Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH
| " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #93380] |
Do., 27 Mei 2004 17:59  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
VILLANELLE
(vir Paul Verlaine)
Breyten Breytenbach
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
wat die swartspore hou van jou drome se draf
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
dood het jy in jou asem geproe, die amandel
smaak van miere, bouende aan die donker, af
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
en oor al jou landskappe kruip die brande
van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
sy snoerspoor moet borduur om die graf:
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
|
|
|
|
| Re: " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #93392 is 'n antwoord op boodskap #93380] |
Vr., 28 Mei 2004 07:34   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
|
Senior Lid |
|
|
Ek het 'n vreeslike besige week agter die rug, ek het dus nie regtig al die
villanelles gelees wat jy geplaas het nie, maar ek weet wel dat dit nie my
gunsteling digvorm is nie. Mens moet die goed oor en oor lees om te verstaan
wat die digters probeer sê.
Max____________________________
"@rogers.com" wrote in message
news:K%ptc.25877$GYd.16898@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> VILLANELLE
> (vir Paul Verlaine)
> Breyten Breytenbach
>
> wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
> is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
> nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
>
> ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
> wat die swartspore hou van jou drome se draf
> wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
>
> veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
> in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
> nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
>
> dood het jy in jou asem geproe, die amandel
> smaak van miere, bouende aan die donker, af
> wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
>
> en oor al jou landskappe kruip die brande
> van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
> nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
>
> skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
> sy snoerspoor moet borduur om die graf:
> wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
> nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Do. Jul. 30 16:05:21 UTC 2026
|