| Hoe ver het dit gekom.. [boodskap #95799] |
So., 01 Augustus 2004 08:32  |
Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221 Geregistreer: Junie 2004
|
Senior Lid |
|
|
Hoe ver het dit gekom in Suid-Afrika? Hier in Vlaandere sien ons
gister op die televisie dat daar meer as 'n halwe meter sneeu geval
het in Kwazulu-Natal en dat die kinders daar baie plesier het..
Nie een enkel artikel van hierdie nuusgroep praat daaroor nie! Dis net
bitterheid wat ek hier lees op die nuusgroep.
Groete,
Norbert uit Vlaandere
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hoe ver het dit gekom.. [boodskap #95827 is 'n antwoord op boodskap #95815] |
So., 01 Augustus 2004 11:58  |
DeeDee
Boodskappe: 50 Geregistreer: Julie 2004
|
Volle Lid |
|
|
On Sun, 1 Aug 2004 22:09:56 +1200, "Spencer" wrote:
> Dis nou vir my nuus. Ek het oor die 20 jaar in Natal gebly en nog nooit 'n
> sneeuvlokkie gesien nie. Moelik om te glo dat daar 'n halwe meter kon val,
> tensy dit natuurlik op die Drakensberge is. Maar in die dorpe en stede - not
> 'n dêm.
>
> Spencer
>
>
Junie, twee jaar gelede was ek vasgekeer in die Drakensberge, vir
sowat vier ure, in die hewigste sneeustorting die afgelope 50jr.
Dit sou langer gewees het indien die nie daarvoor was dat die pad voor
en agter my toegemaak was nie. Omdat ek in die middel was, was ek
oorgelaat aan eie diskressie. Eie diskressie, en die genot van 'n
houtvuur:-)
Vier ure later het ek dit as veilig beskou, en die N3 vir myself
gehad! Werklik die enigste motor op die N3 vir kilos en kilos en
kilos. 60 kmu deur die Drakensberge met 'n motor glyend om die draaie
omdat daar steeds 'n yslaag op die teer was. En daarna, het die reën
uitgesak. En dit het gereën en gereën en gereën.
Hou in Durban stil, uit die sneuustorting, met 'n T-hemp aan en
baadjie wat in die kar hang. En Durbaniete wat met dik baadjies
verwonderd na my kyk.
Natuurlik sal ek nou klimatiseer vir hier, maar die afgelope winter,
(ek is nou twee maande hier) het ek sowat drie of miskien vier keer 'n
baadjie aangehad.
DD
|
|
|
|