| Re: Persig [boodskap #83442] |
So., 07 September 2003 11:13  |
bliksim wit
Boodskappe: 54 Geregistreer: September 2003
|
Volle Lid |
|
|
On Sun, 07 Sep 2003 12:13:09 +0100, Penkop B wrote:
> Blind alley though. If someone is ungrateful and you tell him he's
> ungrateful, okay, you've called him a name. You haven't solved
anything.
Jammer, dit was Pirsig.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Persig [boodskap #83462 is 'n antwoord op boodskap #83442] |
So., 07 September 2003 16:25  |
Namaqua
Boodskappe: 144 Geregistreer: September 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek het die ander dag gese ek is goed ingeburger maar ek moet erken dat jou
artikel oor Persig my herriner dat daar een ding is wat die wind en weer
hier in Yorkshire net eenvoudig nie toelaat nie.
Motorfiets ry. Spesifiek van Stellenbosch na Onrus toe, met stoppe gemaak
vir "smoke breaks" (cavalla 10's - die kakste sigaret op die mark, maar
goedkoop per slot van sake was dit studente dae).
Die pad was absoluut 'n droom vir motorfiets ry - kurwes, draaie,
"straights" en wat 'n uitsig.
Daar aangekom was dit tyd vir koffie en kak praat, oor dit, dat en die ander
ding, onder andere Persig en een keer op die strand was ons gelukkig genoeg
om 'n geselesie te kon aanknoop met Uys Krige - wys jou hoe lank terug dit
was.
En dan terug, met 'n stop in Gordons baai, by die een ingang van die
Steenbras dam - vir 'n uitsig wat; Tafelberg, die Kaapse Vlakte, Strand en
die hele Helderberg ingesluit het. Hier het die laaste wilde cavalla dan ook
gerook geraak.
Terug Stellenbosch toe vir 'n toasted ham en cheese by die Springbok kafee
en dan reguit Akker toe vir 'n bottel Tas en diep gesprekke, kak praat en
soms die drama "My beste vriend sit daar oorkant met my ex" en soortgelyke
dronk verdriet ;-).
"Penkop B" skryf in boodskap news:pan.2003.09.07.11.13.09.95508@openauth.co.uk...
> Blind alley though. If someone is ungrateful and you tell him he's
> ungrateful, okay, you've called him a name. You haven't solved anything.
|
|
|
|