| SA Magte [boodskap #82438] |
Ma., 18 Augustus 2003 20:29  |
Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 438 Geregistreer: November 2000
|
Senior Lid |
|
|
Geagte Offisier, Onderoffisier, Vriend en Vriendin,
Eerstens wil ek asseblief omverskoning vra indien hierdie e-pos `n
tweede keer by U uitkom aangesien ek probleme met my hardeskyf
ondervind het en van my inligting verloor het, so ook die dokument
waarin die adresse was van pesrsone wat ek alreeds uitgenooi of
gekontak het.
Ek het vir die afgelope paar jaar `n Gesêlsgroep op die internet wat
genoem word die SA Magte gesêlsgroep. Hier kom oud/huidige Suid
Afrikaanse Weermag lede sowel as Polisiemanne bymekaar waar ons sommer
lekker saam gesêls oor wat ons gedoen het, waar ons was en sommer
alles wat lekker was. Geen Politiek en kort boodskappe word toegelaat
nie so ons probeer pos minimaal hou. Daar is heelwat bekende Offisiere
op die Groep sowel as lede uit die Spesmagte en Koevoet. Lede wat die
HC vir dapperheid ontvang het is ook met ons.
Daar is selfs persone op die groep wat nie eens in die Magte was nie
en hulle gesêls as vriende net so lekker saam met ons as gesin.
Indien U sou belangstel om deel te word van die SA Magte Groep, stuur
slegs `n leë boodskap na
Weermag-...@topica.com
Daar sal dan `n boodskap na U terugkom waarop dit seker maak dat U wil
aansluit en U "reply" net so op daardie boodskap sonder om enigiets te
verander en stuur hom terug en dan is U met ons.
Baie dankie en ek glo dat U sal verstaan indien hierdie boodskap `n
tweede keer by U uitkom.
Magte Groete
Frikkie
Ps: Indien U weet van persone wat in die Weermag / Polisie was of is,
stuur asseblief hierdie boodskap ook aan hulle sodat hulle kennis dra
van die Groep.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: SA Magte [boodskap #82504 is 'n antwoord op boodskap #82483] |
Di., 19 Augustus 2003 17:11  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
|
Senior Lid |
|
|
En saam met die vyand geslaap....
Van kakiekombers tot swartkaros...
"@rogers.com" wrote in message
news:6up0b.221014$hOa.46709@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Jonas wrote
>
>> "Gewillige lakeie van die CIA..." - watse loutere snert - tipiese 1960's
> se
>> linkse cliche's. (Die swartserpterte sal trots wees op jou ...)
>
> Sulke woorde wys maar net vir almal wat wil
> luister watter soort " Afrikaner" Jonas nou
> eintlik is: Iemand wat sy wit vel en sy ondersteuning
> vir 'n nazi beleid van rassediskriminering voorstoot
> voor sy getrouheid aan Christelike beginsels en
> goeie Afrikaner inbors.
> En al praat jy nou ook totdat jy blou is in jou
> gesig, sal jy nie die Black Sash se dade kan slegpraat
> nie. Hulle ten minste het die enigste ding gedoen wat
> hulle kon doen onder jou nazi-regering: hulle het
> geprotesteer teen onmenslikheid, wetteloosheid en
> misdadigheid.
>
> Tant Hessie van die Black Sash
>
|
|
|
|