| Motorlisensies [boodskap #74236] |
Do., 06 Maart 2003 05:17  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die aansoeke vanaf Maandag het verminder na 'n druppel in die emmer in
vergelyking met verlede week se stortvloed.
Nog 'n strortvloed gaan seker weer gebeur die laaste week van April.
Al is daar elke dag genoeg aansoeke om die mense 8 uur lank besig te hou,
dan gaan hulle nog nie al die lisensies uitgereik kry nie, maar die laat
laatslapers gaan nog steeds wag tot die laaste dag en verwag dat hulle
betyds gehelp moet word.
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: Motorlisensies [boodskap #74242 is 'n antwoord op boodskap #74240] |
Do., 06 Maart 2003 06:39   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die government het toe iets daaraan gedoen:))
Die laatslaapbokse is te dom om te besef die verdere uitstel was net 'n
foefie om hulle nog meer boetes te laat betaal.
Annette
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:b46pkl$2scr$1@news.adamastor.ac.za...
> Ja-nee Anette, hier op Stellenbosch moes ek behoorlik my pad oopstoei om
> soggens by my werkplek te kan inkom tussen al die 'CA' en 'CY' karre deur
> wat hier by die plate vol gestaan het. Hulle se base was almal in die tou.
> Laatslapers die lot.
> Sal hulle weer teen die einde van die grasie tydperk hulle in 'n tou naby
> jou sien...
> En dan wil die een vrou in die tou nog hê "the government must do something
> now. This is disgrace"
> Wat was so 'n skande? Dat sy laat geslaap het en gedink het die kaartjie
> storie is sommer net nog 'n gier wat sal verbygaan? En nou verwag sy dat
> die 'gowwermint' iets aan die saak moet doen? Hoe kan mense so dom wees en
> wragatig nog asemhaal?
>
> Jene, die mensdom darem...
>
> Het myne 2 jaar gelede al gekry. Het my 3 minute geneem. En ek was ook al
> laat: My aansoek periode was al verby, en moes ek ook maar die ou boetejies
> betaal...
> "If you snooze you loose"
>
> Thys oppie Bos
>
> "Annette" wrote in message
> news:b46mtf$1rtf38$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Die aansoeke vanaf Maandag het verminder na 'n druppel in die emmer in
>> vergelyking met verlede week se stortvloed.
>> Nog 'n strortvloed gaan seker weer gebeur die laaste week van April.
>> Al is daar elke dag genoeg aansoeke om die mense 8 uur lank besig te hou,
>> dan gaan hulle nog nie al die lisensies uitgereik kry nie, maar die laat
>> laatslapers gaan nog steeds wag tot die laaste dag en verwag dat hulle
>> betyds gehelp moet word.
>>
>> Annette
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Motorlisensies [boodskap #74269 is 'n antwoord op boodskap #74260] |
Do., 06 Maart 2003 17:02   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nou vir wat gaan jy in die eerste plek weer weg om weer terug te kom?
As jy die einde Maart jou lisensie wou gehad het, moes jy al die middel van
Februarie daarvoor aansoek gedoen het - tensy jy spesiaal SA toe wil reis om
die lisensie te gaan afhaal.
Indien 'n lisensie nie binne 3 maande afgehaal is nie, word dit
teruggestuur, en vernietig, en dan is dit weer die hele storie van voor af.
Miskien is die internasionale lisensie 'n goeie idee totdat jy besluit om
hier te bly.
Annette
"Kwarantyn" skryf in boodskap news:kXH9a.26$jI7.3@newssvr19.news.prodigy.com...
> Ek wonder of dit vir die moeite werd sal wees om die nuwe kaartlisensie te
> probeer bekom terwyl ek in Pretoria is einde Maart? Die rede: ek kom weer
> later vanjaar SA toe, en dan sal ek nie hoef 'n internasionale lisensie te
> kry nie.
>
> Enige idees?
>
> Dankie
>
|
|
|
|
| Re: Motorlisensies [boodskap #74327 is 'n antwoord op boodskap #74269] |
Sa., 08 Maart 2003 08:41  |
koos
Boodskappe: 135 Geregistreer: Junie 2003
|
Senior Lid |
|
|
ek het nie n propleem met nuwe ry bewyse nie, die propleem le by die
kostes. dis net n geld maak storie.
die anc is kak
---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.459 / Virus Database: 258 - Release Date: 25/02/2003
|
|
|
|