Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Wiele » Spoed en versekering
Spoed en versekering [boodskap #93390] Vr, 28 Mei 2004 06:59 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees 'n interessante voorstel in 'n tydskrif. Dat die effektiewe
dekking van jou motor se assuransie direk gekoppel word aan die voertuig se
toestand en sy bestuurder se optrede. Maw, as jou motor se bande glad is,
of op die een of ander manier nie padwaardig is nie, dan dek jou assuransie
nie jou kar nie. As jy onverskillig bestuur, soos bv. oor 160km/u ry, dan
verval jou dekking ook.
Ongelukkig sal dit net onder die meer gegoede mense werk en hulle
veroorsaak nie die meeste ongelukke nie. Die spul taxi's het g'n
assuransie in elk geval nie en as hy sy kar afskryf dan steel hy net 'n
ander een. Dis amper soos SA se nuwe wapenwet. Hulle beperk wapenbesit
onder die geregistreerde wapeneienaars, maar doen steeds niks aan die groot
klomp ongeregistreerde wapens waarmee die misdade gepleeg word, nie. Dis
amper soos moer vir boetie omdat sussie stout is......
Re: Spoed en versekering [boodskap #93394 is 'n antwoord op boodskap #93390] Vr, 28 Mei 2004 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mens wonder net hoe effektief hierdie effektiewe dekking ge-administreer sal
kan word...
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40b6e347.0@news1.mweb.co.za...
> Ek lees 'n interessante voorstel in 'n tydskrif. Dat die effektiewe
> dekking van jou motor se assuransie direk gekoppel word aan die voertuig se
> toestand en sy bestuurder se optrede. Maw, as jou motor se bande glad is,
> of op die een of ander manier nie padwaardig is nie, dan dek jou assuransie
> nie jou kar nie. As jy onverskillig bestuur, soos bv. oor 160km/u ry, dan
> verval jou dekking ook.
> Ongelukkig sal dit net onder die meer gegoede mense werk en hulle
> veroorsaak nie die meeste ongelukke nie. Die spul taxi's het g'n
> assuransie in elk geval nie en as hy sy kar afskryf dan steel hy net 'n
> ander een. Dis amper soos SA se nuwe wapenwet. Hulle beperk wapenbesit
> onder die geregistreerde wapeneienaars, maar doen steeds niks aan die groot
> klomp ongeregistreerde wapens waarmee die misdade gepleeg word, nie. Dis
> amper soos moer vir boetie omdat sussie stout is......
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93399 is 'n antwoord op boodskap #93390] Vr, 28 Mei 2004 08:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Op die eerste oogopslag lyk dit na 'n goeie idee, maar ek dink die
versekeringsbedrywe gaan dan maak soos by inbrake, waar hulle soek totdat
hulle 'n venster sonder diefwering kry en dan 'n verskoning het om nie te
betaal nie, maak geen moer uit of die dief by daai venster ingekom het, of
nie...

In Holland moet 'n kar, ouer as drie jaar, elke jaar deur die toets gaan...

Max____________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:40b6e347.0@news1.mweb.co.za...
> Ek lees 'n interessante voorstel in 'n tydskrif. Dat die effektiewe
> dekking van jou motor se assuransie direk gekoppel word aan die voertuig se
> toestand en sy bestuurder se optrede. Maw, as jou motor se bande glad is,
> of op die een of ander manier nie padwaardig is nie, dan dek jou assuransie
> nie jou kar nie. As jy onverskillig bestuur, soos bv. oor 160km/u ry, dan
> verval jou dekking ook.
> Ongelukkig sal dit net onder die meer gegoede mense werk en hulle
> veroorsaak nie die meeste ongelukke nie. Die spul taxi's het g'n
> assuransie in elk geval nie en as hy sy kar afskryf dan steel hy net 'n
> ander een. Dis amper soos SA se nuwe wapenwet. Hulle beperk wapenbesit
> onder die geregistreerde wapeneienaars, maar doen steeds niks aan die groot
> klomp ongeregistreerde wapens waarmee die misdade gepleeg word, nie. Dis
> amper soos moer vir boetie omdat sussie stout is......
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93402 is 'n antwoord op boodskap #93399] Vr, 28 Mei 2004 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die driejarige toetse is die regte idee, maar effektief kan jy jou pêl se
taxi se wiele leen en toets toe gaan. Die speed cops op die pad moet
eerder wakker word en onpadwaardige motors van die pad verwyder.....maar wat
maak hulle met al die passasiers langs die pad?

"Max" skryf in boodskap news:40b70046$0$48959$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Op die eerste oogopslag lyk dit na 'n goeie idee, maar ek dink die
> versekeringsbedrywe gaan dan maak soos by inbrake, waar hulle soek totdat
> hulle 'n venster sonder diefwering kry en dan 'n verskoning het om nie te
> betaal nie, maak geen moer uit of die dief by daai venster ingekom het, of
> nie...
>
> In Holland moet 'n kar, ouer as drie jaar, elke jaar deur die toets gaan...
>
> Max____________________________
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40b6e347.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek lees 'n interessante voorstel in 'n tydskrif. Dat die effektiewe
>> dekking van jou motor se assuransie direk gekoppel word aan die voertuig se
>> toestand en sy bestuurder se optrede. Maw, as jou motor se bande glad is,
>> of op die een of ander manier nie padwaardig is nie, dan dek jou assuransie
>> nie jou kar nie. As jy onverskillig bestuur, soos bv. oor 160km/u ry, dan
>> verval jou dekking ook.
>> Ongelukkig sal dit net onder die meer gegoede mense werk en hulle
>> veroorsaak nie die meeste ongelukke nie. Die spul taxi's het g'n
>> assuransie in elk geval nie en as hy sy kar afskryf dan steel hy net 'n
>> ander een. Dis amper soos SA se nuwe wapenwet. Hulle beperk wapenbesit
>> onder die geregistreerde wapeneienaars, maar doen steeds niks aan die groot
>> klomp ongeregistreerde wapens waarmee die misdade gepleeg word, nie. Dis
>> amper soos moer vir boetie omdat sussie stout is......
>>
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93408 is 'n antwoord op boodskap #93402] Vr, 28 Mei 2004 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ja, jong, of die ou by die toetsgronde word skatryk uit al die omkoopgeld en
dit is ook nie die bedoeling nie...

Max____________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:40b70a4d.0@news1.mweb.co.za...
> Die driejarige toetse is die regte idee, maar effektief kan jy jou pêl se
> taxi se wiele leen en toets toe gaan. Die speed cops op die pad moet
> eerder wakker word en onpadwaardige motors van die pad verwyder.....maar wat
> maak hulle met al die passasiers langs die pad?
> "Max" wrote in message
> news:40b70046$0$48959$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Op die eerste oogopslag lyk dit na 'n goeie idee, maar ek dink die
>> versekeringsbedrywe gaan dan maak soos by inbrake, waar hulle soek totdat
>> hulle 'n venster sonder diefwering kry en dan 'n verskoning het om nie te
>> betaal nie, maak geen moer uit of die dief by daai venster ingekom het, of
>> nie...
>>
>> In Holland moet 'n kar, ouer as drie jaar, elke jaar deur die toets gaan...
>>
>> Max____________________________
>>
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40b6e347.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek lees 'n interessante voorstel in 'n tydskrif. Dat die effektiewe
>>> dekking van jou motor se assuransie direk gekoppel word aan die voertuig se
>>> toestand en sy bestuurder se optrede. Maw, as jou motor se bande glad is,
>>> of op die een of ander manier nie padwaardig is nie, dan dek jou assuransie
>>> nie jou kar nie. As jy onverskillig bestuur, soos bv. oor 160km/u ry, dan
>>> verval jou dekking ook.
>>> Ongelukkig sal dit net onder die meer gegoede mense werk en hulle
>>> veroorsaak nie die meeste ongelukke nie. Die spul taxi's het g'n
>>> assuransie in elk geval nie en as hy sy kar afskryf dan steel hy net 'n
>>> ander een. Dis amper soos SA se nuwe wapenwet. Hulle beperk wapenbesit
>>> onder die geregistreerde wapeneienaars, maar doen steeds niks aan die groot
>>> klomp ongeregistreerde wapens waarmee die misdade gepleeg word, nie. Dis
>>> amper soos moer vir boetie omdat sussie stout is......
>>>
>>
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93409 is 'n antwoord op boodskap #93399] Vr, 28 Mei 2004 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max"

> In Holland moet 'n kar, ouer as drie jaar, elke jaar deur die toets
gaan...

Ons bly nou in Ontario. Voorheen het ons in 'n ander provinsie
gebly waar elke kar elke jaar sy padwaardigheidssertifikaat
moes kry ( 'n klein dekal op jou kar.) Toe kom bly ons hier
in Ontario ( waar omtrent een-derde van die mense in
Kanada bly) en tot my verbasing moet ek uitvind dat hulle
dit nie hier vereis nie. Alleen wanneer jy die kar wil verkoop
of op iemand anders se naam plaas, moet jy die toets laat
ondergaan. Ek het letterlik onveilig op die paaie gevoel aan
die begin. Onlangs het hulle vir 'n ruk emissie-toetse gevra
voordat mens jou jaarlike lisensie kon hernu, maar nou het
hulle dit ook afgeskaf. ( Die verskoning, dat meeste karre
nou goeie emissie-kontrole het.)

Gloudina
Re: Spoed en versekering [boodskap #93424 is 'n antwoord op boodskap #93409] Vr, 28 Mei 2004 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Max"
>
>
>> In Holland moet 'n kar, ouer as drie jaar, elke jaar deur die toets
>
> gaan...
>
> Ons bly nou in Ontario. Voorheen het ons in 'n ander provinsie
> gebly waar elke kar elke jaar sy padwaardigheidssertifikaat
> moes kry ( 'n klein dekal op jou kar.) Toe kom bly ons hier
> in Ontario ( waar omtrent een-derde van die mense in
> Kanada bly) en tot my verbasing moet ek uitvind dat hulle
> dit nie hier vereis nie. Alleen wanneer jy die kar wil verkoop
> of op iemand anders se naam plaas, moet jy die toets laat
> ondergaan. Ek het letterlik onveilig op die paaie gevoel aan
> die begin. Onlangs het hulle vir 'n ruk emissie-toetse gevra
> voordat mens jou jaarlike lisensie kon hernu, maar nou het
> hulle dit ook afgeskaf. ( Die verskoning, dat meeste karre
> nou goeie emissie-kontrole het.)
>
> Gloudina
>
>
Blou-blou-blou. Wieee-waah-wieee-waa. Spellingpolisie! Maak oop!

1) padwaardigheidsertifikaat - met 1 s. 2de verbindings-s is onnodig
omdat sertifikaat alreeds met 'n s begin
2) dekal - dis seker soort van aanvaarbaar, maar plakker is beter. Nou
't jy 'n plakker op jou kar en ons het plakkers op die plase
3) toets laat ondergaan - onder wat wil jy die toets laat gaan?
4) die punt voor die ) is onnodig

Verder nie te sleg vir iemand wat al so lank uit die land is nie. Ek
het êrens raakgelees dat jy al meer as 30 jaar uit die land is, is dit
waar? Met of teen wie oefen jy jou Afrikaans daar in Kanada, behalwe dat
jy nou korrespondeer met Afrikaanssprekendes, soos hier?

Op 'n ander trant, wat is Kanada se beleid jeens skoner brandstof,
energie-opwekking besoedeling en kweekhuisgasse?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Spoed en versekering [boodskap #93425 is 'n antwoord op boodskap #93424] Vr, 28 Mei 2004 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus"

> Blou-blou-blou. Wieee-waah-wieee-waa. Spellingpolisie! Maak oop!

> 2) dekal - dis seker soort van aanvaarbaar, maar plakker is beter

Nouja, Oskar. Al vergiffenis wat ek kan pleit is
dat ek nooit nooit die jare wat ek in SA deurgebring
het, 'n "decal" 'n plakker genoem het nie. En ek
kan vir jou wed dat ten minste tagtig persent van
die mense om jou dit ook nie so sal noem nie. Ons
het dit toentertyd daar in Kakamas se wêreld
'n "bordjie" genoem, as ek reg onthou.

Gloudina
Re: Spoed en versekering [boodskap #93426 is 'n antwoord op boodskap #93424] Vr, 28 Mei 2004 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus"

> 3) toets laat ondergaan - onder wat wil jy die toets laat gaan?

Jammer. Dit moet seker gereken word as 'n
Anglisisme. Toets laat "neem" ?

Gloudina
Re: Spoed en versekering [boodskap #93427 is 'n antwoord op boodskap #93424] Vr, 28 Mei 2004 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus"

maar nou het
>> hulle dit ook afgeskaf. ( Die verskoning, dat meeste karre
>> nou goeie emissie-kontrole het.)

> 4) die punt voor die ) is onnodig

Ja, maar is dit verkeerd? Ek sal kan redeneer dat
daardie stuk tussen die hakies 'n onafhanklike sin
is en dus na 'n vorige volpunt geplaas word.

Gloudina
Re: Spoed en versekering [boodskap #93428 is 'n antwoord op boodskap #93424] Vr, 28 Mei 2004 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus"

> Verder nie te sleg vir iemand wat al so lank uit die land is nie. Ek
> het êrens raakgelees dat jy al meer as 30 jaar uit die land is, is dit
> waar? Met of teen wie oefen jy jou Afrikaans daar in Kanada, behalwe dat
> jy nou korrespondeer met Afrikaanssprekendes, soos hier?

Om presies te wees, is ek al, in twee sessies, 38 jaar in
Kanada. Langer in Kanada as wat ek in SA gewees het.
Ek kry nie eintlik kans om my Afrikaans hier te oefen nie.
My man, so sal menige van die ou garde hier vir jou
histeries vertel, het besluit teen Afrikaans praat as huistaal
in daardie dae van die intefada in Johannesburg, so ek
praat lankal nie meer Afrikaans in die huis nie. Die internet
se koms en die kans om elke dag Afrikaans te gebruik, is
natuurlik 'n groot hulp. Maar ek dink tog nie dat enige
mens sy Afrikaans maklik sal verloor, tensy hy dit nou
wil verloor nie, of dit nie respekteer nie.
Dankie vir die oor die vingers tik oor die taal.
Ken ons jou, "Knersus," onder 'n ander skuilnaam
uit 'n vorige lewe?

Gloudina
Re: Spoed en versekering [boodskap #93429 is 'n antwoord op boodskap #93424] Vr, 28 Mei 2004 20:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus"

> Op 'n ander trant, wat is Kanada se beleid jeens skoner brandstof,
> energie-opwekking besoedeling en kweekhuisgasse?

Kanada se Liberale regering is soort van 'n kampioen
met die mond van die Kyoto-ooreenkoms. Maar mens
weet ook nie aldag wat jy moet glo en wat jy met 'n
bietjie sout moet opeet nie. Ons het natuurlik 'n groter
keuse van "skoner" brandstowwe by die pomp. Ons
atoomkragstasies teel nie eintlik aan nie, en dit lyk my
hulle is bietjie bang om meer te bou, alhoewel Kanada
'n verskaffer van atoomkragstasie-tegniek aan die res
van die wêreld wil wees. Hulle brand nog steenkool
by sekere stasies naby Toronto. Ons is offisieel "teen"
kweekhuisgasse, maar hulle doen ook maar bittermin
om mense te straf wat dinge doen wat dit aanhelp.

Gloudina
Spoed en versekering [boodskap #93430 is 'n antwoord op boodskap #93409] Vr, 28 Mei 2004 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Braam  is tans af-lyn  Braam
Boodskappe: 24
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Junior Lid
Toe Ek nog in New Zealand gewoon het moes my voertuig elke ses maande `n
padvaardigheids toets kry.
Eenige motervoertuigonderhoudswertuigkundige kon dit doen . Die ou wat myne
altyd gedoen het , het vir my gese dat dit my verantwoordlikheid is om dir
voertuig padvaardig te hou. Hy het net belang gestel dat die voertuig
padvaardig was waneer hy dit ondersoek. Dit was nie n groot toets nie. Hulle
het net gekyk na ligte, remme ,bande, sitplek gordels en dat daar nie erg
roes was nie. Sekeer n paar ander goed ook.

Braam

"@rogers.com" wrote in message
news:tnHtc.205626$0qd.172165@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Max"
>
>> In Holland moet 'n kar, ouer as drie jaar, elke jaar deur die toets
> gaan...
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93433 is 'n antwoord op boodskap #93425] Sa, 29 Mei 2004 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie, kan jy wragtag nog onthou van die tyd toe jy in SA was? Jy trek
darem lelik rond so op die kaart rondom die groot rivier! Jy was baie
lanklaas hier as jy nie die woord 'plakker' ken nie. Dis algemeen in
gebruik en sommer so tussen die mense roep ons hom in regte Afrikaans hom
'sticker' want die spul mense wat so informeel bymekaar gaan bly het nou die
term 'plakker' gesteel. Hoekom is duidelik......waar hy val, plak hy
homself vas.
"@rogers.com" wrote in message
news:mkNtc.171$JmE.23@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com.. .
>
> "knersus"
>
>> Blou-blou-blou. Wieee-waah-wieee-waa. Spellingpolisie! Maak oop!
>
>> 2) dekal - dis seker soort van aanvaarbaar, maar plakker is beter
>
> Nouja, Oskar. Al vergiffenis wat ek kan pleit is
> dat ek nooit nooit die jare wat ek in SA deurgebring
> het, 'n "decal" 'n plakker genoem het nie. En ek
> kan vir jou wed dat ten minste tagtig persent van
> die mense om jou dit ook nie so sal noem nie. Ons
> het dit toentertyd daar in Kakamas se wêreld
> 'n "bordjie" genoem, as ek reg onthou.
>
> Gloudina
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93434 is 'n antwoord op boodskap #93433] Sa, 29 Mei 2004 12:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf
.
Jy was baie
> lanklaas hier as jy nie die woord 'plakker' ken nie. Dis algemeen in
> gebruik en sommer so tussen die mense roep ons hom in regte Afrikaans hom
> 'sticker' want die spul mense wat so informeel bymekaar gaan bly het nou die
> term 'plakker' gesteel.

Ja-nee, jong. Ek is nie verbaas dat jy die goeie
Afrikaans sticker daarvoor gebruik nie. Ek is
net verbaas dat jy dit reg kan spel.

Tant Hessie van die Spitsberge
Re: Spoed en versekering [boodskap #93435 is 'n antwoord op boodskap #93434] Sa, 29 Mei 2004 16:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Suidwester" skryf
> .
> Jy was baie
>
>> lanklaas hier as jy nie die woord 'plakker' ken nie. Dis algemeen in
>> gebruik en sommer so tussen die mense roep ons hom in regte Afrikaans hom
>> 'sticker' want die spul mense wat so informeel bymekaar gaan bly het nou die
>> term 'plakker' gesteel.
>
>
> Ja-nee, jong. Ek is nie verbaas dat jy die goeie
> Afrikaans sticker daarvoor gebruik nie. Ek is
> net verbaas dat jy dit reg kan spel.
>
> Tant Hessie van die Spitsberge
>

Hmmm, "bordjie" klink nie vir my reg nie, maar ek het nou nie 'n
prentjie voor my nie. Waar ek "decal" vantevore raakgeloop het, was dit
soos 'n plakker (stieker op Afrikaans!) waar mens 'n papiertjie aftrek
aan die agterkant en dan vasplak êrens, óf dit was 'n baie dun papier
wat mens met water natmaak en dan plak jy die nat papier vas (dit was op
model- en radiobeheerde vliegtuie). Tans is ons motorlisensies ook
sulke stukkies ryspapier wat mens soos 'n seël op die kar se voorruit
vasplak.

Gaan jy die ander vrae antwoord? Ek's nogal nuuskierig.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Spoed en versekering [boodskap #93436 is 'n antwoord op boodskap #93428] Sa, 29 Mei 2004 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:

> Dankie vir die oor die vingers tik oor die taal.
> Ken ons jou, "Knersus," onder 'n ander skuilnaam
> uit 'n vorige lewe?

He he, sommer net bietjie gekskeerdey, eintlik. Ek glo nie julle ken my
nie, in my vorige lewe was ek 'n sprinkaan.
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Spoed en versekering [boodskap #93459 is 'n antwoord op boodskap #93434] Ma, 31 Mei 2004 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Foeitog, die arme ou girlie van KAKAMAS! het een helse verbeelding.....

"@rogers.com" wrote in message news:J6%tc.6207$JmE.465@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Suidwester" skryf
> .
> Jy was baie
>> lanklaas hier as jy nie die woord 'plakker' ken nie. Dis algemeen in
>> gebruik en sommer so tussen die mense roep ons hom in regte Afrikaans hom
>> 'sticker' want die spul mense wat so informeel bymekaar gaan bly het nou die
>> term 'plakker' gesteel.
>
> Ja-nee, jong. Ek is nie verbaas dat jy die goeie
> Afrikaans sticker daarvoor gebruik nie. Ek is
> net verbaas dat jy dit reg kan spel.
>
> Tant Hessie van die Spitsberge
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93460 is 'n antwoord op boodskap #93459] Ma, 31 Mei 2004 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanoggend op StemSaam praat hulle oor die behuisingsnood. Een inbeller
beweer sy naam is al sedert 1994 op die lys, maar slegs plakkers kry huise.
Diegene wat huur om ordentlik te bly word ge-ignoreer.
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40bad924.0@news1.mweb.co.za...
> Foeitog, die arme ou girlie van KAKAMAS! het een helse verbeelding.....
> "@rogers.com" wrote in message
> news:J6%tc.6207$JmE.465@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>>
>> "Suidwester" skryf
>> .
>> Jy was baie
>>> lanklaas hier as jy nie die woord 'plakker' ken nie. Dis algemeen in
>>> gebruik en sommer so tussen die mense roep ons hom in regte Afrikaans hom
>>> 'sticker' want die spul mense wat so informeel bymekaar gaan bly het nou die
>>> term 'plakker' gesteel.
>>
>> Ja-nee, jong. Ek is nie verbaas dat jy die goeie
>> Afrikaans sticker daarvoor gebruik nie. Ek is
>> net verbaas dat jy dit reg kan spel.
>>
>> Tant Hessie van die Spitsberge
>>
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93463 is 'n antwoord op boodskap #93460] Ma, 31 Mei 2004 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette, noe kan dit nou ook anders? Algemeen word aanvaar dat die blankes
ge-'score' het met apartheid en daarom nie geregtig is op enigiets nie.
Daar is egter baie armblankes wat net so behoeftig is soos van die swart
mense en kan hulle verwag om hulp van die staat te kry tov van behuising?
Die snaakste van alles is dat swart mense apratheid mag toepas, maar as 'n
wit mens dit doen, dan is dit kimineel. Hier by ons is dit niks snaaks vir
bv 'n Damara wat eerder sy kinders na familie by Khorixas toe stuur om daar
onder Damaras te laat skoolgaan eerder as die plaaslike skool wat oorwegend
Owambo onderwysers het. Vra jy hoekom, dan sê hulle vir jou dat 'n Damara
het sy eie kultuur en taal en hulle kinders sukkel in die normale skole.
Laat 'n blanke dit nou net WAAG om te sê hy wil sy kinders eerder in 'n
Afrikaner-skool hê!

"Annette" skryf in boodskap news:c9enit$3tt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Vanoggend op StemSaam praat hulle oor die behuisingsnood. Een inbeller
> beweer sy naam is al sedert 1994 op die lys, maar slegs plakkers kry huise.
> Diegene wat huur om ordentlik te bly word ge-ignoreer.
> --
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40bad924.0@news1.mweb.co.za...
>> Foeitog, die arme ou girlie van KAKAMAS! het een helse verbeelding.....
>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:J6%tc.6207$JmE.465@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>>>
>>> "Suidwester" skryf
>>> .
>>> Jy was baie
>>>> lanklaas hier as jy nie die woord 'plakker' ken nie. Dis algemeen in
>>>> gebruik en sommer so tussen die mense roep ons hom in regte Afrikaans hom
>>>> 'sticker' want die spul mense wat so informeel bymekaar gaan bly het nou die
>>>> term 'plakker' gesteel.
>>>
>>> Ja-nee, jong. Ek is nie verbaas dat jy die goeie
>>> Afrikaans sticker daarvoor gebruik nie. Ek is
>>> net verbaas dat jy dit reg kan spel.
>>>
>>> Tant Hessie van die Spitsberge
>>>
>>
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93465 is 'n antwoord op boodskap #93463] Ma, 31 Mei 2004 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die persoon wat gekla het is 'n bruine. Ek ken ook swartes wat oor dieselfde
kla - die lot wat plak word gehelp. Dan kan hulle nie betaal vir die huise
nie. Die mense wat wel kan bekostig om te huur behoort voorkeur te kry, want
hulle is al gewoond om maandeliks huur en elektrisiteit te betaal.
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40baeaa6.0@news1.mweb.co.za...
> Annette, noe kan dit nou ook anders? Algemeen word aanvaar dat die blankes
> ge-'score' het met apartheid en daarom nie geregtig is op enigiets nie.
> Daar is egter baie armblankes wat net so behoeftig is soos van die swart
> mense en kan hulle verwag om hulp van die staat te kry tov van behuising?
> Die snaakste van alles is dat swart mense apratheid mag toepas, maar as 'n
> wit mens dit doen, dan is dit kimineel. Hier by ons is dit niks snaaks vir
> bv 'n Damara wat eerder sy kinders na familie by Khorixas toe stuur om daar
> onder Damaras te laat skoolgaan eerder as die plaaslike skool wat oorwegend
> Owambo onderwysers het. Vra jy hoekom, dan sê hulle vir jou dat 'n Damara
> het sy eie kultuur en taal en hulle kinders sukkel in die normale skole.
> Laat 'n blanke dit nou net WAAG om te sê hy wil sy kinders eerder in 'n
> Afrikaner-skool hê!
> "Annette" wrote in message
> news:c9enit$3tt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Vanoggend op StemSaam praat hulle oor die behuisingsnood. Een inbeller
>> beweer sy naam is al sedert 1994 op die lys, maar slegs plakkers kry huise.
>> Diegene wat huur om ordentlik te bly word ge-ignoreer.
>> --
>> Annette
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40bad924.0@news1.mweb.co.za...
>>> Foeitog, die arme ou girlie van KAKAMAS! het een helse verbeelding.....
>>> "@rogers.com" wrote in message
>>> news:J6%tc.6207$JmE.465@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>>>>
>>>> "Suidwester" skryf
>>>> .
>>>> Jy was baie
>>>> > lanklaas hier as jy nie die woord 'plakker' ken nie. Dis algemeen in
>>>> > gebruik en sommer so tussen die mense roep ons hom in regte Afrikaans hom
>>>> > 'sticker' want die spul mense wat so informeel bymekaar gaan bly het nou die
>>>> > term 'plakker' gesteel.
>>>>
>>>> Ja-nee, jong. Ek is nie verbaas dat jy die goeie
>>>> Afrikaans sticker daarvoor gebruik nie. Ek is
>>>> net verbaas dat jy dit reg kan spel.
>>>>
>>>> Tant Hessie van die Spitsberge
>>>>
>>>
>>
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93469 is 'n antwoord op boodskap #93465] Ma, 31 Mei 2004 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja en niemand vra die presiese rede hoekom is daar mense wat plak nie!
Maw, kom by die kern uit van die probleem nie. Eintlik is dit
eenvoudig......geen werk nie en die gevolglike armoede. Dit help absoluut
niks om vir 'n mens wat geen inkomste het nie, 'n huis te bou en dan te
verwag dat hy daarvoor moet betaal nie. Waarmee? Gaan die beter huis
maak dat hy skielik 'n beter inkomste gaan hê? Nie maklik nie. Dis
presies hier waar die politici en ander publieke dienaars in die gat val
want eintlik probeer hulle meer gewetes sus as wat hulle 'n oplossing vir
die werklike probleem probeer kry, naamlik die gebrek aan werk en inkomste.
As hulle eerder WERK skep sal elke man sy eie huis bou, sy eie meubels koop,
ens.
Hier by ons is verskeie voobeelde van mense wat huise gekry het en binne
drie maande agter is met die betalings aan die dorpsrade omdat hulle
eenvoudig net nie daardie klas inkomste verdien nie.

"Annette" skryf in boodskap news:c9etl2$f2a$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die persoon wat gekla het is 'n bruine. Ek ken ook swartes wat oor dieselfde
> kla - die lot wat plak word gehelp. Dan kan hulle nie betaal vir die huise
> nie. Die mense wat wel kan bekostig om te huur behoort voorkeur te kry, want
> hulle is al gewoond om maandeliks huur en elektrisiteit te betaal.
> --
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40baeaa6.0@news1.mweb.co.za...
>> Annette, noe kan dit nou ook anders? Algemeen word aanvaar dat die blankes
>> ge-'score' het met apartheid en daarom nie geregtig is op enigiets nie.
>> Daar is egter baie armblankes wat net so behoeftig is soos van die swart
>> mense en kan hulle verwag om hulp van die staat te kry tov van behuising?
>> Die snaakste van alles is dat swart mense apratheid mag toepas, maar as 'n
>> wit mens dit doen, dan is dit kimineel. Hier by ons is dit niks snaaks vir
>> bv 'n Damara wat eerder sy kinders na familie by Khorixas toe stuur om daar
>> onder Damaras te laat skoolgaan eerder as die plaaslike skool wat oorwegend
>> Owambo onderwysers het. Vra jy hoekom, dan sê hulle vir jou dat 'n Damara
>> het sy eie kultuur en taal en hulle kinders sukkel in die normale skole.
>> Laat 'n blanke dit nou net WAAG om te sê hy wil sy kinders eerder in 'n
>> Afrikaner-skool hê!
>> "Annette" wrote in message
>> news:c9enit$3tt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Vanoggend op StemSaam praat hulle oor die behuisingsnood. Een inbeller
>>> beweer sy naam is al sedert 1994 op die lys, maar slegs plakkers kry huise.
>>> Diegene wat huur om ordentlik te bly word ge-ignoreer.
>>> --
>>> Annette
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40bad924.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Foeitog, die arme ou girlie van KAKAMAS! het een helse verbeelding.....
>>>> "@rogers.com" wrote in message
>>>> news:J6%tc.6207$JmE.465@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>>>> >
>>>> > "Suidwester" skryf
>>>> > .
>>>> > Jy was baie
>>>> > > lanklaas hier as jy nie die woord 'plakker' ken nie. Dis algemeen in
>>>> > > gebruik en sommer so tussen die mense roep ons hom in regte Afrikaans hom
>>>> > > 'sticker' want die spul mense wat so informeel bymekaar gaan bly het nou die
>>>> > > term 'plakker' gesteel.
>>>> >
>>>> > Ja-nee, jong. Ek is nie verbaas dat jy die goeie
>>>> > Afrikaans sticker daarvoor gebruik nie. Ek is
>>>> > net verbaas dat jy dit reg kan spel.
>>>> >
>>>> > Tant Hessie van die Spitsberge
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Spoed en versekering [boodskap #93492 is 'n antwoord op boodskap #93434] Di, 01 Junie 2004 06:43 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie en ek is dood verbaas dat jy 30 jaar gelede ooit van 'n 'sticker'
geweet het! Maar dan lieg jy mos oor Kakemas nog die hele tyd....
"@rogers.com" wrote in message
news:J6%tc.6207$JmE.465@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Suidwester" skryf
> .
> Jy was baie
>> lanklaas hier as jy nie die woord 'plakker' ken nie. Dis algemeen in
>> gebruik en sommer so tussen die mense roep ons hom in regte Afrikaans hom
>> 'sticker' want die spul mense wat so informeel bymekaar gaan bly het nou die
>> term 'plakker' gesteel.
>
> Ja-nee, jong. Ek is nie verbaas dat jy die goeie
> Afrikaans sticker daarvoor gebruik nie. Ek is
> net verbaas dat jy dit reg kan spel.
>
> Tant Hessie van die Spitsberge
>
Vorige onderwerp: Toyota hoes R12 miljoen!
Volgende onderwerp: Motorjoernalistiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:15:48 MGT 2024