| Prioriteite [boodskap #95542] |
So., 25 Julie 2004 08:57  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wat is joune? Daar is natuurlik nie iets so iets soos reg of verkeerd nie.
Ek lees op 'n anderkol van iemand wat skryf hy/sy is op Potch gebore, en is
dus eerstens 'n Transvaler? en dan 'n Suid-Afrikaner. Ander mense is
eerstens byvoorbeeld Moslems voor enigiets anders.
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Prioriteite [boodskap #95569 is 'n antwoord op boodskap #95563] |
Ma., 26 Julie 2004 11:07  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Sal nie weet nie. Ons luister meer oor die algemeen die Afrikaanse diens
van die NBC of Radio Kudu......nie Kanaal 7 wat Afrikaans is , maar 'n
Gospel-stasie is. Ek weet nie, maar die gewilde wysies wat geestelike
liedjies gemaak is, klink nie vir my reg nie.
"Plato" skryf in boodskap news:ce2j81$vn$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi Suidwester, luister jy na Kosmos Radio daar in Namibie? Is hulle nog
> by die Wernhil sentrum?
>
> Groete
> Plato
>
> Suidwester wrote:
>
>> Dis 'n baie moeilike vraag daai. Ons spul blanke Namibiane is lojaal
>> teenoor die land, maar sukkel om aanklank te vind teenoor die Swapo
>> regering. Speel iemand dus teen ons rugby, dan baklei jy ons met passie
>> saam, maar die dag as daar oorlog kom, sal omtrent geen blanke bereid wees
>> om namens die regering 'n wapen op te tel nie. Dis maar oorlat ou Sam
>> Nujoma homself nie kan weerhou [a la Gloudina] om altyd die dinge van die
>> verlede op te haal nie en vanaf die verhoog geduring teem oor apartheid en
>> die blankes waarvoor hy steeds bang is.
>> Ons rugbyspan speel nou nie eintlik groot wedstryde nie, so ons
>> rugbylojaliteit lê in SA. Ons normales ondersteun die Bulle, die
>> visseriges hou suid na die "Problems!" kant toe en die rêrige desperates
>> skrou vir die Vrystaat! Die Bokke die ondersten ons en huil saam oor daai
>> laaste-minuut drie van die All Blacks............
>> "Annette" wrote in message
>> news:cdvss1$hr6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> Wat is joune? Daar is natuurlik nie iets so iets soos reg of verkeerd nie.
>>> Ek lees op 'n anderkol van iemand wat skryf hy/sy is op Potch gebore, en
>>
>> is
>>
>>> dus eerstens 'n Transvaler? en dan 'n Suid-Afrikaner. Ander mense is
>>> eerstens byvoorbeeld Moslems voor enigiets anders.
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>
>
>
>>
>
|
|
|
|