| Bevolkingsaanwas [boodskap #98853] |
Wo., 29 September 2004 06:25  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sover ek weet, volgens die konstitusie, mag daar nie meer op dokumente
aangetoon word van watter ras mens is nie.
1) So hoe weet die staat wat die bevolkingsaanwas van die verskillende
groepe is?
2) As 'n baba gebore word van 'n wit/bruin , bruin/swart, bruin/oosters,
wit/swart, swart/oosters verbintenis gebore is, by watter groep word die
baba bygetel?
3) Word alle geboortes deesdae aangemeld?
4) Word die aanwas slegs bereken op geboortes, en neem glad nie sterftes van
babas van 1 dag tot 3 jaar in ag nie?
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
| Re: Bevolkingsaanwas [boodskap #98857 is 'n antwoord op boodskap #98853] |
Wo., 29 September 2004 08:28   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Wat ek nie verstaan van die politieke fanatici nie, is hoekom is dit
verkeerd om na 'n mens se velkleur te verwys as jy 'n persoon wil
identifiseer? Wil hulle vir ons vertel 'n swart man is nie trots op wat hy
is nie? Beskou hulle hulself as minderwaardig? Een en elke swart man wat
ek ken en wat vir my werk, is almal trots om swart te wees, trots om Damara,
Owambo, Herero, Baster of Boer te wees! Wat is verkeerd om die verskille
tussen mense raak te sien? Ek meen, jy kan dit ignoreer soveel as wat jy
wil, vir my gaan jy nie swart gedink kry nie en 'n swart man verkleur ook
nie omdat jy dit so wens nie!
"Annette" skryf in boodskap news:cjdklb$k99$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sover ek weet, volgens die konstitusie, mag daar nie meer op dokumente
> aangetoon word van watter ras mens is nie.
> 1) So hoe weet die staat wat die bevolkingsaanwas van die verskillende
> groepe is?
> 2) As 'n baba gebore word van 'n wit/bruin , bruin/swart, bruin/oosters,
> wit/swart, swart/oosters verbintenis gebore is, by watter groep word die
> baba bygetel?
> 3) Word alle geboortes deesdae aangemeld?
> 4) Word die aanwas slegs bereken op geboortes, en neem glad nie sterftes
> van
> babas van 1 dag tot 3 jaar in ag nie?
> --
> Groetnis
> Annette
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Bevolkingsaanwas [boodskap #98938 is 'n antwoord op boodskap #98853] |
Vr., 01 Oktober 2004 03:30  |
Joeboy
Boodskappe: 54 Geregistreer: Februarie 2003
|
Volle Lid |
|
|
"Annette" skryf in boodskap news:cjdklb$k99$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sover ek weet, volgens die konstitusie, mag daar nie meer op dokumente
> aangetoon word van watter ras mens is nie.
> 1) So hoe weet die staat wat die bevolkingsaanwas van die verskillende
> groepe is?
> 2) As 'n baba gebore word van 'n wit/bruin , bruin/swart, bruin/oosters,
> wit/swart, swart/oosters verbintenis gebore is, by watter groep word die
> baba bygetel?
> 3) Word alle geboortes deesdae aangemeld?
> 4) Word die aanwas slegs bereken op geboortes, en neem glad nie sterftes van
> babas van 1 dag tot 3 jaar in ag nie?
> --
> Groetnis
> Annette
Die bevolkingsensus syfers word as die basis punte geneem (bv 91, 96, 01)
vir middeljaar ramings van die bevolking. Tydens die sensus word n vraag
gevra mbt bevolkingsgroep, en die respondent gevra om homself te
"klassifiseer". As iemand wat ooglopend blank is dus kies om as n
black/african opgeneem te word, dan is dit sy keuse. Met die info kan n
tydreeks van middeljaar ramings opgestel word vir elke bevolkingsgroep en
provinsie.
Dan is daar ook vrae om fertiliteit en mortaliteit te toets, bv aantal
kinders ooit gebore, aantal kinders wat steeds lewe, wanneer laaste kind
oorlede is ens. Hierdie veranderlikes word dan gebruik om toekomstige
bevolkings syfers te modelleer.
Voeg hierby die probleem van die HIV\AIDS sterftes wat die "verwagte"
sterftes beinvloed. n Dood aan AIDS word nie direk so aangemeld nie, volgens
die klassifikasie van sterftes sterf jy van n ander siekte, bv TB. Daar is
dus n debat oor AIDS-verwante siektes, maw as die doodsertifikaat aandui jy
is oorlede agv xxx dan is die waarskynlikheid groot dat jy AIDS gehad het.
Hierdie verwantskap kan natuurlik ook op verskillende maniere modelleer
word. Dit word wel onlangs deur syfers indersteun/beinvloed wat verkry is
deur die oorsake van sterftes (soos raporteer aan Binnelandse Sake) te
kodeer en n tydreeks daarvan te ontwikkel. Ongelukkig is daar vir n lang
tydperk in die 80/90s nie rekord gehou van swart sterftes nie wat die
modelleering van die mortaliteit moelik maak.
n Ander kwessie is om die migrasie (los vir eers van onwettige immigrante)
tussen provinsies et probeer bepaal, want n enkele provinsie moet nie as n
"geslote" item beskou word ten tye van die modellering soos hierbo genoem
nie.
Daar is gelukkig elke jaar ook huishoudnigsopnames wat van die demografiese
veranderlikes opneem om inligting vir die tussen-sensus jare te verskaf.
Dit is te verwagte dat verskillende demograwe verskillende modelle sal bou
met verskillende antwoorde. Die onlangse UNDP-report het bv RSA
lewensverwagting in die middel-40s, terwyl ons amptelike syfer net oor die
50 is (alhoewel dit tussen bevolkingsgroep en geslag verder verskil).
In elk geval, nog info hieroor op www.statssa.gov.za
Joeboy
|
|
|
|