| Buddhisme vs Christene [boodskap #90754] |
So., 29 Februarie 2004 18:02  |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina:
Buddhisme is nie 'n "geloof" nie. Dit probeer nie
mense bekeer nie.
Danielle:
Moenie my laat lag nie!
Probeer nie mense bekeer nie? Ag nee, enigiemand wat selfs net 1
koerant per jaar lees, en die intellek van 'n 3-jarige het, sal weet
jy praat nou nonsens.
En wat dink jy doen jy op hierdie groep? Is dit nie ook eintlik maar
net suiwer pogings tot proselietemakery nie?
Gloudina:
Dit het 'n psigologiese-fisiologiese
strekking.
Danielle:
Presies soos met enige ander geloof.
Die sielkundige en fisiologiese/fisiese reaksies is logiese gevolge
van ENIGE geloof. Daar is al redelike wetenskaplike bewyse voorgelê
wat dit verduidelik. Persinger se werk in die verband is veral
bekend.
Geloofstradisies evolueer en word ook gewoonlik geweef rondom die
kultuur en mentaliteit van die sameleweing waar dit wortel skiet.
Buddhisme is geen uitsondering nie. Inteendeel...
Gloudina:
Dit is myns insiens 'n poging meer as twee-
duisend jaar gelede om vir mense die realiteit van
relatiwiteit te laat verstaan.
Danielle:
Interessante groep, hierdie sekte groep van Buddhisme wat so insecure
is in wat hulle glo, dat hulle gedurig validation soek buite hulle
tradisie(s). Wat claim dat Buddhisme is wetenskaplik en verklaar baie
wetenskaplike teorieë. Dit gaan mos al jare aan. Maar dit is 'n
klein groepie/sekte wat hierdie geloof het. Dit is propaganda en niks
anders as suiwer propaganda nie. Daar is sulke weird sektes onder die
Christene ook.
Enige en alle gelowe het een van, of al 3 dinge in gemeen - greed,
hatred and delusion.
En deesdae is daar mos weer 'n ander interessante nuwe mitologie wat
onstaan het in Buddhistiese kringe wat vir Christene probeer oortuig
dat hulle delusions is namaaksels van die oorspronklike Buddhistiese
delusions.
Die Christian Lindtner's Theory (= CLT) dat die Nuwe Testament 'n
bootleg van Buddhist geskrifte is. .
Soos gesien op die skakels wat ek hieronder gee.
http://www.jesusisbuddha.com/
http://www.tombofjesus.com
|
|
|
|
|
|
| Re: Buddhisme vs Christene [boodskap #90766 is 'n antwoord op boodskap #90764] |
Ma., 01 Maart 2004 00:25   |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 29 Feb 2004 22:38:58 GMT, "@rogers.com" wrote:
> "Katryn" wrote
>
>> Enige en alle gelowe het een van, of al 3 dinge in gemeen - greed,
>> hatred and delusion.
>
> Arme siel. Jy maak nou 'n godsdiens van
> jou anti-godsdiens kettery.
Aarde, ek moes nou eers weer gaan kyk wat ek daar geskryf het. Jy is
natuurlik welkom om by jou oordeel te hou, en ek sal solank begin dink
aan 'n naam vir hierdie godsdiens wat ek geskep het. Dalk is dit nie
eens nuut nie, maar net 'n oplewing van ignus fatuus.
Maar wat ek MOES skryf was:
Enige en alle van die verskeie Buddhistiese gelowe/sektes verklaar
blykbaar alles met die konsep van Samsara.
('n Konsep van 'n realm van smart( suffering) veroorsaak deur greed,
hatred, and delusion.) Die 3 giwwe. Alle gelowe predik 'n proses van
"verlossing". Ag elkgeval....
En dit was inleidend tot die Jesus is Buddha delusions.
Katryn van die orde van vuurvlieë.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Buddhisme vs Christene [boodskap #90848 is 'n antwoord op boodskap #90839] |
Di., 02 Maart 2004 15:05  |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 02 Mar 2004 15:35:52 +0200, Ferdi Greyling wrote:
> On Mon, 01 Mar 2004 20:45:58 GMT, "@rogers.com"
> wrote:
>
>
> Parnassus, he?
Ja, Pan. Maar die feeks is nie Syrinx nie. Hierdie een teel Manx
katte en ontklepel kerk klokke in die nag wanneer niemand kyk nie.
Die feeks van Athene
|
|
|
|