Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons Regslui raak seksie
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ons Regslui raak seksie [boodskap #89525 is 'n antwoord op boodskap #89520] |
Sa., 24 Januarie 2004 06:18   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:)))))) Ek sal graag 'n vlieg op die muur wil wees daar:)
Nog iets wat snaaks is van die flieks is dat al die vroue so vreeslik
gewillig is om so gou as moontlik bygekom te word.
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:busvp8$947$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mans leer verkeerd met die flieks. Daar's niks wat my so kwaad maak soos
> wanneer die man die vrou se hare gryp asof sy 'n perd is nie!! Dan dink die
> gewone mans dis hoe dit gedoen word. Ek sal darem so ou klap dat sy tanne
> ratel.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:buqgo3$pik$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ja - uiters vervelig - hou my aandag vir 5 minute en dan kyk ek maar iets
>> anders. Mens wil tog iets nuuts leer - maar die ou lotjie doen oor en oor,
>> aand na aand dieselfde ding.
>> Wat my altyd tiekel is dat die dames so behep met hulle hare ( op hul kop)
>> is terwyl hulle besig is.
>> --
>> Annette
>
|
|
|
|
| Re: Ons Regslui raak seksie [boodskap #89528 is 'n antwoord op boodskap #89524] |
Sa., 24 Januarie 2004 06:22   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
O, nou is daar ernstige verkragting en minder ernstige verkragting?
--
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:40120a5b.0@news1.mweb.co.za...
> Daai een sal ek glo as jy vir my vertel 'n ou wat iemand in woede vrekskiet
> vir hom 'n spesiale Makarof en silencer aanskaf net om seker te maak as hy
> iemand wil vermoor, dan sal niemand hom kan opspoor nie! Ek kan my indink
> dat as 'n man 'n vrou verkrag is daar nie eintlik tyd om die kondoom aan te
> pluk nie.....of daaroor te onderhandel nie! OF dalk was dit dan nie sulke
> ernstige rape as wat die vroumens wil voorgee nie?
> "Elaine" wrote in message
> news:busvv0$99q$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> NEE NEE NEE!!! Deesdae moedig hulle vrouens aan hom hulle verkragters te
>> probeer oortuig om 'n kondoom te gebruik (a.g.v. die VIGS probleem). En
> ek
>> het al gelees van verkragters wat kondome gebruik om hulle "spore" toe te
>> vee. So daai een is beslis nie swart en wit nie.
>>
>> "Suidwester" wrote:
>> Hy reken 'n verkragter
>>> gebruik nie maklik kondome nie en die kans dat as daar 'n kondoom
> betrokke
>>> is, dan was die vrou ook betrokke.
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ons Regslui raak seksie [boodskap #89566 is 'n antwoord op boodskap #89562] |
Ma., 26 Januarie 2004 05:50   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Niks teen dat hulle ook, soos normale mense, daarvan hou nie, maar dat
hulle, uit die aard van hulle beroep, willens en wetens oortree.
Dit bring ons natuurlik, juis uit die aard van hulle beroep, by die feit dat
hulle seksoortreders moet verdedig - en hulle dan miskien, heel menslik,
laat dink dat wat ander mee kan wegkom, hulle ook kan.
--
Annette
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:tpc810h66i30350jdm087v11db4qanjl0k@4ax.com...
>
> Bedoel jy jy het gedink mense met regsgrade hou - anders as ander
> mense - nie van seks nie?
>
>
>
> On Mon, 19 Jan 2004 09:48:41 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> In gister se koerant van 'n Advokaat wat aangekla is van seks met 'n persoon
>> onder 16, en vanoggend van 'n regter wat deur 'n ander kongresganger
>> aangekla is van verkragting.
>> Miskien moet die publiek meer sê hê wie in verkragtingsake en ander
>> seks-sake as regter kan optree en wie die advokate kan wees.
>> Het een van julle The Innocents gesien op M-Net - lekker morele dilemma vir
>> die kyker.
>> Dit gaan oor die vroulike advokaat wat berug/beroemd/bekend was dat geen
>> vrou wat 'n man aankla van 'n seksdaad haar saak sou wen nie - sy was
>> meedoënloos om die klaagster af te kraak en die aangeklaagde oortreder het
>> altyd losgekom.
>> Toe word sy verkrag deur 'n kollega, en man van haar beste vriendin.
>> Lang storie kort - sy het ook haar saak verloor ( en sommige kykers sou
>> heelwaarskynlik voel sy is terugbetaal vir wat sy aan ander vroue gedoen
>> het), en sy het weggetrek van 'n florerende praktyk.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Ons Regslui raak seksie [boodskap #89570 is 'n antwoord op boodskap #89567] |
Ma., 26 Januarie 2004 06:36   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink nie verkragting word gekoppel aan tyd nie, maar wel of die verkragte
toestemming tot die daad gegee het - in woorde - soos nee, moenie, ek wil
nie.
--
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:4014ab95.0@news1.mweb.co.za...
> Ek wil nie graag met jou stry nie [huh? Ek?] maar dan lieg die speurders en
> polisiemanne as hulle praat van die geweld van verkragting. So jy reken as
> 'n moordenaar jou wil siekt kan jy hom vra om eerder 'n .22 te gebruik
> eerder as 'n 9mm sodat hy jou darem nie te erg stukkend skiet nie? Sover
> ek weet vind verkragting met 'n moerse spoed plaas want die ou wil nie
> gevang word nie? As daar tyd vir onderhandel is, dan is daar twyfel of dit
> verkragting ook is.
> "Elaine" wrote in message
> news:bv0pck$rdi$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Verkragter, my ding, beplan sy sake. Hy volg baie kere die meisie rond
>> vir dae aaneen. Hy sal haar dalk, wanneer hy haar eers vasgedruk het,
>> uittart en sukkel met haar voordat hy die daad pleeg. O - daar's baie tyd
>> om 'n kondoom aan te sit, en net so baie tyd vir die vrou om die man te
>> probeer oortuig om dit nie te doen nie, en as hy dit gaan doen gebruik
>> liewer nou maar 'n kondoom asb.
>>
>> E
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40120a5b.0@news1.mweb.co.za...
>>> Daai een sal ek glo as jy vir my vertel 'n ou wat iemand in woede
>> vrekskiet
>>> vir hom 'n spesiale Makarof en silencer aanskaf net om seker te maak
as
> hy
>>> iemand wil vermoor, dan sal niemand hom kan opspoor nie! Ek kan my
>> indink
>>> dat as 'n man 'n vrou verkrag is daar nie eintlik tyd om die kondoom
aan
>> te
>>> pluk nie.....of daaroor te onderhandel nie! OF dalk was dit dan nie
>> sulke
>>> ernstige rape as wat die vroumens wil voorgee nie?
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Ons Regslui raak seksie [boodskap #89573 is 'n antwoord op boodskap #89571] |
Ma., 26 Januarie 2004 07:42   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink Suidwester praat net uit eie ondervinding;)))
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:bv2ena$q3j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ai tog - jy's sommer aspris. Net 'n mansmens wat so sal redeneer. 10
> Sekondes is genoeg tyd of die die man te sê: "Hay ek het VIGS - miskien wil
> jy my nie verkrag nie." Dalk skrik die verkragter 'n bietje en los die
> meisiemens. As vroumens word jy allerhande truuks geleer oor hoe om 'n
> verkragter af te sit of oor hoe jy in beheer van die situasie kan kom. Lyk
> my dis net vir meisies geleer, want jy't baie duidelik nie 'n clue waarvan
> jy praat nie :))
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:4014ab95.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek wil nie graag met jou stry nie [huh? Ek?] maar dan lieg die
speurders
> en
>> polisiemanne as hulle praat van die geweld van verkragting. So jy
reken
> as
>> 'n moordenaar jou wil siekt kan jy hom vra om eerder 'n .22 te gebruik
>> eerder as 'n 9mm sodat hy jou darem nie te erg stukkend skiet nie? Sover
>> ek weet vind verkragting met 'n moerse spoed plaas want die ou wil nie
>> gevang word nie? As daar tyd vir onderhandel is, dan is daar twyfel of
> dit
>> verkragting ook is.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ons Regslui raak seksie [boodskap #89588 is 'n antwoord op boodskap #89566] |
Ma., 26 Januarie 2004 12:59   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Stem ongelooflik hier saam met Ferdie'tjie. Jy't nie 'n regsgraad nodig om
te weet wat's reg en wat's verkeerd nie. Regsgeleerdheid sal jou juis in
staat stel om beter die wet te omseil.
"Annette" skryf in boodskap news:bv2add$o79$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Niks teen dat hulle ook, soos normale mense, daarvan hou nie, maar dat
> hulle, uit die aard van hulle beroep, willens en wetens oortree.
> Dit bring ons natuurlik, juis uit die aard van hulle beroep, by die feit dat
> hulle seksoortreders moet verdedig - en hulle dan miskien, heel menslik,
> laat dink dat wat ander mee kan wegkom, hulle ook kan.
>
> --
> Annette
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:tpc810h66i30350jdm087v11db4qanjl0k@4ax.com...
>>
>> Bedoel jy jy het gedink mense met regsgrade hou - anders as ander
>> mense - nie van seks nie?
>>
>>
>>
>> On Mon, 19 Jan 2004 09:48:41 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> In gister se koerant van 'n Advokaat wat aangekla is van seks met 'n
> persoon
>>> onder 16, en vanoggend van 'n regter wat deur 'n ander kongresganger
>>> aangekla is van verkragting.
>>> Miskien moet die publiek meer sê hê wie in verkragtingsake en ander
>>> seks-sake as regter kan optree en wie die advokate kan wees.
>>> Het een van julle The Innocents gesien op M-Net - lekker morele dilemma
> vir
>>> die kyker.
>>> Dit gaan oor die vroulike advokaat wat berug/beroemd/bekend was dat geen
>>> vrou wat 'n man aankla van 'n seksdaad haar saak sou wen nie - sy was
>>> meedoënloos om die klaagster af te kraak en die aangeklaagde oortreder
> het
>>> altyd losgekom.
>>> Toe word sy verkrag deur 'n kollega, en man van haar beste vriendin.
>>> Lang storie kort - sy het ook haar saak verloor ( en sommige kykers sou
>>> heelwaarskynlik voel sy is terugbetaal vir wat sy aan ander vroue gedoen
>>> het), en sy het weggetrek van 'n florerende praktyk.
>>
>
|
|
|
|
| Re: Ons Regslui raak seksie [boodskap #89592 is 'n antwoord op boodskap #89566] |
Ma., 26 Januarie 2004 15:36   |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 26 Jan 2004 07:50:32 +0200, "Annette" wrote:
> Niks teen dat hulle ook, soos normale mense, daarvan hou nie, maar dat
> hulle, uit die aard van hulle beroep, willens en wetens oortree.
> Dit bring ons natuurlik, juis uit die aard van hulle beroep, by die feit dat
> hulle seksoortreders moet verdedig - en hulle dan miskien, heel menslik,
> laat dink dat wat ander mee kan wegkom, hulle ook kan.
Onthou net dat was owerspel genoem word, NIE onwettig is nie. Dit is
GEEN oortreding van enige wet of regulasie nie.
Dit word bloot as "verkeerd" of immoreel beskou in sekere dele van die
samelewing.
As n regter byvoorbeeld n ooreenkoms met sy vrou sou he dat hy of
albei kan rondslaap, watter kode sal hy dan oortree as hy rondslaap?
N.S. Richard Nixon het nie rondgeslaap nie, John Kennedy het. Wie
verkies jy as president?
Nog verder: Mugabe slaap nie rond nie, Mitterand het. Wie verkies jy
as leier?
|
|
|
|
| Re: Ons Regslui raak seksie [boodskap #89595 is 'n antwoord op boodskap #89592] |
Ma., 26 Januarie 2004 16:37   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Natuurlik is owerspel nie onwettig nie, maar wel 'n grondige rede vir
egskeiding.
Ooreenkoms of te not - hy het geen verweer as sy vrou hom sou dagvaar vir
egbreuk nie.
Wie sê Nixon het nie rondgeslaap nie?
Ek verkies nie een van die twee as President nie, dank vader, want ek is nie
'n Amerikaner nie.
O maar Mugabe het!! Of dink jy hy het eers mooi netjies van sy vrou geskei
voordat hy en Grace 'n verhouding begin het?
Ek hoef ook nie tussen Mitterand en Mugabe te kies as president nie,
dankietoggie.
Volgens jou redenasie maak die presidente wat rondhoer en rumoer beter
staatleiers as die wat dit nie doen nie?
Ag nee wat - ek het eintlik 'n beter redenasie van jou verwag.
Feit bly staan dat alhoewel seksuele omgang buite die huwelik deur baie
mense in belangrike posisies gepleeg word, en dit geensins hul professionele
optrede be-invloed nie, daar tog verwag word dat hul juis hul professionele
posisie in ag moet neem voordat hulle die ritsluitertjie losmaak.
Dit word eerbare optrede genoem.
Mens wil tog nie in die hof staan en giggel elke keer as jy na die regter
kyk nie.
--
Annette
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:9rca1096m9tqibice2h31vt4eknsvcqs3h@4ax.com...
> On Mon, 26 Jan 2004 07:50:32 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> dat
>> hulle, uit die aard van hulle beroep, willens en wetens oortree.
>> Dit bring ons natuurlik, juis uit die aard van hulle beroep, by die feit dat
>> hulle seksoortreders moet verdedig - en hulle dan miskien, heel menslik,
>> laat dink dat wat ander mee kan wegkom, hulle ook kan.
>
> Onthou net dat was owerspel genoem word, NIE onwettig is nie. Dit is
> GEEN oortreding van enige wet of regulasie nie.
> Dit word bloot as "verkeerd" of immoreel beskou in sekere dele van die
> samelewing.
>
> As n regter byvoorbeeld n ooreenkoms met sy vrou sou he dat hy of
> albei kan rondslaap, watter kode sal hy dan oortree as hy rondslaap?
>
> N.S. Richard Nixon het nie rondgeslaap nie, John Kennedy het. Wie
> verkies jy as president?
>
> Nog verder: Mugabe slaap nie rond nie, Mitterand het. Wie verkies jy
> as leier?
>
|
|
|
|
| Re: Ons Regslui raak seksie [boodskap #89638 is 'n antwoord op boodskap #89595] |
Di., 27 Januarie 2004 15:13  |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 26 Jan 2004 18:37:17 +0200, "Annette" wrote:
> Natuurlik is owerspel nie onwettig nie, maar wel 'n grondige rede vir
> egskeiding.
> Ooreenkoms of te not - hy het geen verweer as sy vrou hom sou dagvaar vir
> egbreuk nie.
Natuurlik.
Maar n mens moet net onthou dat egskeiding nie rede vir n regter is om
te bedank nie.
Of om beskinder te word nie.
Watter regters is geskei?
Het jy geweet ons het gay regters (van albei geslagte?) En dat ons n
regter het wat self erken het hy het drank en dwelm probleme gehad?
Regters gee nie die morele toon van n samelewing aan nie. Hulle
interpreteer bloot getuienis aan die hand van die bewysreg, wetgewing
en die gemene reg en maak dan n bevinding of die aanklaer n baie eng
omlynde stel gebeure bewys het.
Dan gaan kyk hy of sy wat die wet se in daardie geval moet gebeur en
dit word n bevel van die hof.
Die regter se talent is nie dat hy n morele mens is nie, maar dat hy n
moerse klomp feite bedaard en met groot omsigtigheid kan opweeg aan
die hand van gevestigde regsbeginsels.
Dit gee hom aansien en dit help met die hof se legitimiteit as mense
dink hy is n voorbeeld en n positiewe rolmodel, maar dis nie sy taak
nie.
> Wie sê Nixon het nie rondgeslaap nie?
Wie SOU by hom geslaap het?
> Ek verkies nie een van die twee as President nie, dank vader, want ek is nie
> 'n Amerikaner nie.
> O maar Mugabe het!! Of dink jy hy het eers mooi netjies van sy vrou geskei
> voordat hy en Grace 'n verhouding begin het?
Ek weet nie. Gee meer detail. Waar hoor jy dit?
> Ek hoef ook nie tussen Mitterand en Mugabe te kies as president nie,
> dankietoggie.
> Volgens jou redenasie maak die presidente wat rondhoer en rumoer beter
> staatleiers as die wat dit nie doen nie?
Nee. My redenasie is dat rondslaap iemand nie diskwalifiseer vir take
soos n regter wees of mag uitoefen as president nie.
Dat die Europeers dit weet en die Amerikaners dit op n tyd geweet het,
maar dat dit soms lyk of die Amerikaners deesdae nie soseer iemand as
president kies vanwee sy leierseienskappe nie, maar eerder omdat hy
nog nie uitgevang is dat hy owerspel gepleeg het nie.
Kennedy, by the way, het verhinder dat die wereld in n atoomoorlog
verval met die Kubaanse missielkrisis. Gesk wat nou uitkom bewys dit
nogal. Die fliek 13 Days is n goeie weergawe van daardie tydperk. Dit
is gegrond op n boek wat geskryf is nadat nuwe inligting bekend gemaak
is na n verjaringstydperk.
Dit maak natuurlik n verskil as die owerspel so gedoen sou word dat
dit die presidentskap of regterskap oopmaak vir afdreiging, maar
daardie (geregverdigde) vrees is in die VSA verplaas op die seks self.
En dit lyk asof ons in SA besig is om op daardie paadjie te begin
loop.
Ag nee wat - ek het eintlik 'n beter redenasie van jou verwag.
Dis tog so vleiend as iemand iets van mens verwag...
> Feit bly staan dat alhoewel seksuele omgang buite die huwelik deur baie
> mense in belangrike posisies gepleeg word, en dit geensins hul professionele
> optrede be-invloed nie, daar tog verwag word dat hul juis hul professionele
> posisie in ag moet neem voordat hulle die ritsluitertjie losmaak.
> Dit word eerbare optrede genoem.
> Mens wil tog nie in die hof staan en giggel elke keer as jy na die regter
> kyk nie.
Dis waar ons verskil. Ek beskou seks buite die huwelik nie as
afkeuringswaardig nie. Dalk stupid omdat jou vrou jou eindelose
probleme kan gee. Dalk bietjie silly omdat dit nie beter as die seks
in die huwelik is nie, maar nie afkeuringswaardig nie.
Dus sal ek nie in die hof giggel as ek weet die regter het by iemand
geslaap nie. Ek sal ook nie giggel as ek die mens sien by wie hy
geslaap het nie (sy was seker ook ewe deel van die ding?). Ek sal
bloot reken dis hulle eie besigheid en bietjie boring om oor te
skinder.
|
|
|
|
| Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 06:16:00 UTC 2026
|