Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99481 is 'n antwoord op boodskap #99479] |
Vr., 15 Oktober 2004 21:11   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:3IudnXIu0Jh1u-3cRVn-jg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Ja, hulle het besluit dat die kans groot is dat Jesus die Messias is,
>
> Sien, net hier trek jy jou in jou eie "redenerings"
> vas. En word dinge belaglik. Jy sê dat hulle "besluit
> het dat die kans groot is dat Jesus die Messias is."
> As jy soiets uiter, dan weet ek jy verstaan eenvoudig
> nie wat Christen teoloë bedoel wanneer hulle sê
> dat God mens geword het nie.
Waar, o waar val tannie uit. Tannie maak stellings sonder substans. Gaan
haal my hele sin in konteks, genadiglik, tannie, neem deel aan die gesprek!
Wat ek gesê het: "Ja, hulle het besluit dat die kans groot is dat Jesus die
Messias is, siende dat Hy AL (ek herhaal, AL die HONDERDE) OT profesieë
vervul het, dat Hy deur Sy wandel, wonderwerke en sterfte aan die kruis dit
bewys het en dan nog ook uit die dood opgestaan het. "
wat tannie antwoord: " As jy soiets uiter, dan weet ek jy verstaan eenvoudig
nie wat Christen teoloë bedoel wanneer hulle sê dat God mens geword het
nie."
Kan tannie sien dat tannie nie eers op dieselfde sonnestelsel is nie?
Basjan
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99483 is 'n antwoord op boodskap #98947] |
Vr., 15 Oktober 2004 21:20   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:xeqdncl6nOe9u-3cRVn-2A@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Die "besinning" is waar die groot gevaar lê.
> dit is
>> wanneer jy die hele grote wonderlikheid mis! Jesus het gesê geloof soos
>> kinders tannie, soos kinders. Tannie is 'n mens, tannie dink dalk tannie
> is
>> 'n "goddelikheid
>
> Sodra jy so hooghartig begin praat, dan ek weet jy
> is eintlik op 'n dwaalspoor.
Waar is die hooghartigheid! Tannie is die een wat gesê het tannie is 'n
god!!!
> Vergewe my, as ek weer tot die dae van apartheid
> terugkeer. Ek het, soos 'n kind, GEWEET dat
> hierdie klomp Christene wat so apartheid gepredik
> het, met die duiwel geheul het. Ek hoef dit nie
> uit te gedink het nie. Ek het kinderlik gewéét dat daar
> iets verkeerd is.
Tannie, glo dit of tannie wil of nie, maar een daad maak nie van enige mens
wat in Christus is 'n verlorene nie. Tannie is regtig oor die kop geslaan
oor die apartheid ding, of hoe? Ek vra weer, moes tannie vandag vir iets om
vergifnis vra?
> Ek weet ook nou dat daar iets
> verkeerd is wanneer iemand "in die naam van God"
> ander gelowe veroordeel. En jy kan praat totdat
> jy blou in die gesig is, maar as jy vir my vertel dat
> Buddhiste en hulle geloof in boddhicitta op 'n
> dwaalspoor is, dan sal ek vir jou vertel dat ek
> dink dat jy Christus verloën.
En ek glo dat ek my geloof voluit iutleef, so laat my toe. As ek glo dat
Jesus is die weg is, hoe kan ek dit verloën - dan verloën ek die Here.
> En dat jy God beperk.
Hieroor was ons al - iemand wat sê dat alle gelowe na God lei, skryf ook aan
die Here toe, m.a.w. beperk God. Ek kan dus sê "right back at you".
> En dat jy nie gevul is met die Heilige Gees nie.
Dit is nie vir tannie om te besluit nie.
> Dit het niks te doen met hóé jy glo nie. Dit het
> alles te doen met dat jy hovaardig aan die
> Almagtige dikteer.
Tannie maak my erg deurmekaar: (1) tannie glo dan nie aan God nie, slegs aan
die "god" in elke mens, so vanwaar die gepraat, (2) Hoe op aarde kan ek aan
God dikteer - dit staan in Sy woord geskryf! Ek glo net, ek skryf nie voor
nie.
> En dus eintlik jou eie opinies
> verafgood.
Dit is nie my opinies nie, tannie dis my geloof. En ek verafgod slegs vir
Jesus. Punt. Ek sal die wêreld verafgod deur te sê dat ek nie glo Jesus is
die Weg nie. Ek maak sy sterfte tot niks. En ek glo dat dit alles is.
Verstaan dit en gaan kry rus.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99495 is 'n antwoord op boodskap #99493] |
Vr., 15 Oktober 2004 23:21   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com"
"basjan" skryf
> Het tannie 'n tuinjong gehad? Wat van 'n skoonmaker in die huis? Indien
> enige van die twee, wat het tannie hom/haar betaal?
Ek het grootgeword in 'n huis waar ons ons eie
huiswerk gedoen het. My ma het egter 'n was-
vrou gehad, en hopelik het sy haar goed betaal.
Hulle was eintlik baie goeie vriende, en in die
laaste jare het my ma altyd gesê hoe jammer dit
is dat sy nie vir Griet kon uitnooi om langs haar
op 'n stoel te sit terwyl hulle alles en nog wat
bespreek nie.
Hoekom kon jou ma haar nie nooi nie Gloudina? Ons het jarre gelede in Kwa
Zulu gewoon, en ons het n nanny gehad vir ons kind, en my man, wat n
Amerikaner was, was baie ongelukkig met n siel in die huis wat moes huiswerk
doen, en ons het haar natuurlik ekstra goed betaal, en saans het sy soms vir
ons baba gebabysit, en dan het sy haar suster oorgenooi, ons het die tv vir
hulle aangeskakel en gese hulle kan eet wat h ulle wil, maar as ons
terugkom, sit hulle twee albei opdie vloer, ons kon nie verstaan hoekom
hulle nie op die bank wou sit nie. Al het ons hoe mooi vir hulle gese om
dit te doen. Sy was so n liewe siel en het my kind agter op haar rug
vasgemaak met n kombers en vir haar gesing. Sy was nog baie jonk en sy het
swaar trane gehuil toe ons terug Amerika toe gegaan het. Het toe nog nooit
weer n skoonmaker gehad hier nie, kry so elke maand n diensmaatskappy in om
goed skoon te maak, en hulle hardloop deur die huis in drie uur, en kos n
fortuin! :-)
Ellie
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99506 is 'n antwoord op boodskap #99487] |
Sa., 16 Oktober 2004 06:58   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:QJydnWGWH_cZ2e3cRVn-sw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> maar Jesus het die wet vernietig, ek is nie meer
>> 'n "judge" nie, ek hoef slegs Sy verlossing my eie te maak.
>
> Presies. Presies. Nou HOEKOM sit jy en oordeel
> jy aanhoudend oor wie "gered" is en wie "reg glo."
Tannie, ek oordeel regtig nie. VERSTAAN dit asseblief. As ek vra wat
tannie glo, sê tannie dat alle gelowe 'n weg na die Here kan wees. Ek glo
weer dat daar slegs een weg is. Dit is so eenvoudig soos dit. Ons altwee
"oordeel" dan, volgens tanie se interpretasie. Tannie dat almal maar oraait
is, ek dat net mense wat Jesus het, oraait is. Ek dink ons altwee begin nou
dinge herhaal wat ons oor en oor bespreek het. Ek gaan nou hier afsluit,
dit was regtig lekker om oor al die dinge te kon praat. Ek bedoel dit! Ons
sal seker maar van mekaar verskil, maar dit raak dalk vir ons altwee
afbrekend om so na mekaar te hap.
Dankie vir die gesels!
Basjan
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99507 is 'n antwoord op boodskap #98947] |
Sa., 16 Oktober 2004 07:04   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:5Nydnf0vCei92O3cRVn-uw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>
>> 38But if I do them, even though you do not believe Me or have faith in
>> Me,
>> [at least] believe the works and have faith in what I do, in order that
> you
>> may know and understand [clearly] that the Father is in Me, and I am in
> the
>> Father [One with Him].
>
> Dit som alles perfek op.
Die doel in die vers is belangrik, die volle vers:
John 10:
38But if I do them, even though you do not believe Me or have faith in Me,
[at least] believe the works and have faith in what I do, in order that you
may know and understand [clearly] that the Father is in Me, and I am in the
Father [One with Him].
Geparafraseer: "Glo dan die werke wat ek doen, al wil julle nie in My
(Jesus) glo nie, SODAT julle kan verstaan dat die Vader in My is en Ek in
die Vader." m.a.w. Jesus se werke as Seun van God moet as oortuiging dien
dat Hy is Wie Hy sê Hy is. Hy praat hier met Jode wat in terme van die wet
dink, en dus in terme van die wet aangespreek word. Ek dink die konteks is
uiters belangrik. Jesus verduidelik basies dat Hy alles doen wat hulle wet
vereis en selfs dat Hy al die profesieë vervul het.
Ek herhaal my vorige pos:
Ek dink ons altwee begin nou
dinge herhaal wat ons oor en oor bespreek het. Ek gaan nou hier afsluit,
dit was regtig lekker om oor al die dinge te kon praat. Ek bedoel dit! Ons
sal seker maar van mekaar verskil, maar dit raak dalk vir ons altwee
afbrekend om so na mekaar te hap.
Dankie vir die gesels!
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99511 is 'n antwoord op boodskap #99488] |
Sa., 16 Oktober 2004 07:09   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:orqdncleW-up2-3cRVn-3w@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Wat ek gesê het: "Ja, hulle het besluit dat die kans groot is dat Jesus
> die
>> Messias is, siende dat Hy AL (ek herhaal, AL die HONDERDE) OT profesieë
>> vervul het, dat Hy deur Sy wandel, wonderwerke en sterfte aan die kruis
> dit
>> bewys het en dan nog ook uit die dood opgestaan het. "
>
> So hulle het nou vóór sy sterwe aan die kruis besluit
> dat hy die Messias is omdat hy aan die kruis gesterf
> het?
> Ek dink jy verkoop die volgelinge van Christus kort
> deur te vertel dat hulle alleen vir Christus gevolg het
> omdat hy die profesieë vervul het. Ek dink hulle het
> hom gevolg as gevolg van die leer wat hy gepredik
> het.
Goeie punt, tannie het gelyk dat Sy wandel en leer ook oortuigend was, maar
Hy het wel ook die profesieë vervul, ek vermoed vir ongelowiges, maar veral
vir die Jode, meeste van wie nog steeds nie glo nie. En dit is 'n groot
tragedie. Jesus se wandel, vervulling, sterfte en opstaan uit die dode maak
die hele "pakkie"!
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99514 is 'n antwoord op boodskap #98947] |
Sa., 16 Oktober 2004 07:18   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:xeqdncl6nOe9u-3cRVn-2A@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Die "besinning" is waar die groot gevaar lê. dit is
>> wanneer jy die hele grote wonderlikheid mis! Jesus het gesê geloof soos
>> kinders tannie, soos kinders. Tannie is 'n mens, tannie dink dalk tannie is
>> 'n "goddelikheid
>
> Sodra jy so hooghartig begin praat, dan ek weet jy
> is eintlik op 'n dwaalspoor.
Die "hovaardigheid" aantyging hou geen water nie. Dit vereis dat (1) ek
trots is op wat ek gedoen het (2) dat ek dit selfs gedoen het (3) dat ek bly
is ek het dit en ek kan my skat van ander bewaar.
Ek kan NEE antwoord op al DRIE vereistes. Nee, ek is nie trots nie, want ek
het dit nie gedoen nie. Nee, Jesus het my gred, nie ek nie. Nee, ek is
hartseer dat almal nie in Jesus wil glo of glo nie, ek bid dat dit almal se
deel kan word, dit is nie vir my om te hou alleen of te "stoor" nie.
Geen hovaardigheid nie, ek is niks beter as enige ander mens nie.
Basjan
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99521 is 'n antwoord op boodskap #99512] |
Sa., 16 Oktober 2004 12:08   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf in boodskap news:ckqhm7$j4d$1@solaris.cc.vt.edu...
"@rogers.com" skryf in boodskap news:LPSdndM6kJlIv-3cRVn-2Q@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Christene glo
>> dat Jesus van 2000 jaar terug die Jesus van die Drie-eenheid van vandag
> is.
>> So eenvoudig soos dit.
>
> En as daardie Christus nie in jou opstaan nie,
> dan is jy soos 'n klinkende simbaal.
Dis reg! En dit is vir my Sy Verlossing in my. Nie net 'n uitleef van
liefde nie, maar die ware, lewende Jesus wat deur Sy Gees in my woonplek
vind...
basjan
Basjan, ek het nie elke woord gevolg tussen jou en die tannie nie, maar
meeste, en ek wil net virjou se dat ek jou baie hoog ag, vir die wyse wat jy
opgetree het hier, sonder om te vloek of ongeduldig of beledegend te wees,
ek dink jy is n baie goeie voorbeeld van iemand wat sy geloof uitleef. Had
ek nou n hoed gedra, dan sou ek die hoed nou vir jou afgehaal het hoor! :-)
Ellie
|
|
|
|
| Veel landig [boodskap #99522 is 'n antwoord op boodskap #99515] |
Sa., 16 Oktober 2004 12:14   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
|
Senior Lid |
|
|
"basjan" skryf in boodskap news:ckqi9n$jsj$1@solaris.cc.vt.edu...
"@rogers.com" skryf in boodskap news:sM6dnVeITq2u1e3cRVn-hg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Sou tannie verkies het om SA te bly, as die keuse slegs tannie sin was?
>
> Ja. As ek nie gaan trou het met 'n man wat alreeds besluit
> het dat hy nie met 'n goeie gewete in SA kan bly nie, dan
> sou ek aangegaan het om skool te hou in SA.
Ek respekteer dit. Ek mis die plek ook.
basjan
Snaaks Gloudina, ek ook. As ek nie met n Amerikaner getrou het nie, sou ek
ook in S.A. gebly het. Maar nou is ek nie spyt nie, want ek dink die
ondervinding om in verskeie lande te kon woon bring wysheid en geduld en
aanvaarding, soos ander mense op hierdie groep wat ook meerlandig is, sal
verstaan. Soos ek altyd se, my persoonlike leuse is 'bloom where you are
planted' (wat ek kon vertaal as 'bloei waar jy geplant is, maar dit klink
erg verkeerd :-).
Ellie
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99529 is 'n antwoord op boodskap #99488] |
Sa., 16 Oktober 2004 17:09   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Goeie punt, tannie het gelyk dat Sy wandel en leer ook oortuigend was, maar
Hy het wel ook die profesieë vervul, ek vermoed vir ongelowiges, maar veral
vir die Jode, meeste van wie nog steeds nie glo nie. En dit is 'n groot
tragedie. Jesus se wandel, vervulling, sterfte en opstaan uit die dode maak
die hele "pakkie"!
Basjan
"@rogers.com" skryf in boodskap news:orqdncleW-up2-3cRVn-3w@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Wat ek gesê het: "Ja, hulle het besluit dat die kans groot is dat Jesus
> die
>> Messias is, siende dat Hy AL (ek herhaal, AL die HONDERDE) OT profesieë
>> vervul het, dat Hy deur Sy wandel, wonderwerke en sterfte aan die kruis
> dit
>> bewys het en dan nog ook uit die dood opgestaan het. "
>
> So hulle het nou vóór sy sterwe aan die kruis besluit
> dat hy die Messias is omdat hy aan die kruis gesterf
> het?
> Ek dink jy verkoop die volgelinge van Christus kort
> deur te vertel dat hulle alleen vir Christus gevolg het
> omdat hy die profesieë vervul het. Ek dink hulle het
> hom gevolg as gevolg van die leer wat hy gepredik
> het.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99531 is 'n antwoord op boodskap #98947] |
Sa., 16 Oktober 2004 17:11   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:xeqdncl6nOe9u-3cRVn-2A@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Die "besinning" is waar die groot gevaar lê.
> dit is
>> wanneer jy die hele grote wonderlikheid mis! Jesus het gesê geloof soos
>> kinders tannie, soos kinders. Tannie is 'n mens, tannie dink dalk tannie
> is
>> 'n "goddelikheid
>
> Sodra jy so hooghartig begin praat, dan ek weet jy
> is eintlik op 'n dwaalspoor.
Waar is die hooghartigheid! Tannie is die een wat gesê het tannie is 'n
god!!!
> Vergewe my, as ek weer tot die dae van apartheid
> terugkeer. Ek het, soos 'n kind, GEWEET dat
> hierdie klomp Christene wat so apartheid gepredik
> het, met die duiwel geheul het. Ek hoef dit nie
> uit te gedink het nie. Ek het kinderlik gewéét dat daar
> iets verkeerd is.
Tannie, glo dit of tannie wil of nie, maar een daad maak nie van enige mens
wat in Christus is 'n verlorene nie. Tannie is regtig oor die kop geslaan
oor die apartheid ding, of hoe? Ek vra weer, moes tannie vandag vir iets om
vergifnis vra?
> Ek weet ook nou dat daar iets
> verkeerd is wanneer iemand "in die naam van God"
> ander gelowe veroordeel. En jy kan praat totdat
> jy blou in die gesig is, maar as jy vir my vertel dat
> Buddhiste en hulle geloof in boddhicitta op 'n
> dwaalspoor is, dan sal ek vir jou vertel dat ek
> dink dat jy Christus verloën.
En ek glo dat ek my geloof voluit iutleef, so laat my toe. As ek glo dat
Jesus is die weg is, hoe kan ek dit verloën - dan verloën ek die Here.
> En dat jy God beperk.
Hieroor was ons al - iemand wat sê dat alle gelowe na God lei, skryf ook aan
die Here toe, m.a.w. beperk God. Ek kan dus sê "right back at you".
> En dat jy nie gevul is met die Heilige Gees nie.
Dit is nie vir tannie om te besluit nie.
> Dit het niks te doen met hóé jy glo nie. Dit het
> alles te doen met dat jy hovaardig aan die
> Almagtige dikteer. En dus eintlik jou eie opinies
> verafgood.
Dit is nie my opinies nie, tannie dis my geloof. En ek verafgod slegs vir
Jesus. Punt. Ek sal die wêreld verafgod deur te sê dat ek nie glo Jesus is
die Weg nie. Ek maak sy sterfte tot niks. En ek glo dat dit alles is.
Verstaan dit en gaan kry rus.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99534 is 'n antwoord op boodskap #99490] |
Sa., 16 Oktober 2004 17:12  |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:LLednd2YB_g72u3cRVn-qQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Ek vra weer, moes tannie vandag vir iets om
>> vergifnis vra?
>
> Ja. En ek kan jou verseker dat die deursnee Buddhis
> hierdie proses van vergiffenis vra, baie baie ernstig
> opneem. Hulle het yogas wat daarop gemik is om,
> soos die Christen sal sê, "skoongewas te word in
> die bloed van die Lam." As vergiffenis vra nou een
> van jou maatstawwe is van geestelike erns, dan
> raai ek jou aan om Buddhis te word.
Ek is volkome gefokus op wat God uiter, nie op wat mense uiter nie. Tannie
kan dalk self begin dink en glo, moenie aan tannie laat voorskryf deur
"teoloë" nie...
Basjan
|
|
|
|
| Bladsye (9): [ 9] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 22:30:18 UTC 2026
|