| Kan jullie dit begryp? [boodskap #82434] |
Ma., 18 Augustus 2003 19:18  |
Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Baie ou Vlaams liedjie
Al die daer zeidt: "de reus die kom, de reus die kom"
Zij liegen daer om, zij liegen daer om,
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja moeder, ze den pot op 't vier, den pot op 't vier,
de reus is hier.
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja moeder snijdt een boterham, een boterham,
de reus is gram, Keere weerom, reusken
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja moeder tap van 't beste bier, van 't beste bier,
de reus is hier
Reusken, keere weerom, reuzegom.
Ja, moeder stop nu maer het vat, nu maer het vat,
de rues is zat.
Reusken, keere weerom, reuzegom.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kan jullie dit begryp? [boodskap #82465 is 'n antwoord op boodskap #82440] |
Di., 19 Augustus 2003 08:04   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 18 Aug 2003 21:20:35 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Paul de Dilbeek wrote
>
>> Baie ou Vlaams liedjie
>
>> Reusken, keere weerom, reuzegom.
>
> Ja, ek kan dit omtrent heeltemal verstaan. Ek is net
> onseker wat met " reuzegom" bedoel word. " Gom"
> in Afrikaans is " gum" in Engels, soos in chewing gum/
> kougom. Maar ek het 'n gevoel dat dit hier nie dieselfde
> bedoel nie?
> Ek het ook die gevoel dat baie van die uitdrukkings
> in die liedjie anders sou wees as in moderne Vlaams,
> en dat dit amper nader aan Afrikaans is as aan Nederlands
> byvoorbeeld. Wat dink jy?
>
> Gloudina
>
>
Hallo, Gloudina en Paul,
Ja, Paul is besig om Afrikaans te leer!!! Pragtig, nè?
Ek sal die probleem van daardie "-gom" vir julle oplos.
Net soos in die Afrikaanse woord "bruidegom" is in die woord
"reuzegom" die tweede lid (-gom) 'n germaanse woord *guman wat gewoon
'man' beteken. Vergelyk dit met die oudsaksies 'gumo', die oudengels
en goties 'guma', oudhoogduits 'gomo' en oudnoors 'gumi'. Daardie
woord het selfs 'n verwantskap met die Latyn: "homo"! (Frans:
'homme'). Hierdie woord dui die mens aan as 'die aardse skepsel' en is
daarom ook verwant met die Latynse woord 'humus' wat 'aarde' beteken.
Hierdie woord is baie merkwaardig want hierdie voorbeeld laat ons sien
hou nou die verwantskap van die Europese tale wel gewees het in vroeër
tyde.
Nou sien ons meteen wat 'bruidegom' eintlik beteken: dis 'man van die
bruid' en 'reuzegom' = man so groot as 'n reus.
Bron: Aula Etymologisch Woordenboek, dr.J. De Vries, Aula-Boeken
-Utrecht, Antwerpen.
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|