| Gediggies [boodskap #76856] |
Ma., 28 April 2003 19:57  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Hallo, elkeen,
Wat my tog so opval in die Afrikaners is dat hulle tog so van
gediggies hou...
Ek sou wou geweet het hoekom. Is dit 'n tipiese karaktertrek van die
Afrikaners?
Daar is nog so 'n volk wat van gedigte hou en dis die Japannese. Ek
het dit gesien in 'n vervolgreeks op die televisie: eers lees hulle
een van hulle persoonlike gedigte voor en daarna pleeg hulle harakiri
en steek 'n mes in hulle eie buik. Nogal gruwelik eintlik.
Groete,
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gediggies [boodskap #76920 is 'n antwoord op boodskap #76903] |
Di., 29 April 2003 21:09   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 29 Apr 2003 11:27:16 -0400, Katryn wrote:
> Sterrenkijker wrote:
>
>> Wat my tog so opval in die Afrikaners is dat hulle tog so van
>> gediggies hou...
>> Ek sou wou geweet het hoekom. Is dit 'n tipiese karaktertrek van die
>> Afrikaners?
>
> Nee, ek dink nie jy kan so veralgemening maak nie. Jy moet onthou dat
> hierdie NG definitief NIE verteenwoordigend van Afrikaners en die
> Afrikaanse kultuur/samelewing is nie. Wat jy dalk hier spesifiek
> opmerk is die "groupmind" effek (hier kan mens dit miskien eerder die
> "Gloudina effek" noem. Ek het al mense hier gesien wat dit baie sterk
> gestel het dat hulle NIKS van gediggies hou nie, en gladnie kan relate
> nie. Annette is so voorbeeld, en ek kan haar woorde van destyds vir
> jou aanhaal as jy wil. Ek onthou sy het nog die woord "resitasies"
> gebruik wat my baie opgeval het. Maar deesdae sien ek haar gereeld
> probeer "dig" en rympies maak- hier, en op ander lyste. So, moenie
> 'n groep mense/kultuur oordeel volgens wat jy op hierdie groep
> waarneem nie - dit sal 'n REUSE fout wees - rerig, Norbert.
>
> Persoonlik het ek 'n uiterste bewondering vir mense wat hulle gedagtes
> in woorde kan uitdruk en deel met ons gewone plebs wat nie daartoe in
> staat is nie. Om met ons emosies te kan speel ens. Ek dink tog dit
> is seker maar 'n subjektiewe ervaring en dit hang af hoeveel of min jy
> as individu met 'n spesifieke gedig of liriek kan "relate". Liefdes
> gediggies laat my byvoorbeeld koud, maar digters soos Ginsberg doen
> dit vir my, hoor!! :-)
> (Ginsberg natuurlik sterk beinvloed deur my all time favorite digter
> Walt Whitman en Blake natuurlik ook)
>
> Ag elkgeval - my 2c vir wat dit werd is! :-)
Ja-ja, ek verstaan julle almal wel.. Ek is self gewoon nie digterlik
nie!
Maar as jy sê dat Annette teenwoordig rympies skryf dan dink ek sy is
siek.. Vir sover ek uit Annette sy kommentare kan opmaak op hierdie
nuusgroep is sy geen persoon om gedigte te skryf nie..
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gediggies [boodskap #76940 is 'n antwoord op boodskap #76939] |
Wo., 30 April 2003 06:36   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek skryf nie gediggies of lees dit nie, bloot omdat ek nie kan nie en dit
nie verstaan nie.
Ek skiet nie mense af of bewonder diegene wat dit wel kan doen nie. As dit
hulle gelukkig maak, hoekom nie?
As ek lus is vir 'n raaisel, haal ek 'n legkaart of blokkiesraaisel uit.
Meer logies vir my.
Ek het 'n wonderlike resep by die kaasfees gekry hoe om Camembert met vye en
neute te maak. Stel iemand hier belang?
Annette
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:fbnuav81m9n4tsdfua0ivebs0usu935par@4ax.com...
> On Tue, 29 Apr 2003 20:04:00 -0400, Katryn
> wrote:
>
>
>>> Ek vind Annette sy kombuisresepte baie interessanter..
>>
>> Wel sien, kosmaak is tog ook 'n vorm van kuns?
>
> Ja, rêrig! En daarin is Annette baie goed! Mannes sal tenminste kos hê
> as hulle met Annette saamwoon. Ek stel voor dat Annette sy resepte dan
> maar in digvorm opskryf!
> Vlaamse gesegde: "Die liefde van die mannes gaan deur hulle maag!"
>
> Norbert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gediggies [boodskap #76973 is 'n antwoord op boodskap #76957] |
Do., 01 Mei 2003 05:15   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die feit dat ek grappige pogings aanwend, beteken nie dat ek my kan aanmatig
dat ek dit kan doen, of ander mense se gedigte kan lees of verstaan nie.
Annette
"Katryn" skryf in boodskap news:3vovavcj7l7r8c6o0psmnpq22sop0ar4in@4ax.com...
> "Annette" wrote:
>
>> Ek skryf nie gediggies of lees dit nie,
>
> 'n Vinnige soektog op Google sal die teendeel bewys - hier is
> byvoorbeeld 'n voorbeeld van jou poging vir 'n haiku. Volgens die
> draad van die gesprekke was dit 'n nuwe term vir jou en jy wou dit
> bietjie verder ondersoek.
>
> "Thank you Fluffy dear
> While you have summer down there
> The moon up here shines."
>
> Daar is baie ander voorbeelde wat ek vir jou kan aanhaal en wys - hoe
> jy met rym probeer speel het, en vele ander interessante verskynsels.
> Ek weet nie waarom jy dit so sterk probeer ontken nie?
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Gediggies [boodskap #77115 is 'n antwoord op boodskap #77083] |
Sa., 03 Mei 2003 15:17  |
Katryn
Boodskappe: 962 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
rachel...@yahoo.co.uk (Kinky) wrote:
Katryn:
Daar is baie ander voorbeelde wat ek vir jou kan aanhaal en wys - hoe
jy met rym probeer speel het, en vele ander interessante verskynsels.
Ek weet nie waarom jy dit so sterk probeer ontken nie?
Ragel: Ja, ek het ook gewonder hoekom sy dit so sterk ontken.
Miskien wil sy maar net nie bekend word vir iemand wat 'n swakte het
vir gediggies nie.
Gie,gie
Katryn weer:
Rageltjie de Beer? :-))))
Ag, sy wil maar net nie erken dat sy (en die res van ons ook maar)
sterk deur die "gloudina effek" beïnvloed word nie. Dit terwyl daar
sulke duidelike tekens is wat die teendeel aandui.
:-))
|
|
|
|