| Wat is die nut [boodskap #88800] |
Ma., 05 Januarie 2004 06:34  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Van beperkingsbevele?
Vandag oor die nuus weereens 'n man wat sy vrou in 'n winkel, ten aanskoue
van klante, vermoor het.
Hulle is geskei, en sy het het 'b bevel by die hof verkry om hom te verhoed
om haar weer aan te rand.
Dit is nou 'n nuttelose wetsproses as daar ooit een was, want dit is al oor
en oor bewys dat die aanvallers hul min steur aan sulke stukkies papier.
Daar moet meer direk opgetree word as so 'n klag teen hul ingebring word.
Ek wonder hoeveel mans bring so 'n klag in teen 'n vrou om hom te ( probeer)
beskerm.
--
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Wat is die nut [boodskap #88818 is 'n antwoord op boodskap #88800] |
Ma., 05 Januarie 2004 12:52  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Vanoggend met ouens gepraat wat die egpaar geken het. Die man het tronkstraf
uitgedien omdat hy haar voorheen met 'n mes gesteek het. Nou het hy haar
geskiet.
|
|
|
|