| Brenda Fassie dood. [boodskap #92726] |
Ma., 10 Mei 2004 05:54  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nou is sy dood, en 'n klomp mense ween. Sunday Times berig gister dat sy op
27 April siek geword het. ST het 6 dae daarna die berig geplaas. Tot op
daardie stadium het geen politikus haar besoek nie. Na die berig tot gister
het 782 politici haar besoek. Gelukkig was sy heeltyd in 'n koma, en weet
niks van die besige verkeer nie.
--
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92740 is 'n antwoord op boodskap #92737] |
Ma., 10 Mei 2004 11:12   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ja, en hulle mag ook nie meer op die doodsertifikaat sit dat 'n mens aan
VIGS dood is nie, dis teen hulle menseregte - newwermaaind die arme
ondernemer wat die lyk moet versorg nie.
Anyway, moenie 'n fout maak nie, asma kan dodelik wees. Ek spekuleer, maar
dis moontlik dat die dwelms wat Fassie gebruik het (kokain en heroin), wel
haar gestel en longe so verswak het dat sy nie meer die aanvalle kon beveg
of beheer nie.
E
"Suidwester" skryf in boodskap news:409f5e75.0@news1.mweb.co.za...
> Wat natuurlik ook die vraag van Aids los? Hier by ons gaan mense amper
> elke dag dood aan verkoues, griep, asma.....alle soortes van eintlik
> nie-fatale siektes nie. Of, dis die amptelike redes.
|
|
|
|
| Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92741 is 'n antwoord op boodskap #92740] |
Ma., 10 Mei 2004 11:53   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Blykbaar was sy 'n asmalyer van jongs af, maar wou nie 'n pompie gebruik of
saamdra nie. Offisieel het sy 'n erge asma-aanval gekry, en kort daarna ook
hartversaking. Ek vermoed daar was 'n tydperk van suurstoftekort, daarom die
koma en die breinskade.
Daar is wel spekulasie van vigs, juis omdat dit bekend was dat sy dwelms
gebruik het.
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:c7no2t$csl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja, en hulle mag ook nie meer op die doodsertifikaat sit dat 'n mens aan
> VIGS dood is nie, dis teen hulle menseregte - newwermaaind die arme
> ondernemer wat die lyk moet versorg nie.
>
> Anyway, moenie 'n fout maak nie, asma kan dodelik wees. Ek spekuleer, maar
> dis moontlik dat die dwelms wat Fassie gebruik het (kokain en heroin), wel
> haar gestel en longe so verswak het dat sy nie meer die aanvalle kon beveg
> of beheer nie.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:409f5e75.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat natuurlik ook die vraag van Aids los? Hier by ons gaan mense amper
>> elke dag dood aan verkoues, griep, asma.....alle soortes van eintlik
>> nie-fatale siektes nie. Of, dis die amptelike redes.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Brenda Fassie dood. [boodskap #92751 is 'n antwoord op boodskap #92750] |
Ma., 10 Mei 2004 20:44  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Nee, nog nooit daarvan gehoor nie. Ek het al wel 'n doktersbrief gekry
waarop hy geskryf het dat ek bronchiale asma het, en die het ek gekry toe ek
bronchitis gehad het. Ek ly aan asma - so dalk is dit maar die kombinasie
van die twee wat hy bedoel het.
E
"knersus" wrote:
>
> Ek spekuleer nou, maar die "asma-aanval" laat my dink: daar bestaan iets
> soos 'n "bronchiale spasma" waaraan mens maklik kan doodgaan - amper
> soos 'n hartaanval, maar van jou asemhalingstelsel se kant af.. . Is
> hier 'n dokterige iemand hier wat kan uitlê? Aan die ander kant was me
> Fassi nie bekend vir haar besadigde lewenswyse nie.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
|
|
|
|