Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Brandaan se reis
| Brandaan se reis [boodskap #94637] |
Ma., 05 Julie 2004 18:14  |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Ek lees - worstel is miskien meer gepas! - op die oomblik 'n Afrkaanse
boek oor die reis van die heilige Brandaan. Die eerste deel van die
boek is 'n ellelange dermuitryg van die Middeleeuse teks, tesame met 'n
vergelyking met DJ Opperman se Brandaan-siklus. Op bladsy 43 lui 'n
frase 'n klokkie by my. Daar staan: "Rykheer (1961:74) merk hiervan op:
"In 'Brandaan' verskuif die toneel...". Rykheer? Blaai ek gou agtertoe
en sien daar in die bibliografielys: "Rykheer, Gloudina M. 1961. Die
stryd om digterskap in die poësie van D. J. Opperman. P.D.-proefskrif.
Pietermaritzburg: Universiteit van Natal".
Nè! Gloudina in haar prille jeug, dink ek. Sy is mos 'n nooi Rykheer,
dan nie? So as sy oor gedigte, en veral DJ Opperman, praat, moet ons
seker maar aanvaar dis evangelie?
Wat is 'n P.D.-proefskrif?
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
|
|
| Re: Brandaan se reis [boodskap #94669 is 'n antwoord op boodskap #94645] |
Di., 06 Julie 2004 19:17   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Ph.D.sê jy - ek het so vermoed. Die boek is: "Brandaan Ontstaan, aard
en ontwikkeling van 'n Ierse verhaal", GJ de Klerk & HJ Schutte,
Tafelberg uitgewers, Kaapstad 1996; ISBN 0-624-03470-4.
Ek moet sê ek sukkel nogal om die Middel-Nederlands te verstaan, ten
spyte van die Afrikaanse vertaling daarnaas. Ek dink die Afrikaanse
vertaling is te vry vertaal, meer in verhaaltrant as in die oorsp.
versvorm. Dit maak dit natuurlik maklik om die verhaal te lees, maar
heelwat makliker om spesifieke M.N.woorde of uitdrukkings te verstaan.
Byvoorbeeld:
(MN)"Soutstu doepzel wille ontfaen
Ende pinen om die Gods hulde?
Ic vergaue di dine schulde,
so mach di werden wijs"
Hier kan ek pinen, soutstu, doepzel en die laaste sinsnede nie sommerso
uitmaak nie. Die Afri vertaling maak dit wel duidelik:
"sou jy bereid wees om die doop te ontvang
en jou inspan om God se lof te verkondig
Ek sou jou dan jou oortredings kwytskeld
sodat jy verseker kan wees"
Ek sou naas die vrye vertaling nogal gehou het van 'n amper
woord-vir-woord vertaling van die oorsp. MN.
Ek sien jy het "Brandende Boek" geplaas wat, so verstaan ek, die eerste
in die Brandaan-siklus is van DJO, Dankie.
@rogers.com wrote:
> "knersus"
>> Wat is 'n P.D.-proefskrif?
>
>
> Ek weet ook nie. Sover ek weet was dit 'n
> Ph.D - maar ek sal seker weer na die stuk
> papier moet kyk.
> Kan jy vir my die titel van die boek en die
> skrywer se naam gee?
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
| Re: Brandaan se reis [boodskap #94672 is 'n antwoord op boodskap #94669] |
Di., 06 Julie 2004 23:41   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
"knersus" skryf
Die boek is: "Brandaan Ontstaan, aard
> en ontwikkeling van 'n Ierse verhaal", GJ de Klerk & HJ Schutte,
> Tafelberg uitgewers, Kaapstad 1996; ISBN 0-624-03470-4.
Dankie vir die inligting. Hoeveel van die boek word
beslaan deur 'n analise van Opperman se Brandaan-
siklus? Word die sonnette daar aangehaal? Daar is
ag gedigte in die siklus. "Brandende Boek" is die
eerste. Ook Swart kop, Lintwurm,Tokolosi,
Vuurlopers,Kronos, Séance, Man met Horries.
Ek het net Brandende Boek en Man met Horries
in my verhandeling in besonderhede behandel.
Ek het ongelukkig ( met al die swerwe tussen
vastelande) nie die bundel van Opperman waarin
die hele siklus is, hier nie. Wens jy wil die ander
gedigte op die nuusgroep plaas, as dit in die boek
is. Hulle is werklik goeie gedigte en wortel diep
in die SA bodem. Ek het ook in die proses nie
die Brandaan teks meer hier in Kanada nie. Ek
beny jou die lees van die ding. Brandaan se reise
was natuurlik wyd bekend in die Middeleeue en
daar is lang analises van waarna werklik verwys
word na al die vermitologisering afgestroop word.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Brandaan se reis [boodskap #94703 is 'n antwoord op boodskap #94675] |
Wo., 07 Julie 2004 18:49   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Ek antwoord sommer aldrie jou antwoorde in een.
Gloudina:
> Hoeveel van die boek word
> beslaan deur 'n analise van Opperman se Brandaan-
> siklus? Word die sonnette daar aangehaal? Daar is
> ag gedigte in die siklus. "Brandende Boek" is die
> eerste. Ook Swart kop, Lintwurm,Tokolosi,
> Vuurlopers,Kronos, Séance, Man met Horries.
Knersus:
Die boek beslaan 200 bls, uitgesluit verwysings, woordomskrywings en
bibliografiese aantekeninge. Hiervan word die 1ste 40 bls as inleiding
tot die Brandaanverhaal gebruik. Schutte verwys hier ook na die baie
ouer Navigatio Sancti Brendani abbatis. Opperman se Brandaan word oor
die vlg 28 bls behandel, met die twee tekste, MN en Afrikaans oor die
res van die boek.
Al agt die Brandaan-sonnette word in die boek aangetref en
vergelyk/teëgestel t.o. die Brandaanverhaal.
Brandende boek
Swart kop
Lintwurm
Tokolosi
Vuurlopers
Kronos
Séance
Man met horries
Gloudina:
> Wens jy wil die ander
> gedigte op die nuusgroep plaas, as dit in die boek
> is.
Knersus:
Ek kan seker, ek's net nie so seker wat die kopieregvereistes is nie.
Maar jy sal in elk geval geduld moet hê, want ek's 'n tweevinger-en-duim
tikker! Miskien kan ek hulle inskandeer, maar die OCR-sagteware is nie
altyd so akkuraat met Afrikaans, boonop in 'n Serif-lettertipe, nie
Gloudina:
> in gedagte hou dat Middel-Nederlands
> en Middel-Engels nogal na aan mekaar is
Knersus:
Dankie vir die wenk. Een probleem is natuurlik ook dat die Middeleeuse
skrywers min gepla was oor skryfstyl en -tekens, so is baie woorde
sommer aanmekaar, byv "soutsu" is eintlik "souts u" of so-iets.
Baiekeer ook "u" waar ek 'n "v" sou verwag ("leuen" is eintlik "leven").
En so aan...
@rogers.com wrote:
> Ek sal ook "Man met Horries" plaas. Die hele siklus, maar
> veral "Brandende Boek" en "Man met Horries" handel
> natuurlik oor die digterskap en veral oor die tema van
> "die boosheid van die kuns" - 'n tema waarnatoe Opperman
> herhaaldelik terugkom, en wat hy ook in 'n lesing in die
> vroeg-vyftigerjare ( en daarna as essay gepubliseer in
> Standpunte) aangeroer het
Knersus:
De Klerk verwys baie hierna en noem dan iets wat ek in my onkunde nie
kan vertaal nie - hy verwys na die Opperman stelling "Kuns is boos!" as
die digter se "ars poetica". Letterlik vertaal seker iets soos "die
kuns van (die) dig", maar dit maak nie vir my sin nie. Verklaring, aub?
Swart kop - DJ Opperman
Daar lê waar hierdie stad sak word en roes
en afloopwaters in suur modderbelle
uit die agterbuurte van die aarde wel,
'n strooisgroot kop met hare dig en kroes
en oë soos paddastoele uit die grond.
Ek het geroepe om die kop geloop
en wou dit met die westerwaters doop,
toe sing meteens ou impi's uit die mond:
"Ek ken die aarde reeds waarop jy boer,
en wil nie by jou in jou hemel wees,
maar eerder met voorvaderlike geeste
uit die hel Unkulunkulu roer.
Gaan die wit woede van my oog verby -
jy het my kop reeds van die lyf gesny."
Baie beter as politiekery en slegsêery en vloek, of hoe?
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Brandaan se reis [boodskap #94771 is 'n antwoord op boodskap #94733] |
Vr., 09 Julie 2004 20:58  |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Nee. Die scanner ook nie.
Hier's die res...
"TOKOLOSI" - DJ Opperman
Wanneer die pietersielie water trek
hoor sy van die rivier 'n soet gefluit,
maar op nat klippe by die oortrapplek
gryp hande uit die water na haar kuit.
En met die padgee van groen stringe slyk
sien sy die halfman, halflikkewaan
los uit die water lig: spits o?kyk
haar tussen borste en vol heupe aan . . .
dat sy eers aarsel, dan verskrik wegvlug
vanuit die drif se sleepsel van verdriete,
maar ingehaal, teensinnig op die rug
tog oorgee aan die vreugde in die riete.
En nege mane lank dink sy verstom
van wié en hoé die nuwe lewe kom.
"VUURLOPERS" - DJ Opperman
Bokant die piesang- en die mangobome
spring rooi vlamme van die hout ineen,
en langs die Hindoetempel uit die lome
wierook begin kalbasfluite eentonig teem
as die gereinigdes met klam kaalvoete
die paadjies kies uit die rivier - maar bang
duskant die oopgeharkte vierkant gloed
terugstuit, soos nat bruin vullens vasgevang.
Die bok en die pampoen lê?oopgebreek,
die priester sprinkel met sy takkie blare
wywaters oor die vure en koel kweek
en voorste ry van die beswete skare.
Dan in vervoering trap die kaal voetsole
lig-lig na Brahma oor tapyte kole.
"KRONOS" - DJ Opperman
Om ruite en die deure van my huis
buig in die oggendmis 'n boaslang
soos om 'n glas die vingers van 'n vuis,
en hou in ligrooi gordels my gevang
dat ek besef met alle wisselinge
van gevoelens, van getye en die tyd,
bly ek binne die vlees en reekse ringe
van 'n groot bruin boa wat sy stert vasbyt.
Soms op 'n oggend waan ek my verlos:
rooi vink en vlinder tuimel in die son,
by Weza werk houthakkers in die bos
en om die trein verskuif die horison.
Maar snags sien ek hy hou die kosmos styf
gevange in die Melkweg van sy lyf.
"SÃANCE" - DJ Opperman
Ons is meteens soos in die donker kamer
van 'n skip oor Kaapse waters diep en glad,
dan breek daar tot ons deur uit enkel vame
die geluide van 'n ondersese stad,
wat ons nie sien, maar weet dis waar: ons hoor
'n slaafklok lui en Burgers loop en praat,
perde runnik, 'n klein Maleierkoor
teem ?êrens, en 'n kokkewiet fluit-lok 'n maat.
En sy wat helder sien, is ons skietlood
wat in die dieptes van die Syn wegsak,
maar peilend in die waters van die dood
raak ons aan die deurstraalde stad gehaak.
Geen kuns of kennis dryf ons verder voort.
Verlos ons van die strik. Heer, sny die koord.
@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
>
>> Die volgende sonnet...
>> Lintwurm - DJ Opperman
>
>
> Dankie. Raak jy al moeg?
> Gloudina
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 00:42:10 UTC 2026
|