Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99418 is 'n antwoord op boodskap #99413] |
Wo., 13 Oktober 2004 16:50   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Basjan" skryf
Hoekom dring tannie daarop aan om Christenskap gelyk te stel aan
> ander gelowe? Dit is nie en sal nooit wees. Kom by, die tyd is nou om by te
> kom vir die bespreking. Daar mag raakpunte wees, maar die asbolute,
> fundamentele kern (Jesus Christus vir Christene) verkil. DIT is die PUNT!
> Op die ou einde raak al die "volg jy 'n ander geloof" stomp en oud en is dit
> verby logika... kom ons praat sinvol.
Die fundamentele kern Jesus Christus is natuurlik die
fundamentele kern vir "Christene." Maar as iemand
wat met 'n ander geloof grootgeword het, byvoorbeeld
mense uit die Ooste, in aanraking kom met die Christelike
geloof en daar aanknopingspunte vind sonder om hulle
eie persuasie op te gee, wat sal jy dan sê. Jy is op 'n
dwaalspoor?
As jy so oud soos ek is, en baie mense teengekom het
wat eenvoudig net opgehou het om "Christene" te wees,
en dan na Buddhisme begin te kyk, en dan uitvind dat
hulle in hulle eie oorspronklike "Christenwees" die
essensiële misgekyk het en net op die dop buiteom
gereageer het, dan kyk hulle weer met nuwe oë na
die geestelike lewe en kan mens sien dat iets 'n
verskil maak in hulle lewe.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99421 is 'n antwoord op boodskap #99418] |
Wo., 13 Oktober 2004 18:04   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:4dWdnRdsedYrxvDcRVn-vA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Hoekom dring tannie daarop aan om Christenskap gelyk te stel aan
>> ander gelowe? Dit is nie en sal nooit wees. Kom by, die tyd is nou om by
> te
>> kom vir die bespreking. Daar mag raakpunte wees, maar die asbolute,
>> fundamentele kern (Jesus Christus vir Christene) verkil. DIT is die
>> PUNT!
>> Op die ou einde raak al die "volg jy 'n ander geloof" stomp en oud en is
> dit
>> verby logika... kom ons praat sinvol.
>
> Die fundamentele kern Jesus Christus is natuurlik die
> fundamentele kern vir "Christene." Maar as iemand
> wat met 'n ander geloof grootgeword het, byvoorbeeld
> mense uit die Ooste, in aanraking kom met die Christelike
> geloof en daar aanknopingspunte vind sonder om hulle
> eie persuasie op te gee, wat sal jy dan sê. Jy is op 'n
> dwaalspoor?
Ek glo enige iemand wat van Christus gehoor het en wat Hy gedoen het en Hom
dan nog steeds nie as alleenwerkende Entiteit in sy saligheid sien nie, is
op 'n dwaalspoor.
> As jy so oud soos ek is, en baie mense teengekom het
> wat eenvoudig net opgehou het om "Christene" te wees,
> en dan na Buddhisme begin te kyk, en dan uitvind dat
> hulle in hulle eie oorspronklike "Christenwees" die
> essensiële misgekyk het en net op die dop buiteom
> gereageer het, dan kyk hulle weer met nuwe oë na
> die geestelike lewe en kan mens sien dat iets 'n
> verskil maak in hulle lewe.
Ek dink dat Christenskap 'n geweldige moeilike pad is. Dit is nie as maklik
voorgehou in die Bybel nie. So as iets anders verbykom wat die pad vir jou
"meer aanvaarbaar" kan maak, dan is dit seker vir party mense 'n geweldge
trekpleister. Maar teen watter koste? Dink so bietjie uit my geloof en
perspektief - al wat ek vir tannie hoef te sê is dat as "iemand" jou van
volkome Christenskap wil weghou, moet hy jou slegs lou en nie heeltemal
"gehook" aan Jesus kry. Dan sit jy op die draad en die wonderlike beloftes
en verlossing van Jesus gaan jou verby. Jy voel dalk beter in jou huidige
bestaan, maar die ewige koste is onmeetbaar.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99444 is 'n antwoord op boodskap #98947] |
Do., 14 Oktober 2004 15:23   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:df2dnftdq-qC6PPcRVn-gg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> So byvoorbeeld word gereken dat die
>> piramides so vroeg soos 10,000 BC gebou kon gewees het. Dit word afgelei
>> van die presisie waarmee die drie piramides die belt van Orion naboots,
>> presies soos dit voorgekom het meer as 10,000 BC. Baie interessante
>> dinge
>> die, maar soos ek verstaan het die jurie nog nie tot 'n besluit gekom
>> nie.
>
> Baie interessant. Maar is sommige van daardie piramides nie
> gebou taamlik lank na 10,000 jare voor Christus nie. Ter
> ere van Faraos waarvan die datums bekend was?
Daar is in baie van die groot piramides min tekens van Faraos, slegs miskien
een of twee skribbelinge. Baie argeoloë glo die Egiptenare het die
piramides geërf. Dit is ook maar net teorieë, en ek dink meeste Egiptoloë
skop baie hard teen die idees. Maar daar is byvoorbeeld al "bewys" dat
erosiemerke op die Sphinks (spelling?) toegeskryf kan word aan watererosie,
van die soort en krag wat slegs voor 10,000 BC teenwoordig was.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99460 is 'n antwoord op boodskap #99451] |
Vr., 15 Oktober 2004 06:52   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:gO2dnd2UyP6Cu_LcRVn-rQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Dit is 'n interessante stelling, want wat sê mens vir die Afrikaner wat
>> gevoel het dat hy 'n "just war" geveg het om behoud van sy eie nasie?
>> Vir
>> die Afrikaner wat ook "geboortereg" in Afrika het en slegs wou keer dat
>> sy
>> nasie oorrompel word. Wat wou keer dat die land waarin hy deel het en
>> waartoe hy gebore is, verval in die trend wat mens 'n "Afrika-tendens"
>> kan
>> noem. Hoekom is sy "struggle" nie "just" nie?
>
> As jy die apartheidsbeleid 'n "just struggle" noem, dan
> het jy natuurlik 'n probleem. ( Die Boere-oorlog sal ek
> argumenteer was 'n just struggle, en ek wag nog vandag
> vir Engeland om te sê dat hulle jammer is, en miskien
> om selfs reparasies te betaal.)
> Die apartheidsbeleid was 'n stupid stupid manier om
> te "sorg dat jou nasie nie oorrompel word. nie" 'n Baie
> beter manier om te sorg dat jou nasie nie oorrompel
> word nie, was om reg en geregtigheid te laat geskied
> aan al die land en sy inwoners. Die vaders van apartheid
> het juis deur hulle dom dink die wind gesaai en die
> warrelwind gemaai.
Hier stem ek saam. Ek dink dat die "natuur" van demokrasie en selfs
voorbehoud in 'n "moderne" samelewing die bevolking outomaties sou geskei
het. Nie noodwendig in wit en swart nie, maar in "able" en "unable". Dit
is een van die kardinale tekortkominge van SA, 'n sterk middelklas swart
groep.
> En dis alleen die algehele
> Christelike manier waarop die nie-blankes uiteindelik
> gereageer het, dat die witmense nie in die see in
> gejaag was nie.
En die besef dat die land op die ou einde op 'n steil afdraend is sonder wit
mense se kennis en vermoëns. Ons het mekaar nodig in SA, of ons daarvan hou
of nie.
Basjan
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99462 is 'n antwoord op boodskap #99453] |
Vr., 15 Oktober 2004 06:57   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:8aadnfNgxN0luvLcRVn-2w@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Dalk kan mens sê Afrika sou op sy eie trant voortgeploeter het, dat
>> kannabalisme nog algemeen sou gewees het, dat daar nie 'n teerpad sou
> gewees
>> het nie, ens. ens.. Wie weet?
>
> Hier wys die luiperd weer sy kolle ( of strepe.) Onthou,
> Noord-Afrika was 'n beskaafde deel van die wêreld
> toe jou "wit" voorouers in Europa nog hulle mae blou
> geverf het.
En toe het die orde van beskawing verander...
> Kannebalisme word gereeld in die noorde
> van Kanada bedryf wanneer daar mense in vliegtuig-
> ongelukke beseer word of omkom.
As noodsaak!!! Nie as algemene stapelvoedsel nie. Besef tannie dat aan die
einde van 1800's daar nog kannebalisme in dele van die Drakensberge was?
> En as jy nou
> 'n teerpad as teken van beskawing beskou, gaan
> vertel dit vir die Romeine.
Die bedoeling tannie, die bedoeling. Ek maak nie een groep sleg nie. Ek
wonder regtig, nie hoogdawerend nie, hoe suidelike Afrika sou gelyk het
vandag, sonder enige "westerse" invloede. Sonder om verdedigend te raak,
gee my tannie se eerlike raaiskoot.
Basjan
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99464 is 'n antwoord op boodskap #99453] |
Vr., 15 Oktober 2004 07:20   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:8aadnfNgxN0luvLcRVn-2w@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Dalk kan mens sê Afrika sou op sy eie trant voortgeploeter het, dat
>> kannabalisme nog algemeen sou gewees het, dat daar nie 'n teerpad sou
> gewees
>> het nie, ens. ens.. Wie weet?
>
> Hier wys die luiperd weer sy kolle ( of strepe.) Onthou,
> Noord-Afrika was 'n beskaafde deel van die wêreld
> toe jou "wit" voorouers in Europa nog hulle mae blou
> geverf het. Kannebalisme word gereeld in die noorde
> van Kanada bedryf wanneer daar mense in vliegtuig-
> ongelukke beseer word of omkom. En as jy nou
> 'n teerpad as teken van beskawing beskou, gaan
> vertel dit vir die Romeine.
Kom ons gesels bietjie oor die goeie dinge wat blanke Afrikaners in SA (en
Afrika) gedoen het en doen. Mens hoor altyd die negatiewe. Dink tannie
daar is plek vir blankes, of moet hulle liefs die pad vat?
Ons hoef nie saam te stem nie, ek hoor net graag van tannie wat my as blanke
man, wat nie inherent 'n aandeel in apartheid gehad het nie (ek weet mens
kan daaroor argumenteer, maar ek was maar jonk met al die skommelinge) te
doen staan. Ek is geseënd met 'n goeie opleiding, en ja dit was dalk ten
koste van ander, maar wat maak ek nou. Vat ek nou houe omdat ek wit is? Is
dit regtig goed om een boosheid met 'n ander (omgekeerde) boosheid te beveg.
Ek stem saam dat die swart bevloking opgehef moet word. Maar waar plaas dit
die blanke. Moet ons nou suffer vir ons geskiedenis? Terloops, ek is baie
trots op my Suid-Afrikanerskap. Tannie sal nie glo hoe baie mense het 'n
bewondering vir die "boerenasie" nie - nie vir apartheid nie, maar vir ons
wortels. Ek het dit in Duitsland, België en selfs Amerika ondervind. Mense
wat fisies met groot oë met jou gesels oor jou voorsate (die boere) en hul
dade en ook oor jou herkoms uit Afrika. Daar is selfs Europeërs wat my oor
boeregeskiedenis kan vertel! Maar waarnatoe nou, gehasie? Wat as ek vir
tannie sê my wortels lê in Afrika, maar ek wil nie hê my dogter moet daar
opgevoed word nie? Nie net is ek bang dat sy seerkry as vrou nie, maar ek
is bekommerd oor die vlak van opvoeding. Hoe lank gaan SA kompeterend bly?
Sy het 'n Amerikaanse paspoort en ek is innig dankbaar daarvoor. Dit laat
haar ten minste met 'n keuse, maar wat van baie ander?
My broer (mediese dokter) het vertel dat Engeland al hoe strenger raak om SA
dokters te aanvaar, juis omdat die kurrikulum so rondgegooi word. Ons is
dalk vandag nog oraait, maar wat gebeur oor 5, 10, 15 jaar, as die skole so
aangepas is om almal op te hef? Dink tannie nie die swart regering skiet
homself in sy eie voet nie - hef die oombliklike op, ten koste van die
toekoms? Dit is vir my die groot kruksvraag, die moeilike toffie. Moet
mens bereid wees om 'n generasie "op te offer" vir die voordeel van die
generasies van die toekoms? Hoe pas "sustainable management" in die
menslike konteks?
Ek soek nie moeilikheid nie, ek praat net graag hieroor en hoor ander se
gedagtes.
Basjan
PS - die string raak nou so lank dat ons dalk 'n nuwe moet begin, my ou
nuusleser begin nou sukkel om so dwars oor die skerm te skuif.
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99467 is 'n antwoord op boodskap #98947] |
Vr., 15 Oktober 2004 12:24   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:O7KdnTcwXJErJfLcRVn-3Q@rogers.com...
>
> Al wat ek gereeld doen, is om beswaar te maak
> teen 'n rigting waar alle ander gelowe as nie-
> belangrik en somtyds uit die bose gesien word,
> en die "Christelike" standpunt as "die enigste
> weg tot saligheid" gepredik word. Dit, tot sy
> uiterste geneem, glo ek is eintlik ketters.
Tannie - ons het dit al bespreek so ek gaan nie te veel herhaal nie. Ek
dink dit is net belangrik om te besef dat tannie selfs die eng geloof van my
as Christen moet aanvaar, gegewe tannie se aanvaardingsbeleid. Dit is wat
ek glo, en daarom word dit "geloof" genoem. vir my is dit klinkklaar, vir
tannie moeilik om te verstaan. Ons praat op die ou einde bymekaar verby.
Tannie se konsep van ketters verskil natuurlik heeltemal van myne, want my
idee van 'n "ketter" is iemand wat die Bybel 180° draai of ignoreer. As dit
geskryf staan in wat ek glo is die Woord van God, wie is ek om dit te draai
om my menslikheid te pas, of my gemoedstoestand in ag te neem? Vir my is 'n
ketter iemand wat sê Jesus is net 'n weg, terwyl Jesus self gesê het Hy is
die alleen weg. Ek kan eenvoudig nie 'n afwatering van God se woorde
aanvaar nie...
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99477 is 'n antwoord op boodskap #99473] |
Vr., 15 Oktober 2004 19:03   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:96CdnWyF7u7iYPLcRVn-pg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> 'n Hovaardige uitspraak komende van God? Tannie moet onthou Christene
>> beskou Jesus as God. Deel van die drie-enige God.
>
> Die geskiedkundige Jesus is alleen "deel van die drie-enige
> God" vir sover hy "die Seun" is.
Natuurlik. Hy is die Seun, van die Vader-Seun-Heilge Gees drie-eenheid. Is
tannie aspris, of verstaan nie nie lekker nie? Tannie is besig om die
ooglopende weer te gee om slinks, ek bedoel slim, te klink...
> En ek is van mening dat
> jy "die Seun" deel van daardie drie-enigheid misverstaan
> as jy dit net gelyksien aan die geskiedkundige Jesus wat
> omtrent tweeduisend jaar gelede geleef het.
Verduidelik asseblief. Dit maak GEEN sin nie. Sien hierbo. Christene glo
dat Jesus van 2000 jaar terug die Jesus van die Drie-eenheid van vandag is.
So eenvoudig soos dit.
> Boonop, as
> jy die mens-wees in alle opsigte van Jesus misken, dan
> verstaan jy nie waarop dit gaan nie. En ek kan weer baie
> Christen teoloë byhaal wat vir jou hierdie saak sal kan
> verduidelik.
Waar het ek selfs eenkeer gesê dat ek Jesus se menswees misken? Die hele
prinsiep van Christene se redding is gebasseer daarop dat Jesus as God mens
geword het en vir my gesterf het. Die dualiteit is deel van die kern!!
Genugtig tannie. Ek is besig om tannie beter te peil. Mens kan nie sommer
stellings uit die lug gryp net om jou eie punt te probeer steun nie. Kom
by, kom by vir die gesprek. Of kan mens dit 'n gesprek noem, want tannie
praat dan met tannie self, die dat tannie eie vrae stel en antwoord?
Basjan
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (9): [ 8 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 09:34:58 UTC 2026
|