| Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92731] |
Ma., 10 Mei 2004 08:37  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ons beskawing is in 'n dalende spiraal. Die Inka's het ons gewys hoe dinge
nie gedoen moet word nie, maar ons gaan lustig voort al ryende op die
sneltrein die verderf in.
Ouers wat hul kinders beskerm en vingers na ander wys as hul bloedjies
bitter stout was.
Altyd iemand anders se skuld.
'n Sokkerspeler wat van die veld af draf tydens 'n wedstryd om 'n mes uit sy
sak te gaan haal om 'n speler wat hom 'n kaffer genoem het op die veld te
gaan steek. Hy kla dat dit onregverdig is dat hy vir 'n jaar geskors is, en
nou gaan daar weer 'n besluit oor sy skorsing gedoen word. Altyd iemand
anders se skuld.
Lynndie England wat met haar gefotografeerde optrede wys dat die Amerikaners
wel 'n Jerry Springer mentaliteit het. Haar ouers en gemeenskap weet nie wat
sy verkeerd gedoen het nie. Altyd iemand anders se skuld.
--
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92733 is 'n antwoord op boodskap #92732] |
Ma., 10 Mei 2004 09:37   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gautrein, Gloutrein, soustrein, Bloutrein, watookal - nie een van hulle
nie:)
--
Annette
"TJ" skryf in boodskap news:c7ngum$5m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "...al ryende op die sneltrein die verderf in ..."
>
> ... so, jy dink ook nie die Gautrein is 'n goeie idee nie?
>
> :-)
>
> TJ
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92795 is 'n antwoord op boodskap #92769] |
Wo., 12 Mei 2004 06:46  |
Lorinta Zonia
Boodskappe: 164 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
>>
>> Dit is nou soos Bouwer? En wat sou hulle gedoen het - rondgespeel oor
>> die kleur en bevels lynne? En dit is 'n skandaaltjie wat jy vergelyk
>> met die gebeure in Irak?
>
> Lou, nou probeer jy weer voorgee dat ek die "gebeure in
> Irak" goedpraat. Ek, wat glo dat die Amerikaners in die
> eerste plek nie vir Irak moes binne geval het nie. As ek
> reg onthou, het jy dit lank en hard gesit en goedpraat.
Nee - jy onthou nie reg nie - soos gewoonlik.
> Al
> waarteen ek dit het, is dat julle klomp tweegesigte in SA
> nou die morele hoë grond wil neem, terwyl julle hande maar
> ook lelik swart is. Onthou hoe die manne op Vlakplaas
> braaivleis gehou het langs die lyke wat hulle probeer
> verbrand het.
>
Waarteen ek dit het is dat twee gesigte soos jy wat in kanada ('n
klein sub-staatjie van die VSA) sit en altyd soek vir geleenthede om
SA oortredings aan die groot klok te hang (duidelik deel van jou
emmigrasie verwerkings proses wat ek sou dink nou al lankal moes
afgehandel gewees het.)
Maar soos gewoonlik - toe ek jou uitvang op jou verwysing (na die SA
skandaaltjietjietjie in die Kongo - mense met Afrikaner vanne nogal)
toe spring jy terug na jou Vlakplaas-braaivleis storie. Probeer tog om
jou by die punt te bepaal. En dit lyk vir my steeds of jy die gebeure
in Irak goedpraat - al is dit net om dit te gebruik om SA te
beswadder.
|
|
|
|