Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek kan brêg
| Ek kan brêg [boodskap #88398] |
Do., 18 Desember 2003 13:26  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
So nou en dan moet ek ook bietjie brêg met die web sites wat ons doen.
Vandag brêg ek met die ene http://www.dawnaymusic.com ons het Dawnay (U
Touch Me) deur 'n vriend ontmoet.
Ek kan nie al die krediet neem vir www.dawnaymusic.com nie, 'n outjie wat
vir ons kontrakteur het die site ontwerp. Ek is nie so bright met flash
nie - maar gelukkig ken ons mense wat goed is daarmee.
Okay, klaar gebrêg, tyd om weer aarde toe te kom :))
Elaine
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek kan brêg [boodskap #88422 is 'n antwoord op boodskap #88421] |
Do., 18 Desember 2003 21:35   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: Oktober 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 18 Dec 2003 22:31:03 +0100, Sterrenkijker
wrote:
> On Thu, 18 Dec 2003 15:26:22 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>> So nou en dan moet ek ook bietjie brêg met die web sites wat ons doen.
>> Vandag brêg ek met die ene http://www.dawnaymusic.com ons het Dawnay (U
>> Touch Me) deur 'n vriend ontmoet.
>> Ek kan nie al die krediet neem vir www.dawnaymusic.com nie, 'n outjie wat
>> vir ons kontrakteur het die site ontwerp. Ek is nie so bright met flash
>> nie - maar gelukkig ken ons mense wat goed is daarmee.
>> Okay, klaar gebrêg, tyd om weer aarde toe te kom :))
>> Elaine
>
> Ag, ek sweet weerom water en bloed!.. Kan enig iemand hier my uitlê
> wat die werkwoord "brêg" wil sê? Ek voel 'n gat in my kultuur!
>
> Norbert
Daar is nie regtig 'n woord soos 'brêg' in Afrikaans nie, Norbert,
maar ons brêg partykeer in Afrikaans:-0
Dit beteken spog.
DD
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek kan brêg [boodskap #88424 is 'n antwoord op boodskap #88423] |
Do., 18 Desember 2003 22:13   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: Oktober 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 18 Dec 2003 22:50:38 +0100, Sterrenkijker
wrote:
> On Thu, 18 Dec 2003 23:35:52 +0200, DD wrote:
>
>
>
>> Daar is nie regtig 'n woord soos 'brêg' in Afrikaans nie, Norbert,
>> maar ons brêg partykeer in Afrikaans:-0
>> Dit beteken spog.
>> DD
>
> Ha? Mooi! Dankie, DD, nou kan ek hierdie draad herlees...
> Anders wèl 'n kragtige tuisblad van Elaine! Baie "swing" en
> ekspressie. Mooi!
>
> Norbert
Ja, Norbert, breg is natuurlik afgelei van brag.
Sien jou oor sowat sewe of agt ure
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: flash [boodskap #88443 is 'n antwoord op boodskap #88439] |
Vr., 19 Desember 2003 13:15   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: Februarie 2004
|
Senior Lid |
|
|
Flash is die beste ding na gesnyde brood!
Wat jy ookal in jou mind kan voorstel, kan jy met flash doen. Sien dit as 'n
film, waarvan jy die director is, Jonas. Elke dingetjie is 'n karakter in
jou film. Oppas, dit word heel gou 'n oneindige tydslyn met soveel
karaktertjies dat jy nie meer weet watter kant toe nie. (Gebruik filmpies
binne in die groot film om dinge meer te orden)
Flashkit.com is 'n handige site vol tips en truuks. Daar's ook goedjies om
te download. Download 'n filmpie en kyk hoe sit hy inmekaar.
Begin eenvoudig.
Ek gebruik deesdae nie meer flash in websites nie, maar maak af en toe 'n
nuwe screensaver vir by die werk. Voordeel van flash is (as jy nie te veel
foto's of musiek gebruik nie) dat die resultaat mooi kan wees, en tog uit 'n
paar kb'tjies kan bestaan.
Kritiek op Elaine se site:
Die van julle wat nou al langer hier kuier, weet dat ek graag websites
kritiseer.
Dis 'n mooi site Elaine. Daai dolla wat so lekker staan en swaai langs die
kant is ek seker ek het al êrens gesien... Miskien het die ontwerper net
toevallig dieselfde idee gehad, maar volgens my is hy êrens gesteel...
Die Intro suig dik stukke!!! Ek het 'n vinnige Internet konneksie, maar moes
tog 'n minuut wag voor hy binne was en as hy dan begin... net mooi fokol! 'n
Paar foto'tjies (veels te veel) wat dit laat lyk of jy na 'n live optrede
kyk. Opsig wel 'n goeie idee, maar as hy nou dieselfde foto'tjies meerdere
kere gebruik, het hy dieselfde effek gehad, maar was die intro BAIE kleiner
om te download.
Sit nog iets daarby wat mnens kan lees. Enigiets. Feite oor die sanger, of
so iets.
Mense is geneig om die beste eienskap van Flash mis te kijken! As jy Flash
laat "flash" (dws sinnetjies laat verskyn/verdwyn) dwing jy die website
besoeker om (sonder dat hy dit besef) te LEES wat jy aan hom wil sê.
Mens laat nie iemand wag op 'n intro nie! 'n Intro is daar om jou iets te
gee om te doen terwyl jy wag dat die website daaragter download... (Of snap
ek dit verkeerd?) Ek was wel beïndruk met hoe die intro, terwyl jy wag dat
hy download, vir jou sê hoe vinnig hy binnekom en hoe lank jy nog moet wag.
Ek sou self nie weet hoe ek so iets moet maak nie.
Laat die intro begin as, sê maar 20% binne is. Sit dan êrens 'n "loop" wat
weer kyk of die volgende 20% binne is, anders sien jy weer iets anders of so
iets.
Trek die kyker se aandag, nog voor hy die "skip intro" knop kan sien!
As ek die klant was, sou ek baie bly gewees het met die look van die site,
maar daar stop dit so 'n bietjie...
Max____________________________
"Jonas" skryf in boodskap news:brun24$a1d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - baie dankie vir jou moeites - dit los die probleem vir my op. Ook
> dankie vir die webadresse - ek is seker hulle sal nuttig wees - ek sal later
> na hulle gaan kyk.
> "Elaine" wrote in message
> news:brufo3$6t6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ja jy kan flash gebruik as deel van jou email. Gaan leer hoe by hierdie web
>> site http://www.aysoft.com/aymail/howto/flash.htm Dit kan net een probleem
>> afgee en dit is dat mense nie altyd op die Internet is as hulle, hulle email
>> check nie (trek dit af en lees later), en dan kan hulle nie jou movie sien
>> nie. Ek is nie regtig vir of teen flash in email nie, maar dit kan lank vat
>> om te laai (veral in SA).
>> Flash kan nogal 'n "oefening" wees om te leer, die "basics" is maklik maar
>> dit kan 'n bietjie gekompliseerd raak. Moenie te veel worry nie enigiemand
>> kan Flash leer, so lank jy net jou fondasie goed lê. Gaan koop vir jou 'n
>> goeie boek by Exclusive Books of as regtig wil is daar 'n klomp sites waar
>> jy kan gaan leer. Die een het 'n hele lys van sites waar jy tutorials kan
>> kry http://www.flashkit.com/tutorials/
>>
>> E
>>
>> Ns. Moenie om verskoning vra vir onkunde nie asb. :o)) Ek is nie die antie
>> nie :-)
>>
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:brtua8$rov$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Elaine - tot watter mate kan ek "Flash"-funksies in my epos-reklame gebruik?
>>> Is dit moontlik - en wat beveel jy aan - is "Flash" 'n groot oefening om aan
>>> te leer? Verskoon die onkunde....
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ek kan brêg [boodskap #88459 is 'n antwoord op boodskap #88434] |
Vr., 19 Desember 2003 22:00   |
Afrikaner
Boodskappe: 546 Geregistreer: Oktober 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 19 Dec 2003 10:31:33 +0200, "Elaine" wrote:
> Nee, ek werk onder my nooiensvan. Die wet sê egter as jy trou moet jy jou
> nuwe man se van aanneem. Dis seker maar om orde te handhaaf.
>
> E
Vertel bietjie meer van daardie wet, Elaine:-) Kom ek vertel jou van
Cecelia, wat nà sy my kliënt geword het, haar man geskei het, en
haar nooiensvan terug geneem het. Toe trou sy en haar man weer,
en sy gebruik weer sy van. Toe skei hulle weer, en sy is terug by
haar nooiensvan. Toe trou sy met 'n Skot, en toe hulle terugkeer
uit Skotland, het sy my weer gevra om haar van te verander op
alle dokumentasie, na diè van haar Skotse man. Toe verander
haar status na die van 'n weduwee, en toe ek haar laas gesien
het, het sy nog die Skotse van gebruik, maar na soveel
verskillende vanne, sal ek nie verbaas wees as sy weer
haar nooiensvan gebruik nie.
Moet ek jou van Ina vertel, wat al 4 keer getroud is, en nou
saam met haar tweede (eks) man woon? En weer met hom
wil trou? Hierdie is slegs twee van dosyne tipiese gevalle
waarvan ek jou kan vertel.
Hoeveel keer wil julle 'n nuwe handtekening aanleer?
(Ek het 'n kliënt (('n sakevrou)) wat somtyds vra of sy
haar eie handtekening, of die van haar man, of die
van haar pa moet gebruik.
Vertel ons watter wet is dit daardie, Blondie:-)))
DD
|
|
|
|
| Re: Vanne [boodskap #88475 is 'n antwoord op boodskap #88459] |
Sa., 20 Desember 2003 12:16   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Sorry, die wet is in die laat 90's verander. Jy mag jou nooiensvan hou as
jy wil, maar jy mag nie albei vanne aanneem nie. Toe ek nog geleer het was
dit so dat jy jou man se van moes aanneem as jy binne gemeenskap van goedere
trou. Jy hoef dit nie meer te doen as jy nie wil nie - dit maak net die
lewe makliker as jy dit doen.
"DD" wrote:
>
> Vertel bietjie meer van daardie wet, Elaine:-) Kom ek vertel jou van
> Cecelia, wat ná sy my kliënt geword het, haar man geskei het, en
> haar nooiensvan terug geneem het. Toe trou sy en haar man weer,
> en sy gebruik weer sy van. Toe skei hulle weer, en sy is terug by
> haar nooiensvan. Toe trou sy met 'n Skot, en toe hulle terugkeer
> uit Skotland, het sy my weer gevra om haar van te verander op
> alle dokumentasie, na dié van haar Skotse man. Toe verander
> haar status na die van 'n weduwee, en toe ek haar laas gesien
> het, het sy nog die Skotse van gebruik, maar na soveel
> verskillende vanne, sal ek nie verbaas wees as sy weer
> haar nooiensvan gebruik nie.
> Moet ek jou van Ina vertel, wat al 4 keer getroud is, en nou
> saam met haar tweede (eks) man woon? En weer met hom
> wil trou? Hierdie is slegs twee van dosyne tipiese gevalle
> waarvan ek jou kan vertel.
> Hoeveel keer wil julle 'n nuwe handtekening aanleer?
> (Ek het 'n kliënt (('n sakevrou)) wat somtyds vra of sy
> haar eie handtekening, of die van haar man, of die
> van haar pa moet gebruik.
>
> Vertel ons watter wet is dit daardie, Blondie:-)))
>
> DD
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: flash [boodskap #88478 is 'n antwoord op boodskap #88443] |
Sa., 20 Desember 2003 12:30   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Max - die site laai vinning op my PC en ek het ook 'n vinnige
konneksie, maar ons sal daarna kyk. Ongelukkig is dit nou so dat jy moet
werk met wat jy het, en met die kliënt se idees. Jy sal nogal verbaas wees
waarmee sommige van hulle vorendag kom, en jy dan vat jy sy idees en maak
dit "werkbaar" - dis presies wat ons gedoen het
Ek sal jou kritiek aan ons flash developer oordra. Die Dawnay site is
klaar, maar ons werk tans aan 'n ander een. Ek's seker hy sal dit behulpsaam
vind :))
Dankie en groete
Elaine
"Max" wrote:
>
> Kritiek op Elaine se site:
> Die van julle wat nou al langer hier kuier, weet dat ek graag websites
> kritiseer.
>
> Dis 'n mooi site Elaine. Daai dolla wat so lekker staan en swaai langs die
> kant is ek seker ek het al êrens gesien... Miskien het die ontwerper net
> toevallig dieselfde idee gehad, maar volgens my is hy êrens gesteel...
>
> Die Intro suig dik stukke!!! Ek het 'n vinnige Internet konneksie, maar moes
> tog 'n minuut wag voor hy binne was en as hy dan begin... net mooi fokol! 'n
> Paar foto'tjies (veels te veel) wat dit laat lyk of jy na 'n live optrede
> kyk. Opsig wel 'n goeie idee, maar as hy nou dieselfde foto'tjies meerdere
> kere gebruik, het hy dieselfde effek gehad, maar was die intro BAIE kleiner
> om te download.
>
> Sit nog iets daarby wat mnens kan lees. Enigiets. Feite oor die sanger, of
> so iets.
>
> Mense is geneig om die beste eienskap van Flash mis te kijken! As jy Flash
> laat "flash" (dws sinnetjies laat verskyn/verdwyn) dwing jy die website
> besoeker om (sonder dat hy dit besef) te LEES wat jy aan hom wil sê.
>
> Mens laat nie iemand wag op 'n intro nie! 'n Intro is daar om jou iets te
> gee om te doen terwyl jy wag dat die website daaragter download... (Of snap
> ek dit verkeerd?) Ek was wel beïndruk met hoe die intro, terwyl jy wag dat
> hy download, vir jou sê hoe vinnig hy binnekom en hoe lank jy nog moet wag.
> Ek sou self nie weet hoe ek so iets moet maak nie.
>
> Laat die intro begin as, sê maar 20% binne is. Sit dan êrens 'n "loop" wat
> weer kyk of die volgende 20% binne is, anders sien jy weer iets anders of so
> iets.
>
> Trek die kyker se aandag, nog voor hy die "skip intro" knop kan sien!
>
> As ek die klant was, sou ek baie bly gewees het met die look van die site,
> maar daar stop dit so 'n bietjie...
>
> Max____________________________
>
> "Jonas" wrote in message
> news:brun24$a1d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Elaine - baie dankie vir jou moeites - dit los die probleem vir my op. Ook
>> dankie vir die webadresse - ek is seker hulle sal nuttig wees - ek sal later
>> na hulle gaan kyk.
>> "Elaine" wrote in message
>> news:brufo3$6t6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Ja jy kan flash gebruik as deel van jou email. Gaan leer hoe by hierdie web
>>> site http://www.aysoft.com/aymail/howto/flash.htm Dit kan net een probleem
>>> afgee en dit is dat mense nie altyd op die Internet is as hulle, hulle email
>>> check nie (trek dit af en lees later), en dan kan hulle nie jou movie sien
>>> nie. Ek is nie regtig vir of teen flash in email nie, maar dit kan lank vat
>>> om te laai (veral in SA).
>>> Flash kan nogal 'n "oefening" wees om te leer, die "basics" is maklik maar
>>> dit kan 'n bietjie gekompliseerd raak. Moenie te veel worry nie enigiemand
>>> kan Flash leer, so lank jy net jou fondasie goed lê. Gaan koop vir jou 'n
>>> goeie boek by Exclusive Books of as regtig wil is daar 'n klomp sites waar
>>> jy kan gaan leer. Die een het 'n hele lys van sites waar jy tutorials kan
>>> kry http://www.flashkit.com/tutorials/
>>>
>>> E
>>>
>>> Ns. Moenie om verskoning vra vir onkunde nie asb. :o)) Ek is nie die antie
>>> nie :-)
>>>
>>>
>>> "Jonas" wrote in message
>>> news:brtua8$rov$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Elaine - tot watter mate kan ek "Flash"-funksies in my epos-reklame gebruik?
>>>> Is dit moontlik - en wat beveel jy aan - is "Flash" 'n groot oefening om aan
>>>> te leer? Verskoon die onkunde....
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 21:58:59 UTC 2026
|