| Nuwe wet [boodskap #76775] |
So., 27 April 2003 00:38  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoor ons gaan eersdaags moet betaal vir ons plastieksakke wanner ons gaan
inkopies doen. Dit na nuwe wetgewing dat sulke sakke nie
omgewingsvriendelik is nie, en pogings aangewend moet word om dit uit te
faseer. Ek het maar altyd gedog die prys van die sakkies is ingesluit by
die winkels se astronomiese kos pryse. Pick 'n Pay sal eerste met hulle
aksie begin. Een van die dae gaan jy een van 3 keuses hê wanner jy gaan
"groceries" koop. Of jy betaal 25c per plastieksak, of jy koop
"herbruikbare" sakke, of jy kan jou kos so los in die trollie gooi en dan
maar so in die kar se boot laai.
Ek wonder nou watter plastieksakke gaan ek vir my klein asblikkies in die
huis gebruik. Die sakkies is net mooi groot genoeg vir die tweetjies in die
kantore en die enetjie in my badkamer. En ek is ook so verstrooid dat ek
noooiiiiitttt my materiaalsakke sal onthou nie. Ek's altyd te haastig om by
die winkels te kom, om sulke goed te onthou. Dit gaan nou vir jou 'n
aardigheid afgee...
Elaine
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nuwe wet [boodskap #76791 is 'n antwoord op boodskap #76789] |
So., 27 April 2003 05:29   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
> Wat van as jy by PnP op die Interent koop en vir hul laat aflewer - hoe
> verpak hul dit dan en wie betaal vir hoeveel plastiek sakkies per item?
Hulle gooi die items een vir een oor die muurtjie:))))
Ek
> dink dit gaan (miskien) goedkoper (en meer gerieflik) wees om nou via die
> Internet te koop, maar ek sal die reuk van vars gebakte brood mis.
>
> Ten minste sal die trollie ligter wees sonder die goed wat ek nie rerig
> nodig gehad het nie, maar gekoop het omdat ek daar is/was met 'n sewejarige
> assistent wat net inlaai. Dis die eintlike besparing.
>
> :-)
Ek kan dit nie doen nie - ek sal die klein Joodse tannetjies wat voor indruk
en my die moer in maak te veel mis:)))
Annette
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nuwe wet [boodskap #76824 is 'n antwoord op boodskap #76821] |
So., 27 April 2003 14:48   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 27 Apr 2003 16:30:53 +0200, "Elaine" wrote:
> Deesdae is 'n R1000 se aankope ook maar belaglik min hoor? Ek het net
> gister R800 se goed by P'nP gekoop en my trollietjie was maar half. Ek
> onthou nog die dae toe ek saam met my ma na dieselfde P'nP toe gegaan het,
> en hulle het twee trollies vol goed gelaai, en dan het hulle so R300 betaal
> vir alles. Daai jare het 'n boks spaghetti jou sowat R0.58 gekos. Ai tog,
> die goeie ou dae...
>
> Hoekom gaan kospryse alewig op, maar nooit af nie. As die petrolprys 40c
> val, bly die kospryse dieselfde, maar as die petrolprys 'n maand later 10c
> styg, gaan die kospryse ewe skielik op? Hulle spaar mos nogsteed 30c?
>
> E
Ek woon in 'n myndorp. Die trollies wat daar uitgestoot word
balanseer net net. Ek sien hom sy trollie na die kassier toe stoot
en net terwyl ek wonder wat daardie oorlaaide trollie gaan kos, hou
'n vrou by hom stil met nét so oorlaaide trollie.
Sekondes later het ek agter gekom dat dit man en vrou is.
Soos ek die mynwerker ken, (nie neerhalend nie, ek praat van die
mynwerker omdat ek in 'n groot myndorp woon - bo die rykste goudvelde
ter wêreld) stoot hy daardie trollie na buite en gaan laai dit in die
kattebak van een of ander laat model Duitse voertuig. Daarna ry hy met
sy Absa gefinanseerde Duitser na sy mynhuis en dra dit oor Van Dyk
matte by 'n duur gemeubeleerde (myn)huis in.
Hy pak dit in die koskaste terwyl hy mor oor die duur pryse en dit as
verskoning voorhou waarom hy nie spaar nie.
Vyf jaar gelede gaan hy met pensioen en koop hy sy versekering af. Hy
koop toe vir hom 'n huis langs die Vaaldam. Vrydag loop ek hom raak in
Pick 'n Pay en hy vertel my toe dat hy nou op Brits werk en somtyds
vir sy vrou kuier waar sy woon.
En jou huis langs die vaaldam?
Nee, dis lankal verkoop. 'n Ander plek gekoop
en die's ook weer verkoop.
|
|
|
|
| Re: Nuwe wet [boodskap #76850 is 'n antwoord op boodskap #76810] |
Ma., 28 April 2003 14:23   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Daar is 'n Doverstofie in my broer se braaikamer.
En 'n asblik in my kombuis - waar ek as van rokers in gooi.
Watse askanne praat jy van?
Annette
"DD" skryf in boodskap news:7pgnav832ddhjme8hti4okii947u7b37e3@4ax.com...
> On Sun, 27 Apr 2003 08:53:19 +0200, "Tobie" wrote:
>
>> ek het hierdie week al my groter sak by Spar
>> gekry, sal ook die OK Grocer sin kry in die
>> komende week.(Verniet)
>>
>> "Elaine"
>> : Ek hoor ons gaan eersdaags moet betaal vir ons
>> plastieksakke wanner ons gaan
>> : inkopies doen.
>>
>
> Niemand het my geantwoord oor waarom ons
> askanne in ons huise het en geen koolstowe nie.
>
> DD
>
|
|
|
|
| Re: Nuwe wet [boodskap #76877 is 'n antwoord op boodskap #76822] |
Di., 29 April 2003 09:28  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Nee, ek swing nie in daai rigting nie, ek verkies mans...
P'nP se web site is sooooo stadig, en ek het dit niks geniet nie, maar ek
haat winkels en baie mense om my, so ek verkies onone shopping.
E
"DD" wrote:
>
> Dit moet vreeslik prakties en net so verbeeldingloos en vervelig
> wees om dmv internet kruideniersware te koop.
> Elaine, wil jy my sê dat jy nog nooit met een van die girls in die
> winkel aangelê het nie? Hier by ons is die vloerbestuurder 'n
> oulike Italiaanse vroutjie, en ons kuier gewoonlik eers so bietjie
> saam:-)))
>
> DD
>
|
|
|
|