| Stopstrate [boodskap #78708] |
Di., 03 Junie 2003 05:23  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hier by ons in Buitekantstraat het hulle nou skielik stoptekens aangebring -
dit het nogal 'n gevaarlike situasie geskep, omdat daar nie tekens
aangebring was om te waarsku van die nuwe straat-tekens nie. Mense wat
gewoond was om die straat af of op te jaag het net pleinweg die nuwe tekens
ge-ignoreer, en daar was verlede week meer ongelukke op daardie kruising as
in die vorige 30 jaar tesame.
Maar nou wonder ek - toe ons vir ons lisensie geleer het, was een van die
vrae waarop gehamer is die toegeeteken - daardie geel diamant op 'n wit
agtergrond. Ek weet nie hoekom daar nie meer toegeetekens aangebring word as
stoptekens of selfs verkeersligte nie. In die Kaap weet ek van een
toegeeteken - by Nuweland.
Welkom hoor ek het nou ook toegegee - in al die jare het die sirkels gewerk,
en geen verkeersligte nie, maar nou hoor ek hulle het ook nou een stel
robotte.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Stopstrate [boodskap #78717 is 'n antwoord op boodskap #78713] |
Di., 03 Junie 2003 08:19   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Om die waarheid te sê sou ek daarvan hou dat alle verkeersligte tussen 7nm
en 6vm soos vier-rigting stopstrate hanteer kan word - dan voel mens nie
soos 'n groot gat as mens die aand om 10nm moet stilstaan en wag by 'n rooi
robot terwyl daar geen siel of motor in sig is nie.
Wat nogal opmerklik is - by groot interseksies, waar daar gedurig botsings
is, is daar geen ongelukke daar as die ligte buite werking is nie, en net 'n
geel/rooi lig flikker.
Almal ry dan daar versigtig en gee die mekaar kans om te ry.
Waar het jy gebly in Welkom? Ons was in Jim Fouchê Park - reg langs
Gimnasium.
Annette
"Glücklich" skryf in boodskap news:Y5YCa.34716$215.3111@fe07.atl2.webusenet.com...
> Ek het vir 'n jaar in Welkom gebly. In die begin was dit moeilik om die
> sirkels gewoont te raak, maar sodra jy dit eers gewoont is werk dit baie
> lekker. Die gemors is altyd as mense van ander plekke wat dit nie gewoont
> is, daar moet deurry.
>
> Ek dink nie dit sal werk in 'n groter stad nie, selfs in Welkom is dit 'n
> gemors as daar die dag baie verkeer is.
>
> Wat ek geniet in Amerika is die dat mens mag regs draai op 'n rooi lig as
> daar geen verkeer is nie. Dit sal seker nou links draai wees in SA maar nog
> steeds dieselfde beginsel.
>
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:bbhbj4$99gv8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Hier by ons in Buitekantstraat het hulle nou skielik stoptekens aangebring -
>> dit het nogal 'n gevaarlike situasie geskep, omdat daar nie tekens
>> aangebring was om te waarsku van die nuwe straat-tekens nie. Mense wat
>> gewoond was om die straat af of op te jaag het net pleinweg die nuwe tekens
>> ge-ignoreer, en daar was verlede week meer ongelukke op daardie kruising as
>> in die vorige 30 jaar tesame.
>> Maar nou wonder ek - toe ons vir ons lisensie geleer het, was een van die
>> vrae waarop gehamer is die toegeeteken - daardie geel diamant op 'n wit
>> agtergrond. Ek weet nie hoekom daar nie meer toegeetekens aangebring word as
>> stoptekens of selfs verkeersligte nie. In die Kaap weet ek van een
>> toegeeteken - by Nuweland.
>> Welkom hoor ek het nou ook toegegee - in al die jare het die sirkels gewerk,
>> en geen verkeersligte nie, maar nou hoor ek hulle het ook nou een stel
>> robotte.
>>
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Stopstrate [boodskap #78725 is 'n antwoord op boodskap #78720] |
Di., 03 Junie 2003 08:50   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ken nie - Ons het altyd by 'n plek in die hoef gaan eet wat helse groot
T-Bone stekas bedien het vir R2.
Ons het ook baie na die Caponero gegaan.
Ons is in 1976 daar weg.
Welkom se hospitaal was die ander hospitale jarrrrrre vooruit.
Toe my Pa daar was vir sy blindedermoperasie, moes hy met kamerjas en
pantoffels aan in die bed lê, want hulle gee net 'n dun deken om onder te
lê.
Annette
"Glücklich" skryf in boodskap news:fYYCa.69386$L75.48407@fe05.atl2.webusenet.com...
>> Waar het jy gebly in Welkom? Ons was in Jim Fouchê Park - reg langs
>> Gimnasium.
>
> Regoor die hospitaal in 'n blok woonstelle, Flamingo Heights.
>
> My beste herinneringe is van daardie roadhouse "The new Latern" met hulle
> groot hamburgers. Ek het altyd my vrou (toe nog verloofde) soontoe geneem
> vir middagete. Ons het normaalweg nie so 'n burger klaargemaak tussen die
> twee van ons nie. Het julle ooit soontoe gegaan?
>
> Ek voel nou skoon oud want dit was omtrent 20 jaar gelede.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Stopstrate [boodskap #78733 is 'n antwoord op boodskap #78728] |
Di., 03 Junie 2003 10:06   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja - skuus - jy is reg - voorgeeteken. Ek sal baie meer van hulle wil sien.
Annette
"Tufka" skryf in boodskap news:bbhqjj$6lj$06$1@news.t-online.com...
> Is 'n onderstebo blou driehoek met 'n rooi rand dan nie 'n toegeeteken
> nie? En die een waarvan jy praat 'n voorgeeteken? Nie dat ek dan meer
> weet wat mens by die wit diamant vertonderstel is om te doen nie. Hier
> in Duitsland beteken 'n wit diamant met geel rand dat die ou wat van
> regs(of links by julle) die right of way het.Op sommige plekke as daar
> geen teken is nie dan geld dit ook.
> Tuffy
>
> Annette wrote:
>> Hier by ons in Buitekantstraat het hulle nou skielik stoptekens aangebring -
>> dit het nogal 'n gevaarlike situasie geskep, omdat daar nie tekens
>> aangebring was om te waarsku van die nuwe straat-tekens nie. Mense wat
>> gewoond was om die straat af of op te jaag het net pleinweg die nuwe tekens
>> ge-ignoreer, en daar was verlede week meer ongelukke op daardie kruising as
>> in die vorige 30 jaar tesame.
>> Maar nou wonder ek - toe ons vir ons lisensie geleer het, was een van die
>> vrae waarop gehamer is die toegeeteken - daardie geel diamant op 'n wit
>> agtergrond. Ek weet nie hoekom daar nie meer toegeetekens aangebring word as
>> stoptekens of selfs verkeersligte nie. In die Kaap weet ek van een
>> toegeeteken - by Nuweland.
>> Welkom hoor ek het nou ook toegegee - in al die jare het die sirkels gewerk,
>> en geen verkeersligte nie, maar nou hoor ek hulle het ook nou een stel
>> robotte.
>>
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Stopstrate [boodskap #78751 is 'n antwoord op boodskap #78750] |
Di., 03 Junie 2003 14:54   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek mag verkeerd wees, maar ek leef nog so dit werk vir my:
'n Toegeeteken is daar om toe te gee aan die persoon wat van regs af kom -
soos by 'n sirkel.
'n Voorgeeteken is vir verkeer van die ander kant ( links) af.
Terwyl ek hier gevlam en geblaas gaan word oor my onkunde, sal ek more by
die boekwinkel gaan rondblaai in die leerlingbestuurder se handboek en seker
maak:))
Annette
"Tufka" skryf in boodskap news:bbi8ti$8tg$07$1@news.t-online.com...
> Maar wat doen mens by 'n voorgeeteken presies? Is dit dieselfde as'n
> toegeeteken?
> Tufka
>
> Annette wrote:
>> Ja - skuus - jy is reg - voorgeeteken. Ek sal baie meer van hulle wil sien.
>> Annette
>>
>>
>> "Tufka" wrote in message
>> news:bbhqjj$6lj$06$1@news.t-online.com...
>>
>>> Is 'n onderstebo blou driehoek met 'n rooi rand dan nie 'n toegeeteken
>>> nie? En die een waarvan jy praat 'n voorgeeteken? Nie dat ek dan meer
>>> weet wat mens by die wit diamant vertonderstel is om te doen nie. Hier
>>> in Duitsland beteken 'n wit diamant met geel rand dat die ou wat van
>>> regs(of links by julle) die right of way het.Op sommige plekke as daar
>>> geen teken is nie dan geld dit ook.
>>> Tuffy
>
>>> Annette wrote:
>
>>>> Hier by ons in Buitekantstraat het hulle nou skielik stoptekens aangebring -
>>>> dit het nogal 'n gevaarlike situasie geskep, omdat daar nie tekens
>>>> aangebring was om te waarsku van die nuwe straat-tekens nie. Mense wat
>>>> gewoond was om die straat af of op te jaag het net pleinweg die nuwe tekens
>>>> ge-ignoreer, en daar was verlede week meer ongelukke op daardie kruising as
>>>> in die vorige 30 jaar tesame.
>>>> Maar nou wonder ek - toe ons vir ons lisensie geleer het, was een van die
>>>> vrae waarop gehamer is die toegeeteken - daardie geel diamant op 'n wit
>>>> agtergrond. Ek weet nie hoekom daar nie meer toegeetekens aangebring word as
>>>> stoptekens of selfs verkeersligte nie. In die Kaap weet ek van een
>>>> toegeeteken - by Nuweland.
>>>> Welkom hoor ek het nou ook toegegee - in al die jare het die sirkels gewerk,
>>>> en geen verkeersligte nie, maar nou hoor ek hulle het ook nou een stel
>>>> robotte.
>>
>>>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Stopstrate [boodskap #78957 is 'n antwoord op boodskap #78725] |
So., 08 Junie 2003 08:47  |
Speedy
Boodskappe: 224 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 3 Jun 2003 10:50:02 +0200, "Annette" wrote:
> Ken nie - Ons het altyd by 'n plek in die hoef gaan eet wat helse groot
> T-Bone stekas bedien het vir R2.
Dit is seker toe R2 nog 'n pond was.
brugafdeling se minister van finansies
wat nie kaart speel nie.
|
|
|
|