| Ballade van Ohm Pouwel [boodskap #96481] |
Wo., 11 Augustus 2004 08:09  |
Zuben el-genubi
Boodskappe: 29 Geregistreer: Augustus 2004
|
Junior Lid |
|
|
'n Dorp in die Vrystaat
- maar andersins vaal -
het skielik koerante
se voorblad gehaal
Uit Durban verklaar
'n profeet, David Francis
dat daar vir Oom Paultjie
nog eenmaal 'n kans is.
"Uit die dood sal hy opstaan!"
sê Francis met krag
en hy kies ook die tyd -
die maand en die dag.
Daai dag breek toe aan
soos voorspel deur die Weter
Maar Oom Paul het besluit
waar hy nou is, is beter.
'n Bitter profeet
weet presies wat en hoe:
"Oom Paul het geloop maar
die deur was toe toe!"
Tant Anna betaal
Nog die rekening af.
En wat sê Oom Paultjie?
Hy swyg
soos die graf.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ballade van Ohm Pouwel [boodskap #96652 is 'n antwoord op boodskap #96651] |
Sa., 14 Augustus 2004 17:59   |
moet-nie-worrie
Boodskappe: 2 Geregistreer: Augustus 2004
|
Junior Lid |
|
|
On Sat, 14 Aug 2004 19:56:41 +0200, moet-nie-worrie
wrote:
> On Sat, 14 Aug 2004 17:41:27 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>> "Moennie Warrie" skryf
>>> Die word nou slaaptyd hier.
>>> Slaap rustig.
>> Ek kan nie slaap nie. Waarvoor
>> staan die j ?
>> Petronellatjie
>
>
>> Ja-nee, jong. Ek het misgeraai. Die
>> positiewe antwoord op die babetjie
>> het my gegooi. Die ou wat ek gedink
>> het jy is, se voorvader was 'n
>> seerower wat uit Robbeneiland
>> geopereer het in die agtiende eeu.
>> Gloudina
>
> Van wanneer af, Petronellatjie,
> spel mens babatjie soos jy dit doen?
> As Gloudina dìt moet sien...!
>
> worrie-oor-jou-spelling
>
Skuus Petronellatjie; toe ek weer kyk
sou ek sien dat dit toe Gloudina is wat
nie kan spel nie, en dan trap ek jou
daaroor uit:-)
|
|
|
|
|
|
| Re: Ballade van Ohm Pouwel [boodskap #96654 is 'n antwoord op boodskap #96652] |
Sa., 14 Augustus 2004 20:04  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"moet-nie-worrie" skryf
soms "warrie" en soms "worrie."
Is dit verskillende aksente wat
hier in rol speel. Wat sê die
mense in Waterkloof en waar
bly jy?
Tant Hessie van Spioenkop
|
|
|
|