Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99225 is 'n antwoord op boodskap #99214] |
Do., 07 Oktober 2004 11:38   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:mv2dna3W8s_4hPjcRVn-hw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Net omdat tannie
>> die "een big happy family" teorie verstaan, beteken nie dat dit die regte
>> weg is nie. dit maak my eintlik hartseer, dat mens slegs kan glo in dit
> wat
>> jy verstaan.
>> Ek oordeel nie. Nog nie een keer nie. Natuurlik is daar baie wonings.
>> Maar sê die Byel dat daar baie wonings is vir alle gelowe. NEE. Sê Jesus
>> dat Hy die enigste weg is. JA.
>> Kom nou tannie. As ons dan nie kan saamstem nie, laat ons ophou om in
>> sirkels te draai.
>
> Dis jy wat hierdie "one big happy family" teorie as 'n rookskerm
> gebruik om my te kritiseer. Dit het niks te maak met one happy
> family nie. Dit het te maak met 'n teologiese punt. Ons is óf kinders
> van God, in sy beeld geskape, maar gevalle wanneer ons toelaat
> dat egoistiese obskurasies ons christus-natuur, ons buddha-nature
> bedek. Jy daarenteen glo dat ons sondig gebore is en net deur
> die genade van Christus "gered" kan word. Dit is baie na aan die
> tradisionele Christelike leringe, en ek vind daar geen fout by nie.
> Waarmee ek wel fout vind, is wat jy sê oor "ander gelowe."
Tannie, tannie kan juis nie fout daarby vind nie. Dit is wat ek glo.
Daarom moet tannie dalk sê tannie stem nie saam nie. Ek kan ook stof opskop
en sê ek vind tannie se geloofsiening foutief, maar dit is tog wat tannie
glo! Net die vergelyking van 'n Christus-natuur met 'n buddha-natuur druis
heeltemal in teen dit wat ek glo. Hoe kan ek 'n buddha-natuur aanvaar as ek
glo Christus is die Weg?
> As Jesus sê dat Hy die enigste weg is, dan verstaan ek iets anders
> daaronder, as dat hy sê dat "ander gelowe" die kluts kwyt is.
> Onthou, toe die geskiedkundige Jesus gepreek het, was daar nie
> eens soiets soos 'n Christelike geloof nie.
Onsin! Christus is oor en oor in die OT voorspel. Christus het die
geslagte lam van die OT vervang. Dus is dit deel van die Christelike
geloof. En net terloops, wat bedoel tannie met "geskiedkundige Jesus"? Is
daar dan 'n ander Jesus vir tannie?
> Jesus het vanuit die
> Joodse konteks gepraat. Waaroor hy gepraat het, was moreel
> en eties en teologies gegrond.
Weer onsin. Waaroor Hy gepraat het was gegrond in God die Drie-eenheid, nie
'n algemene god nie.
Basjan
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99227 is 'n antwoord op boodskap #99215] |
Do., 07 Oktober 2004 11:44   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:mJ-dnS-kAul_gPjcRVn-gw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Tannie se verlossing is iets wat jy as mens bereik. Iets wat jy as mens
> kan
>> verklaar. Die verlosser is vir die buddhis die self. En dit is waar ons
>> hemelsbreed verskil. Hoe kan 'n onvolmaakte mens homself red?
>> Hebrews 4:15
>> For we do not have a high priest who is unable to sympathize with our
>> weaknesses, but we have one who has been tempted in every way, just as we
>> are-yet was without sin.
>> Ek kan eenvoudig nie saamstem dat ons as mense onsself kan red nie.
>> Punt.
>
> Die Buddhis glo nie in 'n "self" of 'n "siel" nie. Jy interpreteer
> Buddhisme vir jouself as dat mens besig is om jouself te red,
> en dan borduur jy op daardie verkeerde trant voort. Die
> buddhis glo dat ons, in Christelike referensieterme, kinders
> van God is, in God se beeld geskape is, en "gered" kan word
> wanneer al die obskurasies van die ego wegval. Jy, as mens
> na die aanhaling hierbo kyk, glo dat die mens in sonde gebore
> is en 'n hoëpriester nodig het wat vir jou moet voorstand doen
> by "God, " juis "omdat hy sonder sonde is." Dis teologies
> twee verskillende standpunte. Die buddhis, en baie Christelike
> denke, is gebaseer op die feit dat ons "in God se beeld geskape
> is." En dat die weg terug na dié suiwer beeld die weg van die
> liefde ( Grieks caritas, Sanskrit boddhicitta) is.
Onsin - watter Christene glo dat die weg na die suiwer beeld deur liefde
gebeur? Christelike denke = denke gebaseer op Christus, nie liefde alleen
nie.
> Jy daarteenoor
> sit jou geld op die hoëpriester- "wat sonder sonde"- is- idee.
> Jou aksent is op die sonde/ sonder sonde dinamiek.
Sonde maak jou onvolmaak. God is volmaak, dus kan ek nie tot Hom nader as
sondige mens nie.
> My
> aksent is op die liefde/versaking van die liefde dinamiek.
'n Menslike werk!!
> Dis twee verskillende standpunte. Joune is baie nader aan
> die ou Judaistiese denke, waar daar nog 'n hoëpriester is
> wat intersessie moet doen vir jou. Myne is baie meer
> nuwe testamenties en gegrond op stukke soos I Kor. 13.
Regtig? I Kor. 13 staan inkonteks van Christuds, nie algemeen nie!!
Sjoe tannie, ons praat regtig bymekaar verby. Die aanhaling
Hebrews 4:15
For we do not have a high priest who is unable to sympathize with our
weaknesses, but we have one who has been tempted in every way, just as we
are-yet was without sin.
verwys na die OT hoëpriester, in konteks geplaas vir die Jode. Jesus het
dus hierdie hoëpriester vervang. Natuurlik moet Hy vir my sondes intree,
maar as God ennie as mens nie. Liefde is verskriklik belangrik, maar dit is
'n WERK, nie 'n geloof nie!!!!!!
Basjan
|
|
|
|
|
|
| Re: Plato - Re: VSA debat [boodskap #99229 is 'n antwoord op boodskap #99217] |
Do., 07 Oktober 2004 11:53   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:GbCdnd3bHsoZvfjcRVn-ig@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ons moet maar versigtig wees om te oordeel, of hoe? Is tannie perfek?
>> Daar is geen Christen wat jou sal vertel dat hy perfek is nie. 'n "Hoer
> in
>> die kar" is net so goed soos iemand wat vloek, haat, begeer.
>> John 8:7
>> When they kept on questioning him, he straightened up and said to them,
> "If
>> any one of you is without sin, let him be the first to throw a stone at
>> her."
>
> Ek het geen fout te vind met die hoer in die kar nie.
> (Ek hoop net sy is goed betaal vir die diens wat sy
> lewer.) Maar ek het fout te vind met Jimmy Swaggart
> wat op en af huppel op een been en in tale praat met
> die een kant van sy mond, en almal veroordeel wat
> nie soos hy dink nie, en wat dan ook maar dieselfde
> ou paadjie loop as wat ander loop. Skynheiligheid
> is vir my 'n "sonde." Seks is vir my nie sonde nie.
Ja, hy het gesondig, maar nou veroordeel tannie hom daaroor? En dit van
tannie wat volkome liefde predik. Tannie wat sê tannie moet die egoistiese
self wegmaak. Is dit nie egoisties om te voel dat Swaggart skynheilig is
nie? Dit kom tog daarop neer dat tannie kan besluit wat reg en verkeerd is
en watter dinge meer verkeerd as ander dinge is. Dit plaas tannie weer in
die "driver seat" - 'n egois....
Maklik om 'n klip te gooi, maar moeilik om een te ontvang.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99234 is 'n antwoord op boodskap #99222] |
Do., 07 Oktober 2004 12:11   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:isednZnPNInNuPjcRVn-pg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> So dit is vir tannie die dood-sonde, die regverdiging van apartheid?
> Vloek,
>> haat, hoerery, begeer en so aan en so aan is maar almal sondes.
> Veroordeel
>> tannie dan die predikante?
>
> Ek veroordeel die skynheiligheid van daardie
> predikante.
So tannie veroordeel wel, terwyl tannie aan almal voorsê dat daar nie
veroordeel mag word nie? Klassiek, tannie, klassiek...
> Skynheiligheid is vir my een van
> die grootste "sondes."
So tannie besluit watter sondes groot en klein is as buddhuis-god?
> Hoerery is vir sover
> dit my aangaan, nie 'n sonde nie. Vloek hou
> ek nie van nie. Haat sou ek as 'n "sonde"
> bestempel. "Begeer" met die betekenis van
> iets wil hê is volgens die Buddhis die wortel
> van die kwaad. Dit word ook in die Tien
> Gebooie aangedui as 'n "sonde."
So as ek in die vervolg wonder wat reg en verkeerd is, is tannie die regte
bron? Hmmm, ja. Ek dink ek stick maar liewer by wat God besluit is reg en
verkeerd.
Basjan
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99236 is 'n antwoord op boodskap #99225] |
Do., 07 Oktober 2004 12:35   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"basjan skryf
Hoe kan ek 'n buddha-natuur aanvaar as ek
> glo Christus is die Weg?
Mag ek jou weer daaraan herinner dat Buddha omtrent
vyfhonderd jaar voor Christus gelewe het, en dat daar
schools of thought is wat sê dat invloed van die Ooste
die denke van die Middelooste beinvloed het en hierdie
skeuring veroorsaak het in die Judaistiese denke, wat
die "Christelike" afskeiding tot gevolg gehad het. Onthou,
Alexander die Grote, wat net 'n honderd jaar of so na
Sakyamuni Buddha gelewe het ( waar Sakyamuni 'n skeuring in
die Hindoe-denke veroorsaak het) het uiteindelik
regeer oor 'n koninkryk wat gestrek het van Griekeland
in die weste, tot by die Indus vallei. Die sogenaamde
Uddyana, wat die Buddhiste glo die bakermat van
Buddhisme was, was dus heelwaarskynlik gedurende
die tyd van Alexander die Grote 'n Griekse provinsie.
( Dis ongeveer waar Afghanistan en Pakistan vandag
is.)
Jy moet ook in ag neem dat die tradisionele Christelike
denke oor "God" as entiteit hewig beinvloed was deur
die neo-platoniese Griekse denke ( wat op sy beurt
beinvloed kon gewees het deur Hindoeisme), terwyl
die rol van Christus as "saligmaker" en "Messias" kom
uit die Judaisme. Dan is dit nog 'n feit dat dit wat jy
die "Bybel" noem eintlik die uiteindelike produk is van
keuses is wat gemaak is deur Sinodes van die vroeë
kerk, en dat daar baie apokriewe boeke is wat verban
is uit die kanon van die kerk.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: VSA debat [boodskap #99238 is 'n antwoord op boodskap #99236] |
Do., 07 Oktober 2004 12:44   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:l5-dnYgkuK9iq_jcRVn-sg@rogers.com...
>
> "basjan skryf
>
> Hoe kan ek 'n buddha-natuur aanvaar as ek
>> glo Christus is die Weg?
>
> Mag ek jou weer daaraan herinner dat Buddha omtrent
> vyfhonderd jaar voor Christus gelewe het, en dat daar
> schools of thought is wat sê dat invloed van die Ooste
> die denke van die Middelooste beinvloed het en hierdie
> skeuring veroorsaak het in die Judaistiese denke, wat
> die "Christelike" afskeiding tot gevolg gehad het.
Asseblief! Die Christelike "afskeiding" is gebaseer op juis die Persoon wat
die woord impliseer, Christus.
Onthou,
> Alexander die Grote, wat net 'n honderd jaar of so na
> Sakyamuni Buddha gelewe het ( waar Sakyamuni 'n skeuring in
> die Hindoe-denke veroorsaak het) het uiteindelik
> regeer oor 'n koninkryk wat gestrek het van Griekeland
> in die weste, tot by die Indus vallei. Die sogenaamde
> Uddyana, wat die Buddhiste glo die bakermat van
> Buddhisme was, was dus heelwaarskynlik gedurende
> die tyd van Alexander die Grote 'n Griekse provinsie.
> ( Dis ongeveer waar Afghanistan en Pakistan vandag
> is.)
> Jy moet ook in ag neem dat die tradisionele Christelike
> denke oor "God" as entiteit hewig beinvloed was deur
> die neo-platoniese Griekse denke ( wat op sy beurt
> beinvloed kon gewees het deur Hindoeisme), terwyl
> die rol van Christus as "saligmaker" en "Messias" kom
> uit die Judaisme.
Tannie, mens kan feite aanhaal tot jy blou is in die gesig, Christus is die
basis van die Christelike geloof, nie een of ander obskure moontlike invloed
van een of ander persoon of wêrelddeel nie. Deur so 'n spul feite te
kwoteer gee tannie voor asof Christenskap sy wortels in ander gelowe of
denke as Christus en God-drie-enig het. Ek verskil 180°...
> Dan is dit nog 'n feit dat dit wat jy
> die "Bybel" noem eintlik die uiteindelike produk is van
> keuses is wat gemaak is deur Sinodes van die vroeë
> kerk, en dat daar baie apokriewe boeke is wat verban
> is uit die kanon van die kerk.
Wel waar, maar weerspreek die boeke mekaar oor Christus se Wese? Die Bybel
besit tog op di ou einde die kern van dit wat Christene as waarheid glo.
Soos ek al gesê het, mens kan aan die Bybel wegkerf en interpreteer, maar
die sentrale boodskap staan rotsvas, die van Jesus as Verlosser.
Basjan
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (9): [ 5 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 02:01:16 UTC 2026
|