Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vadersdag geskenk
| Re: Vader se geskenk [boodskap #79419 is 'n antwoord op boodskap #79414] |
Do., 19 Junie 2003 14:30   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
In 'n mate ja... Selfs die sg. "heidene" is in Sy beeld geskape, maar dis
nie te sê dat hulle hemel toe sal gaan nie (volgens die bybel), maar ek
oordeel nie - wie weet dalk is ons verkeerd en die Jode reg. Of dalk is ons
almal reg (behalwe die sataniste wat darem nou ooglopend verkeerd is) :-)).
Of dalk is ons almal verkeerd. Ek het my manier van aanbid gekies, maar ek
glo nie dis die enigste manier nie.
E
wrote:
>
>
> Ek neem aan jy bedoel dus dat ons almal,
> die Mongole in Mongolië, wat meestal
> Buddhiste is, en die Masai van Kenia se
> hooglande, en die talle Eerste Nasies
> in Noord-Amerika wat die Groot Gees eer,
> almal deel is van dié een liggaam en almal
> na God se beeld geskape is. Jy weet, die
> diepste ding in die Christelike bybel is
> hierdie aanname "dat ons almal in God se
> beeld geskape" is. Maar as iemand nou vir
> 'n deursnee Christen probeer verduidelik dat
> dit hierdie ding is wat die hele rigsnoer in
> Buddhisme is, en waaraan die Buddhis dag
> en nag arbei om dit werklikheid in die
> alledaagse lewe te maak, dan begin meeste
> Christene allerhande draaie loop om by
> dié ding verby te kom. Ek hoop dat jy nie
> een van daardie mense is nie. En ek hoop
> dat jy glo dat daar net een God is en dat
> ons almal in sy beeld geskape is, en dat
> ons daardie beeld sien in die kontoere van
> die denke van die Buddhiste en die bladsye
> van die Ou en Nuwe Testament en in die
> geloof en dade van die Australiese eerste
> nasies.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Vader se geskenk [boodskap #79426 is 'n antwoord op boodskap #79396] |
Do., 19 Junie 2003 18:08   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 19 Jun 2003 02:44:08 +0200, "Elaine" wrote:
>
> Nee Jesus en God is nie een nie. God is die Vader, Jesus is die Seun (ook
> bemiddelaar). Dis beeldspraak dat hulle een is. 'n Predikant het dit
> eenkeer so verduidelik. 'n Pa en sy seun deel dieselfde bloed - dus is
> hulle een, maar ook twee. Of wanneer jy trou word jy Een met jou man/vrou,
> maar tog is julle twee persone. Verstaan jy? Vir my was dit nogal 'n
> moeilike konsep gewees om te begryp, maar ek het mettertyd begin verstaan.
>
> E
Dat enigiemand kan predik dat Jesus, wat tot die Vader gebid het,
Jesus, wat as baba uit die skoot van Maria gebore is terwyl die Vader
in beheer van die heelal was, en die Vader, een is, Dat Jesus, wat aan
die Vader gesê het dat Sy Wil moet geskied
en die Vader, een is, gaan my verstand te bowe. Anders gesien, is
dit met 'n boedis wat jy praat, Elaine. Iemand wat vele gode godsdiens
aanhang, soos jy reeds weet.
Tog is ditr so dat Jesus, lank voor sy menswording, deel van die
Godheid is. Maar steeds is my siening soos die van jou, Elaine, dat
Hulle verskillende individuele Wesens is.
Ek verstaan nie waarom jy dit as 'n moeilike konsep om te begryp,
ervaar het nie. Myns insiens, is dit weer die makliker een om te
verstaan. Makliker as die verstokte ou (in so temerige stem:-) "dit
is te veel vir ons klein verstandjies om te verstaan." (Gewoonlik gesê
in so dralerige enkel klankhoogte stem:-) (Ek wed jou die boedis wat
wat weier om God as die Koning van die konings te aanvaar, klink
so:-)))
DD
|
|
|
|
|
|
| Re: Vader se geskenk [boodskap #79432 is 'n antwoord op boodskap #79426] |
Do., 19 Junie 2003 19:30   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
DD wrote:
> Dat enigiemand kan predik dat Jesus
en die Vader, een is,
gaan my verstand te bowe
> Tog is ditr so dat Jesus, lank voor sy menswording, deel van die
> Godheid is.
En ek stel voor, du plessis, dat jy die
Christelike Bybel selektief lees en net
sien wat jy daarin wil sien. Op die manier
verkondig jy 'n fascistiese outoritêre
soort van 'n "geloof" wat sy geestelike
inhoud geheel en al ingeboet het. Een,
wat geskool op die patroon van apartheid,
net dié mense in jou hemel toelaat wat die
regte kwalifikasies in jou oë het. Gelukkig
vir die res van die mense wat 'n geestelike
lewe wil lei, hoef hulle hul nie aan jou
kettery te steur nie. As 'n ernstige Christen
streef om meer en meer soos Christus te wees,
of die Buddhis poog om deur sy geestelike
oefeninge die buddha in hom en in die heelal
te bereik en te vermeerder, dan word die
wêreld daardeur 'n ryker wêreld. Maar die
Christen moet streef om meer en meer soos
Christus te word, anders is al sy gekekkel
oor wie in die hemel hoort en wie nie daar
hoort nie, ydele gekekkel.
Penkop by die oog van die naald.
|
|
|
|
|
|
| Re: Vader se geskenk [boodskap #79441 is 'n antwoord op boodskap #79429] |
Vr., 20 Junie 2003 02:20   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ag gee my krag. Ek het dit al gesien, en ja dis wonderlik, maar dan vertel
daai mense dat die boodskap "net vir hulle bedoel" was, en hulle kan dit nie
uitlê nie. Ja dis goed as jy in tale praat, maar dan moet jy dit kan uitlê
ook, en die boodskap aan die res van die wêreld oordra. So sê die enigste
predikant vir wie ek die wêreld se respek het. Oor die algemeen is dit
egter net massa-histerie, die dat die mense nie hulle eie "tale" vir jou kan
uitlê nie. Enigiemand kan homself deur gebed genees. As jy hard genoeg glo
en dis God se Wil sal jy gesond word. Ons ALMAL wat regtig glo in God het
die gawes van die Heilige Gees geërf en dis nie net beskore tot 'n
spesifieke groepie Christene nie.
E
"DD" wrote:
>>
>
> Charismaties, Tobie, is om deel van 'n spesifieke groep te wees wat
> die besondere Gawes van Die Heilige Gees, soos gebedsgenesing,
> spreek in tale, ens. beoefen.
>
> DD
|
|
|
|
|
|
| Re: Vader se geskenk [boodskap #79469 is 'n antwoord op boodskap #79441] |
Vr., 20 Junie 2003 19:42   |
Speedy
Boodskappe: 224 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
'n Uitnodiging aan die groep
om te sien hoe die girl (wat gewoonlik
heel lekker dinge skryf) haar naam poppey maak.
1. Tobie vra 'n logiese vraag
en
2. gee ek hom 'n woordeboek antwoord.
(Du Plessis & Du Plessis; uitgegee deur Du Plessis Boekhandel)
3. Haar reaksie begin met 'Ag gee my krag."...ens ens ens
Tyd vir jou om groot te word, Elaine.
Die mense lag somtyds nog erger vir jou as vir bouwer.
Ns.
Wat ek hier bo sê, is nie van toepassing op jou normale skrywe's
nie. Hier bo (bietjie meer opper as dié een, natuurlik)
het jy byvoorbeeld 'n oulike skrywe gerig
met die oog op watersuiwering.
Maar partykeer soos hier, maak
jy jou naam nar.
Besluit self, vergadering:
"Tobie" vra
> ---
> Wat beteken charimaties?
"DD" antwoord hom toe:
>>>
>> Charismaties, Tobie, is om deel van 'n spesifieke groep te wees wat
>> die besondere Gawes van Die Heilige Gees, soos gebedsgenesing,
>> spreek in tale, ens. beoefen.
>> DD
>
"Elaine" klink toe sò::
> Ag gee my krag. Ek het dit al gesien, en ja dis wonderlik, maar dan vertel
> daai mense dat die boodskap "net vir hulle bedoel" was, en hulle kan dit nie
> uitlê nie. Ja dis goed as jy in tale praat, maar dan moet jy dit kan uitlê
> ook, en die boodskap aan die res van die wêreld oordra. So sê die enigste
> predikant vir wie ek die wêreld se respek het. Oor die algemeen is dit
> egter net massa-histerie, die dat die mense nie hulle eie "tale" vir jou kan
> uitlê nie. Enigiemand kan homself deur gebed genees. As jy hard genoeg glo
> en dis God se Wil sal jy gesond word. Ons ALMAL wat regtig glo in God het
> die gawes van die Heilige Gees geërf en dis nie net beskore tot 'n
> spesifieke groepie Christene nie.
>
> E
>
DD se reaksie:
"Ag gee my krag!"
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: geskenk vir myself [boodskap #79530 is 'n antwoord op boodskap #79468] |
Sa., 21 Junie 2003 18:30   |
Speedy
Boodskappe: 224 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 20 Jun 2003 21:36:20 +0200, "Tobie" wrote:
> hoi hoi DD, ek weet wat dit beteken, ek wou net
> kyk of sy weet. Meskien moet jy dit aan haar
> verduidelik.
> ---
waarom verduidelik jy, Tobie? Jy't tog geweet
dat ek nie met jou gepraat het nie, net via jou
> Ns. Vandag vir my ook 'n Digitale kamera gekry.
> Klein & Ross ontwerp.Gemaak in R.O.C.
> Intro prys R1700. Andere wat nog nie 'n kamera het
> nie, byt vas, nog so 4-5 maande dan is hulle onder
> 'n duisend rand.
>
Ja, die kamera wat ek vir R4500 gekoop het
kos nou R2500. Die een wat ek nou wil hê
kos nou R6250. Soos jy sê, miskien moet
ek nie oorhaastig wees daarmee nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: geskenk vir myself [boodskap #79537 is 'n antwoord op boodskap #79536] |
So., 22 Junie 2003 12:12  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Inderdaad :o))
E
"DD" wrote:
> Kom ons neem my as voorbeeld. Ek borrel van charisma want
> wanneer ek skryf weet ek wie gaan my in opvolg aanval oor
> wat. Ek gaan ook nie sê of en van 'n man of vrou praat nie,
> maar wel dat ek presies weet wat sy gaan skryf...
>
> DD
>
|
|
|
|
| Bladsye (3): [ 3] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 21:45:33 UTC 2026
|