| Ongewapende sekuriteit [boodskap #94497] |
Ma., 28 Junie 2004 11:09  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wanneer die nuwe wapenwet in werking gestel word op 1/7/2004, maak dit in
effek die meeste sekuriteitsfirmas en sekuriteit by firmas onwettig om
wapens te gebruik want alle gebruikers van vuurwapens in die
sekuriteitsbedryf moet 'n bevoegheids-sertifikaat toon. Hierdie sertifikaat
kan slegs verkry word by ge-akkrediteerde toetsers.
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ongewapende sekuriteit [boodskap #94503 is 'n antwoord op boodskap #94497] |
Ma., 28 Junie 2004 13:16  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Dis in my opinie een van die ongelooflikste stupid wette wat nog in die
geskiedenis van SA gemaak is. Die kriminele probleem word probeer om op te
los deur die wettige gebruiker van wapens strenger te reguleer! Weinig
wettig geregistreerde wapens word in misdade gebruik en nog geen wapen wat
al vervaardig is, en ng vervaardig sal word, kan homself laai en self aan't
skiet gaan met die uitsluitlike doel om mense dood te maak nie. Daarvoor
het jy 'n menslike inset nodig.....die krimineel. Deur vuurwapens strenger
te reguleer doen jy absoluut niks aan die krimineel nie! So, eintlik het
hulle nou alreeds niks bereik nie.....
Oor die sekuritietsfirmas, as ek die saak reg verstaan dan was daar
genoeg geleentheid vir hulle om te registreer?
"Annette" wrote in message
news:cbp3fk$n09$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wanneer die nuwe wapenwet in werking gestel word op 1/7/2004, maak dit in
> effek die meeste sekuriteitsfirmas en sekuriteit by firmas onwettig om
> wapens te gebruik want alle gebruikers van vuurwapens in die
> sekuriteitsbedryf moet 'n bevoegheids-sertifikaat toon. Hierdie sertifikaat
> kan slegs verkry word by ge-akkrediteerde toetsers.
> --
> Groetnis
> Annette
>
|
|
|
|