| Everest 2 [boodskap #78629] |
Sa., 31 Mei 2003 15:53  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Tot voorverlede week was daar nog net een Suid-Afrikaner wat dit tot die
bo-punt van Everest gemaak het. Nou is daar drie.
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Everest 2 [boodskap #78674 is 'n antwoord op boodskap #78671] |
Ma., 02 Junie 2003 10:13   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hy is blykbaar in SA gebore, het grootgeword in Swaziland, en werk in SA -
en wat, behalwe die vlag wat hulle nie voorsien het nie, het hulle bygedra
as borge?
Dit is vreeslik om sulke goed te hoor - dit sal seker maak dat in die
vervolg prestasies maar stil gehou word.
Annette
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0306020138.216997f1@posting.google.com...
> "Annette" wrote in message
news:...
>> Tot voorverlede week was daar nog net een Suid-Afrikaner wat dit tot die
>> bo-punt van Everest gemaak het. Nou is daar drie.
>> Annette
>
> News24 het nou net berig dat Sibosiso Vilane se gesin in Swaziland (hy
> is 'n Swazi, maar werk in Mpumalanga)aangeval is en nou moet wegkruip.
> Hulle huis is ook glo deur vuur beskadig.
>
> Die redes is eerstens dat hy 'n SA vlag en nie 'n Swaziland vlag
> gewaai het nie (hy wou glo altwee vlae waai, maar die Swazi regering
> het te laat 'n vlag voorsien - hy was al weg), en tweedens is die
> mense jaloers, want hulle glo hy gaan nou baie geld kry.
>
> Altyd iets nuuts uit Afrika.
>
> Drom
|
|
|
|
| Re: Everest 2 [boodskap #78679 is 'n antwoord op boodskap #78671] |
Ma., 02 Junie 2003 14:15   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
> News24 het nou net berig dat Sibosiso Vilane se gesin in Swaziland (hy
> is 'n Swazi, maar werk in Mpumalanga)aangeval is en nou moet wegkruip.
> Hulle huis is ook glo deur vuur beskadig.
>
> Die redes is eerstens dat hy 'n SA vlag en nie 'n Swaziland vlag
> gewaai het nie (hy wou glo altwee vlae waai, maar die Swazi regering
> het te laat 'n vlag voorsien - hy was al weg), en tweedens is die
> mense jaloers, want hulle glo hy gaan nou baie geld kry.
>
> Altyd iets nuuts uit Afrika.
En as dieselfde ding nou met iemand
anders gebeur in 'n ander deel van
die wêreld, sal dit dan ook nog
"altyd iets nuuts uit Afrika" wees?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Everest 2 [boodskap #78722 is 'n antwoord op boodskap #78716] |
Di., 03 Junie 2003 08:40   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja jy is reg - hulle is baie erger as ons;))
Annette
"Glücklich" skryf in boodskap news:TNYCa.69363$L75.26590@fe05.atl2.webusenet.com...
> Al gehoor van die sokker speler wat doodgeskiet is in "Colombia" omdat hy 'n
> doel afgestaan het tydens 'n wereldbeker wedstryd.
>
> Dit was iets nuuts uit Suid Amerika!!
>
>
>
>
> skryf in boodskap news:3EDB5C48.3080207@rogers.com...
>>
>> Drom wrote:
>>
>>
>>> News24 het nou net berig dat Sibosiso Vilane se gesin in Swaziland (hy
>>> is 'n Swazi, maar werk in Mpumalanga)aangeval is en nou moet wegkruip.
>>> Hulle huis is ook glo deur vuur beskadig.
>>>
>>> Die redes is eerstens dat hy 'n SA vlag en nie 'n Swaziland vlag
>>> gewaai het nie (hy wou glo altwee vlae waai, maar die Swazi regering
>>> het te laat 'n vlag voorsien - hy was al weg), en tweedens is die
>>> mense jaloers, want hulle glo hy gaan nou baie geld kry.
>>>
>>> Altyd iets nuuts uit Afrika.
>>
>>
>> En as dieselfde ding nou met iemand
>> anders gebeur in 'n ander deel van
>> die wêreld, sal dit dan ook nog
>> "altyd iets nuuts uit Afrika" wees?
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Everest 2 [boodskap #78741 is 'n antwoord op boodskap #78737] |
Di., 03 Junie 2003 12:13   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
> As iemand 'n dubbelle staat het, sou jy as Kanadees, iemand wat ook 'n
> VSA burger is, sy huis gaan probeer afbrand het en sy gesin aangerand
> het net omdat hy 'n uitsonderlike prestasie behaal het? Jy het onlangs
> gesê jy speel maar net op die ng. Jou spelery ruik na "stubidity".
Daar word net so baie van hierdie soort
ding in ander dele van die wêreld gedoen.
Mens hoor gedurig hoe mense, veral in die
VSA, bedreig word omdat hulle iets doen wat
vir ander nie aanneemlik is nie.
Oral oor die wêreld word mense ontvoer en
beroof as hulle geld het. Om nou skielik
die sprong te maak van "uit Afrika kom
daar altyd...." is om jou duidelike
kleure te wys. Ek was nogal teleurgesteld
om dit uit jou pen te sien. Want ek het
gedink dat jy oorspronklik in swart onderwys
(hopelik is Fort Hare nou veelrassig) ingegaan
het vir die liefde daarvan. Nou begin ek
wonder: is jy ook maar deel van daardie groep
wat in swart onderwys destyds ingestroom het
omdat daar soveel meer "kanse" was as in
blanke onderwys? ( Dit ten spyte van die feit
dat "aparte ontwikkeling" eintlik moes beteken
meer swart onderwysers vir swart studente.)
En nee, my funksie op hierdie nuusgroep
is nie speletjies nie. Ek is doodernstig.
Ek gaan nie toelaat dat hierdie nuusgroep
ontaard in 'n plek waar subtiel-rassistiese
opmerkings geduld word en gedy nie. Ek sal
hulle beveg waar ek hulle sien.
Vergewe my, maar ek ken nie die betekenis
van jou laaste (ek neem aan dis Engelse)
woord hierbo nie. Die een in aanhalingstekens.
Kan jy vir my sê wat dit beteken?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Everest 2 [boodskap #78774 is 'n antwoord op boodskap #78772] |
Wo., 04 Junie 2003 03:33  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Drom wrote:
> Meeste van wat jy hieronder uiter verdien nie 'n antwoord nie.
Wel, jy sien, dis hoe die koekie krummel.
Mens kan nie twee here dien nie. Ãrens vang
die waarheid en die eerlikheid jou uit.
Gloudina
|
|
|
|