| " Gondwana " deur R.K. BELCHER [boodskap #76783] |
So., 27 April 2003 03:15  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
R.K. Belcher
Gondwana
Toe die trop te groot word en die grot te klein
vir saamlê het 'n awelende lat
uit gatvolgeit van al die samesyn
een biesterjal 'n vreemde reuk gevat
en uitgeskiet, eers voel-voel oor 'n sloot,
toe oor 'n meer, toe oor 'n skeurvallei,
en met die gly van tye uitgemaak hoe stoot
mense en vastelande mekaar opsy
met hom as voorbeeld: klippetjie wat breek
wég van die moederklont en seewaarts glip,
dan rif word, dan 'n kus waar beendere verbleek,
dan weet dis eers as klip terugdwing na klip
en kontinente weer kom lepellê
dat hy sy broer behoorlik lief sal hê.
|
|
|
|
|
|
| Re: " Gondwana " deur R.K. BELCHER [boodskap #76812 is 'n antwoord op boodskap #76802] |
So., 27 April 2003 12:33   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Q wrote:
>> Toe die trop te groot word en die grot te klein
>> vir saamlê het 'n awelende lat
>> uit gatvolgeit van al die samesyn
>> een biesterjal 'n vreemde reuk gevat
> Wat beteken 'biesterjal'? Koppie werk nie vanoggend so mooi nie.
Ek weet ook nie eintlik nie. Ek neem
maar aan dis 'n selfstandige naamwoord
wat 'n tydstonde beskryf. Ek neem ook
aan dat dit heelwaarskynlik 'n Griekwa-
uitdrukking is. Belcher is 'n ere-
Griekwa gemaak deur 'n liggaam wat
Griekwas verteenwoordig, en ek lees
nou die dag dat hy (wat nou 70 is)
die res van sy lewe wil wy aan nog meer
navorsing van Griekwa-Afrikaans.
Ek wonder ook wat "awelende" beteken.
Ek neem aan hy bedoel met "lat" 'n jong
outjie, en 'n "awelende lat" is seker 'n
jongman wat vol energie en nuuskierigheid
is.
Ek was nog altyd gefassineer deur die
konsep van Gondwana. Om die waarheid te sê,
ek is baie geinteresseerd in die ligging van
land en see voor ons huidige stand van sake.
Aan die Kanadese Ooskus is daar 'n eienaardige
situasie. As jy van Fredericton na Saint John
in New Brunswick ry, net sestig myl, dan ry
jy glo blykbaar erens in die middel van een
vorige vasteland na 'n stuk wat miljoene jare
gelede deel was van die noordelike deel van
Afrika.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: " Gondwana " deur R.K. BELCHER [boodskap #76842 is 'n antwoord op boodskap #76837] |
Ma., 28 April 2003 08:21  |
NoS...[2]
Boodskappe: 234 Geregistreer: September 2002
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 28 Apr 2003 03:04:50 GMT, "@rogers.com" wrote:
> Die Karoo, as ek reg onthou, was ook eers onder
> water.
Morasse vol dinosaurusse, volgens wat ek gelees en in die Kaapse
museum gesien het.
Tot dit 'n vulkaniese "wasteland" geword het - ongelukkig voor die
bloeitydperk van dinosaurusse met die gevolg dat daar vandag beendere
van ou dinosuarusse gekry word, maar nie van die meer fassinerende
lateres soos T Rex en Velociraptors ens. (gewild gemaak deur Jurassic
Park) nie.
|
|
|
|