| Nuus 24/4 [boodskap #76597] |
Do., 24 April 2003 08:01  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Ongelukkige man wat 6 maande gelede van sy vrou geskei is, het haar by
die Panorama hospitaal gaan doodskiet.
Blykbaar op die parkeerterrein.
In gister se koerant was daar toe 'n artikel oor die verslae van die
fiksheidskundige en die kopdokter wat vir die Krieketspan aangestel is -
waarop die bestuur en die spelers geen ag op geslaan het nie.
Tog snaaks dat Herschelle, wat deur beide kundiges uitgewys is as ongeskik -
die beste gemiddelde van alle kolwers op die toernooi aangeteken het. Dan is
daar natuurlik ook ander spelers wat volgens beide kenners stroopsoet en
doodreg was, maar hulle kon nog steeds geen hond haaraf maak in die toernooi
nie.
Joost en sy nuwe vrou gaan skei - sy was onder die indruk 'n bul het twee
horings.:))))))))
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nuus 24/4 [boodskap #76640 is 'n antwoord op boodskap #76618] |
Vr., 25 April 2003 02:48   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Elaine - kyk na die rede en die smaailies - dis eintlik net 'n ou grappie.
Annette
"Elaine" wrote in message
news:3ea82d2a.0@news1.mweb.co.za...
> Hê? Joost is mos met Amore getroud? Gaan hulle nou weer skei?! O wel, wys
> jou net, jy kan nie jou geluk op iemand anders se ongeluk bou nie :-))
>
> E
>
> "Annette" wrote:
>
>> Joost en sy nuwe vrou gaan skei - sy was onder die indruk 'n bul het twee
>> horings.:))))))))
>>
>>
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
| Re: Nuus 24/4 [boodskap #76654 is 'n antwoord op boodskap #76640] |
Vr., 25 April 2003 10:28  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
mmmmm.... so gedink. My laat gisteraand getref terwyl ek voor die t.v. gelê
en niks doen het nie. Ek dink ek kort 'n lekker laaaaaaannnnnnnggggg
vakansie...
E
"Annette" skryf in boodskap news:b8a88b$81egm$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Elaine - kyk na die rede en die smaailies - dis eintlik net 'n ou grappie.
> Annette
|
|
|
|