| Die Streep [boodskap #74897] |
Di., 25 Maart 2003 08:01  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Blykbaar, volgens CNN, het Saddam 'n streep in die sand getrek, en sodra die
aanvalstroepe daaroor beweeg, gaan hy hulle zap met wapens uit die hel.
Het Basra nou al geval of wat?
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #74914 is 'n antwoord op boodskap #74908] |
Di., 25 Maart 2003 18:10   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Mikro, Trompie, Saartjie, Die Uile, Die Kobie Reeks (ken enigiemand die?),
Oom Dana, Jakkals en Wolf, dan was daar 'n skrywer, sy van was Pieterse wat
"suspence" vir jong mense geskryf het, maar dis nou nie Pieter Pieterse nie.
Liewe Heksie, baie nie-fiksie, en enigiets anders waarop ek my pootjies kon
kry. Van Konsalik tot Dalene Matthee tot Stephen King. Ek het "IT" gelees
toe ek 11 was, my ouer suster het dit geleen. Kon vir weke aaneen nie slaap
nie :-))
Elaine
"Jonas" wrote:
>
> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #74918 is 'n antwoord op boodskap #74908] |
Di., 25 Maart 2003 18:53   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
Van my heel klein dae onthou ek die
duidelikste die cartoon van Knapsak
en Klonkie, veral waar hulle op die
maan is (in die Jongspan.)
Oor my eienaardigste ondervinding
met leesstof: Daar was 'n Afrikaanse
vertaling van "Little Women" en een van
die dogters het knaend suurlemoene ge-eet,
maar in die boek is dit as "lemmetjies"
vertaal. Ek het nie die woord "lemmetjie"
vir suurlemoen geken nie, en het die hele
tyd gedink die kind steek 'n razorblade
in haar mond en kou dit. Wat was my verligting
groot toe ek die boek in Engels lees en die
ding reg verstaan.
Ek het natuurlik "Anne of Green Gables"
en al die ander boeke van L.M. Montgomery
verslind, totdat my Engelse onderwyser vir
my in Standerd Nege vertel het dat ek nou
Dickens se boeke moet begin lees. Wat was
my vreugde groot toe ek "Anne" se Green
Gables in Prince Edward Island hier in
Kanada kon terugvind. Waar die meeste toeriste
uit Japan kom, waar dit glo nou nog stapel-
leesstof vir elke jong Japannese meisie is.
In Green Gables (nou 'n museum) is alle onder-
skrifte onder foto's in Engels en Japannees.
Ongelukkig kan jy nie aanneem dat alle
Kanadese meisies "Anne of Green Gables" en
die vervolgboeke gelees het nie. Hulle ken
wel die film, wat baie baie goed is. Ek gaan
sit elke keer as ek dit op die TV sien, al
is dit in Frans.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #74925 is 'n antwoord op boodskap #74908] |
Di., 25 Maart 2003 22:07   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Trompie, Saartjie, Keurboslaan, The Hardy Boys, Nancy Drew en al die boeke
van ? Hunt oor
die terries en die polisie:))
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:b5puq5$t7p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> So - Sadam het "Trompie die bokser" gelees. Want dis waar die streep-storie
> sy oorsprong het.
>
> Of, kan dit dalk "Trompie die held" wees?
>
> Wie is 'n letterkundige. Anti - kan jy help?
>
> Of watter boeke het jy op laerskool gelees? Wat van die Keurboslaan-reeks?
> Mikro se katte? Ek ruik nou nog die boeke in die heilige stilte van die
> biblioteek - op 'n baie klein dorpie.
>
> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:b5p38f$2ameof$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Blykbaar, volgens CNN, het Saddam 'n streep in die sand getrek, en sodra die
>> aanvalstroepe daaroor beweeg, gaan hy hulle zap met wapens uit die hel.
>> Het Basra nou al geval of wat?
>>
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #74926 is 'n antwoord op boodskap #74914] |
Di., 25 Maart 2003 22:09   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Oeps - ek het vergeet van die Uile - het hulle ook almal gelees.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3e809b8f.0@news1.mweb.co.za...
> Mikro, Trompie, Saartjie, Die Uile, Die Kobie Reeks (ken enigiemand die?),
> Oom Dana, Jakkals en Wolf, dan was daar 'n skrywer, sy van was Pieterse wat
> "suspence" vir jong mense geskryf het, maar dis nou nie Pieter Pieterse nie.
> Liewe Heksie, baie nie-fiksie, en enigiets anders waarop ek my pootjies kon
> kry. Van Konsalik tot Dalene Matthee tot Stephen King. Ek het "IT" gelees
> toe ek 11 was, my ouer suster het dit geleen. Kon vir weke aaneen nie slaap
> nie :-))
>
> Elaine
>
> "Jonas" wrote:
>>
>> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #74940 is 'n antwoord op boodskap #74926] |
Wo., 26 Maart 2003 05:52   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: Februarie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Annette - ja die Uile was nogal goed.
Daar was ook 'n reeks die Penkopkommando - en natuurlik Mikro se goed.
Slapbandboeke soos die Swartluiperd, Rooijan.
Annette - daar was 'n boek van Topsy Smith - iets soos "Bokshelde van die
verlede" - ek onthou sy beskrywing van die vurige Laurie Stevens baie goed.
Voor TV toe jy fotos van Springbokke uit die Sondagkoerant bymekaar gemaak
het, en "African Mirror" miskien 30 sekondes van 'n toetswedstryd vertoon
het.
(Genoeg van "geheuelaning" - hoe's daai vir "memory lane"?)
"Annette" skryf in boodskap news:b5qkep$2aju6n$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Oeps - ek het vergeet van die Uile - het hulle ook almal gelees.
> Annette
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e809b8f.0@news1.mweb.co.za...
>> Mikro, Trompie, Saartjie, Die Uile, Die Kobie Reeks (ken enigiemand die?),
>> Oom Dana, Jakkals en Wolf, dan was daar 'n skrywer, sy van was Pieterse wat
>> "suspence" vir jong mense geskryf het, maar dis nou nie Pieter Pieterse nie.
>> Liewe Heksie, baie nie-fiksie, en enigiets anders waarop ek my pootjies kon
>> kry. Van Konsalik tot Dalene Matthee tot Stephen King. Ek het "IT" gelees
>> toe ek 11 was, my ouer suster het dit geleen. Kon vir weke aaneen nie slaap
>> nie :-))
>>
>> Elaine
>>
>> "Jonas" wrote:
>>>
>>> Wat het julle gelees toe julle kleiner en jonger was?
>>
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #74949 is 'n antwoord op boodskap #74946] |
Wo., 26 Maart 2003 07:11   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek was 'n sterk Rakkertjie Rob- fan:))
Ek was ook in Patrys deel van die klub wat die hiërogliewe moes probeer
ontsyfer :))
Koot - wanneer tree julle by KKNK op? - Ek wil my Roomy vra om vir julle
namens my te gaan luister.
Annette
"Koot" skryf in boodskap news:b5riak$ovl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek kon nooit wag vir die volgende uitgawe van Patrys nie. Daar was goed om
> te maak, oulike stories, rubrieke en 'n ruilkolom waar ek partykeer goed
> bestel het. Ek onthou dat bendes toe nog cool was!
>
> In die middelste "meisies"-deel was daar 'n vrou (Schalkie?) wat verhale oor
> Vicky geskryf het wat ook vrek oulik was. Ek wonder wat van Schalkie en haar
> talente geword het.
>
> Dis jammer daar is nie so iets soos 'n meer byderwetse Patrys nie. Die
> Burger se "By"-bylae is oulik, maar nie so omvattend nie.
>
> Van boeke was daar ook Sias en Mias en Huppelkind.
>
> Ek onthou die Kleinspan (voordat dit deel van Jongspan geword het) het
> Rakkertjie Rob gehad as strokiesprent. Nou wys ek my ouderdom lelik.
>
> Koot
>
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e80bf01.0@news1.mweb.co.za...
>> Ja, Patrys, ek onthou dit ook goed. Jongspan dink ek was 'n bylae in
>> Huisgenoot.
>>
>> Saartjie was van 'n stoutgat rabbedoe met kort swart krulhare wat altyd in
>> die moeilikheid was. Daar was ook 'n Saartjie t.v. reeks.
>> Trompie was 'n outjie met rooi hare en sproete, ook 'n stoutgat wat nooit in
>> die kerk kon stilsit nie. Hy't 'n bende by name van "boksom" of "boks hom"
>> gehad as ek reg kan onthou.
>>
>> Groete
>> Elaine
>>
>> "Katryn" wrote:
>>
>>> En was daar iets/'n tydskrif soos "Patrys" en "Jongspan" dalk?
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #74955 is 'n antwoord op boodskap #74940] |
Wo., 26 Maart 2003 08:05   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
> Annette - ja die Uile was nogal goed.
> Daar was ook 'n reeks die Penkopkommando - en natuurlik Mikro se goed.
Knippetjie
>>
> (Genoeg van "geheuelaning" - hoe's daai vir "memory lane"?)
AAaaaaaaaarrrrrrrggggghhhhhh!!! Plop!!
Susara van Stootgare( Annette se assistent) wat vir haar moes afteken en die
boodskap stuur.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #74979 is 'n antwoord op boodskap #74939] |
Wo., 26 Maart 2003 13:23   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Prince Edward eiland - wat is die naam van die TV-reeks wat ook daar verfilm
> is?
Dis heelwaarskynlik "Anne of Green Gables"
of "The Road to Avonlea."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #75005 is 'n antwoord op boodskap #74999] |
Wo., 26 Maart 2003 17:00   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Max wrote:
> Lemmetjies is nie 'n ander naam vir suurlemoene nie. Dis 'n totaal
> ander vrug. Dis nou daai groen goedjies wat julle in ingels lime
> noem...
Ja, ek weet. Ek kan nie onthou wat die
dogter in "Little Women" eet nie, of dit
nou 'n lime of 'n lemon is nie.
Ek het nog altyd gewonder waarom die SA
suurlemoene waarmee ek grootgeword het -
liggeel, baie los skille, nie te suur
nie, ideaal vir lemonade - nie hier in
Noord-Amerika op die mark verskyn nie.
Toe sien ek 'n vrug van die Karribiese
eilande wat ugli fruit genoem word, en
ek sweer die SA suurlemoene is 'n kruis
tussen hulle en geel lemons.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #75020 is 'n antwoord op boodskap #75003] |
Wo., 26 Maart 2003 18:43   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Het jy ook snot en trane gehuil?:))
Annette
"Jonas" skryf in boodskap news:b5ske6$9mf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Korrek - di die "Road to Avonlea" waaraan ek gedink het.
>
> (Ek het dit waardeer - maar moenie dit vir die manne sê nie ...)
>
> skryf in boodskap news:3E81AA0E.1080709@rogers.com...
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>> Prince Edward eiland - wat is die naam van die TV-reeks wat ook daar verfilm
>>> is?
>>
>> Dis heelwaarskynlik "Anne of Green Gables"
>> of "The Road to Avonlea."
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #75025 is 'n antwoord op boodskap #75010] |
Wo., 26 Maart 2003 20:20   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
O wee!!Moenie my vertel jy het van die Wonderlike Richard vergeet nie!:)
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3e81e360.0@news1.mweb.co.za...
> Keurboslaan wil bekend klink. Hmmm, help 'n bietjie uit?
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b5qk8a$2c0a8j$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Trompie, Saartjie, Keurboslaan, The Hardy Boys, Nancy Drew en al die boeke
>> van ? Hunt oor
>> die terries en die polisie:))
>> Annette
>
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #75026 is 'n antwoord op boodskap #75012] |
Wo., 26 Maart 2003 20:23   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Wel, wys jou net wat daardie stoute boeke aan ons gedoen het - hier sit ons
nou almal soos stroopsoet grootmense, en die arme kinders wat sonder dit
moet klaarkom moet by maats, klubs en bendes leer hoe om stout te wees.:))
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3e81e505.0@news1.mweb.co.za...
> Toe ons op laerskool was is al die Trompie, Saartjie en Kobie boeke uit die
> skoolbiblioteek "verban" omdat dit kinders glo geleer het hoe om stoud te
> wees! Jy kon dit egter nog in die groot dorpsbib. so die "aksie" was effe
> futiel gewees. Annie Malan was Saartjie in die t.v. reeks gewees.
>
> E
>
> "Katryn" wrote:
>>
>> Dankie, Elaine. Ek onthou nou so vaagweg oor Saartjie. Maar..er...jy
>> moet onthou dat ek praat nou van die 60's en 70's toe ek 'n tiener
>> was. Daar was nie toe TV in SA nie. :-))
>> En ek onthou die Jongspan as 'n aparte tydskriffie? Dalk het dit
>> later deel van die Huisgenoot geword? Of onthou ek verkeerd, en dink
>> dank aan iets anders wat beskikbaar was toe my kinders klein was?
>>
>
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #75029 is 'n antwoord op boodskap #75010] |
Wo., 26 Maart 2003 22:34   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Keurboslaan wil bekend klink.
Kan nie meer onthou wat hulle alles in
Keurboslaan aangevang het nie, maar al
wat ek weet, is dat ek baie lank op die
prinsipaal verlief was.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #75054 is 'n antwoord op boodskap #75051] |
Do., 27 Maart 2003 12:16   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Probeer dit in die hande kry - jy sal ook op hom verlief raak:))
Snaaks hoe mens dinge na al die jare onthou. Dit was in daardie reeks wat
die eerste keer gelees het dat mans ook hulle hare borsel. - my pa het altyd
sy hare gekam.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3e82e9ac.0@news1.mweb.co.za...
> O aarde nee, ek was seker nog baie klein gewees, want ek kan dit om lewe en
> dood nie onthou nie. Klink bekend, maar ek kan die reeks self nie onthou
> nie.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b5t349$2arpen$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> O wee!!Moenie my vertel jy het van die Wonderlike Richard vergeet nie!:)
>> Annette
>
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #75055 is 'n antwoord op boodskap #75050] |
Do., 27 Maart 2003 12:18   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink ons het die goeie ou dae gehad - want ons was toegelaat om ons
verbeelding te gebruik - met die flieks en videos vandag hoef die kinders
nie eers dit te doen nie.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3e82e958.0@news1.mweb.co.za...
> :o)) Jy's reg, kinders lees mos nie meer nie. Dis die dat almal so oor die
> Harry boeke te kere gaan, want kinders het weer begin lees! Nou maak hulle
> flieks van die boeke so kinders het nie meer nodig om die boek te lees nie.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b5t34c$2arpen$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Wel, wys jou net wat daardie stoute boeke aan ons gedoen het - hier sit ons
>> nou almal soos stroopsoet grootmense, en die arme kinders wat sonder dit
>> moet klaarkom moet by maats, klubs en bendes leer hoe om stout te wees.:))
>>
>> Annette
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Die Streep [boodskap #75075 is 'n antwoord op boodskap #75054] |
Do., 27 Maart 2003 19:21  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek sal bietjie by die biblioteek gaan vra. Die bib hier is maar effe agter
die tyd nog so hulle behoort die boeke te hê. :o)) andersins sal ek maar
in die tweedehandse boekwinkels gaan rondgrawe, 'n mens kry nogal verassings
as 'n mens so bietjie grou.
Wie was die skrywer?
E
"Annette" skryf in boodskap news:b5uqfd$2cgim5$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Probeer dit in die hande kry - jy sal ook op hom verlief raak:))
> Snaaks hoe mens dinge na al die jare onthou. Dit was in daardie reeks wat
> die eerste keer gelees het dat mans ook hulle hare borsel. - my pa het altyd
> sy hare gekam.
> Annette
|
|
|
|