
Pokie
Jooste
Swartkop
Kanon
Bellavista
Rooikop
Smits
Van Keimos:
Skanskop
Bok
Ram
Elim
Van Kakamas
Drif
Van Marchand
Witkop
Perde
Renosterkop
Groot (word in die RD-atlas as Groot-Vaalkop aangedui)
Waterval (net bokant die Aughrabieswaterval)
knersus wrote:
> Suidwester, jy poep nou teen donderweer...
>
> Die Reader's Digest atlas se skaal is 1:500000 en is gebaseer op die
> 1:250000 reeks topografiese en lugvaartkaarte soos deur die
> Landmeter-Generaal gepubliseer. Ek spoor die volgende benoemde eilande
> in die Oranje op, beginnende by Upington:
> 1) Swartkopeiland 5km stroomaf van Upington soos die kraai vlieg
> 2) Kanoneiland 15km
> 3) Rooikopeiland 19km
> 4) Skanskopeiland 21km (Regoor Keimoes)
> 5) Perde-eiland 21 km stroomaf van Keimoes soos die kraai vlieg, regoor
> Marchand en sowat 5km stroomaf van Kakamas
> 6) Groot-Vaalkopeiland 15km stroomaf van Kakams soos die kraai vlieg
>
> Swartkopeiland en Groot-Vaalkopeiland is die eerste en laaste van die
> benoemde eilande op die kaart. Tussenin en beginnende effens stroomop
> van Swartkopeiland tel ek sowat 30 ander kleiner eilande. Soos die
> rivier sy loop verander met die seisoene kom en gaan die aantal eilande
> sekerlik, maar die wat ek hierbo genoem het wys almal tekens van
> permanente bewoning, so hulle bly seker jaar in en jaar uit daar.
>
> Die punt is (a) dat daar baie eilande in die Oranjerivier is, en (b) dat
> Perde-eiland bestaan en dat dit meer as 40 km van Kanoneiland af is. Dit
> kan hoegenaamd nie as deel van Kanoneiland gesien word nie.
>
> Suidwester wrote:
>
>> Laat ek jou bietjie vertel wat WERKLIK op die Upington-roete gebeur en
>> nie wat jy sit en oor fantasseer net om 'n punt te maak op hierdie ng
>> nie. Jy reken mos jy het op Perde-eiland grootgeword en toe kom die
>> apartheidsvarke en neuk julle storie op? Daar's net een eiland op
>> die Oranjerivier, of Gariep soos hy vandag bekend staan. Die eiland
>> is 14km lank en 3km breed, maar in essensie bestaan dit eintlik streng
>> gesproke uit kleiner eilande by name Bakleieiland, Vlameiland, Bo- en
>> Ondereiland, ens. Op die eiland is die dorp Kanoneiland self.
>> Aanvanklike bewoners van die eiland was 'n Korannagroep
>> gewees....genoem die Smalwange, saam met ander groepies, naamlik die
>> Taaibosse, Seekoeie, Sakmense, Laatlêers, Moddermense, Seekoeie,
>> Skerpioene of Spinnekopdrade. Ek het oral gesoek, maar ek het nêrens
>> 'n Liegbek groep gesien nie, so nou wonder ek van watter van die
>> groepies was die antie dan gewees?
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kanoneiland...vir Gloudina! [boodskap #99066 is 'n antwoord op boodskap #99058] |
Ma., 04 Oktober 2004 11:36  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf
> Ek ken nogal dié wêreld heel billik en ken ook baie mense daar. Ek gaan
> nie met jou kaart stry nie, maar die Kanaalape wat vandag nog daar bly, sê
> dat die eilande maak almal die geheel uit wat bekend staan as Kanoneiland.
> Daar is ook die dorp wat bekend staan as Kanoneiland.
Maar as jy hulle vra of 'n eiland wat verder wes in
die Oranje is as Kakamas, ook deel van Kanoneiland
uitmaak, dan sal hulle vir jou uitlag. Kanoneiland en
Kakamas se eilande is twee verskillende dinge. Ek
dink jy vra hulle die verkeerde vraag.
Gloudina
|
|
|
|