Tuis » Taal » Prosa & poësie » " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS
| " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83243] |
Wo., 03 September 2003 11:30  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
André Letoit (Koos Kombuis)
the rise and fall of the afrikaans empire
"You reached for the secret too soon -
You cried to the moon" Pink Floyd
Langs die ou grondpad
Het 'n doringboompie gestaan.
Ossewaens en Model T's
Het elke week verby gegaan -
Families het later
Piekniek gehou in sy skadu,
By die water
Van die stroom
Met hampers en kiste bier.
So is die Afrikanervolk gebore;
Babalaas en loom,
'n Burp wat eggo
Verby doringdraad, blokhuis
En die verveelde doringboom.
Geen Engelse wa het hom vertrap nie -
Hy het homself ingeperk, verdors, verknel,
Toe, op 'n dag,
Die bouers in hul blikhuisies kom werk
Aan 'n nuwe hoofweg; glad en snel
Vir môre se toeriste
In hulle fur-en-chroom-ses-silinder-
doodskiste.
Vandag weet niemand van die doringboom
En slegs 'n skelet
Is sigbaar in die nag
En, as jy naby genoeg stap
Tussen die kliperts en die kriekies
Hoor jy nog die gelag van kinders
Waar families vleis gebraai het -
Die doringboom is dood
En gister se geskater
Met blikkoppies by die water
Is versteen vir 'n nuwe nageslag
In muf swart bladsye
En geel kiekies.
'n Stukkende stofpad
Bak nog agtermiddags in die son
Met disselbos en klitsgras geplavei
As afgeleefde monument
Vir reisigers uit die ou tyd
Maar 'n eeu moes end
En inkeer op homself, going, going, gone .
Stil, herders van die volk, leiers van die
warboel-trekkery
Want die era van die doringboom is klaar
verby.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83260 is 'n antwoord op boodskap #83254] |
Wo., 03 September 2003 20:47   |
bliksim wit
Boodskappe: 54 Geregistreer: September 2003
|
Volle Lid |
|
|
On Wed, 03 Sep 2003 18:26:07 +0000, @rogers.com wrote:
> bliksim wit wrote
>
>> Is dit iets wat Andre geskryf het (nie die quote nie!)?
>> Hoekom is party afrikaners:
>> a. Self-behep en voel die ingelse het ons ingedoen b. Self-behep en
>> voel dat die ANDER afrikaners voel die ingelse het ons ingedoen c.
>> Behep met beelde uit die verlede van 2 miljoen wit mense wat met
>> niemand in europa oor die weg kon kom nie (om nie eers te praat van die
>> locals nie) d. Naief oor wie eintlik belang stel om te luister na enige
>> komentaar wat geisoleerd en gekonstrueer is om a romantiese (of
>> anti-romantiese) verlede te vereer.
>
> Ja, dis iets wat Koos Kombuis geskryf het.
>
> Jy vra indringende vrae, maar mag ek jou 'n vraag vra? Hoekom het jou
> eie gedig ( as dit deur jou geskryf is) so "behep" geklink met
> Afrikaners en SA realiteite? Ek wil graag weet, hoekom het jy PJ
> Nienaber in jou gedig verewig. Dis seker die laaste persoon wat ek sou
> verwag om as 'n verwysing in 'n gedig raak te loop.
>
> Penkop van die Derde Republiek
Om die waarheid te se, dit was a arbitrere "vis". Net om te sien wie wat
optel. Dit is waar, Nienaber is a arbitrere verwysing na my eie verlede,
Caledon, Riana .... en man met baard (was a radio omroeper gewees met soet
stem). Ek dink Tafelberg het hulle uitgestuur om met die oumense te gaan
praat. Een of ander digbundel aan die boere af te smeer. Op daardie
stadium het ek in Greyton gebly en toe besluit om te gaan luister.
Nienaber was vereer deur dieselle afrikaners wat hom NY toe gedryf het (ek
kan nie die details van N se storie onthou nie anders as wat die mat met
die soet stem die aand vertel het nie).
Sy gedigte het geen indruk op my gelos nie, maar dit was waarskeinlik
myself gewees. Ek het omtrent daardie tyd geleer die my oogpunt net my
oogpunt was, so, bestaansreg vir almal.
Sover as die beheptheid met afrikana: Niks fout met dink nie. Die probleem
is die probleemstelling. Koos (met alle respek gese omdat ek baie respek
het vir wat die man in sy lewe al geskryf het) is soos RR Ryger en meeste
Hond skrywers interessant want die eksestensiele angs raak aan iets in my
boere siel. Maar, tyd stap aan en meeste van die kwessies wat keer na keer
opgebraak word is dieselle kwessies wat ek in enige kroeg by suiplap kan
uittrek. Net in ander woorde. Daar is volgens my al baie vordering gemaak
in terme van die "wie, wat, waar hoekom kwessies ....."
Jy sien die slang en sy stert ding...
Is a boer soos valhalla, iets gehammer uit die bybel en ander goeie boeke?
Anyhow, die derde republiek? Wat is die reels in die derde republiek? Hoe
word mens a penkop in die derde republiek?
Verskoning oor die indringendheid van die vorige email. Was nie bedoel
nie.
Cheers,
B
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83275 is 'n antwoord op boodskap #83266] |
Do., 04 September 2003 00:30   |
bliksim wit
Boodskappe: 54 Geregistreer: September 2003
|
Volle Lid |
|
|
On Wed, 03 Sep 2003 22:23:52 +0000, @rogers.com wrote:
> bliksim wit wrote
>
>> Anyhow, die derde republiek? Wat is die reels in die derde republiek?
>> Hoe word mens a penkop in die derde republiek?
>
> Wel, wel, wel. Ek het nooit gedink ek sal die dag sien dat mense begin
> vra oor lidmaatskap in die Derde Republiek nie. Ek dink nie daar is
> reëls in ons Derde Republiek nie. Dis 'n kuber-republiek. Jy hoef nie
> eens in SA te bly nie. (Dit sluit dus die diaspora in. Jy kan in die
> strate van Liverpool loop en nog in die Derde Republiek wees.) Die
> enigste reël waaraan ek kan dink, is om trots te wees op jou
> Afrikanerskap, en die respek van die wêreld na te streef en te verdien.
> Dit beteken dat daar groot huisskoongemaak moet word onder die
> Afrikaner. Al die snert van die apartheidsvarke, al die snert oor hoe
> vreeslik sleg die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog behandel was,
> moet uitgegooi word.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens (voorsitster van die
> komitee wat nuwe lidmate werf vir die Derde Republiek.)
Ok, dis al amper slaap tyd vir my maar siende dat ek in elke geval vanaand
in die sitkamer slaap is dit nie regtig a probleem nie.
1. Ek wil onmiddellik aansoek doen om a penkop vir die derde republiek te
word. Ek hou van kamp en vleisbraai en ek glo in reg in verkeerd.
2. P J Nienaber mag ek dalk heeltemal verkeer het. Vir baie jare het ek
nou glad nie aan die saak gedink nie en dit mag wees dat ek jesus en die
duiwel met mekaar verwar. Nienaber lyk my soos die ou wat my eerste boek
met afrikaanse gedigte uitgegee het.
3. Vordering oor die wat/waar/hoekom kwessies le vir my opgesluit in
amateur wiskunde. Die probleem is eerstens om die probleem te formuleer en
dit is waar die menslike brein tekort skiet. Dit is vir my duidelik dat
daar sekere paradokse bestaan wat miskien die duidelikste beskryf word in
Hofstadter se boeke (GEB and MMT). Ander skrywers soos Stephen Wolfram
sien die probleem in a baie spesifieke lig maar op die ou end stem meeste
van die ouens saam dat daar a gaping is tussen die individu se denke en sy
vermoee om sekere pradokse oonskeinlik energie-loos op te los, maar ter
selfde tyd kan hy nie die proses beskryf nie. Daar is lig aan die einde
van die tonnel in dat al die probleme verband hou met "self verwysing". Om
die verbinding met afrikaanse skrywers wat soos asvoels om hulle eie kop
tol te maak is moeilik, want daarvoor moet ek die probleem en sy oplossing
kan beskryf en dit is ..... a self verwysende probleem. Maar dit is
moontlik om die probleem aan te spreek sonder om dit te formuleer of te
probeer oplos. So hier is a paar riglyne:
Skrywers moet hul self addresseer in hulle eie werk anders is die werk
boring. Die balans is in die rekursiewe aspek van die verwysing. Soos my
kinders se; more is less and less is more.
Konteks skakeling is belangrik en dit is waarskeinlik die oplossing vir
skrywers. Die voor/nadeel van teks is dat die leeser se konteks bestaan
grootendeels in hulle kop en die teks kan dit verander. My ervaring is dat
skryfwerk met min konteks skakeling is vervelig.
Nie alle rekursiewe verwysings is gelyk nie. Maar meeste van hulle is
omtrent ewe fasineerend as jy eers daaraan begin dink.(moet nog meer
daaroor dink en dit is die probleem, dink)
Laastens het ek die voorbeeld van a skrywer hier gebruik. Vir my maak dit
nie saak of die rokit wetenskap, a verhouding met jou lewensmaat of a trip
na die kafee op die hoek is nie, alle aspekte van mens wees het die
beginsels in gemeen. Die probleem is net dat ons nie toegang het hierna
nie en dit is werklik net in ons koppe.
Dit is vir my a form van ontoeganklike universialiteit.
Maar, dan is ek dalk soos so baie afrikaners heeltemal verkeerd, op a
dwaalspoor, besig on my eie chromosome te regverdig.
Groete van a penkop in die derde republiek (aansoek afwagtend)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83329 is 'n antwoord op boodskap #83279] |
Do., 04 September 2003 20:36   |
bliksim wit
Boodskappe: 54 Geregistreer: September 2003
|
Volle Lid |
|
|
On Thu, 04 Sep 2003 03:11:16 +0000, @rogers.com wrote:
> bliksim wit wrote
>
>> 3. Vordering oor die wat/waar/hoekom kwessies le vir my opgesluit in
>> amateur wiskunde. Die probleem is eerstens om die probleem te formuleer
>
> Jy begin nou hier in diep waters inloop, maar hou asseblief aan loop. Ek
> neem aan jy ken die werk van Poincaré in die verband.
>
> Ken jy "Zen and the Art of Motorcycle Maintenance" van Robert Pirsig?
>
> Gloudina
Vergewe my, maar die stelling was "reg en verkeerd". Ha weereens word daar
vir ons gewys hoe een glip van die finger wit in swart verander. Chaos
teorie in aksie.
Poincare se wiskunde kom terug van my universiteits dae of Wiskunde 201 of
iets? Is daar iets anders in die veld wat die moete werd is om in te kyk?
Ek is altyd op soek na kort, kragtig en doelgerigte rugbyspeelers....eh,
opstelle.
Het Zen al a paar keer probeer lees en sal volgende keer meer moeite maak.
Gloudina, is die nie erns in die Vrystaat nie? ;-)
Dit is vir my altyd verbasend hoe min vryheid daar in die Vrystaat is.
Tensy jy die tekort aan geleentheid as a vryheid sien. Ah, chaos teorie op
sy beste.
Groete,
Penkop B
(onthou, net omdat ek a penkop is beteken nie dat ek met neef se opinie
saam stem nie. Jy sien, dit is die ding van hierargie, een drag maak mag!)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " the rise and fall of the afrikaans empire " deur KOOS KOMBUIS [boodskap #83333 is 'n antwoord op boodskap #83329] |
Do., 04 September 2003 22:08  |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
bliksim wit wrote
> Penkop B
>
> (onthou, net omdat ek a penkop is beteken nie dat ek met neef se opinie
> saam stem nie. Jy sien, dit is die ding van hierargie, een drag maak mag!)
Natuurlik is jy geregtig op jou eie opinies. Dis juis een van
die boustene van die Derde Republiek.
Solank ons maar net saamstem oor die feit dat ek
Penkop A is.
Penkop A van Agtertang
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 18:06:19 UTC 2026
|