Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Stokperdjies & kunsvlyt » Eienaars van digitale kameras
Eienaars van digitale kameras [boodskap #78223] So, 25 Mei 2003 05:25 na volgende boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hello daar,
Ek wil vir my een van hulle aanskaf, maar weet niks daarvan af nie. Ek was
gelukkig genoeg om die afgelope week n vriend s'n te leen om te kyk waarvan
ek hou, waarvan nie etc. Dit was n Sony met 1,3megapixel, 3 maal "optical
zoom".

Die kamera werk heel oulik en op sy beste detail opsies van 1024x768 kan n
mens 28 fotos op een van die 16Mb geheue-stokkies bere. Dit werk maklik en
ek is heel gelukkig. MAAR:
1. Gegewe dat ek gewoonlik die net afneem wat ek wou nie, is dit nogals
handig om dele van die foto uit te sny, dit weer te vergroot en dan te druk.
Die 1024x768 laat hierdie nie baie toe nie
2. Die "optical zoom" begin lyk asof dit uit fokus raak, veral as die foto
verder vergroot word. Lyk my "digital zoom" is dan die ding om te koop.

Dus, kan iemand asb uit hul ondervinding laat weet wat ek meot oorweeg as
die minumum spesifikasies vir die zoom en die megapixels, of is daar ander
meer belangriker dinge wat ek na op die uitkyk moet wees?

Die kamera gaan maar meestal gebruik word as n mik-en-druk by die huis ens

Tot later
Joeboy
Re: Eienaars van digitale kameras [boodskap #78226 is 'n antwoord op boodskap #78223] So, 25 Mei 2003 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het 'n Samsung. Dit werk baie goed, is verbruikersvriendelik, en mens
kan, nadat jy die foto afgelaai het op die rekenaar, dit knip en plak,
vergroot, of daarmee maak net wat jy wil.
Wat ek die meeste van 'n digitale kamera hou, behalwe die besparing op film
en otwikkeling, is dat mens kan kyk of jou foto 'n sukses was, die flop
uitvee, en weer dadelik probeer.
My dae van koplose foto's is verby.

Annette

"Joeboy" skryf in boodskap news:bapk74$54r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hello daar,
> Ek wil vir my een van hulle aanskaf, maar weet niks daarvan af nie. Ek was
> gelukkig genoeg om die afgelope week n vriend s'n te leen om te kyk waarvan
> ek hou, waarvan nie etc. Dit was n Sony met 1,3megapixel, 3 maal "optical
> zoom".
>
> Die kamera werk heel oulik en op sy beste detail opsies van 1024x768 kan n
> mens 28 fotos op een van die 16Mb geheue-stokkies bere. Dit werk maklik en
> ek is heel gelukkig. MAAR:
> 1. Gegewe dat ek gewoonlik die net afneem wat ek wou nie, is dit nogals
> handig om dele van die foto uit te sny, dit weer te vergroot en dan te druk.
> Die 1024x768 laat hierdie nie baie toe nie
> 2. Die "optical zoom" begin lyk asof dit uit fokus raak, veral as die foto
> verder vergroot word. Lyk my "digital zoom" is dan die ding om te koop.
>
> Dus, kan iemand asb uit hul ondervinding laat weet wat ek meot oorweeg as
> die minumum spesifikasies vir die zoom en die megapixels, of is daar ander
> meer belangriker dinge wat ek na op die uitkyk moet wees?
>
> Die kamera gaan maar meestal gebruik word as n mik-en-druk by die huis ens
>
> Tot later
> Joeboy
>
Re: Eienaars van digitale kameras [boodskap #78238 is 'n antwoord op boodskap #78223] So, 25 Mei 2003 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n Minolta. 2.3 Mega Pixels met digital zoom, en jy kan so 50 fotos
op sy 20 Meg kaartjie kry. LCD display, "playback" ens. is ingebou. Maar
vandag se kameras is bietjie meer gevorderd en jy kan al tot by 3 Mega
Pixels kry.
Die kamera is 'n droom! Ek geniet digtal kameras, die oorspronklike uitgawe
is bietjie duur gewees, maar as jy in ag neem dat ons nooit weer 'n film
hoef te koop of te laat ontwikkel nie, spaar jy eintlik op die lange duur.

E

"Joeboy" wrote:
> Hello daar,
> Ek wil vir my een van hulle aanskaf, maar weet niks daarvan af nie. Ek was
> gelukkig genoeg om die afgelope week n vriend s'n te leen om te kyk waarvan
> ek hou, waarvan nie etc. Dit was n Sony met 1,3megapixel, 3 maal "optical
> zoom".
>
> Die kamera werk heel oulik en op sy beste detail opsies van 1024x768 kan n
> mens 28 fotos op een van die 16Mb geheue-stokkies bere. Dit werk maklik en
> ek is heel gelukkig. MAAR:
> 1. Gegewe dat ek gewoonlik die net afneem wat ek wou nie, is dit nogals
> handig om dele van die foto uit te sny, dit weer te vergroot en dan te druk.
> Die 1024x768 laat hierdie nie baie toe nie
> 2. Die "optical zoom" begin lyk asof dit uit fokus raak, veral as die foto
> verder vergroot word. Lyk my "digital zoom" is dan die ding om te koop.
>
> Dus, kan iemand asb uit hul ondervinding laat weet wat ek meot oorweeg as
> die minumum spesifikasies vir die zoom en die megapixels, of is daar ander
> meer belangriker dinge wat ek na op die uitkyk moet wees?
>
> Die kamera gaan maar meestal gebruik word as n mik-en-druk by die huis ens
>
> Tot later
> Joeboy
>
Re: Eienaars van digitale kameras [boodskap #78239 is 'n antwoord op boodskap #78223] So, 25 Mei 2003 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gaan kyk en vergelyk by:
www.dpreview.com
of
www.mysimon.com

Indien jy iemand het wat jou kamera in die VSA of SO Asië (die SARS-lande)
kan koop, doen dit gerus - dis 50% goedkoper.
Kyk gerus na Fujifilm oftewel Fuji - goeie gehalte teen +/- 20% goedkoper.

"Joeboy" skryf in boodskap news:bapk74$54r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hello daar,
> Ek wil vir my een van hulle aanskaf, maar weet niks daarvan af nie. Ek was
> gelukkig genoeg om die afgelope week n vriend s'n te leen om te kyk waarvan
> ek hou, waarvan nie etc. Dit was n Sony met 1,3megapixel, 3 maal "optical
> zoom".
>
> Die kamera werk heel oulik en op sy beste detail opsies van 1024x768 kan n
> mens 28 fotos op een van die 16Mb geheue-stokkies bere. Dit werk maklik en
> ek is heel gelukkig. MAAR:
> 1. Gegewe dat ek gewoonlik die net afneem wat ek wou nie, is dit nogals
> handig om dele van die foto uit te sny, dit weer te vergroot en dan te druk.
> Die 1024x768 laat hierdie nie baie toe nie
> 2. Die "optical zoom" begin lyk asof dit uit fokus raak, veral as die foto
> verder vergroot word. Lyk my "digital zoom" is dan die ding om te koop.
>
> Dus, kan iemand asb uit hul ondervinding laat weet wat ek meot oorweeg as
> die minumum spesifikasies vir die zoom en die megapixels, of is daar ander
> meer belangriker dinge wat ek na op die uitkyk moet wees?
>
> Die kamera gaan maar meestal gebruik word as n mik-en-druk by die huis ens
>
> Tot later
> Joeboy
>
Re: Eienaars van digitale kameras [boodskap #78258 is 'n antwoord op boodskap #78223] Ma, 26 Mei 2003 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die eerste ding wat jy moet vasstel, is wat jy met die kamera wil doen.
Klink simpel, maar as jy ernstige fotos wil neem [of uiteindelik wil leer om
te neem], dan gaan jou gemiddelde kamera, digitaal of film, eenvoudig nie
goed genoeg wees nie want jy kan dit nie uitbrei om meer as die standaard
dinge te doen nie. Aan die anderkant, as jy net hêppie-sn�ppies wil neem
van jou en jou pêlle se belewenisse, dan is daar verskeie opsies. Jy moet
onthou dat wat jy stuur op die Internet, nie veel sal help al het dit
hoeveel miljoene pixels nie....jou skerm kan net 90dpi hanteer. Hoe meer
pixels, hoe langer vat dit ook om af te laai. Dan is daar daai memory
card, stick, of wat ook al. Dis alles moerse as jy naby krag en 'n laptop
kan kom sodat jy die spulletjie kan aflaai, maar as jy wildtuin toe gaan met
die kamera, dan is daar ander soort van probleme. Jy moet daai kaart kan
aflaai of so nie moet jy 'n spaar kaart koop en 'n grote kan amper meer as
die kamera kos. Glo my, spasie is belangrik as jy ernstig fotos neem. Om
jou 'n idee te gee, 'n ernstige fotograaf kan maklik tussen 200 - 360 fotos
op 'n dag neem by 'n plek waar die wild vir hom 'speel'.
Die digitale kameras begin nou by film kom, maar eintlik is dit net die
Nikon D1 en die Canon [?] wat vir die professionele die regte alternatief
gee vir film. Beide hierdie kameras kan hulle standaard lensereeks gebruik
en het oor die 6m pixels! Dit kos ook net so 'n R65 000 net vir die body.
Plus die lensereeks en jy is 150 000 armer.
Dan is daar die Sony kameras wat sy fotos op 'n stiffy bêre. Dit haal
nie eers 'n miljoen pixels nie, maar met Corel 11 en kennis, maak jy heel
billike fotos vir die internet, sowel as uitdruk op gewone papier. Die
feit dat 'n stiffie net R3 vir 20 fotos is en dat jy dan die stiffie in 'n
boks gooi, is natuurlik 'n bonus. Ook die feit dat die kamera 'n 10x zoom
het [=400mm gewone kamera] en dat sy batterye 'n Li-ion is wat herlaai woord
a la video kameras en een laai reg is vir so 500 fotos. Ek het ene en sal
dit vir niks ruil nie [nie eers vir een van my Nikons nie!] want vir enige
projek heg ek net die stiffie aan. Nie 1000% kwaliteit nie, maar prakties
1000%.

"Joeboy" skryf in boodskap news:bapk74$54r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hello daar,
> Ek wil vir my een van hulle aanskaf, maar weet niks daarvan af nie. Ek was
> gelukkig genoeg om die afgelope week n vriend s'n te leen om te kyk waarvan
> ek hou, waarvan nie etc. Dit was n Sony met 1,3megapixel, 3 maal "optical
> zoom".
>
> Die kamera werk heel oulik en op sy beste detail opsies van 1024x768 kan n
> mens 28 fotos op een van die 16Mb geheue-stokkies bere. Dit werk maklik en
> ek is heel gelukkig. MAAR:
> 1. Gegewe dat ek gewoonlik die net afneem wat ek wou nie, is dit nogals
> handig om dele van die foto uit te sny, dit weer te vergroot en dan te druk.
> Die 1024x768 laat hierdie nie baie toe nie
> 2. Die "optical zoom" begin lyk asof dit uit fokus raak, veral as die foto
> verder vergroot word. Lyk my "digital zoom" is dan die ding om te koop.
>
> Dus, kan iemand asb uit hul ondervinding laat weet wat ek meot oorweeg as
> die minumum spesifikasies vir die zoom en die megapixels, of is daar ander
> meer belangriker dinge wat ek na op die uitkyk moet wees?
>
> Die kamera gaan maar meestal gebruik word as n mik-en-druk by die huis ens
>
> Tot later
> Joeboy
>
Re: Eienaars van digitale kameras [boodskap #78264 is 'n antwoord op boodskap #78223] Ma, 26 Mei 2003 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 25 May 2003 07:25:02 +0200, "Joeboy" served
the following to the group:

> Hello daar,
> Ek wil vir my een van hulle aanskaf, maar weet niks daarvan af nie. Ek was
> gelukkig genoeg om die afgelope week n vriend s'n te leen om te kyk waarvan
> ek hou, waarvan nie etc. Dit was n Sony met 1,3megapixel, 3 maal "optical
> zoom".
>
> Die kamera werk heel oulik en op sy beste detail opsies van 1024x768 kan n
> mens 28 fotos op een van die 16Mb geheue-stokkies bere. Dit werk maklik en
> ek is heel gelukkig. MAAR:
> 1. Gegewe dat ek gewoonlik die net afneem wat ek wou nie, is dit nogals
> handig om dele van die foto uit te sny, dit weer te vergroot en dan te druk.
> Die 1024x768 laat hierdie nie baie toe nie

heeltemal reg. as jy dit wil doen gaan vir iets wat tenminste 2 mega
pixel doen

> 2. Die "optical zoom" begin lyk asof dit uit fokus raak, veral as die foto
> verder vergroot word. Lyk my "digital zoom" is dan die ding om te koop.
>

nee dis verkeerd. ek is nie seker van die tegniese term nie maar `n
lens het `n minimum en maksimum fokus distansie. as jy nader of verder
as dit beweeg dan focus hy nie meer lekker nie. better lense kan nader
en verder fokus. digitale zoom pixelate `n foto. optical zoom is altyd
beter as digital zoom. sony het nou `n ding wat hulle smart zoom noem.
dis so tipe hybrid tussen die twee.

> Dus, kan iemand asb uit hul ondervinding laat weet wat ek meot oorweeg as
> die minumum spesifikasies vir die zoom en die megapixels, of is daar ander
> meer belangriker dinge wat ek na op die uitkyk moet wees?
>
> Die kamera gaan maar meestal gebruik word as n mik-en-druk by die huis ens

vir normale mik en druk is 2x optical zoom goed en soos ek gese het
dink ek 2 mega pixels. ander funksies wat nice to have is goed soos
verskillende formats bv. email vir fotos wat jy wil email (kleiner),
burst om `n reeks fotos te neem en ook programeerbare setting vir
verskillende toestande soos bv lae lig, helder agtergrond ens.

wat iemand anders hier gese het is waar... dis 50% goedkoper in die
vsa en jy is verseker van die nuutste model. hier is hulle geneig om
die ouer modelle aan jou af te smeer.

dink ook aan watter soort memory is goed vir jou. ek verkies
persoonlik die memory stick. dis klein en hulle is gewoonlik eerste
met nuwe tegnologie. ek hou nie van die mavica wat stiffies gebruik
nie. stiffies is te onbetroubaar vir my en dis groot. as jy vir `n
memory kaart gaan kry tenminste `n 64mb (+- 66 stills teen 2 mega
pixels en 3 minute se video). o en as jy `n kamera kry wat herlaaibare
battery en charger insluit is dit ook nice.

>
> Tot later
> Joeboy
>

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Eienaars van digitale kameras [boodskap #78294 is 'n antwoord op boodskap #78223] Ma, 26 Mei 2003 20:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soos baie mense alreeds gesê het, hang dit af van wat jy wil doen met die
kamera.

Ek het so 'n jaar gelede 'n Canon Powershot S40 gekoop en is nou nog in die
wolke met my kopie. Die Canon S40 is 'n 4 mega pixel kamera met "3X optical
zoom" & "7X digital zoom". Ek gebruik nooit meer as die 3X zoom nie omdat
net soos jy ook gesê het die kwaliteit vinnig afneem sodra die "digital
zoom" inskop.

Canon verkoop nie meer die S40 nie maar verkoop nou 'n S45, ek weet nie
hoeveel die nuwe model verskil nie maar hulle kyk identies. Natuurlik het
hulle ook 'n groot boetie uitgebring, die Powershot S50.
http://www.canon.co.uk/digitalcameras/index.html

Olympus se Camedia sien ek kom met 'n groter fisiese lens en bied meer
"optical zoom " teen redelikke pryse, so moontlik wil jy dit ook oorweeg.
http://www.olympusamerica.com/cpg_section/cpg_digital_cserie s.asp

'n Driepoot in ook baie handig as jy fotos met zoom wil neem. Dit hang
natuurlik af van die soort fotos jy wil neem, ek gebruik die driepoot
meestal as ek sport fotos neem.

Sommige funksies maak ook party kameras meer wenslik as ander. Funksies wat
ek geniet van my Canon is; Photo stitch mode, ingeboude "Red Eye Reduction"
funksie, sports mode, Night mode ensovoorts..

Die Canon kameras gebruik "Compact Flash" kaarte wat redelik maklik
verkrygbaar is. Hierdie kaarte is beskikbaarin grotes van 16Meg tot 512Meg,
(die kamera kom gewoonik met 'n 16Meg of 32 Meg Kaart) Die Canon kameras
werk ook met die IBM Microdrive wat tot 1Gig groot is.

My Canon kameratjie het meer as 7000 fotos geneem dit laaste jaar en lyk en
voel nog steeds splinternuut. En ja dis nie 'n tikfout nie dis omtrent 600
fotos per maand. Natuurlik delete ek baie van hulle en hou net die bestes
maar dis die mooi ding van 'n digitale kamera dis kos jou niks om 'n blapsie
te maak nie.

Voorspoed met die kamera soektog

"Joeboy" skryf in boodskap news:bapk74$54r$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hello daar,
> Ek wil vir my een van hulle aanskaf, maar weet niks daarvan af nie. Ek was
> gelukkig genoeg om die afgelope week n vriend s'n te leen om te kyk waarvan
> ek hou, waarvan nie etc. Dit was n Sony met 1,3megapixel, 3 maal "optical
> zoom".
>
> Die kamera werk heel oulik en op sy beste detail opsies van 1024x768 kan n
> mens 28 fotos op een van die 16Mb geheue-stokkies bere. Dit werk maklik en
> ek is heel gelukkig. MAAR:
> 1. Gegewe dat ek gewoonlik die net afneem wat ek wou nie, is dit nogals
> handig om dele van die foto uit te sny, dit weer te vergroot en dan te druk.
> Die 1024x768 laat hierdie nie baie toe nie
> 2. Die "optical zoom" begin lyk asof dit uit fokus raak, veral as die foto
> verder vergroot word. Lyk my "digital zoom" is dan die ding om te koop.
>
> Dus, kan iemand asb uit hul ondervinding laat weet wat ek meot oorweeg as
> die minumum spesifikasies vir die zoom en die megapixels, of is daar ander
> meer belangriker dinge wat ek na op die uitkyk moet wees?
>
> Die kamera gaan maar meestal gebruik word as n mik-en-druk by die huis ens
>
> Tot later
> Joeboy
>
Re: Eienaars van digitale kameras [boodskap #78295 is 'n antwoord op boodskap #78264] Ma, 26 Mei 2003 21:16 Na vorige boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek gebruik 'n Fuji op die oomblik maar hier is my volgende koop:
Die besonderhede het ek sowat drie weke gelede op my hardeskyf
gebêre omdat ek Canon deurgekyk het en heel toevallig hierop afgekom
het. En ek beoog om dit voor my volgende verlof te koop.

Speedy

Kodak LS443

Features:

4.0MP resolution for prints from 4" x 6" (10 x 15cm) to 20" x 30" (50
x 75cm).
Professional-quality Schneider-Kreuznach Variogon lens: 10X zoom (3X
optical, 3.3X Advanced Digital Zoom).
Low-light and selectable multi-zone auto-focus
Kodak's color science for vivid colors and excellent image quality
New 1.8" Indoor/Outdoor Display
Automatic and creative modes
Continuous video with audio
Auto picture rotation on camera, PC or TV
Special edition with LS443 camera dock and Li-Ion battery included
On-camera Share button for easy printing, e-mailing and organizing
16MB internal memory with MMC/SD expansion slot
Vorige onderwerp: Amateur Radio Entoesiaste???
Volgende onderwerp: Vandag se foto's
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:58:36 MGT 2024