| " Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand " deur A.G. VISSER [boodskap #92007] |
Ma., 05 April 2004 23:31  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
A.G. Visser
Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand
Daar is net een Kaapstad so pragtig gelee,
Daar waar Tafelberg staan met een voet in die see;
Waar skepe soos seevoëls krioel oor die baai
En die seebries so fris uit die noordweste waai!
Maar as ou Van Donk teen die berghange rook
En die ou "Kaapse Dokter" op Duiwelskop spook,
Dan sê ek: Kollega, 'k gaan weer na my land,
Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand.
Die noointjies lyk liefies in Adderleystraat,
En jy sien hul daar drentel van vroeg af tot laat;
Hul 's vrind'lik 'n vreemdeling hier by die see
So 'n insage in die verborg'ne te gee!
Ek wonder my steeds wat ons Doom'nee sou sê,
As die meisies by ons so min klere moes hê!
Gelukkig het hul nog 'n bietjie verstand
Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand " deur A.G. VISSER [boodskap #92017 is 'n antwoord op boodskap #92015] |
Di., 06 April 2004 13:39   |
Chris du Preez
Boodskappe: 58 Geregistreer: September 2003
|
Volle Lid |
|
|
Heidelberg is 'n dorp so 45km Suid-Oos van af Johannesburg oppad Durban
toe op die N3 aan die voet van die Suikerbosrand. Die Suikerbosrand natuur
reservaat is ook daar geleë
On Tue, 06 Apr 2004 15:00:48 +0200, Max wrote:
> Is dit 'n berg of die dorp?
>
> Max____________________________
>
> "Chris" > Heidelberg is in die Suikerbosrand
>> On Tue, 06 Apr 2004 13:40:59 +0200, Max wrote:
>>> Waar hang Heidelberg aan die Suikerbosrand?
>>>
>>> Max____________________________
>>>
>>> "@rogers.com" wrote in message
>>> news:P%lcc.41372$RfJ.22006@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
>>>> A.G. Visser
>>
>>>> Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand
>>
>>>> Daar is net een Kaapstad so pragtig gelee,
>>>> Daar waar Tafelberg staan met een voet in die see;
>>>> Waar skepe soos seevoëls krioel oor die baai
>>>> En die seebries so fris uit die noordweste waai!
>>>> Maar as ou Van Donk teen die berghange rook
>>>> En die ou "Kaapse Dokter" op Duiwelskop spook,
>>>> Dan sê ek: Kollega, 'k gaan weer na my land,
>>>> Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand.
>>
>>>> Die noointjies lyk liefies in Adderleystraat,
>>>> En jy sien hul daar drentel van vroeg af tot laat;
>>>> Hul 's vrind'lik 'n vreemdeling hier by die see
>>>> So 'n insage in die verborg'ne te gee!
>>>> Ek wonder my steeds wat ons Doom'nee sou sê,
>>>> As die meisies by ons so min klere moes hê!
>>>> Gelukkig het hul nog 'n bietjie verstand
>>>> Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand.
>>
>>
>>
>>
|
|
|
|
| Re: " Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand " deur A.G. VISSER [boodskap #92018 is 'n antwoord op boodskap #92017] |
Di., 06 April 2004 13:45   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
|
Senior Lid |
|
|
Okay, dankie. (Ook aan Elaine)
Ek weet waar Heidelberg is, maar het nie van Suikerbosrand geweet nie...
Daarom dat ek bietjie verdwaal was!
Watse goeie goed het al uit Heidelberg (Gauteng) gekom dat Visser sê:
"Gelukkig het hul nog 'n bietjie verstand
Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand."
Max____________________________
"Chris" skryf in boodskap news:pan.2004.04.06.13.39.31.246472@netscape.net...
> Heidelberg is 'n dorp so 45km Suid-Oos van af Johannesburg oppad Durban
> toe op die N3 aan die voet van die Suikerbosrand. Die Suikerbosrand natuur
> reservaat is ook daar gele�
>
> On Tue, 06 Apr 2004 15:00:48 +0200, Max wrote:
>
>> Is dit 'n berg of die dorp?
>>
>> Max____________________________
>>
>> "Chris" >> Heidelberg is in die Suikerbosrand
>>> On Tue, 06 Apr 2004 13:40:59 +0200, Max wrote:
>
>>>> Waar hang Heidelberg aan die Suikerbosrand?
>>>>
>>>> Max____________________________
>>>>
>>>> "@rogers.com" wrote in message
>>>> news:P%lcc.41372$RfJ.22006@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
>>>> > A.G. Visser
>>>
>>>> > Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand
>>>
>>>> > Daar is net een Kaapstad so pragtig gelee,
>>>> > Daar waar Tafelberg staan met een voet in die see;
>>>> > Waar skepe soos seevoëls krioel oor die baai
>>>> > En die seebries so fris uit die noordweste waai!
>>>> > Maar as ou Van Donk teen die berghange rook
>>>> > En die ou "Kaapse Dokter" op Duiwelskop spook,
>>>> > Dan sê ek: Kollega, 'k gaan weer na my land,
>>>> > Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand.
>>>
>>>> > Die noointjies lyk liefies in Adderleystraat,
>>>> > En jy sien hul daar drentel van vroeg af tot laat;
>>>> > Hul 's vrind'lik 'n vreemdeling hier by die see
>>>> > So 'n insage in die verborg'ne te gee!
>>>> > Ek wonder my steeds wat ons Doom'nee sou sê,
>>>> > As die meisies by ons so min klere moes hê!
>>>> > Gelukkig het hul nog 'n bietjie verstand
>>>> > Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand.
>>>
>>>
>>>
>>>
>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: " Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand " deur A.G. VISSER [boodskap #92020 is 'n antwoord op boodskap #92019] |
Di., 06 April 2004 14:06  |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
|
Senior Lid |
|
|
Visser sê:
"Gelukkig het hul nog 'n bietjie verstand
Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand."
Max sê:
Gelukkig het hul nog baie verstand
Waar ou Tafelberg hang, naby Cliftonstrand.
Max____________________________
"Elaine" skryf in boodskap news:c4ud3l$q31$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> :))) Visser praat van die meisies wat so "halfkaal" rondloop in die Kaap,
> en vergelyk hulle dan met die meer "kuise" meisies van Heidelberg. Hy wys
> maar net die verskille tussen die twee plekke uit. Volgens hom het die
> meisies van Heidelberg bietjie meer verstand omdat hulle hulself darem nog
> behoorlik bedek. Dis wat ek op skool geleer is in elk geval - dalk is ek
> verkeerd.
>
> E
>
>
> "Max" wrote in message
> news:4072b59f$0$560$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Okay, dankie. (Ook aan Elaine)
>>
>> Ek weet waar Heidelberg is, maar het nie van Suikerbosrand geweet nie...
>> Daarom dat ek bietjie verdwaal was!
>>
>> Watse goeie goed het al uit Heidelberg (Gauteng) gekom dat Visser sê:
>>
>> "Gelukkig het hul nog 'n bietjie verstand
>> Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand."
>>
>> Max____________________________
>
|
|
|
|